31
1 In dié tyd, spreek YAHUVEH, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n ELOHIM
wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
2 So sê YAHUVEH: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het
genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.
3 YAHUVEH het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n
ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.
4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou
weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. (Jer
30:19)
5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en
die vrugte geniet.
6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak
julle klaar en laat ons optrek na Sion, na YAHUVEH onse ELOHIM.
7 Want so sê YAHUVEH: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die
nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o YAHUVEH, verlos u volk, die oorblyfsel
van Israel!
8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit
die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder
hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.
9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring
by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is
vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.
10 Hoor die woord van YAHUVEH, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver
is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n
herder sy kudde.
11 Want YAHUVEH het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat
sterker was as hy.
12 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge
van YAHUVEH, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste;
en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer
kwyn nie.
13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die
oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot
blydskap bring uit hulle kommer.
14 En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal
versadig word met my seëninge, spreek YAHUVEH.
15 So sê YAHUVEH: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel
ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle
daar nie is nie.
16 So sê YAHUVEH: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is
loon vir jou arbeid, spreek YAHUVEH; en hulle sal uit die land van die vyand
terugkom.
17 Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek YAHUVEH; en die kinders
sal terugkom na hulle grondgebied.
18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat
tugtig soos ‘n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is
YAHUVEH my ELOHIM.
19 Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig
gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die
skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra.
Matteus 24:29-36
29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en
die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die
kragte van die hemele sal geskud word.
30 En dan sal die teken van die Seun van YAH in die hemel verskyn, en dan sal al
die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van YAH sien kom op die wolke
van die hemel met groot krag en heerlikheid. (Dan 7:13)
31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy
uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele
af tot die ander einde daarvan.
32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy
blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor
die deur.
34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat
al hierdie dinge gebeur het nie.
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele
nie, maar net my Vader alleen.
1 Tessalonisense 4:13-18
13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot
die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
14 Want as ons glo dat YAHUSHUA gesterwe en opgestaan het, dan sal ELOHIM ook so
die wat in YAHUSHUA ontslaap het, saam met Hom bring.
15 Want dit sê ons vir julle deur die Woord van ELOHIM, dat ons wat in die lewe
oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal
vóór wees nie.
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van
‘n aartsengel en met geklank van die basuin van YAHUVEH; en die wat in Christus
gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word
die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1 Kor 15:51-54
51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie,
maar ons sal almal verander word,
52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal
weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie
sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie
sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat
geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. (Jes 25:8)