Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
4 April, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Oorspronklik ontvang meer as 10 jaar gelede, YAHUSHUA HA MASHIACH het nou vir
Profeet Elisheva gelei om hierdie profesie her vry te stel aan die wêreld
weereens en onder ‘n nuwe Salwing. YAH wil gelowiges aanmoedig om die geloof te
hê om op water te loop, so te sê, te midde van die storms wat nou is en wat
spoedig kom oor die aarde.
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16,
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Op 18 Maart 2001 tydens Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) se
inhuldigingsdiens, het God bogenoemde woord voor getuies gespreek aan al die
vyande wat opstaan teen hierdie Messiaans-Joodse Apostoliese Bediening en
bedienaar en al die ware apostels en profete.)
As EK my glinsterende swaard skerpmaak en My hand na die strafgerig gryp, sal EK
wraak uit oefen op My teëstanders en My haters vergeld. Deut 32:41
Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat
vervaard is van hart; Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle ELOHIEM kom
met wraak, met goddelike vergelding; Hyself sal kom en julle verlos. Jesaja
35:3-4
* * * * * * *
O, Barbara (asook alle louwarm Christene en al die vyande van MY ware apostels
en profete), alhoewel jy MY Apostels en Profete spot, stuur EK vir jou hierdie
profesie; dit is jou keuse wat jy met die woorde doen. Jy sal aanspreeklik gehou
word omdat jy hierdie ‘n sekte noem, omdat jy dit wat goed is boos noem en wat
boos is goed noem. Want hierdie is nie die werk van ‘n persoon se hande nie,
hierdie is die werk van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees).
Jy is waarlik besig om die genade van YAHUSHUA te beproef. EK het jou verswakte
gesondheid verleng maar EK sê nou vir jou pasop jou gesondheid het die lyn
oorgesteek na geleende tyd. As jy volhou om MY gesalfdes aan te raak en MY
Apostels en Profete en hierdie bediening en ander ware apostoliese bedienings
skade aan te doen, sal jy maai wat jy saai. EK waarsku jou dat jou mond soos ‘n
oop graf is en jy het die graf gevul met ‘n oorvloed vullis terwyl jy jou haat,
woede, geskinder, beswadderings, boosaardigheid, jaloesie, afguns, rassisme en
antichris gees uitstoot. Pasop, want jy laster die RUACH ha KODESH.
Jy het ‘n godsdiens gees en nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met die
een wie jy jou Verlosser noem nie, maar EK ken jou nie meer as MY Kind nie. Jy
het so ver afgedwaal. Jy is soos die Verlore seun en die wêreld is jou varkhok
alhoewel jy kerk bywoon. Die kerk wat jy bywoon is slegs 'n formaliteit en jy en
ander gebruik dit as afgode. Daardie pastoor is nie die goeie herder nie. EK,
YAHUSHUA, is die enigste Goeie Herder en Redder.
EK alleen het daardie prys op Golgota betaal. EK sal hierdie woorde gebruik om
ander te waarsku, alhoewel dit jou haat vir hierdie apostoliese diensmaagd is
wat MY woede laat opvlam het omdat jy sê jy sal haar en hierdie bediening
vernietig? Jy en watter weermag van satan? Jy kan nie vernietig wat EK Almagtige
God, gebou het nie. Pasop al die vyande van hierdie apostoliese bediening en
ander ware apostoliese bedienings want EK het hierdie bediening opgerig as ‘n
seën vir die wêreld en nie om ‘n vloek te wees nie. En tog sal die wyse waarop
jy hierdie dienaar en bediening behandel die manier wees waarop EK sal
terugbedien aan jou. Jy is gewaarsku en EK stuur altyd MY Apostels en Profete om
te waarsku voordat EK MY Oordeel stuur.
EK vermaan, bemoedig sowel as bestraf en waarsku om te bekeer alleenlik diegene
wie se harte nie so koud soos die bose farao s’n is nie sal ore hê om te hoor.
Wanneer mense na jou kyk dink jy regtig hulle sien vir YAHUSHUA? Jy bedroef my,
want kerkbywoning gaan jou nie in die Hemel bring nie en ook nie hoeveel tiendes
jy gee nie. EK is nie beïndruk met julle kerkbank verwarming, julle modeparades,
of julle klieks nie.
EK is Almagtige God en EK was tot dusver genadig maar jy toets MY geduld wanneer
jy teen hierdie apostoliese diensmaagd praat en vir Shandra minag wat ‘n magtige
vrou van God is en ook ‘n profeet van MY. Jy sien die kind in haar en weier om
die 19 jarige vrou raak te sien. EK is bedroef wanneer EK die woorde hoor wat jy
sê wat haar sny tot in die murg van haar gebeente. EK is die een wat haar hoor
huil wanneer sy verlang na liefde en waardering en tog dink jy sy is te koop?
Watter pryskaartjie hang jy op haar? Sy is onskatbaar in MY oë en MY dogter se
oë.
EK het MY diensmaagd, Sherrie [Elisheva Sherrie] opgerig, en alhoewel die kleur
van haar vel verskillend is as joune, deel beide van hulle MY RUACH ha KODESH
met 'n begeerte om ander lief te hê en te seën en hulle Hemel toe te lei.
Hierdie gaan nie oor ‘n denominasie nie maar oor ‘n persoonlike verhouding met
YAHUSHUA. Watter soort verhouding het jy werklik met MY? Watter soort geloof het
jy werklik in MY?
Jy sê jy glo die Bybel en tog bewys jy die teendeel deur die woorde wat jy nou
uitspreek teen MY dogter en die een wat jy jou dogter noem, en MY ander
bedienaars wat jy beswadder? Pasop, want jy beswadder nie ‘n persoon of persone
nie. Wanneer jy hierdie gesalfde Messiaans-Joodse Apostoliese bediening [bedienaar]
aanraak of ander gesalfde Apostoliese Bedienings beswadder insluitende die ander
kerk van Shandra, beswadder jy die een aan wie die bedieninge behoort en dit is
die Groot God YAHUVEH en die RUACH ha KODESH.
Moenie kritiseer wat jy nie verstaan nie dit is beter om jou mond te bedek en
nederig te wees. EK het vir Shandra ‘n geestelike moeder gegee omdat jy haar nie
liefhet, versorg, onderrig en bemoedig in die weë van die Here nie. EK,
Almagtige God YAHUVEH waarsku jou dat jy louwarm is en EK ken jou hart en
motiverings wanneer jy die kerk besoek en dit is vir een rede, en dit is omdat
jy opgeblaas is met trots en wil hê dat almal moet dink jy is heiliger as wat jy
is.
Jy is van die Fariseër-Gees. EK ken jou hart en dit is boos en EK hoor jou
vloeke en uitbarstings teen MY en teenoor hulle wat waarlik geseënd is. Jy
oordeel ander deur die dikte van hulle beursies en oordeel hulle nie aan die
vrugte van MY RUACH ha KODESH nie. Wees gewaarsku, MY dogter is na jou toe
gestuur met hierdie profesie al haat en spot jy haar en ander sal jy
aanspreeklik gehou word vir wat jy nou weet.
