2
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, EK kom om in jou midde te
woon, spreek YAHUVEH. (Joël 3:17)
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by YAHUVEH aansluit, en hulle sal MY tot
‘n volk wees; en EK sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat YAHUVEH van die
leërskare my na jou gestuur het.(Jer 24:7, Mig 4:2)
12 En YAHUVEH sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en
Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor YAHUVEH! Want HY verhef HOM uit sy heilige woning.
*~ Sagaria Hoofstuk 3 ~*
1 Daarna het HY my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel
van YAHUVEH staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae. (Ps
109:6, Job 1:6, Op 12:10)
2 Toe sê YAHUVEH aan die Satan: Mag YAHUVEH jou bestraf, o Satan! Ja, mag
YAHUVEH, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout
wat uit die vuur geruk is nie?
3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel van YAHUVEH
staan.
4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere
van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek
beklee jou met feesklere. (Op 19:7-9)
5 Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein
tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van
YAHUVEH daarby staan.
6 En die Engel van YAHUVEH het Josua plegtig verseker en gesê:
7 So sê YAHUVEH van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my
verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en
Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan. (Deut 10:12-13)
8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor
jou sit—ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat
kom!
9 Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het—op die een steen is daar
sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek YAHUVEH van die leërskare, en
Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.
10 In dié dag, spreek YAHUVEH van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder
die wingerdstok en onder die vyeboom. (Mig 4:4)
*~ Sagaria Hoofstuk 4 ~*
1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man
wat uit die slaap opgewek word.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar
(Menorah), heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom;
telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. (Op 1:20)
3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan
die linkerkant daarvan. (Op 11:4)
4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat
beteken dit, my heer?
5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie
wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van YAHUVEH aan Serubbábel,
naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur MY Gees, sê YAHUVEH van die
leërskare.
7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ‘n gelykte word! En hy sal
die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!
Johannes 10:22-28
22 En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
23 En YAHUSHUA het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid?
As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
25 YAHUSHUA antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die
werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle
gesê het.
27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in
ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.