Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
6 Oktober, 2023
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
6de dag van Sukkot d.m.v. Nuwe Maan waarneming; of 7de dag, Hoshana Rabbah
d.m.v. offisiële Israelitiese Kalender
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke
voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Liefste familie van YAHUSHUA,
Ek het vandag hierdie ontvang terwyl ek gister gehuil het oor die jong kinders
wat vermoor is vir geen rede andersins as dat die ander jong kinders deur bose
gees van moord en chaos beset was nie. Hierdie 11 jarige en 13 jarige verstaan
nie eers wat hulle gedryf het om onskuldige kinders van hulle eie ouderdom te
skiet nie, diegene saam met wie hulle gespeel en gelag het en vir wie hulle nou
vermoor het soos 'n takbok in 'n woud maar selfs die takbok het 'n kans om te
hardloop en weg te kruip. satan homself het in hierdie kinders gemanifesteer op
'n manier wat ons nie kan verstaan nie.
Ja bid, maar bid dat hierdie regering wat die enigste beskerming verban het wat
hierdie wêreld het, SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en die Heilige Bybel vinnig
teruggebring sal word in die skole. Die Tien Gebooie weereens in die publieke
skole sal hang. Jy mag nie doodslaan nie. Ons sê dit en dan vertel die regering
vir ons kinders dat hulle onskuldige babas kan vermoor solank niemand dit sien
nie, solank die baba veilig in die moederskoot weg van nuuskierige oë is; dit
wettig is om daardie hulpelose onskuldige baba te vermoor. Dat dit die moeder se
keuse is.
* * * * * * * *
So spreek YAHUVEH…
"HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! Julle vra MY hoe EK so 'n iets
kon toelaat. Julle sê waar is YAHUVEH toe hierdie moorde op hierdie babas
plaasgevind het? Maar EK was uitgesit uit julle publieke skoolstelsel. MY Naam
word nie genoem nie behalwe in vloekwoorde. Hoekom word MY beskerming verlang
terwyl MY teenwoordigheid nie verlang word nie? Hoekom beskou julle dit enigsins
'n groter afgryse as 'n onskuldige baba wat huil in die ma se baarmoeder wat
gemartel word in die daad van aborsie? Is dit omdat net EK hulle stille krete
kan hoor? Terwyl die gille van die babatjies op die skoolgrond oral gehoor was
kan julle nie sien dit is dieselfde ding nie?
Die gees van moord het in die kinders gevaar wat in satan se gebied gespeel het.
Het EK nie gesê wat ookal in julle harte is geopenbaar sal word nie. Kinders
word bloeddorstigheid en bloed gevoer met dwang-voeding op televisie deur die
rolprente en speletjies wat hulle speel. Kinders word met dwangvoeding geweld,
dood, vernietiging, homoseksualiteit, pornografie, haat en rebellie gevoer om
maar net 'n paar te noem. Hulle word geleer dat Heiligheid nie meer nodig is vir
vandag nie. Julle sê vir MY hoekom het EK dit toegelaat? Dit sou nie gebeur het
as die kinders net geleer was om in MY Naam uit te roep nie.
Diegene wat hierdie chaos waargeneem het sal getuig toe hulle tot MY uitgeroep
het, was EK daar. MY engele het vir hulle geveg en hulle bedek met hul vlerke.
Hierdie babas is almal in die Hemel, ja diegene wat geaborteer was en hulle wat
op daardie skoolgrond gesterf het. Maar EK het dit toegelaat om te wys wat met
die publieke skoolstelsel gebeur terwyl die gees van die antichris besig is om
alles wat Heilig is uit die skool te skuif.
Jy betaal 'n prys Amerika en al die nasies wat haar voorbeeld volg. Hierdie
dinge sal aanhou totdat die sinnelose aborsies ophou. EK sal satan toelaat om in
julle kinders te manifesteer wie nie geleer was om MY aan te roep nie. EK sal
satan toelaat om die musiek en media te gebruik om julle kinders te verdorwe en
hulle van MY af weg te neem en van julle af weg te neem en hulle sal toegelaat
word om oorlog te verklaar teen ouers, volwassenes en gesaghebbendes. Want toe
julle hul geleer het om dit wat Heilig is nie te respekteer nie en wat MY Wette
is nie het julle hulle oopgestel vir satan om hulle met sy bose geeste te vul
wat Amerika en die skoolstelsel sal verwar en beskaam.
Speletjies wat begin het as onskuldig en prettig, wat kinders geleer het hoe om
met ander klaar te kom hits nou een teen die ander aan om te sien wie kan mekaar
vermoor. Sê MY Woord nie wanneer julle in jul hart sondig, het julle teen MY
gesondig nie?" Julle verbeelding is nie julle s'n nie, elke denkbeeld, elke
gedagte moet gevange geneem word vir MY inspeksie. As dit teen jou broeder
sondig is dit sonde. Die grootste van al die Tien Gebooie is om jou naaste lief
te hê soos jouself.
Dit sluit ook in dat jy nie mag moord pleeg nie. Maar in julle kinders moor
hulle en hulle vermoor die goeie sowel as die bose in speletjies. Pasop, soos EK
voorheen deur hierdie diensmaagd gevra het, "Wat is satan besig om julle kinders
vanaand te voer deur die media, deur hulle maats, deur die speletjies of boeke
wat hulle lees en deur hulle musiek?" Pasop, satan weet EK het as 'n onskuldige
kindjie in hierdie wêreld ingekom en nou wil hy die kinders straf, om hulle
siele te verdorwe en hulle uiteindelik saam met hom hel toe te neem.
Julle babas raak swanger en word dan meegedeel dat alles reg is, kry net 'n
aborsie word vir hulle vertel. Nie een gedagte aan die onskuldige kind wat nooit
geleer was dat multi-seksuele gedrag 'n SONDE is wat tot korrupsie van die siel
lei nie. Nie een gedagte aan die marteling van daardie onskuldige baba terwyl
dit in die ma se baarmoeder lê nie. Alhoewel die moeder self nog 'n jongeling
mag wees, sondig sy teen MY, Almagtige God YAHUVEH en sy sondig teen haar
ongebore baba wat net gebore wou word, terwyl sy dit laat teregstel. Daar is
geen verskil tussen 'n vuurwapen wat gebruik word vir moord en 'n dokter wat
gebruik word vir moord nie. Dit is alles moord in MY oë. Die moeder sondig ook
teen haar liggaam, siel en Gees. Haar verstand sal nooit vergeet nie, alhoewel
EK kan vergewe as sy MY vra en wegdraai van hierdie boosheid.
EK profeteer nou iets so afskuwelik om te bepeins maar die moorde gaan meer
algemeen word. Die ouers sal hulle kinders vrees. Die kinders sal hulle ouers
beheer aangesien hierdie rebellie toegelaat was om te groei. Die state sal sê ‘hulle
besit julle kinders.’ Die state sal wette uitvaardig wat verhoed dat julle
kinders deur die ouers gedissiplineer word. Ouerlike regte is stukkie vir
stukkie afgestroop totdat julle ouers binnekort geen regte meer sal hê nie.
Moenie dat hierdie voortgaan nie! satan kan nie vat wat julle nie vir hom gee
nie. Vat terug julle kinders in MY Naam! Vat julle kinders uit hierdie hole van
ongeregtigheid; julle is besig om hulle te onderrig ten koste van hulle siele.
Soek MY terwyl EK nog maklik te vinde is en EK sal vir julle 'n ander weg wys om
julle kinders te onderrig, beide die dinge in die geestelike en fisiese ryk. EK
sal weer vir hulle die begeerte teruggee na heiligheid en vir moraliteit. Daar
is 'n sluier van duisternis wat neergedaal het oor die publieke skoolstelsels en
die mantel van duisternis het uit die putte van die hel gekom en dit bedek baie
van die jeug van hierdie nasie, wat MY nie aanbid as hulle Heer en Verlosser nie.