Luister waar jou volgende tuiste sal wees AS jy voortgaan in jou louwarm weg. (Kyk
na ‘Citizen in Hell’). EK sal jou uit MY mond braak en die hel sal jou volgende
woning wees. Bekeer, vyande van MY, julle ken nie die Apostoliese Diensmaagd wat
julle aanraak nie, ook nie die Heilige Vloeibare SalwingsVuur wat op haar en
hierdie bediening is nie. Maar jy sal weet terwyl EK gate in jou sakke sny en
alles wat verkeerd kan gaan, gaan verkeerd. Jy sal gedwing word om toestelle te
vervang wat nie vervang moes word nie. Jou voertuie sal duur herstelwerk benodig.
Jy het nie meer die guns of gees van groot-vertoon wat ander geflous het nie en
hulle sien jou vir wie jy is. En jy sal in die spieël kyk en die beeld haat wat
jy sien en jy sien jouself verouder voor jou oë. Terwyl jy dokter toe gaan en
slegte verslae ontvang, sal jy die dag onthou; toe jy MY Dogter en Apostel
Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] ontmoet het. Jy sal onthou en die dag
berou toe jy haar probeer vervloek het en hierdie bediening probeer vernietig
het asook ander soos hierdie! Jy sê dat jy jou privaat speurders het? Jy weet EK
ken die waarheid en nogtans hou jy aan om op MY Dogter te lieg en haar en
hierdie bediening te beswadder terwyl jy haar glad nie ken nie. Hou op ander
probeer in-sleep om in jou straf te deel.
MY Apostel doen slegs MY wil en is lief vir MY dogter Shandra en ander, met ‘n
liefde wat EK vir haar gegee het en onderrig hulle in MY Heilige weë in die
bybel, sy doen Shandra, of hulle, geen skade nie. Maar jy noem jouself ‘n moeder
en tog is jy geen moeder hoegenaamd nie. Dit verg meer as om geboorte te skenk
aan ‘n kind om die woord moeder te verdien. Omdat jy MY apostoliese diensmaagd
gespot het toe sy deur tye van beproewing gegaan het sal jy nou die smart ken
wat sy gely het en jy sal die trane huil wat sy gestort het, want EK het die
laste van MY Dogter gelig maar jy sal nou die volle las dra. Selfs die
skeidingswaard sal op jou huishouding kom en jou eie man sal na jou kyk in
walging en skaamte. Bekeer!
Jy het hierdie dinge oor jouself gebring soos Deut 28:19 dit duidelik verklaar
aan almal wat MY Woord minag. Jy sal vervloek wees wanneer jy ingaan en vervloek
wanneer jy uitgaan. Die seëninge sal nie meer daar wees nie. Jy het die geeste
gebruik van manipulasie, intimidasie en die gees van vrees om jou eie sin te kry.
Selfs jou eie man, al probeer hy beswaar maak ken jou ware hart van vernietiging.
Jy dink jou manier is die enigste manier, maar, kom terug na MY toe terwyl daar
nog tyd is en laat ons die saak uitmaak, bekeer en draai weg van jou bose weë.
Die vrou wat jy as ‘n vyand beskou is slegs MY boodskapper wat MY woorde
voortspreek, EK kan al hierdie vloeke verander in seëninge as jy maar net MY
Woord wil glo wat jy vir soveel jare gehoor het, en tog glo jy nie eens EK is
dieselfde God gister, vandag en môre nie. Hou op om MY gesalfdes aan te raak en
MY Profete skade aan te doen. EK het jou gesondheid aangeraak om jou aandag te
kry, wat meer moet EK doen? Want EK tugtig diegene wat EK liefhet. Hoeveel meer
straf moet EK vir jou gee om te maak dat jy sal erken dat MY weg en nie jou weg
nie die enigste manier is om die Koninkryk van die Hemel binne te gaan?
Leer van MY Apostels en Profete, want in hulle rus MY salwing. Hou op om na
Shandra te kyk as ‘n kind, sy is soos ‘n arend wat leer om te vlieg, en
binnekort sal sy sweef saam met die ander arende en voor-af bestemdes. Hou op
probeer om die magtige vrou van God terug te hou anders sal EK jou
verantwoordelik hou.
* * * * * *
‘n Aanstoot vir Sommige, Verligting vir Ander, hierdie diensmaagd van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu 20 April 2001
Profesie 112 Pasop vir die onboetvaardige sondaar, die heilige wat berou het
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Ek het ‘n droom gehad op 9 Julie 2009, en toe ek wakker geword het, het ek begin
om YAHUSHUA te Loof en Aanbid en onverwags het YAHUSHUA hierdie Woord
voortgespreek. Die droom is geplaas onderaan hierdie Profetiese Woord. Ons vra
vir enigiemand wat die uitlegging van hierdie droom het, om ons asseblief te
e-pos. Alle uitleggings waarop ons getuies kry, sal op die Bedieningswebwerf
geplaas word.
* * * * * * *
Terwyl jy nog slaap giet EK MY LEWENDE WATER oor jou (Jeremia 2:13, Johannes
4:10-14). Jy het hierdie altyd geweet dat die Salwing wat EK vir jou gegee het
elektries is. Hoe baie maal in die verlede het mense jou hand vasgehou en hulle
hand het lam geword? Wees nou gehoorsaam, skryf neer die droom (Hand 2:17; Hab
2:2) na die beste van jou vermoë want wat jy onthou het is wat EK wou hê jy moes
onthou.
En weet net hierdie, diegene wat EK YAHUSHUA se Demon Stompers genoem het,
diegene wat EK ook jou geestelike kinders genoem het, roep uit na MY om hul
geestelike moeder en mentor, MY Ringmaagd te genees. Jy sê vir hulle terwyl
hulle bid vir jou en die ander wat bedien aan jou sy: EK neem hierdie seëninge,
EK neem hierdie gebede , EK hou dit dig teen MY hart. Hulle is ‘n soete geur vir
MY neusgate (Gen 8:20-21; Ps 141:2, Eseg 20:41; 2 Kor 2:15-16; Filipense 4:18;
Open 8:3-4).
Jy wag vir ‘n spesiale dag M’Lady [my lady], dit is nie enige iets [in jou vlees]
wat jy kan verhaas nie. En tog sê EK vir jou hierdie, vir elkeen wat hierdie
gebede oplig vir jou EK salf jou net meer. EK gee vir jou dinge terug en EK
herstel, hoewel [selfs al] is dit nie dit wat jy wou gehad het nie, maar dit
verhaas wel die tyd. So getrou is hulle.
En wanneer jy diegene sien wat jy gedink het is getrou en jy sien hulle kan nie
meer langs jou sy stap nie (omdat EK hulle verdeel het) – hierdie is vir al die
YDS’e waarmee EK nou praat wat MY getroue voorste linie is, die getroue
gebedsintersessors, die Heiliges, MY elite mag:
Haal julle oë af van die gevallenes. Gaan voort om nie te treur oor die
gevallenes nie – diegene wat begin het in die YDS en hulle hand aan die ploeg
geslaan en gesê het, “Hierdie is te moeilik, ek neem my hand van die ploeg af.
