Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
17 November, 2023
Elisheva: Onderaan die Profesie is kommentare en 'n uittreksel van 'n persoon
uit 'n geselskamer (chatroom) wat die GoudKoors Herlewing beleef het!
Redakteur se Kommentaar:
Gedurende Sukkot
Die GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB het my na jou toe gestuur. “EK IS” YAHUVEH is
SY NAAM. “EK IS” stuur my na beide Jood & Heiden—die geredde, die teruggevallene,
die ongeredde. Mag julle die RUACH ha KODESH hoor voortspreek deur hierdie
geskrewe Woorde en mag alles die NAAM VAN YAHUSHUA, YAHUVEH & RUACH ha KODESH
verheerlik!
Hy wat 'n oor het, laat hulle hoor wat die GEES aan die kerke sê. Al die ander
bly doof.
* * * * * * * *
Hier onder volg die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” soos GOD SE GEES uiting gee (Handeling
2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en
Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” הללו-יה Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD THE FATHER
YAHUSHUA/YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN
HA MASHIACH המשיח beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM אלוהים beteken “GOD”)
Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניהתפארה
—–as die PERSOONLIKE NAAM van dieRUACH HA KODESH רוחהקדש, (In Afrikaans genoem
“Die HEILIGE GEES”)
- is ook op hierdie web werf.
(HA SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH יהאבא beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH יהאמא beteken “MOEDER YAH”
(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui). Regs kliek die voetnota nommers om’n tweede “tab” oop te maak.
*******
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGEW WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte by te voeg as ‘n
waarskuwing vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16
* * * * * * *
Bygevoeg April-Mei 2003
Hierdie onderstaande Profesie praat nie net van die vals manifestasie van
goudstof wat op die liggaam verskyn nie, maar ook van tande wat goud word sowel
as die oorlog van Kosovo. Maar dit kan ook van die oorlog vandag in Irak en
Afganistan praat, want dit is steeds van toepassing. 'n Broer in YAHUSHUA het
aan my geskryf en uitgevra oor hierdie Profesie 32. VADER YAHUVEH het beveel om
dit weer te plaas en hierdie NUWE e-pos van Maleisië by te voeg waar ons baie
het wat YAHUSHUA, in Grieks genoem ‘JESUS CHRISTUS’ aangeneem het deur die
waarhede wat gespreek word in hierdie bediening.
Die Profesieë is oral oor Maleisië, Afrika, Indië, Engeland, om maar net 'n
klompie buitelandse nasies te noem. Selfs 'n Christelike Kerk in Irak het
hierdie profesieë en deel dit met hulle lidmate. Bid asseblief vir die Christene
en Messiaanse Jode in Irak want hulle is 'n weggesteekte minderheid, en ‘n broer
het aan my geskryf wat 'n Pastoor vandaar was. Ek gebruik die term 'was'...
omdat ek nie weet of hy en sy kerk nog lewe na dit wat ek op die nuus gesien het
nie... Ek weet dit, ek sal hom in die Hemel ontmoet al sal het ek nooit die
voorreg hê om hom op aarde te ontmoet nie.
Liefde & Seëninge in die NAAM VAN YAHUSHUA
Elisheva Eliyahu
Profesie 32 Begin
14 April 1999
“EK IS” en MY SEUN YAHUSHUA, is NIE verheerlikte tandartse nie! ONS is die GOD
VAN DIE SKEPPING. ONS kopieer nie die maniere van die mens nie. Soek die
waarheid biddend. Want daar is diegene wat julle wil mislei. Hierdie is niks
meer as toordery, kulkuns, middeleeuse chemie en betowering nie—die toorkuns om
metaal in goud te verander.
PASOP! Geestelike leiers en die mense wat hierdie goudvulsel bonatuurlik kry (al
maak sommige daarop aanspraak d.m.v. kulkunste) in hul monde, ontvang boodskappe
van satan soos 'n radiosender.
Hulle sal nooit weer instaat wees
om die ware Stem van die RUACH HA KODESH te onderskei nie —
hulle het hul siele verkoop vir 'n mondvol goud,
as hulle nie BEKEER en dit laat verwyder nie.
Studeer en bewys jouself as beproef.
Waar is hierdie in die Heilige Skrifte wat EK vir julle gegee het?
Hulle noem hierdie 'n 'herlewing' maar die vure van die hel lek aan hulle voete.
Weet julle dat MY weë nie die weë van die wêreld is nie?!
Julle hardloop heen en weer en selfs die heidene doen dit ter wille van goud! En
julle jaag agter tekens, wonders en wonderwerke aan en weet nie dit is wat die
antichris gaan gebruik om sovele te mislei nie? Weet julle nie dat tekens,
wonders en wonderwerke diégene volg wat glo nie (Mark.16: 17-18)? Nie julle wat
tekens, wonders en wonderwerke najaag nie! My betroubaarste diensknegte word
weggelei soos 'n vark met 'n goue ring aan sy snoet.
Julle wat hierdie dinge doen openbaar julle ware vrugte. Pasop, want julle sal
aanspreeklik gehou word. Hoe durf julle MY ware diensknegte beledig wat julle
waarsku en julle herinner selfs die ware uitverkorenes sal mislei word indien
moontlik (Mat.24:24)!
Dit is slegs moontlik as niemand gewillig is om te waarsku en te praat nie.
Julle moet hulle nie haat nie maar dankbaar wees vir hulle vrymoedigheid. Nee—maar
in hierdie tye sal dit wat goed is boos genoem word en wat boos is goed —EK het
nie nodig om metaalvulsels binne-in tande te verander in goud om siele te red
nie of om goudstof oor julle te sprinkel nie.
Dit verg die BLOED VAN YAHUSHUA om julle te bedek nie goudstof nie.
As dit al was wat dit geverg het, sou EK nie MY SEUN YAHUSHUA as 'n offer op
Golgota gegee het nie.
Julle geestelike leiers EK kla julle aan oor hierdie dwaasheid, BEKEER VANDAG!
Moet geen deel hê aan hierdie goudkoors herlewing nie. Vind uit wie die
towenaars in die kerke is wat dit in die kerke en tempels inbring en jaag hulle
uit. Julle is die blindes wat die blindes lei. (Mt 15:14; Lk 6:39). Beide sal in
die ingewande van die hel val as julle die mense na tekens, wonders en
wonderwerke lei en nie na VERLOSSING nie —YAHUSHUA is SY NAAM!
MY mense vlug van sulke plekke waar julle dit sien! Bestraf satan en vlug. Julle
bring skande oor julself terwyl julle honger en dors na tekens en satan vir
julle gee wat julle begeer.
Wat sal julle doen as satan sê bring vir my julle pennies en ek sal die metaal
in 'n hoop goud verander? Verstaan julle nog nie julle gierigheid verblind julle
oë nie?
Onderskei julle nie die kerke wat hulself hievoor oopgestel het het ook die
laggende- koggelende-gees van verwarring in hul kerke nie?
Kan julle nie sien dat hierdie nog 'n vorm van misleiding is om julle daarvan te
weerhou om sonder vlek of kreukel te wees nie? Hierdie nog 'n misleiding is om
julle oë weg te draai van MY Koms af?! Julle wat mislei was en nie bekeer het
nie, julle is nie MY Bruid nie!
EK doen ‘n beroep op MY Verlore Skape wat hulself MYNE genoem het en nogtans na
'n ander herder se arms gehardloop het—'n “vals herder”, een wat diegene wat
eens MY “lammers”genoem was ter slagting sal lei. Diesulkes wat na MY toe kom en
MY “REDDER” noem doen dit net as gevolg van die tekens van metaal wat in goud
verander word of omdat hulle goudstof sien. Besef julle nie dat slegs liefde,
ware liefde vir MY julle siele kan red nie? Besef julle nie BEKERING, WARE
BEKERING sal julle siele red nie?
Onthou julle nie dat EK wonderbaarlike tekens, wonders en wonderwerke met Moses
gedoen het nie en die bose Farao het sy goëlaars, towenaars en kulkunstenaars
gekry om dieselfde na te boots nie? —satan wou mislei destyds en hy doen
dieselfde nou—hy het destyds 'n goue afgod gebruik, hy gebruik 'n goue afgod nou.
Julle met die gees van 'n Fariseer!
Julle jaag agter vlees aan
en nie MY RUACH HA KODESH nie!
Julle, na wie EK eens met blydskap gekyk het! Keer EK nou die rug in walging!
Julle sê omdat hierdie bediening of daardie persoon (wat julle op 'n voetstuk
geplaas het en reken dat hulle meer is as wat hulle is) —omdat hulle sê dat dit
'n handeling uit die Hemel is selfs sonder om te onderskei uit watter gees hulle
praat aanvaar julle dit as waarheid! Alhoewel dit 'n leuen uit die put van die
hel is!
WEE diegene wat MY mense leer om te sondig en dit te aanvaar wat nie van MY
RUACH ha KODESH is nie! Julle is die einstes wat hulle in die paadjies laat rol
en soos honde laat blaf, en lag in chaotiese spottery terwyl julle daarop
aanspraak maak dat dit die blydskap in die HERE is!
Julle leiers, EK sal julle so skielik neervel wat MY kudde laat wegdwaal het
julle sal nie eens gewaarsku word nie. Beskou hierdie as julle waarskuwing maar
so min sal selfs MY Stem hoor want hulle het die stem van 'n ander gehoor wat
nou met hulle praat deur satan.
Julle leiers, julle word verantwoordlik gehou. Julle word aanspreeklik gehou vir
dit wat julle weet! Julle vals leiers wat MY mense op 'n dwaalspoor lei is die
einstes wat nou MY Woord gebruik om daarop aanspraak te maak dat dit YAHUSHUA is
wat deur die mense kanaliseer.
Kom uit die kerke uit wat al hierdie dinge doen waarvan EK hulle vandag aangekla
het of kuddes wat eens op ‘n tyd MYNE was, sal julle name vir ewig uitgewis word
uit die LAM SE Boek van die Lewe.
In hierdie wêreld buig julle neer voor goud en dink die een is beter as die
ander afhangende van hoe ryk hulle is, DWASE! Ja Ek noem julle DWASE!
Het die Israeliete nie vir hulself 'n goue afgod gemaak nie hierdie is geensins
anders nie. Omdat MY dwase wederstrewige dogter Jerusalem ook deelneem aan
hierdie gekheid en MY dienaars wat EK eens vertrou het hierdie kettery onderrig,
glo julle dat dit die werke van MY hande is?
Vra julleself, hoe is neerbuiging voor en aanbidding van die vals god wat tande
met goud vul verskillend daarvan om neer te buig voor die goue kalf? Vra
julleself toe EK die Gebooie geskryf op klip vir Moses gegee het met MY Vinger
geskryf op klip nie goud nie—vra julself af hoekom het EK dit nie op goud
geskryf nie? Nogtans het satan terselfdertyd MY mense se harte gevul en hulle
het 'n goue afgod aanbid. Hierdie is geensins anders nie.
Julle leiers spog oor hoeveel gered word deur hierdie “Goudkoors-herlewing” en
tog dink julle nie EK ken die mense se ware motiewe en sien hulle harte nie?
