22
26 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
27 As ‘n bees of ‘n lam of ‘n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder
bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word
as ‘n vuuroffergawe aan YAHUVEH.
28 ‘n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag
slag nie.
29 En as julle ‘n lofoffer aan YAHUVEH bring, moet julle dit so offer, dat julle
welgevalle kan vind.
30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot
die môre toe nie. Ek is YAHUVEH.
31 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is YAHUVEH.
32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die
kinders van Israel. Ek is YAHUVEH wat julle heilig,
33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ‘n ELOHIM te wees. Ek is
YAHUVEH.
*~Levitikus Hoofstuk 23~*
1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van YAHUVEH wat
julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van
volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat
van YAHUVEH in al julle woonplekke.
4 Dit is die feestye van YAHUVEH, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op
hulle bepaalde tyd.
5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die
pasga van YAHUVEH;
6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode
van YAHUVEH; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
7 Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén
beroepswerk mag julle doen nie.
8 Maar julle moet sewe dae lank aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. Op die sewende
dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
9 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom
wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle
oes na die priester bring.
11 En hy moet die gerf voor die aangesig van YAHUVEH beweeg, sodat julle
welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder
gebrek as brandoffer aan YAHUVEH berei,
13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie
gemeng as vuuroffer aan YAHUVEH, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van
wyn, ‘n kwart hin.
14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie
selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle ELOHIM bring. Dit is ‘n
ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
15 Dan moet julle tel van die dag ná die Sabbat, van die dag af as julle die
beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;
16 tot die dag ná die sewende Sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle
‘n nuwe spysoffer aan YAHUVEH bring.
17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee
tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan
YAHUVEH.
18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong
bul en twee ramme bring. Hulle moet ‘n brandoffer aan YAHUVEH wees saam met die
spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur
aan YAHUVEH.
19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as
dankoffer,
20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor
die aangesig van YAHUVEH beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan YAHUVEH
heilig wees, ten voordele van die priester.
21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir
julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al
julle woonplekke vir julle geslagte.
22 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as
jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en
die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is YAHUVEH julle ELOHIM.
23 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste
van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur
basuingeklank, ‘n Heilige vierdag.
25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan YAHUVEH ‘n vuuroffer
bring.
26 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n
Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan
YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. (Jes 58:3,5)
28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ‘n
versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van YAHUVEH julle
ELOHIM.
29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy
volksgenote uitgeroei word.
30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei
onder sy volk uit.
31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in
al julle woonplekke.
32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul
verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet
julle jul sabbat hou.
33 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
34 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie
sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir YAHUVEH.
35 Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag
julle doen nie.
36 Sewe dae lank moet julle aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag
moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan YAHUVEH ‘n
vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
37 Dit is die feestye van YAHUVEH wat julle moet uitroep as heilige vierdae om
aan YAHUVEH ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en
drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
38 behalwe die Sabbatte van YAHUVEH en behalwe julle gawes en behalwe al julle
geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan YAHUVEH gee.
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van
die land insamel, moet julle die fees van YAHUVEH sewe dae lank vier; op die
eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. (Ex 23:16)
40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met
palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die
aangesig van YAHUVEH julle ELOHIM vrolik wees.
41 En julle moet dit as fees van YAHUVEH sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n
ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet
in hutte woon, (Sukkahs)
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat
woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is YAHUVEH julle ELOHIM.
44 So het Moses dan die feestye van YAHUVEH aan die kinders van Israel bekend
gemaak.
Numeri 29:12-16
12 En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle ‘n heilige
samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae
lank vir YAHUVEH ‘n fees vier.
13 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH
bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek
moet hulle wees;
14 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van
die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,
15 en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;
16 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die
spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.