Die MEESTER verwag te veel. Hierdie is nie soveel pret soos ek gedink het dit
sou wees, om getrou te dien aan jou sy nie [Elisheva]! Hierdie is te moeilik. Ek
wil hierdie wêreld geniet. Ek wil dinge doen op my manier”.
Hierdie is die gevallenes. Hierdies is diegene wat in die Groot Verdrukking sal
wees. (Mattheus 24:21). Hierdies is diegene wat op ‘n ander manier sal ly, maar
MY dierbare – EK praat met die getroue YAHUSHUA’s Demon Stompers:
Net soos Moses moeg geword het en iemand moes hê om in staat te wees om sy hande
omhoog te hou in die geveg (Eksodus 17:12) – solank as sy hande en sy arms
omhoog gehou was omdat hy nie die krag gehad het om hulle alleen omhoog te hou
nie – gebruik EK hierdie YAHUSHUA’s Demon Stompers. EK gebruik die gebede rondom
hierdie wêreld en gesigte wat jy nie ken nie – die vermiste dele van die Bruid,
MY gehoorsame Bruid. Hulle tree in en hulle bid vir jou en tog ken jy nie hulle
name nie. Baie van hulle name ken jy nie maar EK gebruik die gebede van hierdie
regverdiges, die regverdiges van die voorste linie YDS’e om jou arms op te lig
voor die geveg.
[Die geveg] is so swaar – want EK het jou gesalf [Elisheva]. EK het in jou ‘n
unieke Salwing deelagtig gemaak en daar is ‘n prys om te betaal vir hierdie
Salwing – want jy sien ander kan praat en EK hoor hulle maar jou unieke Salwing
is, jy praat en, as jy net maar sal glo, is daar niks wat jy nie sal vra wat EK
nie sal antwoord nie. (1 Sam 3:19). En jy sal die antwoord hoor.
EK praat met jou in jou slaap. EK vertel vir jou van hierdie groot Salwing wat
EK plaas in jou hande. En EK het keer-op-keer bewys in maniere wat geheim is –
selfs anderkant jou greep of begrip.
[MY kinders] wees dankbaar EK forseer jul nie om die kruis te dra wat EK [Elisheva]
forseer nie. EK salf julle hande selfs terwyl julle slaap. Sê MY Woord nie, “EK
salf jou hande vir oorlog” nie? (Jesaja 45:1, Psalm 89:20-23, 92:9-11).
Kosbare YDS – YAHUSHUA’s Demon Stompers – EK het julle monde gesalf. EK het
julle hande gesalf om oorlog te maak, om die vestings af te breek, om die prinse,
magte en owerhede te bind van hierdie wêreld (2 Korinthiers 10:4). Wanneer julle
net praat, is MY oor geneig tot julle, terwyl julle bid en julle leef in
heiligheid, terwyl julle die vyand en die versoekings beveg van hierdie wêreld.
Omdat julle gehoorsaam en julle lief is vir hierdie Bediening & MY Ringmaagd en
julle getrou intree vir hulle – hierdie Bediening – sowel as vir Kathrynyah en
Adam omdat hulle ‘n span is. Moenie julle posisie onderskat nie. Al die
vertalers wat die Heilige Vuur vat en dit omsit in ander tale moenie julle rang
onderskat nie. Maar hou aan almal van julle, om nederig te bly voor MY – want
elkeen van YAHUSHUA’s Demon Stompers, julle marsjeer in jul eie range. Julle hou
jul oë op julle Hemelse prys.
Jy is ‘n Heilige intersessor. En wanneer julle die ander sien val langs die kant,
diegene wat nie kan opweeg om MY Heilige Bruid genoem te word nie, haal julle oë
af van die gevallenes. Hou julle oë op diegene wat sterk gestaan het ongeag wat
gekom het, ongeag die vervolging, die versoeking. EK sê nie julle is volmaak nie;
almal van julle is ‘n werk in wording.
Julle sal weet wanneer julle daardie graad bereik want dit sal wees wanneer EK
vir [Elisheva] sê, “Kondig dit nou aan”. En EK sal ‘n teken stuur van die
Heilige Engele en hulle sal weer na jou toe kom [Elisheva]. Die tyd is nie ver
nie (Mattheus 25:6). As EK vir julle te vroeg sou sê en as EK vir julle ‘n datum
kon gee, sou julle die fout maak om net te leef vir daardie datum. Die werk sou
nie gedoen word nie. Die siele sou nie bereik word nie. Julle sou net aftel.
Hierdie is hoekom EK gesê het, “EK sal julle nie laat weet nie totdat dit tyd is
vir julle almal om huis toe te kom”.
Dankie Geliefde YAHUSHUA’s Demon Stompers. Dankie vir julle gebede. Terwyl julle
bid vir haar en die ander, so ook kom die seëninge oor julself. Terwyl julle
hierdie uur afstaan om te fokus op ander, is MY oë ewig op julle. Nie almal is
gekwalifiseerd om ‘n Heilige intersessor te wees nie. Diegene wat geval het –
dit is omdat hulle nie langer begeer om op te staan en hulle hand te hou aan
daardie ploeg nie. Treur nie, maar jubel eerder, want EK het julle nie alleen
gelaat nie. Julle is die betekenis van ‘n Heilige familie. Nie net in die goeie
tye nie, maar in die slegte tye deel julle mekaar se laste.
En aan al die onsigbares dieselfde seëninge gaan vir hulle. Ja die vyand val
erger aan, maar dit is omdat die belonings soveel groter is. Julle stoor nie
julle skatte hier op die aarde nie, maar dit is gestoor in die Hemel. (Mattheus
19:21). En [Elisheva], hulle sal staan langs jou sy saam met MY geliefde Adam en
Kathrynyah en al diegene wat ‘n seën was vir jou, al diegene wat ‘n seen was vir
hierdie Bediening en hulle offers opgeoffer het en gewillig was om vervolg te
word (Mattheus 5:11-12) om ‘n landbouer, ‘n tuinier te wees in die oesland van
Amightywind Bediening (Mattheus 13:35), (wat behoort aan die Aleph en die Tav en
die RUACH ha KODESH). EK vertel vir jou hierdie, hulle sal staan langs jou sy en
EK sal hulle bedank, persoonlik een vir een. En jul belonings alles sal mense
wees, vergader uit alle lande en nasies, wat in ‘n lang ry staan net wagtend om
julle te ontmoet en te sê dankie.
Die van julle wat julself verneder het en jul getuienis toegelaat het om geplaas
te word voor die wêreld, julle sal voorgestel word aan diegene wat se lewens
verander en gewysig was as gevolg van julle getuienis. Sê MY Woord nie, “Deur MY
Bloed en hulle getuienis ...” (Open 12:11) word mense se lewens gewysig en
verander – as hulle maar net kan glo EK ‘n beloner van goeie dinge vir diegene
wat aanhou om MY te volg.