Die kinders ly as gevolg van die ouers se sonde om nie vir hulle te vertel wie
YAHUSHUA ha MASHIACH is nie! EK is hulle enigste beskerming! satan was verwelkom
in julle skole en onheiligheid vier hoogty in hulle.
Staan op ouers; haal julle kinders uit skole uit wat nie MY heiligheid wil
toelaat om deel te wees van die opvoeding van julle kinders nie. Staan op ouers
en sê vir die regering hierdie kinders het julle die reg om te dissiplineer. EK
dissiplineer diegene wat EK liefhet! Hulle moet weereens die vrees van Almagtige
God YAHUVEH ken en die vrees vir hulle ouers. Goddelike, respekvolle vrees wat
karakter bou en die siel voed wetende dat daar reëls is en as jy hierdie reëls
breek sal jy betaal.
Die skole betaal nou. Die regering betaal nou. Die ouers betaal nou. Hulle wil
wette uitvaardig en dit sal gebeur, net as julle dit toelaat, dat julle verbied
sal word om julle kinders pak te gee. Meeste van alles, die jeug van hierdie
nasie en wêreld betaal nou. Hulle het MY nodig en tog leer so min ouers hulle
dat EK die enigste weg, waarheid en lewe is. Heiligheid is noodsaaklik en dit
moet in hierdie eindtye beklemtoon word. Vrees hierdie wet! Beveg hierdie wet!
Want as julle dink julle kinders is nou rebels het julle nou net 'n vlugtige
kykie van hierdie rebellie gehad. Die bloed is nie alleenlik op die hande van
hierdie kinders wat gemoor het nie, die bloed is op die Raad van Onderwys. Die
bloed is op die ouers se hande wat nie hulle kinders heiligheid geleer het nie.
Die bloed is op die regering se hande. Die bloed is op Amerika en dit is nie die
Bloed van MY Seun, YAHUSHUA ha MASHIACH wat nou hierdie nasie bedek nie, maar
die onskuldige bloed van die miljoene babas wat daagliks, 24 uur per dag vermoor
word.
Toe julle gesê het dit is wettig om die babas te vermoor solank hulle in die ma
se baarmoeder is en ons nie hulle stille krete en geweeklaag kan hoor wat EK
alleen kan hoor nie. Sê EK vir julle dat die gille en geweeklaag sal kom van die
kinders wat julle kan hoor, kinders van die heidene, kinders wat julle kan sien,
kinders wat so onskuldig is maar nie anders as die babas in die baarmoeders wat
vermoor word nie. Een moord is dieselfde, een rebellie is dieselfde, en die gees
van onheiligheid is dieselfde. EK sien alles! EK hoor alles! Mits hierdie nasie
bekeer oor die vermoorde kinders, sal julle meer vermoorde kinders sien. Moenie
dink EK is 'n God wat langer bespot sal word nie.
Julle kerke verkondig MY liefde en nogtans wil hulle nie MY Kinders leer dat EK
ook 'n God van Almagtige liefde en Almagtige wraak is nie! In die tye van ouds
het EK kinders voor die dorpsplein laat stenig. Rebelse kinders wat ouers nie
kon beheer nie en wat net tot meer rebellie gelei het, EK het laat die ouers die
eerste klip gooi. Nou is daar wette wat die kind beskerm om selfs nie eers pak
te kry op 'n agterstewe wat EK vir hierdie doel geskape het nie. Nou, is daar
wette wat die kinders kwytskel met 'n piets op die gewrig na ‘n kortstondige
inperking. Verstaan dit, EK sê dit vir julle, hierdie kinders sal weer moor want
daardie bose gees is nogsteeds in hulle en volgende keer sal dit 'n groter
omvang hê as hierdie gees nie uitgedryf word nie. Julle jeug huise het YAHUSHUA
nodig om die demone weg te dryf van hierdie kinders af. Hulle verstaan nie eens
dat dit nie hulle is wat die snellers getrek het, of die planne beraam het nie,
hulle was pionne in 'n skaakspel en hulle het slegs die bewegings ervaar.
Amerika, bekeer oor die sluier van duisternis wat uit die hel kom wat julle laat
dink wat julle in die geheim doen sal nie ontbloot word nie. Homoseksualisme is
net nog 'n ander lewenswyse wat julle wil onderrig, maar dit is die duisternis
van die hel wat verhoed het dat julle die lig van die waarheid sien. Hierdie is
'n gruwel vir MY! EK het vir julle VIGS gestuur as 'n wekroep en julle het MY
geïgnoreer en genesing probeer vind. EK stuur 'n baie erger plaag as dit. SWART
KOKENDE BLOED PLAAG! Dit sal kom oor almal wat julle kinders die gees voer van
homoseksualisme deur dwangvoeding op silwer lepels. Dit begin by Ellen
Degenerate (Degeneres) en dit het in die Withuis ingegaan. Julle bespot MY!
Julle dink omdat EK onsigbaar is kan EK nie hoor of sien wat julle gesê en
gedoen het nie. Julle dink die heilige instelling van die huwelik moet bespot
word. Julle dink MY Tien Gebooie is van geen waarde vir hierdie tyd en era nie.
EK is KWAAD en EK sê vir almal wat julle onheiligheid pronk in MY gesig. Julle
sal sien dat EK nie 'n God is wat bespot moet word nie. Julle sal ly! Julle
kinders sal ly! Julle land sal ly! Maar nie diegene wat aan MY behoort nie, EK
sal al MY Kinders beskerm, beskut, seën en lei wat hulle harte, lewens, Gees en
siele aan die God van die skepping en God van Verlossing gegee het.
Julle heidene wat gruwels in MY oë doen, en dit op die media sit en selfs in
julle liedere, julle wat wil hê dat elkeen 'n keuse moet hê vir aborsie,
genadedood en homoseksualiteit, julle wat die regte van ouers wegneem om hulle
kinders op te voed met 'n Goddelike vrees en respek. Julle sal uitvind EK is
YAHUVEH (God) en EK is woede in gelyke balans met liefde en julle sal sien wat
gebeur wanneer hierdie straf op julle neerkom van nêrens anders as MY hand nie.
Nêrens om heen te vlug as na MY toe nie. Hierdie nuwe plaag het reeds geweldige
moegheid begin, hoë koors, julle bloed sal lyk of dit swart is, geen immuniteit,
julle bloed sal uit julle monde stroom. Oormatige Bloeding!
Want julle bespot die Heilige Bloed wat vir julle op Golgota gestort was en nou
sal EK julle terugspot met bloed wat die onheiligheid in julle bloed wys. Julle
sal bid om dood te gaan maar die dood sal nie maklik kom nie. BEKEER NOU! Hou op
om MY ongebore babas te vermoor. Hou op om die jeug en hierdie wêreld met julle
stank van onheiligheid te verdorwe. BEKEER NOU Amerika! Kyk hoe diegene vir wie
julle as leiers aansien nie meer leiers is nie. BEKEER NOU! Die ladings uit die
hel wat alles vervloek wat Heilig is op julle media, wat die kleintjies na-sê en
nie eers verstaan hoe kwaad hulle MY maak nie moet stop. EK gaan julle slaan met
MY ROEDE van Toorn totdat julle bekeer.
Hulle wie MYNE is en julle weet wie julle is, julle het 'n verhouding met julle
Verlosser en julle het MY lief en stel MY eerste in alles wat julle doen. Julle
herken die vervalsing terwyl satan MY bespot in Garland, Texas. Julle is nie
mislei nie, julle weet julle YAHUSHUA kom spoedig weer en wanneer die bespotting
en vervalsing plaasvind sal julle nie mislei word nie. Julle MY Geliefde skatte
waardevoller as wat woorde kan sê julle weet op watter Naam julle vertrou om
julle en jul siele te verlos. Julle kinders is veilig en beskut in die palm van
MY hand en MY ander hand bedek hulle asof hulle 'n pasgebore kuiken is. EK sal
diegene beskerm wat aan MY behoort, hulle wat begeer om aan MY te behoort, EK
wag vir julle. EK het geen begeerte om julle met MY ROEDE van teistering te
slaan nie. MY ROEDE en staf is om julle te vertroos om julle te beskerm en te
lei.