Weet julle nie dat satan weereens 'n goue afgod gebruik om MY mense in vals
aanbidding te lei nie en julle dink julle loof MY en verheerlik “EK IS” ? En tog
beledig julle MY. Gaan weg van MY julle wat hierdie dinge doen! BEKEER VANDAG of
anders sal jy met jou siel betaal.
Nou het EK verdere aanklagtes teen julle leiers, gemeentes en kerke wat sê dat
julle MYNE is. Gedurende hierdie tyd het julle selfs die heidene se oë op die
goudkoors herlewing en tog kla EK julle hiermee aan:
Hoekom val julle nie op jul knieë en vas met gebeds-intersessie dag en nag vir
die gruweldade wat gepleeg word in 'n oorlog wat deur satan self ge-orkestreer
word nie. Weet julle nie “EK IS” gaan diegene wat deelneem in NATO en hierdie
gruweldade doen op 'n harde manier oordeel nie?!
Julle oë is op goud en nie op die onskuldige mans, vrouens en kinders wat julle
daagliks bombardeer en vermoor nie.
Pastore, profete, apostels, evangeliste, leraars, pasop! Julle wat eens op ‘n
tyd MY Woorde gespreek het en nou die speletjie speel van “Volg die Leier” —“EK
IS” is die ENGISTE LEIER wat julle moet volg. “EK IS”volg geen man of vrou nie.
Hulle is veronderstel om “EK IS” te volg! “EK IS” is nie in die populariteit van
bedienings by wie julle handtekeninge soek tot skande nie.
MY dienaars is veronderstel om die mense te dien maar instede daarvan word hulle
verlok tot sonde met omkopery om stil te bly deur die regerings wat
belasting-kwytskelding gee en julle waarsku indien julle praat sal julle
finansieel daarvoor betaal. Ter wille van geld muilband julle julself!
Julle bewys watter GOD julle dien wanneer julle nie sê dat homoseksualiteit 'n
sonde is nie! Aborsie is sonde! Hierdie oorlog is sonde! Die weë van die wêreld
is sonde! Enige iemand wat 'n vriend van hierdie wêreld is is nie 'n vriend van
“EK IS” of MY SEUN YAHUSHUA nie, PASOP!
EK kla julle nou aan, julle wat julself geestelike leiers noem, julle wat op die
maat van die wêreld se tamboerslaner marsjeer. Hoekom hoor julle nie MY Stem wat
sê julle moet uitspreek teen onheiligheid nie? Julle leer MY mense om te sondig
deur stil te bly en ongeag wat deur julle politieke leiers gedoen word sê julle
“EK IS” wil hê hulle moenie veg teen dit wat onheilig is nie, en ook nie
uitspreek teen die leiers van die nasies wat hierdie dinge doen nie.
Bid vir hulle om te bekeer! Maar moenie dat die geestelike leiers, die politieke
leiers julle binne-in die ingewande van die hel lei nie. Moenie dat die bloed
van ander julle kledingstukke deurweek nie. Moenie verblind word deur die roem
en rykdom wat satan hierdie wêreld bied nie.
Daar is 'n herlewing, ja, maar 'n groter herlewing van voetspore wat in die hel
in lei deur die groot afvalligheid weg van MY Waarheid af (2 Tess.2:3;
1Tim.4:1)—satan het ook 'n herlewing aan die gang gesit pasop dus vir die
vervalsing, karnaval, herlewing. Ek kla julle geestelike leiers aan.
Nie almal marsjeer op die dromslag van die hel nie. Daar is diegene soos hierdie
diensmaagd en ander, wat dapper sal uitroep en protesteer en indien nodig hulle
lewens neerlê ter wille van MY. EK waarsku julle, “Jakob het EK liefgehad, Esau
het EK gehaat” (Rom.9:13)!
Wanneer julle MY Jakob’e wil stilmaak loop julle gevaar om te word soos een met
'n Kain gees—julle loop gevaar vir MY liefde om in haat te verander vir
julle—dit is julle wat die RUACH HA KODESH belaster wanneer julle dit waag om te
sê dat 'n werk van satan deur die RUACH HA KODESH gedoen word!
Toets elke gees wat praat. Toets elke teken, wonder en wonderwerk. Is dit in lyn
met die Woord van “EK IS”?
Die goudstof wat julle en julle klere besprinkel—die goudstof word uit die hel
vir julle gestuur om julle soos 'n kombers toe te maak en julle oë te verblind
en julle in 'n diep geestelike koma te sit waar julle nie langer die verskil
tussen reg en verkeerd ken nie. EK kla julle aan geestelike leiers wat EK eens
kon vertrou, EK kan nie meer nie.
Hoekom protesteer julle nie en laat julle mense protesteer teen hierdie oorlog
nie? Hoekom noem julle julself 'n vriend van die politieke leiers wat hierdie
gruweldade doen?
Weet julle nie dat julle verantwoordelik gehou sal word deur nie uit te spreek
nie uit vrees dat julle jul belasting-vrystellings status sal verloor nie? Julle
geestelike leiers, julle het die omkoopgeld van die regering aanvaar om stil te
bly. Julle het julle geboortereg verkoop soos Esau gedoen het vir 'n handvol
goud.
Hoe groter die bediening hoe meer kon julle MY Mense laat opstaan en praat en
nee sê vir die heidene. Tog, vir omkoopgeld bly julle stil en laat die moorde op
onskuldiges toe en die bloed is op julle hande geestelike leiers en almal wat
hulle navolg en almal wat hulle ondersteun met julle tiendes en offergawes!
Moenie enige seëninge van MY verwag nie want wanneer die tyd kom wat julle
uitroep na MY vir Bevryding, onthou waar is julle wanneer die onskuldiges julle
stemme nodig gehad het om hulle te verdedig? Oorlog ter wille van gulsigheid!
Die mens speel GOD en MY mense bly stil! Wat sal julle doen? Julle wat stilbly
en die bombardering van onskuldige mans, vrouens en kinders gadeslaan—nou dra
julle hulle bloed op julle klere!
As almal net iets sou doen om uit te spreek! As elke kerk net teen dit sou
uitspreek! Vas, bid en tree in. Moenie julle deure toemaak totdat julle MY Hand
van Bevryding sien nie!
Amerika, wee jou want bloedvergieting het nie na jou kuslyn gekom deur oorlog
nie vir baie jare maar julle het dit nou oor julself gebring! EK IS hou nogtans
die hand van die laksman terug terwille van die klein klompie wat uitroep om
genade. Maar wanneer dit kom sal daar geen waarskuwing wees nie. In die stilte
van die nag sal dit toeslaan met geen waarskuwings.
Jy is so opgeblaas met trots dat jy dink geen nasie sal terugslaan nie maar wee
jou Amerika. Want wanneer dit tyd word vir aanval, sal dit nie deur een hand
wees wat jou tref nie, maar deur baie hande wat jou tref. Vir dit waarin jy
deelgeneem het! Jou bondgenote sal nêrens in sig wees nie; Want hulle sal besig
wees om te veg vir hul eie lande. Wee julle MY Kinders wat hierdie oorlog
ondersteun. Julle geld is met bloed deurweek.
Julle geestelike leiers wat elke week kerk-hou of tempel en nogtans nie die
mense lei om te vas, te bid en in te tree hierteen nie. Twee onregte maak nie ‘n
reg nie. Hoe kan julle aan die een kant moord veroordeel en tog aan die
anderkant dit toejuig—solank dit julle nasie is wat die moorde pleeg! Huigelaars!
Hoe kan julle sê ons moet ons politieke leiers ondersteun wanneer dit wat hulle
doen verkeerd is? Ja, EK stel die politieke leiers aan. EK het ook die bose
farao as 'n korrupte regeerder aangestel. Het EK Moses aangesê om hom te
gehoorsaam toe hy goddeloos was? Het EK nie die Israeliete beveel om te vlug van
hierdie goddelose heerser nie?
Het EK Moses nie beveel om hierdie goddelose heerser te waarsku nie? Het EK nie
die bose farao geskape en ja, selfs vir Hitler en Mussolini vir MY Toorn en
Vernietiging vir die boosheid wat hulle voor MY aangesig gepleeg het nie?
(Rom.9:17-22)!
EK kla julle aan hiermee! geestelike leiers en almal wat stilbly—julle is
geensins anders as diegene wat stilgebly het tydens die Holocaust nie! EK kla
julle aan hiermee! Politieke leiers wat stilbly wetende dat dit wat gedoen word,
verkeerd is, dit nogtans nie waag om die boot te skud nie uit vrees —julle sal
julle boot geskud hê maar dit sal wees deur die Hand van “EK IS” se Toorn. EK
sal dit nie net skud nie, EK sal julle lewens omkeer en julle onder hou.
BEKEER VANDAG! Praat vandag! Moenie die een haat wat hierdie boodskap bring nie.
Sy gehoorsam slegs MY wil! Iemand moet praat en soos ‘n Moses wees en sê "LAAT
MY MENSE GAAN!"
Wanneer die tyd kom en julle sien Israel deur troepe omsingel, sal julle dan
praat? Wanneer julle die dreigemente van jul eie volk hoor wat MY Dogter
Jerusalem dreig sal julle dan praat? Wanneer die missiele in hulle rigting wys
deur jul eie volk, sal julle dan praat?
Julle geestelike leiers wat vreesbevange in die hoek ineenkrimp met julle monde
gesnoer - omdat julle die omkopery aanvaar het bedek in julle goudstof, louwarm
met 'n vorm van godsdienstigheid en geen GODDELIKHEID van binne nie (2 Tim.3:5)!
Julle wat MY Woorde vir die mense lees en nogtans nie daadwerklik optree ten
opsigte van die Woorde nie—geloof sonder werke is dood (Jakobus 2:14-26)! Julle
sing julle lofsange tot MY en nogtans sê EK, "Weg met julle lofsange!” Want
julle bewys geen lof aan MY nie behalwe in die vorming van julle lippe in sang.
Julle harte is ver van MY. Julle praat van liefde en nogtans kla ek julle aan
geestelike leiers, waar is julle liefde?
As julle MY liefhet sal julle MY gehoorsaam (Johannes 14:15) Sal julle MY Mense
leer om te gehoorsaam. Uitspreek soos Johannes die Doper en nie vir julle lewens
vrees nie.
Pasop, as julle nie bekeer nie, sal EK eendag vir julle sê, "Gaan weg van MY
julle werkers van ongeregtigheid EK het julle nooit geken nie"(Mat.7:23) “Jakob
het EK liefgehad, Esau het EK gehaat” Rom.9:13) Wees versigtig dat MY liefde vir
julle nie verander in haat nie. Pasop! Kain het gedink hy gee MY ook 'n goeie
offer en in jaloesie het hy Abel vermoor want hy het besef sy offer was nie
genoeg nie (Gen.4)
Hoekom vestig julle die oë van julle gemeentes op hul tande en goud? EK sal
julle wys hoe voel die tande van die LEEU VAN JUDA wanneer grootliks vertoorn.
Julle bespot MY met julle aanbidding wat mense na 'n goue afgod lei en hulle aan
die slaap sus vir die moorde wat hulle omring maar tog is hul oë op hul eie
tande of in die monde van ander.
Dink julle nie EK hoor die gille uit die monde van die onskuldiges nie?
Wee die nasies en die volke wat deelneem aan die verdediging van die werkers van
onheil en wat diegene vermoor wat MY aanbid!