So treur nie oor die gevallenes nie. Treur vir ‘n rukkie en besef – maar moenie
aanhou om te leef in hierdie droefheid nie – want EK moet wys en EK moet bewys
wie is waarlik die gehoorsame Bruid. Waarlik sê EK vir julle hierdie, die
Heiliges is Heiliger. Maar hulle betaal ‘n prys vir hierdie Heiligheid – net
soos diegene wat die pad stap van onheiligheid wat begin het op die regte pad
draend aan hulle kruis en dit toe neergegooi en gesê het, “ek gaan nie langer
hierdie kruis dra nie. Ek gaan nie langer die rigting volg gegee uit die Hemel
nie. Ek gaan nou voort op my eie. Wat YAHUSHUA ha MASHIACH vra is te moeilik.”
(Lukas 14:25-27).
Maar julle sien EK sal ‘n ander een stuur langs die pad. En hulle sal daardie
kruis sien wat verlaat en neergelê was: die roeping en die werk wat EK georden
het. Hulle sal dit optel en hulle sal daardie kruis dra (Markus 8:34). Hulle sal
gewillig wees om vervolging en bespotting te ly. Hulle sal gewillig wees om
hulle tyd en hulle finansies op te offer. Hulle sal bereid wees om op te offer
wat dit ookal is wat EK van hulle eis om op te offer. En die Salwing vir ‘n taak
wat neergegooi en verlaat was, sal EK net meer salf. En ja, EK sal meer eis maar
eendag in die Hemel, MY Geliefde Skatte, sal julle sien dit is dit alles werd
wanneer EK julle persoonlik bedank in julle gesig.
So, EK sê “welgedaan” aan diegene wat MY getroue, gehoorsame Bruid is. EK sê “Welgedaan,
maar moet nooit julself toelaat om in trots in te gaan nie”. Want EK weet baie
goed hoe om elkeen van julle te verneder so hou julle oë op MY en hou aan om te
groei in die Salwing wat EK vir hierdie Bediening gegee het.”
[Einde van Deel 1 van hierdie woord. Hou aan lees vir Deel 2. Moenie Elisheva se
gebed oorslaan nie. ]
Elisheva: Dank U, dank U, dank U, dank U. Dank U YAHUSHUA, dank U ABBA YAHUVEH,
dank U Geliefde IMMAYAH ons MAMMA RUACH ha KODESH, ons MAMMA WYSHEID, ons MAMMA
HEERLIKHEID, ons MAMMA SHKHINYAH.
Dank U, dank U, dank U, dank U, dank U, dank U. Seën al die getroues regoor die
wêreld. Seën diegene wie se name ons nie ken nie. Seën diegene wie se name ons
ken.
Dank U, dank U, dank U, dank U [vir] die werk in hierdie oesland wat U die
Bediening noem.
Dank U, dank U, dank U dat hulle ons name oplig en dank U, dank U, dank U dat
die seën terugkom op hulle.
Dank U ABBA YAHUVEH, ons oë is af van die gevallenes nou. Ons treur net maar vir
‘n rukkie. Ons sal ons oë gefokus hou op diegene wat daarna strewe om U te
gehoorsaam ABBA YAH.
(Elisheva begin weer bid in Heillige Tale).
Ons aanbid U. Ons aanbid U. Watter prys U ookal eis, ons tel ons kruis op en ons
volg U. (Markus 8:34). Ons is, in geloof, waterlopers deur u Naam YAHUSHUA ons
Geliefde MASHIACH.
Ons dank U dat U ons groter Salf. Ons dank U vir die Salwing in ons hande. Ons
dank U ABBA YAHUVEH, ons Loof U ABBA YAHUVEH vir alles wat U gedoen het en alles
wat U gaan doen.
Vir die getroues wat U waarlik gehoorsaam ABBA YAHUVEH, dank ons U. U eise kan
swaar wees vir hierdie sterflinge se vlees maar dit is dit alles werd. Elkeen
betaal ‘n verskillende prys, diegene wat U volg en U aanbid en U eerste stel in
hul lewe en hul liefde, diegene wat strewe om te wees soos ‘n Henog om behaaglik
te wees vir U op alle maniere. Hebreërs 11:5).
Dank U geliefde YAHUSHUA MASHIACH, dank U kosbare RUACH ha KODESH ons IMMAYAH.
Wat ons nie kan doen deur die vlees nie, kan ons doen deur die Naam en die Bloed
en die Gees binne-in ons alles net as gevolg van U liefde –alles net as gevolg
van U Bloed waarin ons gewas word voortdurend 24 uur per dag, alles net as
gevolg van die Efesiërs 6 wapenrusting wat nooit, ooit afkom nie.
O Geliefde YAHUSHUA, ons aanbid U. Dank U vir die getroues wat staan aan die
kant van die Waarheid. Hierdie Bediening wat U my gebruik het om te baar op
hierdie aarde, deur hierdie internet is ongewoon. En net diegene wat geestelike
vleis wil eet sal hierdie Waarhede ontvang. En wat ’n prys moet ek betaal, maar
YAHUSHUA vergewe my as ek nie sê dit is dit werd elke minuut van die dag nie.
Die leuens, die kwaadsprekers, die vyande wat verrys, diegene wat my eerder sal
doodmaak net om my stil te maak, diegene vol jaloesie en hebsug, diegene wat sê,
“Omdat ek nie hierdie GOD kan hoor van my verlossing soos jy doen nie [Elisheva],
dan gooi ek net hierdie woorde terug na jou toe want ek kan nie Heilig wandel
nie, want my hande is deurweek in sonde, want ek swig voor die versoeking. Wie
is jy om te sê dat jy nie kan nie?
So ek haat ek jou met ‘n haat want jy wys hoe smerig ek regtig is. Ek haat jou
met ‘n haat – en ek vervloek jou daagliks – waar ek jou eenmaal ‘n vriend genoem
het want jy het vir my die pad gewys na Heiligheid en jy het vir my die pad
gewys na Waarheid. Maar ek haat jou nou, jou Ringmaagd, want jy wys vir my ‘n
Lig uit die Hemel. Jy lei my na ‘n nuwe verhouding met YAHUSHUA MASHIACH. Maar
omdat ek die duisternis verkies – omdat die lig my oë verblind – haat ek jou.
Los my uit en laat my leef in duisternis (1 Johannes 3:19). Los my uit
Amightywind Bediening. My sondes wil ek nie sien nie. Los my uit. Ja, ek het
begin op die regte pad. Ja, ek het probeer om sonde te versaak. Ja, ek het
probeer om te lewe vir hierdie YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar dit is te moeilik om
HOM te volg. Los my uit. Ek wil my sonde hê. Ek brandmerk jou ‘n leuenaar. Jy
kan nie ‘n Profeet wees nie want ek is nie een nie. Jy kan nie Heilig wees nie.