MY ROEDE is om MY Kinders te beskerm terwyl EK wraak uitstort op hulle vyande en
MYNE. MY ROEDE word ook gebruik as tugtiging soos julle julle kinders moet
pakslae gee so moet EK MYNE met tye pakslae gee wanneer nodig. MY ROEDE van
woede is net gereserveer vir hulle wat in uiterste rebellie is. Pasop die ROEDE
kom na Amerika toe. Pasop die ROEDE van Toorn is oppad na ander nasies van die
wêreld wat bepaal het dat hulle 'n ander god sal dien. MY begeerte is EK wil
julle met MY Herderstaf lei wat julle beskerm en julle rig en slegs die vyande
wegslaan, die wolwe wat in vermomming kom as die goeie en in plaas daarvan boos
is.
My geliefde kinders weet dat godsdiens hulle nie gaan red nie slegs 'n
liefdevolle verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH
sal hulle red. Slegs die waarheid daar is geen verlossing behalwe deur die Naam
van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Bloed wat EK vir julle op Golgota gestort het
en die Heilige Woord kan julle red wanneer dit gespreek word in die Naam van
YAHUSHUA ha MASHIACH! Slegs bekering en wegdraai van sonde en ‘n strewe om 'n
lewe van heiligheid te leef en MY te gehoorsaam kan julle red. Wetende dat julle
nie perfek is nie maar dat julle daagliks werk om MY te behaag en doen wat julle
weet EK wil hê julle moet doen. Vir al die ander sê EK, HOE DURF JULLE?
Hoe durf julle MY blameer vir die onheil wat julle oor julself gebring het en
dié van julle kinders? Julle het die duisternis van die hel gemaai en daar is
geen verlossing nie behalwe deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota.
EK is julle enigste bron van lig maar hoeveel sal MY aanroep sodat hulle gered
kan word? EK spreek weereens hierdie waarskuwing voort deur MY profetiese
diensmaagd Pastoor [Elisheva Eliyahu] nie oor wie sy is nie maar oor wie “EK
IS!” EK, die Groot Almagtige God YAHUVEH, het gespreek! Hulle met ore om te hoor
luister en leer en hulle wat doof en blind is sal net geestelik blinder en dower
word.
* * * * * * *
26/3/98 3:54 NM gegee aan hierdie nederige werktuig van klei Profeet Elisheva
Eliyahu
Terwyl ek dit aan my webbestuurder voorgelees het het ek 'n koue rilling deur my
voel trek terwyl ons oor die foon praat toe ek by die deel van die nuwe plaag
kom wat hierdie wêreld erger gaan tref as VIGS. Toe begin tale, tale van
oorlogvoering. Toe, terwyl my oë gesluit was, het ek donderwolke gesien, swarter
as swart. Ek het besef dat dit die donderwolk van SY woede was en dat HY nou net
SY woedende woorde deur my mond gebulder het. Volgende kom die weerlig! HY sal
SY teikens tref! Wee die opstandiges wat nie hierdie waarskuwing herken nie.
YAHUSHUA stuur my uit as SY spreekbuis om hierdie waarskuwing voort te spreek
terwille van SY genade sodat hulle kan bekeer. Dan kom die verdoeming. Pasop vir
die ROEDE van Almagtige YAHUVEH! Draai terug na die God van ons voorvaders.
Draai terug na YAHUSHUA ha MASHIACH, Amerika, voordat dit te laat is.
Hieronder is nog 'n profesie om te bevestig wat YAHUVEH deur die jongste
profesie gespreek het wat HY aan my gegee het, "Pasop die sluier van duisternis
het gekom." Die onderstaande woord was deur iemand anders aan my deurgegee. 'n
Kleed van duisternis op ons skole: YAHUVEH het vir my gewys dat 'n kleed van
duisternis uit die duisternis op ons skole gegooi is.
Ons moet bid en vas vir die wegneem van hierdie kleed, want YAHUVEH sê ...EK
hoor die gebede van MY volk wanneer hulle met hulle hele hart bid. Daar is meer
verwoesting wat sal verskyn tensy ons bid en dit in die geestelike ryk beveg,
nie die fisiese natuurlike ryk nie. Wat doen die vyand om ons te vernietig? Hy
werk van binne. Ons het meer om oor besorg te wees huishoudelik as oor
bedreigings van buite. Bid en tree nou in vir hierdie generasie. Dit is goed om
'n spesiale dag van gebed opsy te sit, maar MY intersessors moenie wag nie want
dit is nou die tyd vir die swaard van die Gees wat MY Woord is om getrek te word
en die gebede in die Gees om te begin terwille van hierdie kleintjies van MY.
Het EK nie vir julle gesê dat dit beter is vir ‘n mens dat 'n meulsteen om sy
nek gehang word en in die see gegooi te word as om een van hierdie kleintjies
wat in MY glo, te laat struikel nie? Vegters trek julle wapenrusting aan en gaan
veg want dit is MY, YAHUVEH se geveg, en EK, YAHUVEH sal daardie beskikbare
werktuie gebruik daardie werktuie wat oop is gereed om MY Gees te ontvang in
mate uitgestort om julle te bekragtig om in die geestesryk te veg. Moenie bang
of verslae wees nie want EK, YAHUVEH, julle God het voor julle uitgegaan en EK
stuur beskermengele vooruit in massa getalle wat julle nie kan tel nie, om
hierdie kleintjies te beskerm en MY Kinders te bewaak, so spreek YAHUVEH.
Ek het 'n droom gehad op 3/9/92, wat ek glo op 'n ander blad geplaas sal word.
YAHUSHUA het alreeds vir my van hierdie plaag vertel wat gekom het maar ek het
dit nie verstaan nie en ek sal die droom deel terwyl ek dit van my notas af
kopieer. Ek beweer nie dat ek die volle openbaring het nie. As die RUACH ha
KODESH aan een van julle die volle betekenis wys, e-pos my asseblief en ek sal
die betekenis plaas soos die RUACH ha KODESH lei.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 26 Maart 1998 3:54
Profesie 69 “Daar Is ‘n Koms Van Die Verandering Van Die Wagte!”
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Op 31/12/02 het ons (AmightyWind Bediening-span) gebid vir persoonlike antwoorde
op sommige vrae wat ons gehad het. Omdat ons nie die boodskappe sensor van ons
Hemelse Vader YAHUVEH of ons Messias YAHUSHUA nie deel ons selfs die gedeelte
wat persoonlik is. Dalk sal dit iemand anders help.
Selfs wanneer ek tereggewys word deur YAHUVEH erken ons nederig dat ons ook
foute maak en nie beter is as enige van YAHUEH se kinders nie. Hierdie is ook op
die hoorbare band so dit is hoekom ons tydens oorskrywing dit insluit op die
geskrewe oorskrywing. Ons het probeer om hierdie te plaas op die internet op 31
Desember maar ons het onder hewige geestelike aanvalle gekom en kan hierdie nou
eers vrystel. YAHUVEH het geweet hierdie sou gebeur so dit moet deel wees van SY
plan.
* * * * * * *
(Persoonlike Woord) MY Kinders, bring vir MY een vraag op 'n slag. [Elisheva] jy
jaag in so baie treë, in soveel tree. In soveel verskillende rigtings. Kan jou
voete in twee verskillende rigtings gaan of vier verskillende rigtings terselfde
tyd? Dit is hoekom EK aanhou beklemtoon een tree op 'n slag. Goed (ek wat lag)
ons sal weer vra, "Watter vraag wil U hê moet ons eerste vra Vader?" (ek het
tydens gebed en spreek in tale omtrent 4 of 5 persoonlike vrae gevra.) O Wow!
[Ek lag steeds, ons behoort altyd net die volgende tree te wil hê en ek wil
twintig hê ten minste, maar ek leer.] [Ek het begin lag en bid in tale, nie
besef dat 'n profesie voortkom nie.] Pappa God YAHUVEH wat is die volgende stap?