Wee enige nasie wat nie alles in sy vermoë doen om Jerusalem te beskerm nie. EK
het Israel verberg—alhoewel sy MY wederstrewige dogter is—is sy MY dogter en EK
het haar baie lief en sal dit wat MYNE is met jaloesie bewaak en beskerm!
Haar oë was verblind en nou probeer goudstof om haar verder te verblind, maar EK
sal persoonlik haar oë met trane afvee, om helder te sien en sy sal haar REDDER
YAHUSHUA sien kom en Israel red.
O Jerusalem! O Jerusalem! EK sal julle by MY versamel (Mat. 23:37) en MY Arms om
MY mense slaan. En enigeen wat dit waag om teen julle te kom sal uitvind wat dit
is om te probeer om die ALMAGTIGE GOD te probeer vernietig, WIE die GOD VAN
ABRAHAM, ISAK EN JAKOB is.
“EK IS” is MY NAAM en EK deel MY HEERLIKHEID met niemand of niks. Julle het MY
liefgehad, maar nie MY SEUN YAHUSHUA WIE op aarde gebore was op julle grond uit
die lendene van julle eie vlees nie. Maar julle verag steeds die enigste
VERLOSSER wat julle ooit sal ken.
Tog is dit besig om te verander en MY RUACH ha KODESH waai oor Israel en die
vyand kan dit nie stop nie!
O Israel, moenie opgee wat EK julle beveel om nie oor te gee nie!
O Israel, moenie ingee teen die intimidasie van oorlog
of gerugte van oorlog of verwoesting nie!
Glo dat “EK IS” julle sal red en verlos
uit die hande van die vyand
en uit die hande van vreemde kinders!
Glo dat EK julle sal verlos en al MY kinders in al die nasies
uit die hande van vreemde vuur!
Moenie mislei word nie!
Jaag die towenaars uit julle kerke en tempels uit!
Jaag die goue afgods- aanbidders weg van my kinders af!
Leiers BEKEER vandag
want julle neem nie standpunt in teen die goddeloosheid nie!
EK spreek hierdie boodskap deur MY Diensmaagd, [Elisheva Eliyahu] en alhoewel
die boodskap nie strelend is vir julle ore nie is dit 'n boodskap wat kom van
die GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB EN DIE HEMELSE VADER VAN YAHUSHUA! “EK IS” is
MY NAAM en “EK IS” het op hierdie dag gespreek. So laat dit dus opgeteken wees
soos op die aarde net so ook in die Hemel.
Einde van Profesie
14/4/1999, 6:46 vm.
So is dit gespreek. So is dit geskryf.
Dit is die boodskap wat ek gehoor het om te lewer. EK spreek dit nederig uit en
vra om vergifnis van GOD, YAHUVEH & YAHUSHUA as ek nie alles volledig gehoor het
nie of indien ek enige iets gesensor het omdat ek nie wou aanstoot gee nie.
Dit is 'n verskriklike ding om so 'n ontsaglike verantwoordelikheid te hê om die
GOD VAN DIE SKEPPING “EK IS” se Woorde te spreek. Dit is soos RUACH HA KODESH
VUUR wat in my beendere opgesluit is. Ek was deur die HERE vertel, “EK IS” hou
my verantwoordelik vir dit wat ek sê, en wat ek nie sê nie.
Bid asseblief vir die Apostels & Profete wat net soos ekself, die gloed moet
verduur vir die voortspreking van woorde wat mense nie wil hoor nie.
Weereens bevind ek myself buite die hoofstroom kerke terwyl ek in-kyk na binne.
EK het nog nie hierdie goud in iemand se mond gesien nie, maar ek ken 'n suster
wat aangeval is en 'n godslasteraar genoem is omdat sy uitgespreek het teen dit
wat die RUACH HA KODESH my beveel het om “Goudkoors” Herlewing te noem en wat
geen herlewing hoegenaamd is nie.
Toe die Israeliete rond-om die goue kalf gedans het, het enigiemand dit gewaag
om uit te spreek en te sê "Nee! Dit is nie GOD nie!? Hulle het hul goud gevat en
'n afgod gemaak. Terselfdertyd was ‘n ware beweging van GOD YAHUVEH besig om die
wette met SY Vinger op 'n klei tablet te skryf!
Net omdat Richard Roberts, TBN, en ander beroemde profete en bedienaars vir
julle vrede gee dat dit 'n ‘teken, wonder en wonderwerk uit die Hemel is sodat
julle kan glo dat YAHUVEH & YAHUSHUA 'n werklikheid is’ - MOENIE MISLEI WORD NIE
WANT ONTHOU DIE GROOT MISLEIDING! Moenie mislei word nie! Die Bybel sê: "Sonder
geloof is dit onmoontlik om GOD te behaag"(Heb.11”6) Waar is die geloof wat
benodig word in hierdie goudkoors?
Asseblief, voordat jy jou siel verloor, besef dat ek niks het om te wen deur
hierteen uit te spreek nie. Ek gehoorsaam slegs die wil van my HEMELSE VADER.
Ook het ek die vrymoedigheid want ek is nie vrygestel van belasting nie. Ek het
nie my geboortereg verkoop vir belasting kwytskeldings-status nie! Soveel
bedienaars tree op soos Esau en besef dit nie en sal ook nie voordat dit te laat
is nie! Dit is die aanklagte wat ek teen die kerke en die leiers het. Wat is
julle antwoord op hierdie aanklagte? Alle oë in die Hemel is gerig op julle
handelinge. Nou kan julle nie sê dat julle nie gewaarsku was nie.
Bekeer vandag, voordat dit te laat is!
Apostel & Profeet
Elisheva Eliyahu
Gesels-kamer gesprek:
Dit was met ons gedeel. “Rev” is nie “Rev Elisheva nie, maar dit is iemand wat
‘n Bedienings venoot aanlyn ontmoet het.
Rev: Hi ek het jou webblad gesien aangaande goudkoors herlewing, kan ek jou
daaroor uitvra?
Ivan: Ja
Rev: Het jy dit gesien?
Ivan: Ek ken iemand wat dit gesien het .... dit is die naaste wat ek gekom het
Rev: Ek kry dit ek weet nie wat dit veroorsaak nie hoe raak ek ontslae daarvan
ek het nooit daarvoor gevra nie
Ivan: Wat het dit met jou gebeur ...
Rev: Ek het dit by 'n 'welvaart-gierigheid' kerk gekry
Rev: daar is 'n snaakse antichris gees daar dit gaan saam met dan 11:36
Rev: dit kom uit die handpalms en vingers van die hande met ‘n olie
Ivan: Ja so het ek gehoor
Rev: Ek haat dit hoe raak ek ontslae daarvan
Ivan: Het jy enige goue stopsels gekry
Rev: soos ek dit sien is ons skatte hemels soos wat JESUS leer
Rev: Ek het nie gekyk nie ek het net 1 tand wat gevul is
Rev: jy weet welvaart-beweging is uit gierigheid en nie God-gesentreerd nie, reg?
Ivan: Ja ....sal die hele profesie moet lees
Rev: Jip ek het
Rev: ek wil glad nie satan se frats-dinge hê nie
Ivan: profesie 32
Ivan: het jy opgehou om na daardie kerk toe te gaan?
Rev: ek kry die goue-goed terwyl ons nou praat
Rev: jip ek het, ek het verlaat, ek gaan nou na Messiaanse Joodse plek waar ek
gevoed word
Ivan: die goudstof gebeur nou ....hoe was jou verhouding met god
Rev: ek bewonder God ek het HOM lief met alles
Ivan: hoekom dink jy gebeur dit met jou ...
Ivan: satan gebruik die goudstof om sy mense te merk
Rev: bose wil hê ek moet oorgaan tot gierigheid miskien?? kyk ek haat die goed
selfs nie eens al die egte GOUD in die hemel kan vergelyk word met JESUS nie.
JESUS is die ware skat.
Rev: dude ek wil NOU hierdie merk weghê
Ivan: dit sal soos die merk van die dier wees
Rev : hoe raak ek ontslae daarvan ek het nooit gevra daarvoor nie en wil dit nie
hê nie ek het JESUS LIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Rev: ek gee nie eens of gee tiendes om iets in ruil daarvoor terug te verwag nie
ek doen dit net om God te dien
Ivan: al wat ek jou kan vertel is wat God gesê het ....
Rev: wat was dit?
Rev: het ek die merk per ongeluk gekry?
Ivan: bekeer en kry dit verwyder leer en bewys jouself as beproef
Rev: hoe kry ek dit verwyder ek het baie bekeer en ek studeer dit is hoe ek
agtergekom het dat dit sleg was
Ivan: ek weet nie hoe om dit te stop nie ... vas en bid
Rev: moet dit uitgedryf word? soos bevryding miskien? 245
Ivan: jy sê jy gaan na 'n messiaanse tempel
Rev: Ja
Ivan : het jy dit vir die rabbi vertel
Rev: ek het 'n vriend aanlyn wat bevrydings doen
Rev: ek vra my vriend miskien kan hy dit uitdryf
Ivan: ek glo jy moet dit probeer
Rev: k ty :) GBU
Stem asseblief saam met ons vir Rev se bevryding!
* * * * * * *
Kommentaar Oor Profesie 32
Onderwerp: goudstof en laggende herlewing?
Geliefde bruid van YAHUSHUA,
Groete in Jesus se Naam. Ek wil graag weet rakende hierdie goudstof en laggende
herlewing, het dit doodgeloop?
Het julle enige van diegene gesien wat nou bevry is van hierdie demone?
Lei hulle 'n lewe van oorwinning as bybel christene?
Ek het hierdie herlewings wat deur my land Maleisië versprei het, en ek het
persoonlik 'n meisie van 'n ander kerk gesien wat goue stopsels gehad het wat
nou grys geword het. Sy het demoniese manifestasies gekry en was bevry toe daar
vir haar in Jesus se naam gebid is. Sy het agteroor geval.
Ek glo die vals manifestasies is van dieselfde Rooms Katolieke geeste wat vals
manifestasie laat gebeur, visioene van maria, wat gekoppel is met Maria en
antichris.
'n Dame van dieselfde kerk wat die laggende herlewing gehad het het ook
gemanifesteer en was in die proses van bevryding, sy het alles wat 'n vals
manifestasie gehad het in die naam van die Here Jesus Christus uitgegooi.
As julle enige van dieselfde getuienisse het, laat weet my asseblief.
God seën.
Ps. Michael
Malaysia
* * * * * * *
Wil julle hierdie "Goud Herlewing" self sien? Kyk op die internet en sien self.
Ons kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word dat ons die skape na die wolwe
se lêplek lei nie. Indien julle ons nie glo nie, word julle nou verantwoordelik
gehou vir dit wat julle weet en gehoor het. Maak seker julle ‘boekmerk’ ons en
kom terug.
* * *
Datum : Vry, 16 Apr 1999 00:12:27 -0700
Gedink ek sal dit met julle deel, dit het nooit die NZ lys gehaal nie.
Jou profesie bevestig slegs wat die Gees van God in my aangewakker het.
God seën jou suster
Elli
* * * * * * *
Datum: Maandag, 05 Apr 1999 19:42:49 – 0700
Aan: [email protected]
Van : "Elli
Onderwerp : Re: Goudkoors en goue tande....