Hoe kon hierdie God leef binne-in? Ek brandmerk jou as ‘n leuenaar, anders sal
ek moet erken ek is die leuenaar. Ek wys my vinger en sê, ‘jy moet ‘n sondaar
wees, jy moet net so smerig wees soos ek’. Ek probeer jou oordeel volgens my eie
standaarde en ek gee nie om wat jou God sê nie.
So los my uit, Amightywind Bediening. Ek wil nie hoor ek is ongelyk gejuk nie.
In plaas daarvan gaan ek jou Bediening brandmerk as ‘n bose grap. Ek gaan nie
bekommerd wees om voor YAHUVEH te staan nie want HY is algehele genade en
algehele liefde. Weg van my Amightywind Bediening ek wil nie hoor dat ek in
Heiligheid moet lewe nie. Ek haat jou [Elisheva]. Ek vervloek jou naam elke dag
meer. Ek vergader met die vyand elke dag wat saamsweer om jou lewe dood te maak.
O maar ek noem steeds myself ‘n Christen. Wie kan sê ek is nie? Want ek weet wie
Jesus Christus is. Ek ken die prys wat HY betaal het by Golgota. En sien, dit is
al wat dit verg. Dit maak nie saak of ek Heilig is nie. Dit maak nie saak as ek
leef om te sondig nie. Dit maak nie saak dat ek jou en al die waarhede in
hierdie Bediening bestraf nie, ek behoort nogsteeds aan HOM.
So, weg van my Amightywind Bediening, ek wil geen deel hê aan jou salwing meer
nie. Ek het my hand aan die ploeg geslaan en ek het dit probeer, maar ek wil
geen deel meer hê hieraan nie. Waar ek jou eens omhels het as ‘n vriend, ek jou
omhels het as familie, ek selfs jou Bediening ondersteun het – ongeag hoe hard
jy geskree het en sê, ‘hierdie Bediening behoort nie aan my nie maar dit behoort
aan die Hemel’, het ek geglimlag en ek het gesê, ‘dit is steeds jou Bediening’.
En ek het selfs saad geplant finansieel. Ek het gereken ek mag dalk ‘n paar
seëninge koop as ek gaaf was met jou. Maar niks meer nie, niks meer nie, dit is
dit net nie werd nie.
Ek sien hoe die ander rondom my geseënd is en ek word kwaad en ek bal my vuis.
Ek sien hoe die getroues, die heiliges, die gehoorsames, die berouvolles wat die
pad stap van Heiligheid jou omhels en ek is jaloers vir daardie liefde. Ek is
jaloers want ek het nie wat jy het nie. En ek haat jou en ek haat wat hierdie
Bediening voortspreek, want dit het die lig daarvan geskyn op my duisternis. En
ek wil net wegkruip – wetende ek is nie deel van YAHUSHUA se Bruid is nie want
die vereistes is veels te hoog. En diep binne-in my siel weet ek deur die Groot
Verdrukking sal ek gaan en die prys sal ek moet betaal, want ek weier om te
luister na jou hierdie dag.
So binne-in my hart, weet ek die Waarheid kom voort – maar ek wil geen deel hê
aan daardie waarheid nie want ek kan nie die pad wandel wat jy doen nie, die pad
wat YAHUSHUA wil hê ek moet neem nie. Ek sou te veel moes prysgee. Ek sou moet
erken ek is verkeerd en jy is reg en die GOD van Verlossing spreek waarlik voort
uit jou mond. Ek wil hierdie nie erken nie, want as ek doen – en ek hou op om
jou te haat – want as ek doen, is ek klaar. Ek sou nie kon verdra om meer na
myself te kyk in die spieël nie – om te erken dat jy ryk is in geloof en ek is
arm.
So sal ek aanhou om jou te haat. Ek sal voortgaan om hierdie Ringmaagd te
vervloek. Ek sal voortgaan om almal te vervloek wat die Waarheid volg, want ek
verkies om te leef in my leuen tot die dag wat ek sterf.
So los my uit, jou Ringmaagd. Los my uit, YAHUSHUA. Ek verkies om aan U te dink
as net ‘n God van liefde – nie as die EEN wie daardie vyeboom vervloek het wat
nie vrugte geproduseer het vir U nie. Los my uit en laat my ore doof bly. Los my
uit en laat my oë blind bly. Los my uit en laat ek vervloek en beswadder en lieg
en jou einste naam [Elisheva Eliyahu] belaster ek [praat skadelike onwaarhede en
beswadder]. En ek bly by jou vyande en ek veg [teen jou] saam met hulle want ten
minste aanvaar hulle my vir wie ek is.
So los my uit Amightywind Bediening, nie langer wil ek my sonde sien nie. Ek
verkies om die Bybel te glo op die manier wat ek glo. Ek weet in my hart ek sal
eendag die prys moet betaal, maar dit is dit werd hierdie dag. Want ek kan nog
nie die Hemel sien nie. Ek kan nie uit die Hemel hoor soos jy doen nie en
hierdie wêreld rondom my is al wat ek het. So dit is so maklik [Elisheva] om jou
te haat (Psalm 37:32). Ek het nog nie die woorde gehoor ‘gaan weg van MY jou
werker van ongeregtigheid, EK het jou nooit geken nie’ (Mattheus 7:23). En ek
weier om te glo YAHUSHUA sou dit vir my sê. Ek hou nie eens van die Naam wat jy
HOM noem nie. Ek noem HOM Jesus Christus want as ek moet erken aan daardie
Hebreeuse Naam sal ek moet erken tot my algehele skande.
Jy het vir my geestelike vleis gevoer (1 Korinthiërs 10:3), wel nou spoeg ek dit
terug in jou gesig, want dit is maklik om die melk te drink (1 Petrus 2:2,
Hebreërs 5:12), maar so moeilik om daardie geestelike vleis in te sluk. Gee my
net die melk om te drink, ek kan dit glo. Gee my die God wat net sê, EK is pure
liefde, dat ‘EK is genade’. Moet my nie leer van hierdie YAHUVEH van oordeel nie
en dieselfde een wat my seën is dieselfde een wat my vervloek nie. Los my net
Amightywind Bediening. Moenie meer na my huis toe kom nie. Moenie met my
eggenoot of my familie of my vriende praat nie, anders sal hulle my op die ou
end verlaat en die regte sondaar wys wat opgesluit is binne-in. En dan sal hulle
my verag en hulle sal my vervloek as hulle uitvind dat jy die waarheid vertel
het en ek het gelieg. En wat sal dan my einde wees? ‘n Lewe van eensaamheid is
al wat ek sal sien”.
[Elisheva se Tale verander en Deel 2 van die Woord gaan voort]
Nou [Elisheva], EK weet jy het gewonder wat in die wêreld, het EK nou net gedoen.