Goed, ek bekeer dat ek in te veel rigtings tegelyk probeer loop. Wat is die
volgende stap vandag? [Biddend in Hemelse tale] Ek hou aan om ‘n gedeelte te
hoor van 'n profesie wat U probeer voortspreek en Vader ek hoor ook ons
persoonlike behoeftes en ek raak deurmekaar omdat ek nie weet watter een U
eerste wil voortspreek nie. Hulle wag vir 'n woord om te hoor van U Vader, ons
ook" (biddend in tale). Profesie 69 kom voort.
* * * * * * *
Profesie 69
Terwyl julle ingaan in die jaar van 2003 gaan die spotters en skimpers julle
omring. Hulle gaan sê, "Waar is hierdie YAHUSHUA wat jy sê wat kom?" Maar EK het
'n woord vir julle. EK herinner julle aan die spotters en skimpers wat vir Noag
omring het. Hierdie dinge moet gebeur. Dit is MY manier om die kaf te skei van
die koring. Spot MY as julle durf. Hierdie is die boodskap wat EK gee vir die
vyande, want enige vyand van julle is 'n vyand van MY. ‘n Vyand is enige iemand
wat hulself stel teen die boodskappe wat EK gee vir jou, want waarlik het EK jou
gesalf as MY woordvoerder. Wanneer die vyande spreek teen hierdie boodskappe wat
direk uit die Hemel kom, spreek hulle teen MY, YAHUVEH, en MY Geliefde SEUN
YAHUSHUA.
Dink nie dat hulle jou verwerp nie MY Dogter, want hulle verwerp MY. Want selfs
die vals profete neem hierdie boodskappe wat EK jou gee en hul bestudeer hulle
en hul kopieer hulle om hulle te laat lyk asof die woorde wat EK tot jou spreek
van hulle af kom. Moenie verbaas wees nie MY Dogter, want weet selfs die duiwel
nie dat die waarheid uit jou mond voortgaan wanneer dit EK, YAHUVEH, is wat die
woorde in jou mond sit nie. Die vervalsde verrys en die mense is mislei, sodat
hulle die woorde kan neem en hulle verdraai in dit wat EK nie bedoel het nie.
Daar is ‘n koms van die verandering van die wagte. Hierdie is in 2003 wat julle
sal sien. Die verandering van die wagte in julle polisie, in julle regering,
polities en geestelik kom dit, die verandering van die wagte. Hulle is die bose
wagte wat kom; hulle neem die beroepe weg van die wagte wat EK oorspronklik daar
geplaas het. Hulle is satan se handlangers wat julle vryhede sal wegneem en
veroorsaak dat MY Kinders sal uitroep na MY en ween en in vrees sal wees, so
baie sal sê, "O YAHUVEH waar kan ons U vind O salwing van die RUACH ha KODESH
hoekom spreek U nie?" Waar sal julle MY vind MY Kinders want hoe min kerke het
MY Gees binne-in hulle.
EK sal vir julle sê waar julle MY kan vind; dit sal ‘n persoonlike een-tot-een
wees met MY. Julle beter styf vashou aan die soom van YAHUSHUA se kleed, want
baie van julle sal deur die modder gaan, baie van julle sal deur die vriesende
sneeu gaan, baie van julle sal gaan deur die hitte van die son. Wat maklik was
vir baie van julle in 2003 sal julle moeilik vind. Vele is MY Kinders wat
luister en MY stem herken deur MY Diensmaagd maar hulle wil hier-en-daar ‘n
woord wegneem om dit gelykvormig te maak aan hulle manier van dink, asof dit MY
Woorde kon uitkanselleer en hulle ongeldig maak.
Wat EK profeteer sal gebeur! MY ware gebedsbemiddelaars het verrys en gevra vir
‘n vertraging. Julle het MY gevra, "Hoekom het hierdie gebeur met Richard Eby,
hierdie is die woorde wat EK nou het om te te sê, Richard het moeg geword terwyl
sy gesondheid agteruit gegaan het. Richard het verlang en getreur elke dag om
weer die Hemel se poort te sien. Elke dag wat hy wakker geword het, het hy
verlang om in die Hemel te wees, want julle sien MY Kinders julle gebede het die
koms van YAHUSHUA vertraag. EK het nie Richard se wil teëgegaan nie, want hy het
MY gesmeek dag-na-dag. Daar was niks meer waaraan hy verbind wou word tot
hierdie aarde nie, want hy het MY heerlikheid aanskou en hy wou dit weer hê. Nie
eens die liefde van sy familie en vriende nie, nie eens die missie wat EK hom
bestem het om te doen nie en dit was om te wag vir YAHUSHUA om te kom; nie
langer wou hy daarby gehou word nie.
Maar waarlik MY Kinders, neem kennis, skryf alles neer want die einste dag toe
hy gesterf het en voor MY aangesig verskyn het in die Hemel, neem notisie van
wat gebeur het op die aarde, want waarlik was hy 'n temperatuur, ‘n barometer en
satan weet hierdie, dit is hoekom hy sy hand gewys en gespog het voor die wêreld
ek kan nou die mens kloon. Julle sien wat in die geheim gedoen was vir jare
verskyn nou eers voor die wêreld se ore. Julle weet MY Kinders dit is waarlik
die einde wanneer die mens sê, "ek het god geword" want niemand behalwe die
groot Skepper EK, YAHUVEH, kan 'n gees en 'n siel in 'n mens sit nie, so hierdie
is siellose skeppings wat slegs onder MY toorn is. Dit is satan wat daardie
kennis gegee het om MY weereens te bespot. Maar EK sê vir julle dit MY Kinders,
niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie.
Want diegene wat waag om te spot en te sê die hel is nie ‘n werklikheid nie, dit
is net ‘n fragment van julle verbeelding, hulle sal nie net die hel smaak nie
maar hulle sal swem in die Poel van Vuur. Vir diegene wat dit waag om die 2de
koms te bespot van YAHUSHUA, EK sê vir julle eenmaal en EK sal weer vir julle
sê, HY kom nie vir die Kerk nie. HY kom nie vir enige georganiseerde Kerk nie.
HY kom die volgende keer vir SY Bruid. En nie net enige iemand word YAHUSHUA se
Bruid genoem nie, is hulle lojaal, is hulle waaragtig, is hulle getrou. Sal
hulle kies om HOM te gehoorsaam Wandel hulle Heilig voor MY Is MY Naam op hulle
lippe daagliks Roep hulle uit in die Naam van YAHUSHUA Of gooi hulle MY Tien
Gebooie neer, vertrap hulle onder hul voete totdat hulle verkrummel in stukkies
op die grond Sê hulle vir die mense luister nie na die maniere van ouds nie want
ons doen dinge op 'n nuwe manier, ons doen dinge op ons manier?
Dit is MY teken MY Kinders, terwyl EK julle nou apart gestel het, want diegene
wat alreeds gemerk is húlle het MY seël van beskerming. Die engele het julle
gemerk vir die jaar 2003. Boosheid sal menige oorval wat hulself noem by MY Seun
se Naam en hulle sal wonder hoekom. Dit is as gevolg van hierdie rede, omdat
julle dit waag om te spot, omdat julle dit waag om dit uit te gooi wat EK
voortgespreek het, want julle kyk na die boodskapper en nie die boodskap nie.
Julle sien net 'n enkel vrou, en omdat julle nie MY gesig van toorn kan sien nie
kan julle jul woorde na haar toe slinger, maar EK wil hê julle moet weet, nie
een woord wat julle gespreek het het nie voor MY ore gekom nie terwyl julle haar
aangeval het het julle ook 'n naald in MY oë gesteek, so wanneer julle uitroep
in pyn, sal EK julle einste stemme verafsku.
