18
1 En geruime tyd daarna het die Woord van YAHUVEH in die derde jaar tot Elía
gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde.
2 En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in
Samaría.
3 Toe laat Agab Obádja, wat oor die paleis was, roep. En Obádja het YAHUVEH baie
gevrees.
4 Want toe Isébel die profete van YAHUVEH uitgeroei het, het Obádja honderd
profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in ‘n spelonk weggesteek en hulle
met brood en water onderhou.
5 En Agab het vir Obádja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na
al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die
lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
6 En hulle het die land onder mekaar verdeel om dit deur te trek: Agab het
afsonderlik met een pad getrek, en Obádja het afsonderlik met ‘n ander pad
getrek.
7 Terwyl Obádja op pad was, kom Elía hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken,
val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer Elía?
8 En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou heer: Elía is daar.
9 Maar hy vra: Wat het ek gesondig, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab
om my om die lewe te bring?
10 So waar as YAHUVEH u ELOHIM leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my
heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier
nie—dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
11 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar!
12 As ek nou van u af weggaan en die Gees van YAHUVEH u wegneem—ek weet nie
waarheen nie—en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my
doodmaak; en u dienaar vrees YAHUVEH van sy jeug af.
13 Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van
YAHUVEH gedood het nie: dat ek van die profete van YAHUVEH honderd man, vyftig
by vyftig, in ‘n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
14 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar! dat hy my kan doodmaak!
15 Maar Elía sê: So waar as YAHUVEH van die lLeërskare leef, voor wie se
aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
16 En Obádja het Agab tegemoetgegaan en hom dit meegedeel; en Agab het Elía
tegemoetgegaan.
17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van
Israel?
18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie,
deurdat u die gebooie van YAHUVEH verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.
19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook
die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van
Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.
20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die
berg Karmel bymekaar laat kom.
21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee
gedagtes? As YAHUVEH ELOHIM is, volg HOM na; en as Baäl dit is, volg hom na!
Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van YAHUVEH,
terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
23 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies
en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék
sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
24 Roep julle dan die naam van julle elohim aan, en ék sal die Naam van YAHUVEH
aanroep; en die ELOHIM wat met vuur antwoord, HY sal ELOHIM wees. En die hele
volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en
maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle
elohim aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en
die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons
antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het
rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
27 En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is
mos ‘n elohim! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is
seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.
28 En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en
spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die
spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en
geen opmerksaamheid nie.
30 Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader
gekom na hom; en hy het die altaar van YAHUVEH herstel wat afgebreek was.
31 Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se
kinders tot wie die Woord van YAHUVEH gekom het om te sê: Israel sal jou naam
wees—
32 en hy bou met die klippe ‘n altaar in die Naam van YAHUVEH. Daarna het hy ‘n
sloot gemaak rondom die altaar, ‘n ruimte vir omtrent twee mate saad,
33 en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.
34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die
hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede
maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die
derde maal gedoen,
35 sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol
water gemaak.
36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom
en gesê: YAHUVEH, ELOHIM van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend
word dat U ELOHIM in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op U
Woord gedoen het.
37 Antwoord my, YAHUVEH, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U,
YAHUVEH, ELOHIM is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.
38 Daarop het die vuur van YAHUVEH neergeval en die brandoffer en die hout en
die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê:
YAHUVEH, HY is ELOHIM, YAHUVEH, HY is ELOHIM!
Markus 9:1-10;
1 En HY sê vir hulle: Voorwaar EK sê vir julle, daar is sommige van die wat hier
staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van
YAHUVEH met krag sien kom het nie.
2 En ná ses dae het YAHUSHUA vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en
hulle alleen op ‘n hoë berg in die eensaamheid geneem; en HY het voor hulle van
gedaante verander,
3 en SY klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op
aarde dit kan maak nie.
4 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met
YAHUSHUA.
5 Toe spreek Petrus en sê vir YAHUSHUA: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat
ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een.
6 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik.
7 En daar kom ‘n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ‘n stem wat sê: Dit
is MY Geliefde SEUN, luister na HOM!
8 En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe YAHUSHUA
alleen.
9 En onderwyl hulle van die berg afklim, gee HY aan hulle bevel om aan niemand
te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode
opgestaan het nie.
10 En hulle het die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra wat dit
beteken om uit die dode op te staan.