EK het vir jou ‘n nuwe Salwing gegee, MY Geliefde Een. Nou hoor jy die woorde
van jou vyande. En EK spreek hulle voort – waart hulle sal weet dat EK jou
vertel selfs wat hulle sê. Nie net dit nie, terwyl ander na hierdie woorde
luister gaan hulle besef hoekom die vyande hierdie leuens vertel.
So [Elisheva], is dit die prys werd om vervolg te word terwille van MY Naam?
Want nou het jy nie net die Woorde uit die Hemel gehoor nie, nou ken jy die
woorde wat opgesluit is in jou vyande se harte en siele – diegene wat jy eens
jou vriende, jou familie genoem het, diegene wat jy eens dogter en seun genoem
het. Niks is verborge nie MY dogter, want nou hierdie dag het EK vir jou ‘n nuwe
Salwing gegee.
Diegene wat MY waarlik volg en aanbid, diegene wie se name geskryf is in die LAM
se Boek van Lewe sal sê, “Ek wil die waarheid volg wat die pad verlig. Ek is
vasbeslote om YAHUSHUA ha MASHIACH te volg. Ek is vasbeslote om nie terug te kyk
nie. Ek sal nie soos ‘n Lot se vrou wees nie (Gen 19:15-26).” Hierdie wêreld is
vol van Lot se vroue. Die kerke loop oor van hulle, maar [Elisheva], hulle sal
kom en hulle sal gaan. Maar op die einde sal EK die gees openbaar binne-in hulle.
En nou sal hierdie Profetiese boodskap weer vertaal word in ander tale. Sommige
sal huil en hul gesigte verberg in skaamte en weer bekeer tot MY en jou laat
weet die gees binne-in hulle het EK gewys. En hulle sal alles doen wat hulle kan
om te bewys “ek is in hierdie Bediening saam met jou, ek sal hierdie Waarhede
voort preek”.
En aan diegene wat dit gedoen het, EK sal hulle vergewe en EK sal hulle hand
weer salf om aan die ploeg te slaan – as hulle maar net sal erken, “ek het
gesondig nou” en besef EK IS geen aannemer van persone nie (Hand 10:34). EK
beloon wel diegene wat ywerig soek na MY.
EK is die ALEPH en die TAV. Hou aan om dit te proklameer aan almal – want daar
is geen MASHIACH, daar is geen HERE, daar is geen VERLOSSER buiten (behalwe) EK,
YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Enig verwekte SEUN van YAHUVEH, en daar is geen
weg by die Hemel se poorte behalwe deur MY Bloed en MY Naam nie.
So hou aan om dit voort te spreek, Amightywind Bediening. O Heilige Bruid, kom
sluit aan by hul sy en word een. Diegene wat lees van ver af stel julself nie
eens voor aan diegene wat arbei in hierdie Bediening nie, maar nou is die tyd op
uit te kom. Laat hulle weet julle was daar nog al die tyd, sodat hulle nie
alleen voel nie.
‘n Spesiale seën op elkeen wat EK beslis het uit die Hemel – wanneer julle die
Heilige Profesieë lees en julle skryf en julle sê, “Ek ontvang hulle” – ‘n seën
het julle wat wag op maniere wat julle nie verstaan nie, net deur hierdie
bemoediging vir hulle te gee.
Hierdie is die seën wat EK vir jou het hierdie dag [Elisheva] terwyl jy wakker
word onwetend - MY lief- EK sou weereens voortspreek. Maar skryf hierdie neer en
neem dit op want jy het gehoor uit die Hemel.
So terwyl EK vir jou ‘n woord van bestraffing gee vir ‘n ander een en jy treur.
En jy rou terwyl jy nog’n gevallene sien. Haal jou oë van hulle af, en sit jou
oë op diegene wat sterk staan. En alhoewel hulle deur die vyand platgeslaan word
by tye, roep hulle MY Naam aan en deur MY Bloed rig EK hulle weer op.
Hierdies is diegene wat veg vir die Waarhede wat EK vrystel deur hierdie
Bediening – want wat hierdie Bediening verkondig is slegs dit wat EK opgeteken
het lank gelede, opgesluit in MY Heilige Woord, opgesluit in die Boeke van Ouds.
Hierdies is diegene wat jou omhels en jou liefhet want hulle weet EK is binne-in
jou, want hulle weet EK spreek voort uit jou, want hulle bemerk die RUACH ha
KODESH binne-in jou.
EK spreek nie net tot jou nou nie, maar EK spreek met elkeen wat bedien aan jou
sy. O hoe groot, hoe groot, hoe groot, hoe groot sal julle seëninge wees. Hou
net aan, hou aan om MY te volg. En dieselfde belonings wat EK opgeberg het vir
MY Ringmaagd en die ganse getroue Bruid met julle eie oë sal julle ook sien –
die belonings aan diegene wat MY volg en getrou is aan MY. Julle YAHUSHUA, julle
MASHIACH sal julle nooit begewe of verlaat nie. So, haal julle oë af van die
gevallenes en hou julle oë op diegene wat MY volg in gehoorsaamheid en in
lojaliteit en in opregtheid hulle het MY waarlik lief.
[Einde van Woord]
Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH
10 Julie 2009
Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.
* * * * * * *
Droom 9 Julie 2009
Uitnodiging na die Hemel se Partytjie
Ons was vergader in ‘n vertrek en ek (Elisheva) was in ‘n rooi stoel, daar was
nie baie van ons nie net miskien ‘n handvol van ons en daar sou ‘n groot
partytjie wees, ‘n groot feesviering en almal was baie opgewonde. Al die mense
in die vertrek het geweet dat hulle sou gaan behalwe vir een man en hy was
hartseer. Die een man het gesê, “ek sal nie gaan nie. Ek moet hier bly en werk.
Ek is nie waardig om na hierdie partytjie toe te gaan nie. Ek wag vir my
volgende oproep.” Ek was die een wat vir die ander in die vertrek gesê het dat
hulle na die partytjie toe gaan. Ek het na hierdie man gekyk en gesê, “Maar jy
gaan partytjie toe. Jy is genooi,” en hy het weer gesê, “Nee ek is nie waardig
om te gaan nie.” Die res van die mense het gesê, “Bewys dit, bewys dit Elisheva
dat hy na die partytjie toe kom. Slaan jou hande saam en klap 3 maal.”
My hande het op die armleunings van die stoel gerus en ek het gesê, “Julle weet
ek wil dit nie doen nie,” maar die mense het aangehou om vir my te sê om my
hande 3 maal te klap en hulle het gesê, “YAHUSHUA wil hê jy moet dit doen.” Ek
het gesê, “Die Salwing is so sterk.” Toe het ek gekyk na die hartseer gesig van
hierdie een man en hy het begin hoop kry in sy oë dat ek my hande 3 maal sou
klap. So, ek vat toe my hande en ek het my palms bymekaar gesit. Ek het YAHUSHUA
toe hoor sê vir my, “Klap jou hande 3 maal.” So ek klap toe my hande 3 maal baie
vinnig en die een man het uitgebreek in ‘n breë glimlag en almal het gejuig en
YAHUSHUA geloof want ons almal het toe geweet ons gaan vertrek vir die partytjie
en ons gaan hierdie een man nie agterlaat nie.