Julle wat leef in praal en glorie, roem en rykdom, julle sien neer op MY Profete
en Apostels, want julle het julle mae gevoed, die beste klere word oor julle rue
gelê, julle het julle inkomste ver bo alles, julle was geseënd. Maar julle sien
julle het nie die woord swaarkry geken nie. Maar in 2003 sal julle. Dit sal die
begin wees van die swaarkry vir diegene wat dink hulle is bo MY woede verhewe.
MY woede sal op hulle uitstort. EK sal nie MYSELF weer herhaal, om vir julle te
sê hoe die aarde gaan sidder en bewe nie want terwyl YAHUSHUA nader kom het EK
reeds geprofeteer die aarde gaan sidder en bewe want selfs die aarde bewe in
vrees. O dwase man en vrou. Wanneer selfs die aarde sidder en bewe in vrees en
julle spot en ontken EK is hier.
Julle draai na wetenskap vir jul god Julle draai na die politiek om in jul
behoeftes te voorsien Dwase, Dwase, Dwase generasie! Julle draai na die kennis
van hierdie wêreld en julle ontslaan MY Boek as oud, die Boek wat gevul is met
alle waarheid en kennis, die Boek wat die Profete voorspel het. Weg, Weg, Weg
van MY af, gaan weg van MY af met julle lasterlike aanbidding terwyl julle
hierdie kerkbanke vul op Sondag en julle die ware Shabbat aanbidders wegjaag. EK
sal julle weereens wys, oordeel begin waarlik by die huis van YAHUVEH. Terwyl
YAHUSHUA weereens die geldwisselaars sal pakgee en hulle reguit by die deur
uitjaag.
Nou EK het julle gewaarsku oor ongelyk-gejukte huwelike, maar julle dring daarop
aan om vas te klou aan daardie maat. Wetende dat hulle MY einste Naam en die
Naam van YAHUSHUA verafsku, verfoei en haat. So klou vas aan julle maats. Doen
wat EK julle verbied het om te doen. Julle sien nog nie MY Kinders, dat EK die
beste het wat wag vir julle nie. Dit wat EK nie saamgevoeg het nie, dit wie se
naam nie gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Dit wat jy steeds eis om
jou man of vrou te wees, hulle sal jou verkoop aan die hoogste bieër in die
komende bose tye vorentoe. Dit sal MY Kinders wees wat nie sal besef hulle was
verkeerd nie totdat hulle hul koppe verloor het.
Hoeveel van julle hardloop weg van julle roepings af En sal luister na hierdie
Apostel wat praat en sê, "Ek staan agter hierdie bediening maar ons tiendes en
offergawes sal ons steeds hou" Besef julle selfs nog nie om te praat is goedkoop
as julle nie help nie, hinder julle, nemende die woorde wat EK spreek, en julle
sal staan voor MY op Oordeelsdag en EK sal julle vra, "Het jy haar gehelp op
enige manier?"
Plae kom en as julle draai na die Regering vir beskerming, as julle draai na die
mediese gemeenskap vir beskerming, het EK reeds voorspel wat sal gebeur. Niks
kan gebeur nie MY Kinders wat EK nie eers vir MY Profete en Apostels vertel nie.
Selfs die booswigte hoog op die heuwel luister, alhoewel hulle MY nie volg nie,
bewe hulle in vrees om te weet dat EK MY geheime voortspreek wat geen mens
vertel het nie. Hoeveel van julle hardloop weg van julle roeping af Hoeveel van
julle laat ander die evangelie vertel Hoe min van julle wat selfs hierdie lees
of luister is selfs daarbuite in die oeslande of help selfs om hierdie
eindtyd-oes in te samel.
Ja, EK sal martelaars hê want net so seker as wat Stefanus se bloed in die grond
ingevloei het het daar 'n man gestaan genaamd Saulus, van wie EK sy naam
verander het na Paulus. Terwyl Stefanus se bloed gespat het op hom, terwyl hy sy
jas vasgehou het, het die salwing op Stefanus gekom oor Saulus wat Paulus geword
het. So wat sê EK wanneer EK hierdie sê ‘n Martelaar se bloed word nooit vermors
nie. Dit laat net meer Stefanusse verrys, meer Saulusse wat Paulusse geword het.
Vir MY geliefde vertrouelinge gevul met MY salwing wat na MY toe opkyk elke dag
en bid, 2003 sal vir julle seëninge inhou terwyl EK die onsuiwerhede wegbrand.
Want die beproewinge van julle geloof MY Kinders is kosbaarder as enige goud.
Leer om MY te loof MY Kinders, ongeag wat jou lewe inhou.
EK hoor die gebede van diegene wat na MY toe kom met 'n dankbare hart. Hierdie
is die gebede wat MY behaag. Net soos in die dae van Moses is hierdie die
Kinders vir wie EK sal voorsien en voed. So hierdie boodskap is nie vir diegene
wat spot en skimp nie. Hierdie boodskap is nie vir almal nie, slegs diegene met
geestelike ore om te hoor, slegs diegene met geestelike oë om te sien sal MY
stem hoor spreek.
EK stuur hierdie woord uit na Israel, EK stuur hierdie Apostel na julle toe om
vir julle te sê, pasop vir diegene wat kom as ‘n vriend, hulle hand is in jou
sak, hulle sakkerol jou. Met hulle ander hand is daar 'n dolk en hulle sê, "Doen
wat ek vir jou sê om te doen", maar EK plaas jou in herinnering Israel, as julle
net sal uitroep na die God van Abraham, Isak en Jakob, EK, YAHUVEH. As julle net
sal ophou luister na die rabbies wanneer hulle vir julle sê om nie MY Heilige
naam te spreek nie. Want EK het MY Gesalfdes wat sit daar reg binne-in Jerusalem
gevul met MY RUACH ha KODESH. Hulle aanvaar YAHUSHUA as die MESSIAS en hulle
roep en bemiddel tot MY. Dit is hoekom Israel gespaar was tot dusver. Want
alhoewel jy Israel eens die appel van MY oog was, het jy ook nou 'n wurm
binne-in.
Israel nie langer kan die wêreld na jou kyk in Heiligheid nie. Want jy het die
aborsies, jy het die homoseksuele, jy het pornografie, daar is geen sonde wat
nie vir Israel deurtrék het van binne nie. Fariseërs regeer nou jul regering en
tog het hulle nie eens die gedaante van goddelikheid nie. EK gaan oordeel in
2003 die state, die nasies wat lyk soos ‘n Sodom en Gomorra vir MY. EK gaan nie
eens spreek wat gaan gebeur in 2004 nie, want as julle gedink MY oordeel het
neergekom in 2002 en die wêreld hou hul asem op vir 2003, sou die woorde so
vreesaanjaend wees selfs hierdie Apostel sou te bang wees om te praat.
So aan MY geliefdes EK het hierdie boodskap vir julle. Neem een tree op 'n slag,
neem een dag op 'n slag, want voorwaar in 2003 vernaamlik is hierdie al wat
julle kan hanteer. Luister na MY, luister na MY Woorde, leer om MY te soek vir
jouself. Die woorde wat EK voortspreek uit hierdie diensmaagd sal EK weereens
bevestig. Neem enige iemand selfs notisie hoe vinng dinge gebeur nadat die
woorde gespreek is uit hierdie mond. Dit is omdat dit nie net 'n blote vrou se
woorde is nie; dit is die Groot God “EK IS!”
Weer sê EK, julle sal mekaar nie ken deur mekaar se naam nie. Julle sal nie
omgee oor mekaar se verlede nie. Julle sal jul ware familie herken van YAHUVEH
en YAHUSHUA deur die salwing wat binne-in is. Veral met die Apostels en Profete
praat EK, EK het julle eenkant gesit want julle neig jul ore tot MY, 24 uur per
dag vra julle MY, "O Vader God YAHUVEH watter woorde wil U sê" Julle het jul
liggame 'n Tempel gemaak van Opoffering. Julle was gewillig om vervolg te word
vir MY Seun YAHUSHUA se onthalwe. Moenie dink dat EK enige iets as
vanselfsprekend aanvaar het, van al die opofferings wat julle maak nie. Groot,
groot, groot sal julle belonings wees in die Hemel, maar EK sal nie vergeet om
julle net hier te seën op aarde nie. Niks het julle opgeoffer wat EK nie 7
voudig sal vervang nie maar dit is waar MY Kinders dit kom met vervolging terwyl
jy die spotters en skimpers terwyl jy diegene wat jou lewe bedreig aanskou.