Om 10:32 NM 4/5/99 het K. Walters geskryf:
Ek het nie persoonlik hierdie wonderwerk ontvang nie (NOG NIE), alhoewel ek die
voorreg gehad het om in baie se monde te loer... wat 'n gesig! Een vrou wat
meeste van haar kinderjare op welsyn was het 8 nuwe goue tande! 'n Ander vrou
het 4 goue tande &/of vulsels die Woensdag gehad en teen Saterdag het sy 11
gehad!! (Ek het haar op beide stadiums van hierdie wonderwerk gesien). Een man
het twee pragtige, perfekte, blink goue tande gehad en een daarvan het 'n kruis
gehad wat daarop uitgegraveer was! Ek weet dit klink onmoontlik om te glo, maar
ek het dit met my eie oë gesien!
* * *
Liewe Andrew en naamlys,
Ek wil graag 'n paar gedagtes met julle deel waarmee ek diep beïndruk is, nadat
ek die plasing oor die buitengewone 'goud' verskynsel gelees het en dat dit te
doen het met die tyd van 'vals tekens en wonders' wat sal kom uit die huis van
God (die tempel van God) ook bekend as "die kerk" gedurende dit wat ek glo "ons"
tye is. Ek het gelees van die opgewondenheid wat mede Christene deel oor hierdie
'wonders', en ek vra myself, hoekom is dit so dat *ek* as kind van God, nie
dieselfde opgewondenheid voel nie, maar ek voel eerder ‘n droefheid binne my?
Terwyl ek die verslag op TACF volg, was my gedagtes gelei na die gedeeltes in 2
Thess 2 en ek het by myself gewonder ....wat dink Christene word in daardie
hoofstuk beskryf (hoe lees julle?), wat sien hulle as misleiding van satan en
hoe gaan dit manifesteer? Dink julle regtig dat die Vals Profeet op die toneel
gaan verskyn soos iets wat lyk of dit uit die hel kom, terwyl hy aankondig ‘Hi’
ek is die vals profeet"? Dink julle regtig julle sal instaat wees om die leuen
te onderskei wanneer dit in julle midde verskyn (te midde van God se woning, die
huis van God, ook bekend as die "kerk")? Ek kry die gevoel dat meeste Christene,
en veral hulle wat agter elke 'teken-en-wonderwerk’-beweging aanhardloop, die
idee het dat 'n "vals wonderwerk" die reuk van swael MOET hê of afskuwelik moet
wees van een of ander aard, om van die duiwel te wees.
MOENIE mislei word nie, broers en susters! Die satanistiese vervalsing SAL
BINNE-IN die “tempel van God” verskyn, en dit praat nie van 'n Tempel wat hulle
een of ander tyd in Jerusalem sal bou nie .... omdat 1) God al vir die laaste
2000 jaar nie daar woon nie, en 2) God nie woon in tempels wat deur mensehande
gemaak is nie.
Hoekom glo ek die 'goue tande' en 'goudstof' verskynsels is 'n VALS wonderwerk?
Omdat, die wonderwerk op sigself so “banaal” van aard is en dit is een wat
aanloklik is vir die 'begeerlikhede van die vlees' en 'die grootsheidswaan van
die lewe' (1 Joh 2:16 OV). Wie is dit wat Christus versoek het met die "mag en
begeerlikhede van hierdie wêreld"? (Mat 4:8-10). Goue tande (om nie eens te
praat van die gegraveerde kruis nie) was altyd 'n "besondere" item in hierdie
wêreld wat slegs die RYKES kon bekostig, dit verteenwoordig 'n tipe van "klas".
Ek sê NIE hier dat God nie kan besluit om hierdie soort ding te doen nie, maar
eerlikwaar ek glo dit is buite God se karakter, wanneer Sy hart breek oor die
behoeftes van gebroke harte en geeste. Dat Hy 'n joviale tyd het deur "goue-engel
stof" in die trane van (blinde?) aanbidders te strooi.
WORD WAKKER MENSE! satan se wonderwerke sal in julle midde verskyn en hy sal
homself verhoog bo alles wat God genoem word (of 'van' God is), terwyl hy tussen
God se mense sit as God (of 'afkomstig' van God .... en soos Mnr Sandman 'goue'
sand (sterk dwaling) in julle slaperige oë strooi! Dit is hoogtyd om WAKKER TE
WEES!!! MOENIE op 'n dwaalspoor gelei word nie.
dienend in Sy liefde,
Elli aka (Grace2U)
2 Thessalonisense 2:3-12
3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en
die mens van sonde geopenbaar word, die seun van
die vernietiging
4 die teëstander wat hom verhef bo al wat Elohiem genoem word of voorwerp van
aanbidding is, sodat hy in die tempel van Elohiem sal sit en voorgee dat hy
Elohiem is.
5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was
nie?
6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
7 Want die verborgenheid van die wetteloosheid is al aan die werk, net totdat hy
wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
8 en dan sal die wettelose geopenbaar word, hy wat die Meester met die asem van
sy mond sal verdelg en deur die verskyning van
sy wederkoms tot niet sal maak,
9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige
dade en tekens en wonders van die leuen
10 en met allerlei verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat
hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het
om gered te word nie.
11 En daarom sal Elohiem hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te
glo,
12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae
gehad het in die ongeregtigheid.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 14 April 1999
Profesie 79 EK, YAHUVEH, Sê “Mense, Julle Mis die Punt!”
Hierdie Profetiese Woord van YAHUVEH is ingesluit omdat dit ‘n geestelike
fondasie gelê het waarop verdere Profetiese Woorde gespreek was. Toe hierdie
Woord gespreek was het YAHUVEH se Skeidings Swaard neergekom tussen diegene wat
SY Ware Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder geëer het en diegene
wat nie die mensgemaakte Sabbat van Sondag— die dag waarop die antieke Romeine
hulle songod geëer het, wou opgee nie.
Op 1 Augustus 2005 het Elisheva bly hoor, “EK YAHUVEH, sê vir jou Elisheva om
vir die mense te vertel, ‘Mense, julle mis die punt!” Op 2 Augustus 2005 terwyl
Elisheva die (ex) webbestuurder vertel het, het ‘n magtige Salwing oor haar
gekom terwyl sy begin het om in Heilige tale te bid en hierdie Profetiese Woord
het voortgekom.
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge
2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale
wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU הי is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” הי וללה
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA
עושוהי
GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH תישמ beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM םיהולא beteken “GOD”
Die openbaring
van “SH’KHINYAH GLORY’ הינכש תליהת
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH שדקה חור
In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} הניכש
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH הי אבא beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH הי אמא beteken “MOEDER YAH’
Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH SE Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH, geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie bygevoeg moet word:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16
En, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om—hierdie twee gesalfdes te probeer seermaak. Jy
sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie
en moet ook nie hierdie twee Profete seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron.
16:22). Dit sou beter vir jou gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitskeur!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal—diegene wie kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself, al die Bedienaars van AmightyWind Ministry—Ek
waarsku julle nou, ‘Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en doen sy Profete
geen kwaad aan nie’ (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) ingeval die Wraak van die Roede
van YAH op julle neerkom. Maar vir hulle wie geseënd is en wie ‘n seën is vir
hierdie Bediening, en getrou, en wie die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op
jul daal—alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.
* * * * * * *
Profesie 79 Begin:
2 Augustus 2005
As julle MY nie nou gehoorsaam nie en as julle nou toegewings maak met die Dag
wat EK eenkant gesit het as MY Heilige SabbatDag—en as julle nie dink dit is
belangrik om ‘n ieder en ‘n elk van MY Gebooie te gehoorsaam nie—wat laat julle
dink julle sal gehoorsaam wees tydens die spoedig komende Groot Verdrukking?
Hoekom is dit gemakliker om te luister na die mens se leerstellings, wanneer
hulle MY Woorde verdraai om gelykvormig te word aan die mens se sondige beeld?
Alhoewel MY SEUN YAHUSHUA julle RUS is, is HY nie julle Dag-van-Rus nie. MY SEUN
YAHUSHUA is NIE 'n dag nie en MY 4de Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus,
Heilig te hou.
Watter gedeelte hiervan verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA. Want SY juk is
sag en SY las is lig (Mat. 11:30), maar hierdie het niks te doen met die Sabbat
Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?
Het EK nie MY SEUN, YAHUSHUA, gestuur om vir julle 'n voorbeeld te wees nie?
Weet julle selfs hoekom EK 'n Dag van Rus eenkant gesit het? (Gen. 2:1-3)? Weet
julle nie hierdie Sabbat Dag moet vir julle 'n seën wees en nie 'n vloek nie?
MY Vierde Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus Heilig te hou. Sê die Wet
nie wat EK geskryf het met MY Eie Vurige Vinger op 'n klip tablet (Eks. 31:18;
Dt 9:10) en gegee het vir Moses op berg Sinai, "Eer MY SabbatDag en hou dit
Heilig" nie (Eks.20)?
Weer vra EK julle, van wanneer af is MY SEUN, YAHUSHUA, 'n dag? Vra julself,
hoekom sou satan die dag van Sabbat verander na Sondag toe as dit nie gebruik
gaan word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie? Moenie luister na diegene
wat anders preek nie. Hierin lê die oorwinning.
Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan lieg nie.
As julle MY gehoorsaam, is daar Seëninge en Oorwinning soos uiteengesit in
Deuteronomium 28. Daar is vervloekings vir diegene wat verontagsaam. Lees en
bestudeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees
tussen MY, YAHUVEH & MY mense en dit sal gebruik word om te identifiseer wie
waarlik aanbid en wie MY sal dien in die Groot Verdrukking.
Sal julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA aanbid op die Ware Sabbat—Vrydag Sononder tot
Saterdag Sononder? Of sal julle tydens die Groot Verdrukking die seun van satan
dien en aanbid op Sondag?
As julle nie MY Heilige SabbatDag nou onderhou nie, wat laat julle dink dat
julle dit dan sal doen, tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemteug ver is?
Dit is hoekom EK nou spreek deur hierdie “Ringmaiden” van MY —wie georden is om
'n Profeet te wees vir [baie]—sodat hierdie waarskuwing regoor hierdie wêreld
sal weerklink. Weet julle nie diegene wat onderrig dat dit onmoontlik is om
gehoorsaam te wees en Heilig te wees vir MY maak verskonings vir hulle eie
sondes nie?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is nie oop vir debatvoering nie. Julle sal óf doen wat EK, YAHUVEH sê,
of in die Groot Verdrukking sal julle met julle siele betaal. Diegene wat in
opstand gekom en gesê het, "Ek sal Elisabeth [Elisheva] se regter wees, ek sal
Elisabeth [Elisheva] se jurie wees” bekeer nou of julle sal My in die oë kyk. En
EK sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van onheil" (Matt. 7:23; Luk. 13:27),
want EK IS YAHUVEH en EK neem nie deel aan enige debat nie. EK ALLEEN IS REGTER,
EK ALLEEN IS JURIE, EK ALLEEN IS SKEIDSREGTER.
Hierdie is NIE Elisabeth [Elisheva] se woorde nie.
Julle predikers en vals profete van wetteloosheid val haar aan. Julle beswadder
haar vir die Torah wat EK geskryf het met MY Eie vinger. Julle leer MY skape en
MY lammers dat Ek sonde oorsien. Bekeer vandag! Want EK IS nie 'n GOD YAHUVEH
wat verander het op enige manier nie. Jy wie haar oordeel, haal die balk uit jou
eie oog— voor jy probeer om die splinter uit iemand anders se oog uit te haal.