Profesie 151 YAHUSHUA Sê, “EK IS MESSIAS! Bekeer & Leef HEILIG! MOENIE VREES NIE! Vertrou MY!"
Vroeër op die dag wat hierdie Woord eerste gegee was, het ‘n ander suster in
YAHUSHUA ‘n visioen gehad gedurende gebed: Sy het YAH se kinders gesien soos
klein kuikentjies wat hulp nodig het en YAHUSHUA vat SY Hande, lei ons asof ons
klein kuikentjies was.
Toe Profeet Elisheva hierdie ontvang het op die 30ste September, was hierdie
datum vir 2009 deur die bediening gehou as die Heiligste dag van die jaar, Yom
Kippur (In die tyd toe AmightyWind die eerste Lig sweempie van die nuwe maan
gebruik het om die Bybelse datums te bepaal. YAH het gesê dat beide hierdie en
ook die algemeen gebruikte moderne Hebreeuse kalender aanvaarbaar is vir HOM,
maar die moderne een word meer erken deur die Joodse mense reg oor die wêreld,
so tans, gebruik ons dit en fokus nie meer op die besigtiging van die maan nie.)
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
– met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD se GEES uiting gee
(Handelinge 2:3-4) in hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Sy spreek voort in
tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)
Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:
Soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Loof YAH,” YAH is
GOD se HEILIGE , GEWYDE NAAM: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER, YAHUSHUA GOD SE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die
Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID —as die Persoonlike Naam van die RUACH HA
KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) —is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH “MOEDER YAH” In Hebreeus
is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY” dit is so gereflekteer in die
Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD is
in hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth Elisheva, om nie hierdie Bediening na
‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK
dit in jou gees geplaas.Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het. “EK IS YAHVEH, Dit is MY NAAM; En MY EER sal EK aan geen ander gee, Of Ook
MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel voeg hierdie by om diegene wat spot te
waarsku:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
*******
MOENIE Vrees nie!
Hierdie was opgeneem via audio. Hier is die oorskrywing.
Elisheva se inleiding: Ek Sal NIE Vrees nie!
Shalom! Ek is Apostel Profeet Elisheva Eliyahu, die leier van die Bediening van
Aleph & Tav AmightyWind RUACH HA KODESH Fire Last Chance Bediening.
Hierdie is ‘n Internasionale Bediening en op 4 April, 2020 sal hierdie Bediening
aanlyn wees vir 26 jaar, delende die Profesieë en dan by te voeg “Bewys agter
die Profesieë” lerings, openbarings en net om die Evangelie te deel van YAHUSHUA
HA MASHIACH, beide die Ou Bloed Verbond en die Nuwe Bloed Verbond.
En die Ou Bloed Verbond is die geskiedenis— die heenwysing na dit wat moes kom:
Die Nuwe Bloed Verbond, YAHUSHUA HA MASHIACH.
En ek gaan dit een keer sê want baie van julle ken net die Naam van “Jesus
Christus”: In Hebreeus is SY Naam YAHUSHUA en dit beteken “YAH red”. King James
Bybel Weergawe — julle kan dit vir julself opkyk— dit sê die Naam YAH (bv.
Jesaiah 26:4). [En GOD DIE VADER is die Hebreeuse letters] YUD-HEY-VAV-HEY יהוה
en wanneer ek dit voortspreek, kom dit uit as YAHUVEH.
Hierdie is ‘n baie spesiale Profesie op hierdie oomblik op hierdie 27 Maart 2020
want daar is ‘n COVID -19, die Wuhan virus, wat verskrik, verlam, paniek en
vrees uitstuur; net soos die duiwel wil doen regoor die wêreld.
Dit word georkestreer deur diegene wat die hele wêreld wil beheer en bewys dat
hulle dit kan doen, die ekonomie stop, veroorsaak dat mense bang is om aan
mekaar te raak. Daar was nog nooit ‘n tyd soos hierdie op hierdie oomblik nie.
En hierdie Profesie is baie — dit gaan diegene baie help wat dit sal ontvang.
Dit was eers aan my gegee op 30 September 2009. Dit was Yom Kippur en dit was in
die laaste ure en Yom Kippur is die Dag van Versoening. (En hierdie is ‘n
Hebreeuse Wortel Messiaanse Joodse Bediening en daarom vier en eer ons al die
Joodse Feeste, wat almal moet [eer] (Lev. 23) — hulle behoort selfs nie eens
“Joodse” feeste genoem te word nie.)
Dit is die tyd wat mense (op Yom Kippur) wat werklik vir ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA
HA MASHIACH aanbid, hulself ondersoek en om vergifnis vra vir elke sonde wat
hulle ooit gedoen het — maar daar behoort nie regtig enige sonde daar te wees
nie (1 Joh. 1:7) want daardie [bekering] moes elke dag gedoen gewees het.
Wel op hierdie 27 Maart 2020 is daar net een genesing teen hierdie virus, en dit
is die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Dit is ‘n feit dat jy sal sê:
“Ek sal nie vrees nie. Want YAHUVEH het my nie die gees van vreesagtigheid gegee
nie, maar van krag en liefde, en selfbeheersing (2 Tim. 1:7) Vrees is ‘n
teistering!
Ja, maak seker dat julle die voorrade het—want diegene wat in beheer is van
hierdie wêreld sal seker maak dat die rakke leeg sal wees, sal seker maak dat
julle vrees om nie genoeg kos en die lewensmiddele te hê nie—maar moenie die
vrees ontvang nie!
Kry net die voorrade en glo in geloof dat daar niks sterker is as die Naam & die
Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH nie en wees ‘n water-loper met jou geloof!
YAHUSHUA het op die water geloop!
Ek sê nie vir julle om letterlik uit te gaan en op water te loop nie. [lag] Nee.
Jy sal sink! En ek sê nie vir jou dat jy na ‘n berg toe kan wys en dat dit
letterlik sal opspring en in die see sal spring nie, maar HY het probeer sê, met
YAHUVEH & YAHUSHUA is alle dinge moontlik as julle kan glo (Mark. 9:23)!
So terwyl ek hierdie doen en dit spreek onder ‘n nuwe Salwing, ‘n sterker
Salwing van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH, onder die Salwing van die RUACH HA
KODESH, die HEILIGE GEES — onthou, bewys agter die Profesieë!
Moenie net glo dat enige iemand ‘n Profeet is nie. Hulle kan die nuus vat en ewe
skielik is hulle ‘n “profeet.” Vind uit waar is die bewys agter die profesieë!
Ek kan dit op hierdie oomblik bewys vir die jaar... net soos ek gesê het vir
2020, want in 2009 het hierdie dinge nie gebeur nie, maar hierdie is sodat jy ‘n
geloof water-loper sal wees en hierdie was oorspronklik Profesie 116 en ons is
nou... wel, teen die tyd wat ons hierdie [geplaas] kry sal dit ver oor die 150
Profesieë aanlyn wees — maar ek het duisende–der-duisende Profesieë geprofeteer
gedurende hierdie tyd.