EK het die een gesalf wat praat. Hulle sal weet waarheen om te gaan en wat om te
doen, vernaamlik in hierdie jaar van 2003. EK sal nie dat hulle julle op ‘n
dwaalspoor te lei nie; dit sal wees net soos in [Elisheva] se droom. (sien
Missiel-Droom). (Ek het ook 'n droom gehad jare gelede waar ons 'n groot konvooi
voertuie padlangs gelei het te veel voertuie om te tel, ons het onlangs 'n
openbaring oor die droom gehad maar dit is nie nou die tyd om dit te deel nie.)
(Sien ook die Meteoriet-Droom.)
Want die waarheid was voortgespreek uit hierdie bediening. Daardie waarheid is
wat gaan red, want die waarheid kom in YAHUSHUA se Naam. Vir die van julle wat
hierdie profesieë kopieer en optree asof dit is EK, YAHUVEH is, deur jou mond
wat spreek, julle sal die prys moet betaal vir die salwing wat sy betaal het,
net EK sal dit vermeerder een honderd duisendvoudig. Want julle het iets gesteel
en het nie die prys betaal nie, soos EK vir MY Diensmaagd gesê het, hoe groter
die salwing, hoe groter die opoffering.
So MY Kinders terwyl julle ingaan in die jaar 2003 diegene wat EK waarlik noem
MY geliefde Kinders, Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, hou
julle net aan om op te kyk na MY. Hou julle net aan om MY Woorde te aanskou. Hou
julle net aan om te gehoorsaam en te glo en jul geloof sal julle nie net
heelmaak nie, julle geloof soos julle aanhou om geestelik te groei sal behaaglik
wees vir MY. Roep MY Naam aan wanneer julle die aarde voel sidder en bewe. Roep
die Naam van YAHUSHUA aan (sommige noem hom JESUS), die enigste Naam wat kan
red. Plaas MY in herinnering van Psalm 91 sodat plae nie naby julle woning kom
nie; versteek MY Woord in jou hart, sodat dit nie net 'n Boek is nie maar van
jou liggam ‘n deel. EK het julle lief MY Geliefdes. Bruid maak gereed want jou
Bruidegom kom. Diegene wat nie gevoel het hulle kan die prys van 'n Bruid betaal
nie, in plaas daarvan net vir haar kyk en ween. Dit is waar MY Kinders daar is
maar een Bruid. Gehoorsaamheid is beter selfs as opoffering.
Richard Eby het nie gelieg nie. Hy het net moeg geraak oor die sondes van
hierdie wêreld. Hy sal beloon word vir die jare wat hy spandeer het maar hy het
nie die missie voltooi van wat EK hom gestuur het nie. Stel jou geloof nie in
enige vrou of man nie, maar staan alleenlik in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. Stel
julle geloof in die woorde, die woorde in MY Heilige Boeke, dit is hoe julle
weet YAHUSHUA kom weer. Die mens kan misluk selfs wanneer EK hulle terugstuur op
'n missie. Julle sien MY Kinders, EK het hom toegelaat om te misluk, om nie
daardie missie te voltooi nie. Om julle almal 'n les te leer sal julle geloof
steeds bly Vir die van julle soos MY Dogter wat gebid het dat Richard Eby weer
lewendig moet word, hy het nie gekies om terug te kom aarde toe nie.
Julle het die waarskuwing; hy was die temperatuur en barometer op die einste dag
wat hy gesterf het. Terwyl julle aanskou hoe die Sodoms en Gomorra's
voortspreek, terwyl julle die bose sien verrys het. Tel nou af tot Oordeelsdag.
Verdoeming vir MY vyande en julle s’n, alhoewel hulle dink hulle is die koppe,
is hulle waarlik minder as die stert. Die koms van die veranderende wagte MY
Kinders, diegene wat posisies beklee vir so lank, diegene wat julle wette
geskryf het, bevind hulself nou sonder ‘n werk. Treur en huil MY Kinders, terwyl
julle die verandering sien van die wagte. Want diegene wat Heilig was sal
vervang word en word vervang met diegene wat onheilig is. Diegene wat julle kon
vertrou, hetsy dit jou bankier of polisieman is, jou posman, die wagte verander.
Julle dokters, die wagte verander. Julle regerings die wagte verander. Julle
Geestelike leiers pasop vir die verandering van die wagte.
O maar julle sien o vyande van MY. Pasop vir die verandering van MY Wagte. EK
posisioneer diegene met ‘n groter salwing. Diegene wat nederig is voor MY
aangesig. Hulle is MY geheime versteektes; hulle weet hoe om MY Woorde en MY
aangesig te aanskou. Hulle staan in die gaping, hulle roep uit in YAHUSHUA se
Naam. Aan die vyande van MY reg rondom hierdie wêreld, Pasop vir MY verandering
van MY Wagte. Want hulle het net Heiliger geword. Hulle het net meer vasberade
en onverskrokke geword. Hulle sal Heiligheid preek en hulle sal hierdie wêreld
bestraf. So pasop vir die verandering van MY Wagte wat geklee is in MY volle
wapenrusting (Efesiërs 6), wat nie na julle toe kom in hulle naam nie maar kom
in die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA. Wat nie wapens dra van oorlogvoering wat
vleeslik is nie, maar MY verandering van MY Wagte het die geestelike wapens wat
nog ongekend is.
Hulle het die arsenaal van die ganse Hemel en al wat hulle hoef te doen is om
uit te roep na MY in YAHUSHUA se Naam. Hulle gaan julle verandering van die
wagte beskaamd laat. So spot MY as julle durf. Terwyl julle booswigte julle
wagte verander, want pasop EK sê vir julle MY vyande, EK het ook MY Wagte
verander. Hulle is wie julle die minste verwag, die geringste van die mans en
vroue en selfs Kinders. EK spreek voort tot hulle nie net deur profesieë wat
gebeur nie maar ook in drome en visioene. Hierdie gawes gaan net sterker word
terwyl EK MY Wagte verander wie EK bevorder gooi EK ook uit.
Pasop Kerke wat gewaarsku was die Verandering van die Wagte het gekom en hulle
sit in julle einste kerkbanke en hulle konfronteer die onheiligheid in julle,
die ongehoorsaamheid in julle. EK is dieselfde YAHUVEH en EK verander nie, nie
vir enige iemand nie. MY woorde keer nie leeg tot MY toe terug nie, nie vir
enige iemand nie. Omdat MY dogter ingetree en gehuil het en gebid het voor MY
toe sy gehoor het van die dood van Richard Eby, omdat so baie van julle geskryf
en gevra het en soveel meer nog wil skryf en vra, "Het Dr. Richard gelieg vir
my?" Nee hy het nie. Sy enigste sonde was dat hy ongeduldig en moeg geraak het,
maar EK fouteer hom nie.
*******
So was dit gespreek hierdie dag op 31 Desember, die laaste dag van 2002. YAHUVEH
en YAHUSHUA wees asseblief genadig oor ons terwyl ons in die jaar 2003 ingaan.
Ophelderend vir sommiges, ‘n aanstoot vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
Ek bly julle Suster Apostel Elisheva Eliyahu
Dit het geeïndig 6:45 in die oggend.
Einde van profesie. Verduideliking volg.
* * * * * * *
Ek was wakker gemaak 5:00 die oggend en YAHUVEH het vir my gesê om SY aangesig
te soek, om te kom voor SY TROON en bid. Terwyl ek begin het om dit te doen, het
ek gesê "Ek moet in tale bid so ek sal sitkamer toe gaan." Ek het begin bid...