Jy is smerig in sonde. Jy is smerig in rebellie. Jy is smerig in
ongehoorsaamheid. En jy is smerig in trots.
Val op julle aangesigte voor MY, want EK IS YAHUVEH julle SKEPPER, die EWIGE
EEN. Julle waag dit om MY SEUN YAHUSHUA, te blameer as jul verskoning om te
sondig! Julle waag dit om SY BLOED te vertrap onder julle voete, verskonings te
maak vir julle sonde! Val op julle aangesigte voor MY voordat dit te ver gaan en
daar geen weg terug na MY toe is nie (Hebr. 6:4-6)! MOENIE MY RUACH HA KODESH
[HEILIGE GEES] bedroef NIE!
MY SEUN YAHUSHUA het nie gekom om MY Wette te kanselleer nie.
MY SEUN YAHUSHUA het gekom om MY Wette te vervul (Mat.5:17).
Wees dankbaar dat EK julle nie nou meer langer aanspreeklik hou vir 613 wette
nie. EK hou julle aanspreeklik vir Tien Wette en julle gooi julle hande in die
lug en sê, "Dis te veel vir my!"
Julle verkies om te luister na die mens wat MY Wette herskryf. Hulle vertel
julle om onskuldige babas in die baarmoeder te vermoor is nie 'n sonde nie.
Hulle wettig aborsie.
Die predikers onderrig in julle kerke, "Moenie praat teen hierdie wet nie." Die
georganiseerde kerke wat vergader op Sondae het die omkoopgeld geneem van die
regerings van hierdie wêreld. Hulle het die gees van vrees gevat en dit gedra
soos klere.
Waar is MY Heilige Bedienaars wat nie toegegee het nie en steeds spreek teen
sonde? Julle mensgemaakte wette wettig dit wat EK gesê het is ‘n gruwel —hulle
noem dit "selfdegeslag-huwelike". Nie eers in die dae van Sodom & Gomorra was
daar sulke “selfdegeslag-huwelike” nie. Nie eers in die dae van Sodom en Gomorra
was daar sulke sondes nie alhoewel die gruwels van homoseksualiteit oorvloedig
was. Maar, hulle het dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!
Moenie die leuens glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered" (Eseg. 33:12) nie.
MOENIE glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota— dit nou nie meer
saak maak nie—dat jy kan sondig, dat jy kan oorleun so naby aan die afgrond van
die hel so ver as wat jy wil omdat jy 'n reddings gebed gesê het nie (Matt.
7:21-23).
Julle dink julle hoef nie enige werk daaragter te sit nie en julle steeds die
versekering het om die Hemel se poorte binne te gaan. Gaan weg van MY julle
werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer enige van julle verskonings hoor nie.
Óf julle sal Heilig wees, of EK sal vir julle sê, "Werkers van ongeregtigheid,
EK het julle nooit geken nie."
EK, YAHUVEH, sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle luister na hierdie manne nou en julle sit in julle kerke gelowig aan die
leuens dat Sondag die Sabbat is of dit maak nie saak watter dag die Sabbat is
nie. Julle glo die leuens wat beide predikers en sommige rabbies onderrig dat
daar geen groter Salwings Krag is in die Hebreeuse HEILIGE NAME van YAHUVEH &
YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH nie, dat enige naam sal doen.
Die predikers leer julle dat dit nie belangrik is om die Joodsheid van die
MESSIAS te leer nie. Hulle sê dat as jy nie 'n Jood is nie is dit nie van
toepassing nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n heiden is en
julle nie die wette hoef te gehoorsaam wat gegee is aan die Kinders van Israel
nie. Het julle vergeet dat toe julle MY SEUN, YAHUSHUA, aanvaar het as MESSIAS
het julle een geword met HOM (Rom. 11:16-21)?
Julle wonder, "Waar is die Salwings Krag van die Eerste Kerk met tekens, wonders
en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die manifestasie van die wonderwerke,
soos in die Dae van Ouds?"
Gaan terug en doen wat die Eerste Kerk gedoen het en julle sal hierdie
wonderwerke weereens sien. Vir diegene wat nie van beter weet nie, sê EK julle
word aanspreeklik gehou alleenlik vir dit wat julle geweet het. Nou word julle
aanspreeklik gehou, sowel as om ander hierdie Waarhede te leer. Maar vir diegene
wat reg ken en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siel.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle gehoorsaam hierdie bose geestelike leiers nou wat verskonings maak vir
sonde. Wat laat julle dink in die Groot Verdrukking sal julle nie dieselfde doen
nie—met die seun van satan?
EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth [Elisheva],
dat MY SEUN YAHUSHUA terugkom vir SY Bruid op 'n Rosh Hashanah en dit sal op 'n
Shabbat [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Shabbat & MY Heilige
Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en MY TORAH te gehoorsaam
nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN, YAHUSHUA te eer, soos EK bepaal het?
Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te ondersoek en julleself waardig te
bewys—het EK, YAHUVEH, eenkant gesit om MY Shabbat te wees? Hoe kan julle gereed
wees wanneer YAHUSHUA weer kom?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat Rosh
HaShanah is en wanneer dit is? Dan, wanneer julle agtergelaat word sal julle vra,
"Hoekom?" So EK spreekvoort uit MY “Ringmaiden” en sê vir julle voor die tyd dat
EK, YAHUVEH, profeteer deur hierdie “Ringmaiden” wie deel is van MY SEUN
YAHUSHUA se Bruid.
Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul verheerlikte liggame nie—en
gevul met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF WANDEL DEUR HULLE & SAAM MET HULLE
nie—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees vir hulle
nie!
En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die
dier neem nie". Hulle sal gaan na diegene wat EK die Gaste noem en diegene wie
se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe en hulle sal vir hulle sê, "Moenie
ongehoorsaam wees nie. Moenie toewings maak nie, alhoewel dit jou aardse lewe
mag beteken."
Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar verheerlikte
liggaam, as 'n stem wat die waarskuwing uitroep voor die tyd. Want EK het haar
geroep om 'n Profeet te wees [almal]. Moenie die Merk van die dier neem nie!
Sondag aanbidding en die Merk van die dier is verbind.
Pasop jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding-Wet onderhou tydens
die Groot Verdrukking. EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomorra, wat
EK met vuur en swael vernietig het, as EK hierdie aardse gruwels toelaat om nog
veel langer aan te hou soos dit is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en
Gomorra nie! EK sal verdelg en ‘n einde maak aan alles wat EK, YAHUVEH verafsku.
Hierdie vals predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle
geluister. Julle kom na hierdie Bediening toe vir julle Geestelike Voedsel: om
die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis
te eet. Dan maak hoeveel van julle toegewings en gaan na die Sondag kerke? Julle
val by julle pastoor se voete in getrouheid. En dit is daar waar julle jul
tiendes en offerandes gee. Julle kan dit nie albei maniere hê nie.
Julle moet vasstel watter dag is die dag wat EK bepaal het as die Shabbat. Want
soos EK bepaal het watter dag is die Sabbat, wat die Dag is waarop julle MY moet
eer en rus en nader moet kom aan MY—
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
—en so sal die seun van satan diegene wat toegewings gemaak het beveel om hom te
aanbid op die dag wat hy bepaal.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY gesê het, ‘ neem deel aan hierdie wyn
en hierdie brood ter nagedagtenis aan my’ (1 Kor. 11:23-26) —in die spoedig
komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan sal sê aan
almal wat sy merk aanvaar, ‘Doen hierdie ter nagedagtenis aan my’ nie? Hulle sal
die bloed drink van die martelaars uit die bekers. Dit sal gevul wees met bloed
en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink.
En net so seker as wat 'n Nagmaalbord aangestuur word—net so seker—sal hulle die
bord aanstuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter nagedagtenis aan my."
Geroosterde vlees van die martelaars sal hulle eet. Hulle sal spot met MY
Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid verafsku want
hulle weet die gebede van die regverdiges het die seun van satan teruggehou
totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die
regverdiges vermag baie (Jak. 5:16).
EK, YAHUVEH, waarsku julle. Dit het alreeds begin.
Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking.
Dit sal op hierdie manier wees wat die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid bespot.
Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en AL diegene wat YAHUSHUA aanbid, wat MY SEUN
gehoorsaam is een—want dit is 'n Geestelike verbintenis liggaam, verstand, gees
en siel—die seun van satan sal spot tydens die Groot Verdrukking: hy sal
seksuele orgies hou in die Sondag kerke.
Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die
sonde het alreeds begin.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape skei van die
bokke, die koring skei van die wieke [onkruid]. Diegene wie se name geskryf is
in die LAM SE Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hierdies is
diegene wie se name sal bly in die LAM se Boek van Lewe. Hulle sal nie die seun
van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle
hierdie nou hoor of lees en julle aanhou om toegewings nou te maak, sal julle
tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat onderhou en eer wat Vrydag Sononder
tot Saterdag Sononder is al mag dit julle lewe beteken en julle sal gemartel
word.
Al julle name is alreeds neergeskryf want EK het reeds geweet voor julle gebore
was op hierdie aarde wat julle sou doen. As julle nie nou luister nie, sal julle
luister dan.
Diegene wat hierdie Boodskap lees en hoor en julle tande kners van woede vir MY
“Ringmaiden”, so ook, sal julle jul tande kners van woede en julle vuis bal vir
MY, YAHUVEH julle SKEPPER tydens die Groot Verdrukking, terwyl plae en vloeke
oor julle kom een na die ander en tog sal julle nie bekeer van julle sondes nie.
Want op daardie dag, as jou naam in die LAM SE Boek van die Lewe is, sal EK jou
naam uitklad [Openb. 3:5].
So ook, almal van julle wat wonder hoekom Elisabeth [Elisheva] dit oor haarself
sou bring, dit is omdat EK hierdie Bediening gebruik om die koring te skei—van
die onkruid— terwyl julle dit hoor, sal julle weet of julle koring of ‘n onkruid
is. Is julle ‘n onkruid om net verteer te word deur MY WOEDE, MY VERTERENDE
VUUR?—alhoewel EK haar [ook] nou gebruik om uit te roep na die Bruid, soos 'n
stem sal uitroep na die Vyf Wyse Maagde: “Moenie toegewings maak nie. Wees
gereed. Want julle BRUIDEGOM kom vir SY Bruid op 'n Rosh HaShanah en 'n Sabbat.”
YAHUSHUA se Bruid, wees op julle knieë voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid
dat julle waardig sal bly om MY SEUN YAHUSHUA SE Bruid te wees wat gesimboliseer
word as die Vyf Wyse Maagde, wat die eerste wegvoering is, algemeen genoem die
Wegraping.
Gaste bid dat julle deel sal wees van die Tweede Wegvoering sodat julle die
Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM (Openbaring 19:9). Die Gaste word
gesimboliseer as die Vyf Dwase Maagde wat vertel word dat die BRUIDEGOM sou kom
nadat die Bruid van YAHUSHUA weggevoer is.