Dit is hoekom hierdie woord voortgekom het- pleitend en biddend en ek het ‘n
hele lys dinge in gebed geneem soos die behoefte aan ‘n RV, wat die reisende
toevlugs-oord moet wees, waarvoor ons glo in geloof, en al ons persoonlike
behoeftes, en ek het te veel vrae op een slag gevra. Soos julle kan sien was ek
voor die hele wêreld tereggewys. Want die eerste ding is hierdie boodskap moes
na vore kom. YAHUVEH het vir ons gesê dat dit die eerste ding is wat ons
veronderstel was om te soek. Ek is heeltemal eerlik met julle ek sê vir julle
ons het geen idee gehad dat hierdie woord voortkom nie. Ons het geweet nog ‘n
boodskap was oppad want gister op 30 Desember was die okkultiese aanvalle wat
teen my gekom het, heel moontlik die sterkste tot dusver. Maar soos julle kan
sien is die geveg YAHUVEH en YAHUSHUA s’n en die Oorwinning is ons s’n. Want
vandag het die nuwe woord na vore gekom, om te bemoedig, te bestraf en hopelik
om geloof te bou in diegene wat geloof nodig het, en vir diegene wat nodig het
om te bekeer om op hul aangesigte te val en te bekeer en ‘n nader verhouding en
wandel te soek met YAHUVEH en YAHUSHUA voor dit te laat is, en dit hulle koppe
kos.
Kopieer asseblief en waarsku ander en stuur aan ander webwerwe en tree asseblief
in vir ons in gebed. Asseblief oorweeg dit biddend of julle vennote moet word
van hierdie bediening waar ons sal deel in dieselfde belonings.
Liefde en seëninge in YAHUSHUA se Naam.
Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 120 Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie!
Hierdie Profesie het die Salwing van restourasie, krag en onverskrokkenheid. So
as jy gevegs-moeg en afgemat is, laat YAHUSHUA jou verkwik met hierdie Sukkot
Profesie van Restourasie aan almal wat YAHUSHUA aanbid en Heilig lewe. Dit het
‘n Salwing van restourasie - verstand, ligaam, siel en gees, gesondheid,
finansies en in alle opsigte!
Ons loof U, ABBA YAHUVEH vir die Salwing op hierdie Profesie wat jukke en
bindings gaan breek tot U Lof, Eer & Glorie.
Alle Wedergebore, HEILIGE GEES gevulde Gelowiges wat YAHUSHUA ALMAGTIGE HERE GOD
& REDDER, aanbid, dien en gehoorsaam, alle vervolgde, misbruikte, verwerpte,
gehate – julle wat moeg is vir boosheid wat aanvaarbaar genoem word en goed wat
boosheid genoem word; moenie opgee nie Heilige Gebeds-bemiddelaars, Bruid van
YAHUSHUA. Moenie ophou nie selfs wanneer die bekommernisse en probleme van
hierdie wêreld jou oorweldig laat voel, wanneer satan aanval, wanneer vyande jou
oortref in getal! Moenie opgee nie, moenie ophou nie! Hierdie wêreld is nie ons
Tuiste nie! Moenie jou geloof opgee nie in YAHUSHUA se Naam! Julle sál
oorwinning hê!
Hierdie gaan soveel van die troepe herstel wat so papgeslaan was. Die moraal van
die troepe het nodig om opgebou te word. Daar is geen verdraagsaamheid in Israel
vir diegene wat glo in en vir YAHUSHUA volg nie.
Elisheva sê, "Dit het 'n vervolgde Jood geverg om die salwing aan te wakker in
hierdie vervolgde Jood." As jy moeg en neergeslaan is, lees asseblief en luister.
Daar is 'n Salwing van restourasie hierin. Daar is 'n groter Salwing in die
Gesproke Woord. Luister asseblief na die klankopname in die video of lees dit
hardop as jy in staat is.
Kyk asb. op die einde, was daar ‘n wonderwerk met die bandopnemer. Die battery
was gevul met net genoeg krag om die lengte op te neem van die Woord self. As
die telefoongesprek opgeneem was van die begin af, sou die hele Woord nie
opgeneem gewees het tot die einde toe nie. Maar Loof YAHUSHUA, die opname het
begin in YAHUVEH se perfekte tydsberekening en die hele Woord was opgeneem!
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee aan hemelse
of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie
voortbring (1 Kor 14:6)
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Loof YAH”
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”
ELOHIEM beteken “GOD”
Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die
RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie
webwerf.
(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”
Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het
EK is YAHWEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
(van Profesie 105)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte uit 2 Kronieke, by
te voeg as ‘n waarskuwing vir diegene wat spot:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Profesie 120 Begin:
19 Oktober 2011
Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIG te noem nie,
want MY GEES is in jou.
Jy is MYNE! Jy is Bloed-gewas!
Jy is Bloed-gekoop! En jy is MYNE.
- verstand, liggaam, gees en siel behoort aan
YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS jou MESSIAS!
Elisheva: “O, ek kry warm!” (Die Heilige Vuur Salwing van die RUACH HA KODESH
manifesteer dikwels op hierdie manier.)
En nou vul EK jou met Vars Nuwe Olie uit die Hemel om te wandel in 'n groter
Salwing om te spreek met ‘n groter onverskrokkenheid, soos Johannes die Doper.
Van die kroon van jou kop tot die einste sole van jou voete!
Vars manna uit die Hemel, gee EK vir jou om te eet!
Jy is MY geliefde! MY geliefde is MYNE!
O, MY kosbare een! Help MY, help MY, help MY!
Voed MY skape en lammers! Werk aan hierdie Profeet se sy.
Want die tyd is so kort!
MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat dit verg om die
sondes weg te was. Dankie vir jou om nie skaam te wees vir MY nie. Dankie vir
jou om gewillig te wees om vervolg te word vir MY! Dankie vir jou vir die
aanvaarding vir MY, selfs al beteken dit jou eie familie draai weg, diegene wat
van jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-Familie nie!
MY BLOED-Familie omhels jou soos EK hierdie Profeet suster van jou, jou laat bel
het hierdie dag! MY BLOED-Familie, diegene wat die wil doen van die HEMELSE
VADER, omhels jou en het jou lief - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou
hierdie altyd. EK het jou lief! En EK bedank jou. Ja, jou HERE GOD, jou
VERLOSSER, jou MESSIAS het jou lief! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat enige
iemand dit wegneem nie!
EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbarings. En
groter Openbarings sal jy hê!
Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse”
gehad. Jy het joune. [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat volg agter MY
aan, as hulle nie vervolg word in MY NAAM nie, beter hulself afvra, “Hoekom nie?”
Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (Joh 13:16) Dit is almal...
almal het MY nie lief nie [Nie almal het MY lief nie]. Moenie van almal verwag
om jou lief te hê nie – terwyl EK steeds vervolg word — in hierdie wêreld! EK IS
meer gehaat as wat EK geliefd is! EK IS meer bespot as wat EK aanvaar is! Maar
EK het die PRYS betaal by Golgota. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank,
hoe lank, hoe lank moet EK wag vir jou om MY te aanvaar — MY lief te hê?
O! EK weet hoe lank dit sal wees! En EK ken die prys wat Israel sal betaal! En
dit sal 'n prys wees wat so swaar is - want hulle word meer aanspreeklik gehou.
Want EK het die strate bewandel van Jerusalem. MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED is
deurweek in die land. O hoe treur EK! Hoe rou EK!
Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel!
Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos EK vir jou het so ook is daar
ander in Israel. En hulle is versprei reg oor die wêreld en hulle gaan opstaan
en hulle gaan verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot
en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar
dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid wegneem nie.
So EK neem net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur hierdie Profeet van
MY om te se, “Dankie”. Nie een traan wat jy gestort het vir MY NAAM’s ontwil, is
nie gestoor in die Hemel nie in 'n kosbare bottel, omkors met edelstene en
juwele van alle soorte (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging - EK sê vir julle
dit MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in
daardie bottel van jou trane. Dit was 'n offer aan MY, jou YAHUSHUA, jou HEMELSE
VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.
O hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in
staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie veel langer wees nie! Dit
sal nie veel langer wees nie! Jy sal in MY Arms wees! Jy sal MY Stem hoor!
Moet net nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Want jy het so ver gekom! Moenie
opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Moenie skik met die wêreld se leuens nie!
Hoe meer die wêreld vir jou sê dat jy onheilig is, weet dat jy Heilig is! Hoe
meer hulle spot en hulle lag -omdat jy die Torah wette volg- weet dat jy MYNE
is!
Hoe meer jy die Sabbat verdedig, die Shabbat en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie" —
weet net dat jy MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Alhoewel die
vervolging so swaar is en alhoewel dit swaarder gaan word, onthou vir WIE SE
NAAM jy vervolg word! Onthou vir WIE jy gehaat word!
O, hulle sal jou naam gebruik en jou naam sal hulle skend en allerhande boosheid
spreek daarteen, maar dit is nie regtig jou naam wat hulle haat nie. Dit is WIE
jy verteenwoordig. Dit is wie jy is in MY. Dit is die Boodskappe wat jy bring
wat kom direk uit die Hemel.
So moet jy nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie!
Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid vir die einste berge
om hulle te verberg - van HOM WIE OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) En die
HEILIGE LAM wat geslag was, gekruisig en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA
MASHIACH IS MY NAAM!
En EK sê vir jou - MOENIE OPGEE NIE! EN MOENIE JY OPHOU NIE! Want EK IS met jou!
Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie,
maar EK praat met die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape
en Lammers te voed. Hou aan om nie skaam te wees vir jou getuienis nie want jou
Getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat
die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!
Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want EK verander lewens! O groot,
groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag vir diegene –
in die Hemel – wat gewillig was, gewillig om hulle reputasies neer te lê, hulle
name neer te lê, gewillig was om vervolg te word vir MY NAAM’S ontwil! Groot,
groot, groot, groot, groot is julle belonings wat wag vir julle in die Hemel.
Jy sal sien MY geliefde. Jy sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID sien. Met jou eie
oë! Sal jy sien! Dis nie ver weg nie! Moenie ontmoedig word terwyl jy die datum-bepalers
sien kom en gaan nie. Luister net en jy sal sien. Nuwe Openbarings sal kom na
jou toe.
Staan op vir mekaar! Nou is nie die tyd om alleen te staan nie. EK bring MY
Bruid bymekaar van een uithoek tot die ander [van die] wêreld deur hierdie
Internet, andersins sou julle twee wat nou praat, nie ontmoet het nie. En
nogtans, is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.
Jy sal weet wie is MYNE. Hulle sal veg aan jou sy. Hulle sal alles verdedig wat
Heilig is. Hulle sal die wolwe ontbloot in skaapsklere. Moenie mislei wees nie.
Al diegene wat eis hulle spreek in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'” is waarlik
nie [almal] sprekend van MY nie. Enige iemand wat staan teen hierdie Heilige
Bediening, die einste Bediening geordineer deur YAH ... Wee hierdie vyande wat
staan teen alles wat Heilig is! Want julle staan teen ALMAGTIGE GOD!
So MY geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler
is en daar is nog meer wat kom, maar hulle het getalm. So hierdie is jou
beloning hierdie dag. Jy wou 'n Woord gehad het. Jy het 'n Woord gekry.
[Elisheva] jy het gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter,
want hierdie is nie woorde van jou vlees nie! Hierdie is Woorde wat kom uit die
Hemel - om die Hebreeuse vertaler te seën wat MY Woorde sal neem na die
Hebreeuse volk, [en] ywerig sal werk. En EK oorvloedig sal seën!
EK het jou lief! EK het jou liefgehad! Moet nooit, ooit, ooit, ooit, ooit
vergeet EK het jou lief nie. EK ken IEDER & ELKE traan wat ALMAL van julle
gestort het! EK ken IEDER & ELKE keer wat jou naam vervloek word op hierdie
aarde, maar dit is nie deur MY nie.
Want EK stuur vir jou Seëninge!
Ek berei 'n tafel voor jou IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JOU vyande (Ps 32) EN EK
SEËN JOU!!!! En die GANSE hel is VERWOED want hulle KAN NIE die STEM STILMAAK
van jou ALMAGTIGE LEWENDE YAHUVEH nie!
So [vyande] kners julle tande in woede!!!!
EK IS nie daardie OFFERLAM
wat meer gemartel word nie! Dit was eenmaal!
Nou IS EK die LEEU uit die Stam van JUDAH
En EK KOM OM MY vyande te VERSLIND!!!!!
WANT EK & DIE VADER IS EEN!
ONS beide seën en ONS beide vervloek!
Deuteronomium 28, die Seëninge en die Vloeke:
Die Seëninge vir diegene wat GEHOORSAAM!
Die Vloeke vir diegene wat VERONTAGSAAM!
Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil doen van die HEMELSE VADER
wandel in MY Seëninge.
EK toets. EK weet reeds wie is waardig om die Groot Verdrukking te ontvlug.
Almal van julle is in ‘n toets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie [Elisheva
Eliyahu]. Jy’t gewag en jy’t gewag en die vyande het gevrees maar EK het gewag
en EK het gewag todat jy hierdie stem gehoor het - van die Hebreeuse Vertaler -
om die salwing aan te wakker binne-in jou.
Want ISRAEL, EK het jou lief.
Hoor jy MY, O Israel?
EK het jou lief. EK begeer om jou te red.
Dit is jou keuse.
Dit sal vervolging verg
— soos die een waarmee jy praat nou,
vervolg was en soveel meer.
Maar EK het MY Bruid in Israel.
Hulle is MY Versteekte Bruid.
Daar is nie net fisiese Israel nie, en
— daar is Geestelike Israel.
En EK het MY Bruid.
Want MY Geestelike Israel is in Israel ook.
O MY Skatte!
Lees die Hooglied van Salomo.
Sien MY Liefde vir julle. Sien MY liefde vir MY Bruid.
Julle weet nie hoe graag EK julle wil trek aan MY Sy nie!
En dit sal nie lank wees nie! Dit sal regtig nie lank wees nie!
EK sien julle trane. EK hoor julle treur. EK hou dop terwyl julle huil en
weeklaag:
"Ek wil nie lewe op hierdie aarde meer nie."
Julle is omring deur boosheid aan alle kante.
Maar hoe dink julle voel EK?
Wanneer MY einste naam verag word?
Dit sal nie lank wees nie.
Moet net nie opgee nie! Moet julle nie ophou nie!
Die goeie werk wat EK begin het, sal EK voltooi.
Einde van Profesie
Elisheva: HalleluYAH! Loof YAHUSHUA! Yeay! [vreugdevolle gelag] O ABBA YAHUVEH,
YAHUSHUA, KOSBARE RUACH ha KODESH! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank
U! Dank U! Dank U! Almal het gewag en almal het gesê: "[Elisheva], dit was so
lank vandat daar nog 'n Profesie was. Waar is die profesie? Jy het Profesieë
gehad wat opgestoor was."
Maar ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA, dank ons U en loof ons U nou!
Hierdie is die volgende Profesie en dit het 'n Hebreër geverg uit Israel om dit
los te maak, in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! HalleluYAH! O man, ek kry
warm! Loof U YAHUSHUA! Woo hoo! Ek weet nie wat dit sê nie, wat sê dit?
[Die gesprek gaan voort, antwoord gedemp vir ‘n paar oomblikke langer totdat die
battery heeltemal pap is].
Elisheva: O Ok, die battery flikker dat dit pap is - maar maak seker die
boodskap is daar... O asseblief GOD ALMAGTIG ...”
Opname eindig hier.
Voortgespreek uit 'n werktuig van klei, maar 'n magtige vegter vir YAHUSHUA.
So is dit gespreek, so is dit geskryf hierdie dag 19 Oktober 2011, in die
middernag-uur.
* * * * * * *