So bly waaksaam want julle ken nie die dag of uur nie. (Mattheus 25:1-13) Teen
die tyd wat MY SEUN YAHUSHUA kom om die Vyf Dwase Maagde weg te voer—sal hulle
wys wees.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA te wees, of 'n Gas?
EK vertel julle nou. Dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur
Heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om
YAHUSHUA se Bruid te wees, dinge op SY manier te doen en nie joune nie, HOM te
verheerlik in alles wat jy doen?
Die Bruid weet sy moet MY Heilige Dae hou. Die Bruid weet sy kan nie toegewings
maak met dit wat sy weet om waar te wees nie. Sy is dapper in die voortspreking
van die Waarheid. Dit is wat haar uitsonder.
Nagmaal is ook 'n herinnering van die Huweliksverbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA SE
Bruid gebruik ONS HEILIGE GEWYDE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA. Dit maak nie saak
oor die spelling nie want EK ken julle harte en hulle kry nie skaam nie.
Hoe baie begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees? Hoeveel passie het julle vir
YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste is in jou liefde en
lewe en in alles wat jy doen? Dit is wat julle uitsonder as YAHUSHUA SE Bruid,
want EK vertel julle hierdie Geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir
YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA SE Bruid.
Hulle voel hulle kan nie genoeg doen vir MY nie.
Nou ken julle die Geheime. Julle sien MY lieflinge. Hierdie is niks wat julle
kan wegsteek nie. Want EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal
om YAHUSHUA se Bruid te wees. Want EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as
hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my
Heiliger vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Bly getrou aan MY nou. Moenie net hoorders wees van MY WOORD nie maar wees
daders van die HEILIGE WOORD (Jak 1:22). Wees Heilig net soos EK Heilig is want
al is julle in hierdie wêreld, moet julle nie optree soos hierdie wêreld nie.
Laat die predikers van wetteloosheid nie MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor
lei nie, want elkeen moet “sy eie redding uitwerk met vrees en bewing” (Filip.
2:12). Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).
MY SEUN YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sê EK, YAHUVEH, vir julle, "Doen
julle deel". Strewe om te gehoorsaam. Moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie
verskonings maak vir sonde nie. Moenie die woorde van die predikers ontvang wat
wetteloosheid preek nie.
Want EK, YAHUVEH, sê vir julle, "Hoekom noem julle MY SEUN, YAHUSHUA, HERE, en
gehoorsaam HOM nie?" (Luk. 6:46).
EK, YAHUVEH sê, as julle nie bekeer vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is
nie, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid", (Matt. 7:23; Luk. 13:27)
[sal julle hoor] op Oordeels Dag want EK sal nie staan vir julle om YAHUSHUA SE
HEILIGE BLOED te bespot nie. Julle wat julleself “predikers” noem wat
verskonings maak vir MY mense om te sondig, BEKEER vandag omdat julle MY skape
en MY lammers op ‘n dwaalspoor lei of die VUUR VAN MY VERTERENDE ASEM sal julle
soos kaf in 'N MAGTIGE WIND wegwaai.
EK, YAHUVEH, sê as julle nie hou van hierdie Woorde wat voortgespreek is deur MY
“Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] nie, dan sal julle die gevolge daarvan maai.
Want EK weier om te debatteer.
Daar is maar EEN REGTER. Daar is maar EEN JURIE.
En EK—YAHUVEH—IS die ENIGSTE SKEIDSREGTER.
As julle nie van hierdie Profetiese Boodskap hou nie, moet dit nie na Elisabeth
[Elisheva] toe neem nie, maar neem dit na MY, YAHUVEH toe. Sy is net MY Gesalfde
Boodskapper.
Einde van Profesie
So was dit gespreek, so was dit geskryf op 2 Augustus 2005 om 04:00 vm. deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH & YAHUSHUA vir HULLE Lof, Eer en Heerlikheid.
EK bly 'n nederige diensmaagd,
Apostel Elisabeth Elijah
(Elisheva Eliyahu)
Profesie 102 YAHUSHUA Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Hierdie was oorgeskryf vanaf oudioband:
Elisheva: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is aan die gang in ons
lewens op die oomblik. Haat kom na my toe uit soveel verskillende rigtings dit
voel soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat maar wat die seerste maak
is diegene wat beweer hulle is lief vir JESUS (YAHUSHUA) en tog stuur hulle hul
wapens van haat. En haat is 'n gees hetsy mense dit weet of nie en wanneer jy
haat stuur jy 'n bose gees uit veral wanneer dit teenoor iemand is wat lief is
vir YAHUSHUA.
So in elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en
oor en oor gesien het. Ons het gebid oor iets persoonliks in ons lewens hier in
die Bruid-Toevlugsoord want die aanvalle was hewig veral sedert ons daardie
$6,500 spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid te spreek vir
diegene wat rense.com sou lees. Ons kry die briewe dat die teruggevallenes
teruggekeer het en die nuwe bekeerlinge hul lewe gegee het vir YAHUSHUA ons
MASHIACH maar ons kry haatlike, haatlike, haatlike briewe. En wee julle wat
hierdie haatlike briewe stuur. Die aardigste deel is ons hoor selfs van aliens
maar ons sal nie nou daarop ingaan nie want hulle is regtig nie snaaks nie en
ons weet hulle is werklik. Dit is net dat selfs húlle dink hierdie Bediening is
'n bedreiging.
So hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah gebid het. Ons was biddend
en hierdie is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit 'n
visioen so gehad nie want ek kon hierdie vashou. Ek kon dit vashou om duidelik
te sien wat daar was en dan het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah
gepraat en dan maak ek weer my oë toe en dit is weer terug. Dit het 3 keer
gebeur en ek wil hierdie altyd onthou. Hierdie is 'n tyd van Sukkot. Dit sal die
derde aand wees vanaand en so sal hierdie 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien
het was 'n reghoekige venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel
was. Dit het 5 dik tralies gehad wat ondertoe kom. Ek het gekyk en ek het die
tralies getel. Hulle was swart, dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster
uitgekyk het kon ek vaagweg 'n boom uitmaak. Toe sê ek, "Wat is dit wat ek sien?
O, dit is 'n boom." Skielik het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik
sien. Daar was 5 baie lang, sterk, gesonde, ons kan dit Immergroen Bome noem
maar ek hoor aanmekaar die woord "spar" boom, wat in 'n ry staan, pragtige bome.
Dan maak ek my oë oop en ek sou vir Kathrynyah se, "Wow, kyk wat het ek nou net
gesien". Ek is nie een wat so maklik visioene kry nie, gewoonlik sal hulle net
so vinnig kom en gaan maar hierdie was 'n langdurige visioen. HY wou hê ek moes
hierdie sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak het en dan my oë toemaak en ons
selfs op 'n ander onderwerp was en wow, sien ek weer die tronktralies. Dan sien
ek hulle is weg en ek sien weer die 5 bome.
Ek het hierdie bepeins agterna. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek het nie
die betekenis hiervan nie dit pla my en ek sal geen vrede hê voor ek die
betekenis van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit
skielik so maklik en 'n Woord begin voortkom. So nou gaan ek glo in geloof dat
ABBA YAHUVEH vir my hierdie sal teruggee, die betekenis van die visioen en die
Woord wat HY het.
Ek het reeds gevra en ek het reeds die Bloed oor my lippe gepleit van YAHUSHUA
ons MASHIACH. Ek het reeds 'n slot en ‘n grendel op hulle gesit. Ek het HOM
reeds herinner HY is die SKEPPER van hierdie lippe en HY is die enigste EEN wat
hierdie lippe kan weerhou om enige woord voort te spreek wat nie van HOM is nie.
Ek moedig enige iemand aan wat glo dat hulle die gawe van 'n profeet het, dat
hulle dieselfde ding moet doen want waarlik is vals profete op hierdie oomblik
oral en dan is daar diegene wat vals profeteer en tog het hulle YAHUSHUA lief en
ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer gebeur nie en hulle was
mislei deur 'n bose gees of hulle vlees spreek uit. In ieder geval was hulle
mislei en tog het YAHUVEH gesê hierdie is nie "vals profete" nie maar hulle het
vals geprofeteer. 'n Vals profeet is iemand wat bewustelik mense mislei vir hul
eie motiewe, hulle na 'n ander waarheid sal lei, na 'n ander god toe.
Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry
Shriner wat wil hê julle moet jul geloof in 'orgone' stel, wat nou die
afskuwelikste leuens teen my en hierdie Bediening spreek, maar nou ja, wat kan
jy verwag van 'n aliën? So in elkgeval, nou vra ek vir ABBA YAHUVEH om hierdie
Woorde aan my terug te gee.
In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So ABBA YAHUVEH, weer vra ek vir U of U
asseblief vir my sal herhaal, as dit U was wat hierdie Woorde gespreek het,
herhaal asseblief dan weer vir my, wat was die tronktralies wat ek gesien het?
Hoekom was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die spar
bome?
* * * * * * *
Elisheva spreek in Heilige Tale:
O ABBA YAHUVEH, asseblief gee dit weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie
gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Wanneer ek sê ons was nie gereed
nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is so
broos.
Die Profetiese Woord Begin.....
O MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, met hierdie tyd van
feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK
spreek met diegene wat MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wat nie
skaam is vir die Naam van YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Alle ander gaan net voort
en bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle op hierdie tydstip nie.
EK wys vir jou [Elisheva] 'n visioen van 'n tronkvenster met 5 tralies. MY
kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in die Gelykenis
in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te verstrik en op te
sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een manier uit. Daar is net een
uitsig.
Want reg voor jul oë [Elisheva], verwyder EK daardie tralies want dit is MY
belofte aan MY Bruid en julle sal staan soos daardie sparboom geplant by die
water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed en EK
spreek die seëninge gereserveer vir diegene wat gehoorsaam in Deut 28. En die 5
bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wat MY Ware Bruid verteenwoordig.
EK sal altyd 'n weg voorsien vir julle van ontvlugting, selfs wanneer julle dink
die vyand het julle ingehok. Keer-op-keer het EK dit gesê vir [Elisheva], julle
wandel in geloof en nie deur aanskouing nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5
verskillende maniere, sal die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na
hierdie wêreld toe kom, probeer om julle op te sluit op 5 verskillende maniere.
EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer
veilig is vir julle om te bly waar julle is nie, bid dat EK ‘n huis van
veiligheid vir julle oprig, 'n veilige toevlugsoord. EK vertel julle vooruit wat
die vyand beplan om te doen.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.
Weeg julle woorde versigting af. Geliefde Bruid raak gewoond daaraan om oor jul
rug te kyk want selfs diegene wat julle liefhet, as hulle nie gered is nie, sal
aanval. Pasop MY Bruid. Bewaar jou tong. So was die dae van ouds. Hartseer om te
sê hierdie dae het gekom vir sommige. Vir ander sal dit later kom.
Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om julle elke beweging dop te hou.
Hulle verdraai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart in te druk. MY
geliefde Bruid, daar is nie meer so iets soos vryheid op hierdie aarde vir julle
nie behalwe as dit deur MY is. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle
MASHIACH, daar is vryheid in MY. So, verberg julself vir 'n kort rukkie totdat
MY grimmigheid en MY raserny en MY toorn oorbeweeg oor diegene wat net geskik is
om MY vyande te wees. Want die haatlike woorde en dade gedoen aan julle, want
die vervolging wat kom na julle toe, dit is omdat hulle MY sien in julle.
Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand
waarheen om hul wapens te slinger. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar
goed van gepraat word as boosheid en van boosheid word gepraat as goed, waar
seksuele sonde woed en al die moraliteits-grense geheel en al verdof is; selfs
in die meerderheid van die kerke weier hulle om te spreek wat moraliteit is!
Hulle vrees die regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore
boet. Julle het julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellings-status.
Hoe bediening vir MY julle kon vergoed geldelik.
Sommige van julle het bekeer want julle het nie geweet wat julle gedoen het nie.
Sommige van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellings-status (Elisheva
sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nie skyn nie!" Julle behaag
MY. Julle is vergewe. Julle het hierdie verkeerdheid reggestel.
Maar vir die ander pastore van die ander kerke wat hierdie omkopery van die
regering gevat het om 'n slot en grendel oor julle lippe te sit, (Elisheva sê,
o, my hand is lam!") het EK gesê, “Weg van MY! EK het julle nooit geken nie! MY
Gees word nie gevind in julle kerke nie!”
Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is
niks meer as die Redenaar (Spreker) nie. Jy staan agter 'n preekstoel maar daar
is niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie saal vul en die
kerkbanke vul vlak-vir-vlak nie, EK ken nie enige van julle nie! Julle is nie
Heilig nie.
Julle kom net om julle ore gevul te kry met net dìt wat julle die begeertes van
jul harte gee. Julle wil nie enige iets weet wat te doen het met jul geeste nie
behalwe blymoedige gedagtes te dink en bly te wees nie! Julle is onder ‘n dwelm;
julle is onder 'n illusie! Julle is onder gedagtebeheer, julle is onder
gedagtemanipulasie! Julle vul die offerborde oorlopend, hoop die rykdom op vir
iemand wat homself beskou (Elisheva begin probleme ondervind om te praat. Die
duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar stembande aan) as 'n keiser.
Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wat in sy voetspore volg, EK gaan
die goue kalf stroop reg voor jul oë weg van julle af! Julle sal die vloeke dra
van Deut 28, soos 'n tweede vel want julle het die mense op ‘n dwaalweg gelei.
Die blinde lei die blinde. Julle het hul oë gefokus op die rykdom van hierdie
wêreld sodat hulle nie sal kyk na die armoede van hul siel nie!
Dis net ‘n kwessie van tyd!
Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan hierdie vyande sien val. EK waarsku
julle MY kosbare Bruid, jul grootste vyande sal gevind word in julle eie
huishouding. Diegene wat nie hul lewens en hulle liefde oorgegee het aan MY nie,
diegene wat MY nie eerste stel in hul lewens en hul liefde nie, diegene wat
weier om die Waarhede te glo in die Heilige Skrifte, diegene wat weier om te
erken daar’s net een weg Hemel toe, deur MY Naam en gestorte Bloed, diegene wat
weier om te glo daar’s 'n hel om te betaal vir die gevolge van onbekeerde sonde
.
Jou ergste vyand sal gevind word in jou eie huishouding want hierdies is diegene
wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is
nie enige iets nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag
en dis net 'n kwessie van tyd, diegene wat julle beskou as julle geliefdes sal
julle verraai, sal julle uitlewer aan die geregshowe van die land, sal antwoord
op die beloning op jul hoof wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"
Dis net ‘n kwessie van tyd.
Dit is hoekom EK vir julle sê nou, wees voorbereid want Bruid voor EK julle huis
toe neem Hemel toe, voor julle weggevoer word saam met MY, gaan EK julle moet
leer hoe om te hardloop en weg te kruip, weg te kruip vir die vyande se oë maar
dit is alles wel MY geliefdes want dis net 'n kwessie van tyd.
Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle buite
slaap in jul Sukkhas, onthou dat daardie net 'n tydelike tabernakel is, net soos
hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle
veilig hou in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl julle
MY eer op die Heilige Feeste terwyl julle die feesdae vermy van hierdie wêreld,
terwyl julle aan MY vasklou soos 'n Geliefde wat julle nie die omhelsing wil
verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel te meer sal EK julle
liefkoos?
(Elisheva sê, "Ow, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")
O, hoe lief het EK julle. Terwyl julle verlang om na MY toe te kom, hoeveel te
meer verlang EK om te kom na julle toe! Ek vang elkeen van julle traandruppels.
Wanneer julle uitroep tot MY omdat julle vervolg word, die flessies word gestoor
hier in die Hemel en EK vang elke een van julle traandruppels! Goue flessies
omkors met juwele en elkeen van julle het 'n verskillende een. Elkeen het 'n
ander mooiheid. Dit hang af van die lyding wat julle gedoen het vir MY, hoe
julle gewillig julle was om vervolg te word, allerhande bose name genoem word,
hoeveel julle gely het en gewillig was om dit te doen tot MY Heerlikheid. Dit is
hoe mooi julle flessie is. Hoeveel julle opgeoffer het vir MY. Hoe die van julle
wat jul weduwee se laaste penning gegee het vir hierdie Bediening, verstaan
julle nie? Niks was vermors nie.
Vir diegene wat opgeoffer het en opgestaan het vir moraliteit, julle lê jul
lewens neer om ‘n ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te
word en in die tronk gegooi te word om te protesteer teen aborsie,
dieselfde-geslag huwelike. Op soveel verskillende maniere, afhangend van waar
julle is in hierdie wêreld. Sommige was geslaan; sommige was gemartel; sommige
was opgesluit. O MY dierbaarstes! Afhangend van die vervolging, afhangend van
die lyding wat julle gedoen het, is hierdie die beskrywing van jou pragtige
flessie wat jou trane in het wat kom as 'n soete geur vir MY neusholtes en EK
liefkoos hierdie flessies liefdevol want EK ken die prys wat julle betaal vir
MY! En MY dierbare Bruid, dit gaan nie enigsins makliker word nie! (YAHUSHUA
huil deur Elisheva). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle!
Want MY lof is voortdurend in jul mond! Hy sê woedend, "Loof my! Aanbid my!"
Maar in plaas daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte
Bloed van YAHUSHUA staan teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!
EK het vir julle ons Heilige Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van
die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en
nooit te skik deur te doen wat julle weet is verkeerd nie! Julle treur en julle
huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man beveel om 'n vrou te skei
of 'n vrou om 'n man te skei. Moenie hierdie Profeet haat wat praat nie want sy
sê niks wat nie in MY Heilige Woord is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie
ongelyk gejuk wees nie". Hierdie is die Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Oor skeidingswaard.)
Dis net 'n kwessie van tyd.....
Alles wat geprofeteer was deur hierdie Bediening, sal gebeur!
Die gevalle engele gaan verrys. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer glo in
hierdie Bybel nie! Dit is outyds! Dit is net 'n boek vol feëverhale! Hierdie is
die 'Moderne Era’” Homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike ..... hulle sal
skree hulle is reg om die ongebore baba dood te maak in die ma se baarmoeder.
Politieke leiers, waar satan hul harte gevul het tot oorlopens toe, sal raas en
skree, "Julle wat glo in hierdie YAHUSHUA, julle koppe sal rol!"
Dis net 'n kwessie van tyd.
En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met diegene wat die Gaste sal
wees by die Bruilofsfees van die LAM. Julle moet gewillig wees om jul lewe neer
te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir die van julle wat sê,
"Dit is te erg, te moeilik om te leef, om Heilig te wees, ek sal dit regkry teen
die Groot Verdrukking." EK sal vir julle dit sê, as jy dit nie nou kan doen nie
en daar’s geen opoffering wat jy moes gemaak het tot dusver nie, jy was nie gesê
om jou lewe neer te lê nie, om jou kop onder die guillotien te sit nie, wat laat
jou dink jy kan dit dan doen as jy dit nie nou eens kan doen nie? Wat laat jou
dink jy sal meer geloof hê dan wanneer uithongering en dood en verwoesting,
wanneer afgryse onbegryplik jy reg rondom jou sien? Wanneer die paaie, jy deur
die bloed sal moet voortsukkel? Wat laat jou dink jy sal meer geloof hê dan? Nou
kos dit jou niks meer as om 'n “Bybel dweper” genoem te word nie.
En EK praat nie met die lande nou wat dit julle soveel meer kos nie, EK spreek
vir die meerderheid van hierdie aarde waar hulle gesê het, “O, dis te moeilik
vir my om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek kan
nie die sigarette neerlê op die altaar nie! O, ek kan nie die booze neerlê nie!
O, dis te moeilik om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer wat uit my
lippe kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie Heilig lewe
nie!" Wat laat jou dink dit gaan enigsins makliker wees dan?
Fil. 4:13
“Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wat my krag gee”
Nou is jul mae vol! Nou is julle tonge nie verdroog van dors nie! (YAHUSHUA huil
deur Elisheva.) En nogtans kan julle MY nie nou Loof nie? Wat laat julle dink
dit gaan makliker wees dan?!
Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moet jy dit nie waag om te praat van
die hel en die gevolge van sonde nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie! Julle
sê, "Julle is niks anders as ‘verdoemenis en droefgeestigheid’ nie." EK sal vir
julle verdoemenis en droefgeestigheid wys!
En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening & diegene wat [on]heiligheid
preek. EK sal vir julle verdoemenis en droefgeestigheid wys. EK sal julle wys
wat dors is. EK sal julle wys wat honger is! Diegene wat hul oë gefokus het op
die Goue Kalf van hierdie wêreld, EK sal julle wys wat honger is! Julle sal
julle tonge knaag van honger! Julle wat so ryk en magtig is, julle vertrap en
voetstamp op diegene wat nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal julle wys.
EK sal julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal julle wys!
Sien, EK was net daardie geslagte LAM eenmaal. EK het dat die vyand MY gesig
slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die
vernedering van hierdie aarde gevat! Maar dit was net eenmaal..... EK het op
daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het dors gely vir julle!
EK het dors gely vir julle ongeregtigheid! EK het honger gely vir julle! EK was
gespot en EK was gesmaad! Hierdie (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie
aarde! En hoe min erken dit selfs! Hulle sal 'n heidense vakansiedag neem
toegewy aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) direk uit die put van die hel en
hulle het vir MY daardie verjaarsdag gegee? Maar op hierdie tyd van Sukkot hoe
min vereer MY? Hoe min vereer die prys wat EK betaal het?...
O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was net
eenmaal! Dit was net eenmaal wat EK moes sterf! En geen mens het MY lewe geneem
nie! Dit was EK en EK alleen, EK YAHUSHUA, wat gesê het dit is volbring! En dit
was MY tyd! EK het nie gesterf in die mens se tyd nie! EK het nie opgestaan in
die mens se tyd nie! EK het opgestaan in YAHUVEH se tyd!
So, EK sê vir julle dit o vyande van MY, die van julle wat hierdie lasterlike
leuens skryf oor hierdie Profeet en Bediening, dis net 'n kwessie van tyd, EK
gaan voetstamp op julle! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die
vyeboom vervloek het wat nie vrugte geproduseer het nie! Dis net 'n kwessie van
tyd! So gaan voort en werp julle towerspreuke. Gaan voort en probeer die Profeet
vernietig wat spreek. Julle sien, EK rig haar net op keer-op-keer! En sy kom net
terug en spreek weer MY Woorde voort. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit
behoort nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan
voort en doen afbreuk aan hierdie Bediening! Beskuldig haar van "te Heilig wees",
"te regverdig". Gaan voort en spot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien
Wette gehoorsaam en Heilig leef want YAH is Heilig. Gaan voort en spot...
EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle
"adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK
dieselfde vir julle!
Dis net 'n kwessie van tyd!
En die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is
nadat julle hierdie Boodskap hoor. Sal julle bekeer? En die van julle wat bid en
julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het nooit gesê
daar is geen krag in daardie Naam op hierdie tydstip nie. In hierdie Profetiese
Boodskappe het EK voortgespreek keer-op-keer, daar is vergifnis, genesing,
bevrydingskrag in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Maar dis net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking kom en die man
van verderf daar staan, Judas weereens teruggekeer het, sal hy alles bespot wat
Heilig is. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA vermy
want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want wanneer
julle bid in die naam van Jesus Christus en hy lig sy hand op en sê, "Hier is ek",
wat gaan julle dan doen?
Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal deug".
En dan praat EK met diegene wat aandring om te sê "Yeshua", keer-op-keer het EK
het gesê: "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY enig Verwekte SEUN.
EK het vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie maar laat
ons hierdie nou nie tot die uiterste neem nie want enige naam sal nie deug nie.
O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf, hoe durf sommige
van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor beter julle op
julle aangesigte val voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n brief skryf
vir hierdie Bediening en probeer om die wonde te versag wat julle toegedien het
omdat sy durf om oor die hel te waarsku, omdat hierdie Bediening preek oor
Heiligheid, omdat hierdie Bediening waarsku oor die gevolge van sonde, omdat
hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.
Wat dink julle is 'n Profeet? En vir diegene wat lag en smaad en sê, "Daar is
nie so iets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer so iets soos Profete nie,"
wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte? Besef julle nie EK is die GEES VAN
Profesie nie! Wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte?! EK is PROFEET VAN DIE
PROFETE! EK is Profesie! Die Profete het geprofeteer EK sou kom! As daar nie so
iets soos Profete was nie wat gaan julle doen met die boek van Openbaring? Hoe
dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die Openbaarder
het geprofeteer wat gaan kom.
Openb. 1:1
dat dit Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH is, wat YAHUVEH aan hom gegee
het om SY diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.
Openb. 1:1-2
Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH..... HY het dit bekend gemaak deur SY
engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het --
wat die woord van YAH en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is.
Openb. 19:10
Want die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is die gees van profesie." En die
profesie wat YAHUSHUA HA MASHIACH aan ons gegee het is die boek van Openbaring.
Openb. 22:16
"EK, YAHUSHUA, het MY engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan
die gemeentes oor te dra.
Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie!
Wee! Wee! Wee! Wee! Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot
Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat julle gedoen het nie. Julle weet
nie wat julle gedoen het nie! Maar julle sal dán. Sommige sal die Gaste wees. O
hoeveel het julle hierdie Bediening gehaat! Op daardie tydstip sal julle huil en
julle sal bekeer oor die gees van verwoesting wat julle gestuur het. O, julle
sal bekeer, maar dit gaan julle jul lewens kos. En julle sal [Elisheva] in die
oë moet kyk in die Hemel, julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle
sal haar bedank vir die prys wat sy betaal het. En al diegene wat hierdie
Waarheid preek. Al diegene wat jy gesmaad en gespot het, jy sal hulle in die oë
kyk en jy sal om verskoning vra.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd…
Dis net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug val. (YAHUSHUA huil
dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).
O, satan spot en hy sê, "Hierdie datum sal die ruimteskip kom." Hy spot wetende
dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.
EK laat nie net enige droom toe om geplaas te word by hierdie Bediening nie.
Hierdie is Heilige Bemiddelaars. En EK het vir hulle droom-op-drome gegee vooraf
waarskuwings oor wat kom uit die lugruimtes wanneer die mens sal opkyk na die
lug en hulle harte sal beswyk van vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen
idee wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat
voortgespreek word, lasterlike leuens wat gespreek word teen hierdie Profeet en
hierdie Bediening, onderskei die vrug van waar dit vandaan kom en julle sal sien
EK het dit vervloek.
Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie neer, opoffering na opoffering in
maniere wat julle nie kan begin om te verstaan nie net om een siel te bereik op
maniere wat nie een van julle sal ken nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel
van julle het selfs 'n weduwee se penning gegee? Hoeveel kan sê hulle het deel
aan hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug om te sê "Dankie"? Dit
is niks anders as toe EK tien melaatses genees het, net een teruggekom het om "Dankie"
te sê nie. Julle sien wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun
sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen doen EK dit
nie net om ‘n seën vir hulle te wees nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën!
Julle wat al hierdie lees, julle wat luister, julle hoef nie op te geoffer het
nie, julle hoef nie die prys te betaal het nie, want met elke Profesie gespreek
deur [Elisheva] is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die Salwing hoe
groter prys word betaal. Ware Profete weet wat lyding is.
Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slaghuise sal die Sondag kerke wees. In
die Groot Verdrukking sal hierdie die Slaghuise wees. Martelaars sal gevoer word
soos nagmaalbrood. Die wyn in hul bekers sal die bloed wees van die martelaars.
EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier.
Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek?
Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil nie hoor nie?"
Maar, met die Gaste praat EK nou. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle
staan op die rant van die afgrond. En julle sal hier wees. En dis net 'n kwessie
van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie fyn
instel want as julle nie genoeg geloof nou het om MY in die klein dingetjies te
glo nie, hoe kan julle MY glo vir die groter dinge in die Groot Verdrukking? Sal
julle die geloof hê om vir ‘n klip te sê in MY Naam is hierdie brood? Vir
diegene wat EK wegsteek en vir diegene wat EK voorsien, sal dit wees soos manna,
soos doudruppels op die gras in jou agterplaas. Maar net jou oë sal dit sien en
dit is net as jy geloof het en glo in MY. Jy beter jou geloof fyn instel nou.
Anders gaan jou geloof net genoeg wees om jou lewe te gee.
Openb. 14:12
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie
van ELOHIEM en die geloof in YAHUSHUA bewaar.
Openb. 12:17
En die draak …het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat
die gebooie van ELOHIEM bewaar en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH hou.”
Dis net 'n kwessie van tyd.
Dit is net diegene wat nou uitroep tot MY wat beskerm word teen die
Gedagtebeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle gedagtes deur die water
en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die ‘chip’ wanneer julle dit die
minste verwag om julle op te spoor soos 'n hond om presies te weet waar julle
is. As dit so erg is nou, kan julle indink hoe dit sal wees in die Groot
Verdrukking?
Dis net 'n kwessie van tyd.
Maar vir My Bruid, vir MY kosbare, kosbare Bruid EK het vir julle die
tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle jul gaan opsluit
op 5 verskillende maniere en EK het vir julle die visioen gewys wanneer EK die
tralies wegneem en daar sal julle staan, julle wat MY Vyf Wyse Maagde
verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring saam met
MY belonings! En elkeen van julle vereer EK liefdevol!. Julle BRUIDEGOM kom!
Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie kyk deur die oë van die
vlees nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk
deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wysheid
want julle het dit nodig nou! En o, julle wat die Gaste is, bid vir meer Wysheid!
Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nodig nou nie, julle
gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid. Julle gaan dit nodig hê in
die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aangesien en aanbid en vereer word!
Julle het julle afgode nou o wêreld. Julle noem hulle rolprentsterre of bose
demoniese politici maar EK sê vir julle dit, daar kom 'n man wat die seun gaan
wees van verderf, die einste seun van satan. Pasop! Julle was gewaarsku! Wees
gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig! Wees wakker! Wees op julle hoede!
Want diegene wat julle dink jul kan vertrou as hulle nie vol is van MY GEES nie,
as hulle nie hul knie gebuig het tot MY nie, as hulle nie gehoorsaam leef tot MY
nie, as hul hart gevul is met rebellie nou, dink hoeveel erger dit sal wees.
Julle was gewaarsku!
Julle kla omdat EK huwelike opbreek maar hierdie is huwelike wat EK nooit
georden het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die
veiligheid, vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die
Gaste vat EK MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat
hulself manlike eggenote en vroulike eggenote noem, susters en broers, lede van
die familie en vriende, EK skei diegene wat ongelyk gejuk is in besigheid, op
alle maniere. Julle kan net diegene vertrou wat uitroep in MY Naam.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.
EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees,
maar verberg julself vir nog 'n klein rukkie. Verberg julself vir 'n klein
rukkie totdat MY toorn verbygaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word
nie.
Dis net 'n kwessie van tyd.
En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en al hierdie sal verbygaan
en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal
voortbeskik was om te doen doen dit net soos vir MY. Wanneer julle vervolg word
om MY Naams ontwil besef hulle sien MY in julle.
Dis net 'n kwessie van tyd.
En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So neem MY
Goedertierenheid en neem MY Genade. Neem MY hand. Laat EK MY arms vou om julle!
Laat EK julle omhels! O hoeveel bedank EK julle dat julle MYNE is, dat julle
gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te
word.
Einde van Woord
Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
Sukkot 17 Oktober 2008
Elisheva: Dit is al wat ek hoor. Ek dank U vir hierdie eer geliefde YAHUSHUA dat
U voortgespreek het deur hierdie lippe van klei en ek is net 'n mondstuk vir U
en ek bid dat ek elke Woord gehoor het op die manier wat U dit gespreek wou
gehad het. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir
hierdie eer. Ons bid dat hierdie beide die Bruid en die Gaste bemoedig en ons
bid hierdie veroorsaak vrees in die vyande. Ons dank U. Ons loof U. Ons aanbid
U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie aanstoot te
gee en sommige te verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U Geliefde
YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA ons
MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U! En
tog weet ons dis net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.
Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande!
Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisheva se hande lam geraak! Wanneer
YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisheva gesê was dit asof 'n
Krag van Bo ingestuur was soos 'n stukrag in haar liggaam in! Haar liggaam het
letterlik gespring wanneer hierdie gebeur het! En sy het energie gevoel na die
ontvanging van hierdie Woord. Maar die Salwing was so sterk ons het deur twee
stelle batterye gegaan om die Woord op te neem en toe daarna te luister! Die
Salwing “zap” batterye se krag vinnig!
Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die
woord van YAHUSHUA en die getuienis wat hulle gehad het...
Die Man van Wetteloosheid
2 Tess. 2:1. Aangaande die koms van ons YAHUSHUA HA MASHIACH en ons wat bymekaar
gemaak gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of
verskrik raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van
ons af te kom, wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat
enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek
nie) totdat die afvalligheid kom en die man van wetteloosheid geopenbaar is, die
man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat God
genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God
sal sit en voorgee dat hy God is.
Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt om
geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom kies as hulle God? Sal
hy eers verkies word en dan later sy eis aankondig om God te wees en aandring om
aanbid te word? Die verworpeling sal neerbuig en hom aanbid as hulle Messias,
maar niemand sal dit doen tensy hulle name nie opgeskryf is in die Boek van Lewe
nie, wat geskryf was voor die grondlegging van die wêreld. Moenie bang wees nie,
julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net diegene wat
YAHUSHUA HA MASHIACH verloën sal die een aanbid genaamd antichris.