2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die boodskappers van YAHUVEH uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Jy wil nooit ‘n vyand wees van die HEMELSE VADER YAHUVEH nie (Deut. 32:39-42) Jy
wil nooit aan die verkeerde kant wees nie.
Bekeer gou-gou. En daar is net een manier om by die Hemel uit te kom en dit is
deur die Naam & en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh. 14:6; Hand. 4:12)
Doen hierdie gou en bid vir hierdie soort geloof wat in hierdie Woord is.
Want hierdie Woord is anders as al die ander. Want YAH skud hierdie wêreld op
hierdie oomblik en selfs die moordenaars wat hierdie virus vervaardig het.
YAH het dit toegelaat om mense te kry om weereens wysheid te kry! Om die SKEPPER
te vrees (Spr. 9:10)! Dit is die enigste EEN wat ons nodig het om te vrees
(Lukas 12:4-5).
Ongeag wat hulle doen—hulle kan die liggaam doodmaak, maar hulle kan nie die
siel doodmaak nie, en die begin van wysheid is die vrees vir YAH.
Profesie 151 Begin
Die nuwe Woord wat voortgekom het—julle moenie fokus van hierdie verloor nie.
En hierdie Woord is anders as die ander. Want EK het dit reeds bewys, terwyl EK
die aarde skud in MY toorn op hierdie dag van oordeel!
Maak gereed om te sien EK, YAHUVEH slaan die dominoes plat! Maak gereed om die
dominoes te sien val!
Onthou Psalm 91—al sien julle 10,000 val aan julle sy en 10 000 aan die ander
kant—dit sal lyk of hulle reg rondom julle val. Want dit is EK, YAHUVEH, wat
hulle sal platslaan.
EK SKUD hierdie wêreld in MY toorn, maar diegene wat MYNE is, MY kleintjies,
julle hoef MY nie te vrees nie. Want julle is in die Palm van MY Hand en MY
ander Hand bedek julle liefdevol.
Julle is soos ‘n babakuikentjie en EK sê dit nou vir julle sodat julle vere nie
deurmekaar raak nie. Want julle gaan sien wat julle liewer nie wil sien nie, en
julle gaan hoor wat julle liewer nie wil hoor nie maar moenie dat vrees julle
oorweldig nie.
Onthou waar julle geloof is.
Stel julle geloof nie in die ekonomie nie, nie in die finansies nie, nie in
julle beroep nie, waar julle in diens is of watter besigheid julle besit nie.
Stel julle geloof NET in MY, ABBA YAHUVEH en MY ENIG VERWEKTE SEUN YAHUSHUA
julle MASHIACH, julle MESSIAS en die KOSBARE RUACH ha KODESH, HEILIGE GEES.
Hou julle geloof en julle oë op die beloftes wat EK vir julle gegee het. Wees
geloof water-lopers! Petrus sou nie geweet het dat hy op die water kon loop as
hy nie uit die skuit geklim het en daardie eerste tree gegee het nie, geloop het
na YAHUSHUA HA MASHIACH toe.
Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy begin verdrink het, maar toe sy oë
YAHUSHUA weereens aanskou, het hy ‘n water-loper geword en het gekyk na YAHUSHUA
HA MASHIACH—en julle kyk na HOM—en hy het nie verdrink nie—en julle sal nie
verdrink in die komende storms nie!
Petrus kon weereens op die water loop toe YAHUSHUA vir hom gesê het “Kom.” Dit
is wat EK van julle vra. Julle moet geloof water-lopers wees. Want die dinge wat
julle in hierdie wêreld gaan sien, veral in 2010 begin, sal baie harte laat
beswyk van vrees.
Stel julle geloof nie in enige regering van hierdie wêreld nie. Stel julle
geloof nie in enige politikus nie. Want hulle motiewe is hul eie.
Hierdie is die Woorde wat EK vir julle te sê het.
Want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou nie. EK weier om
verskoning te vra vir Sodom en Gomorra! Julle lande wat aanhou om sonde te
wettig, KYK wat EK aan julle doen.
Diegene wat julself “Christene” noem en [tog] stilbly, moenie by MY kom kla
wanneer julle geen vryhede meer het nie. Want julle het stilgebly. Julle laat
die min protesteer. Julle laat die ander voortspreek.
Neem julle notisie dat die vyande nie stil is nie? Neem julle notisie dat
diegene wat sonde bevorder nie stil is nie? Hulle skree in harde stemme selfs
toe hulle in die minderheid was — satan se diensknegte is nie stil nie.
Hoekom is YAHUSHUA HA MASHIACH se diensknegte stil? Hoekom is MY kinders stil?
En wanneer EK praat van die diensknegte, praat EK nie met julle asof julle ‘n
dienskneg is [soos] in die woord wat algemeen gebruik word nie. EK praat met
diegene wie YAHUSHUA HA MASHIACH dien, wat ‘n seën is vir HOM.
Hoe min spreek uit! Hoe min verdedig alles wat Heilig is!
Onthou oordeel begin by die Huis van die HERE, 1 Petrus 4:17.
Hoekom protesteer al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? In elke land hoekom
protesteer die kerke nie teen hierdie gruwels van wette wat uitgevaardig was
nie?!
Hulle trek net hulle skouers op. Hulle bemoei hulle net met hul eie sake!
So, moenie verbaas wees, o georganiseerde kerke, wanneer die regering agter
julle aankom en julle vryheid om te preek wegneem en ‘n bankteruggeneemde
kennisgewing op julle kerke hang nie.
O moenie verbaas wees wanneer julle land afgeneem word nie. O moenie verbaas
wees nie, julle wat so selfvoldaan is met al julle miljoene. EK praat met die
welgesteldes nou. Julle stel julle geloof in julle finansies. O moenie verbaas
wees wanneer dit alles maar net verbrokkelende stof en as in julle hande is nie.
(Mat. 19:24, Luk. 16:19-31; Jak. 5:1-6).
EK sal julle wys. EK sal hierdie wêreld wys!
Baie sal begin om die boodskap te kry wat in 2010 begin, maar EK waarsku julle
nou, kinders, sodat julle nie kan sê ABBA YAH, julle VADER YAH, het julle nie
gewaarsku nie. EK berei julle nou voor, sodat julle nie geskok sal wees nie, en
EK julle nou kan gerusstel.
Want julle ABBA wil nie hê julle harte moet ontsteld wees nie. Want EK is lief
vir julle. Net soos in die dae van ouds, het EK wonderwerke voorsien, en niks
het verander nie.
So hou styfvas aan die soom van YAHUSHUA HA MASHIACH se kleed. Hou aan om gewas
te wees in SY Gestorte Bloed! Staan in die klere van SY geregtigheid en EK
verseker julle, al julle gebede word verhoor vanuit die Hemel bo.
Wandel in Heiligheid sodat satan julle nie kan aankla nie. Wandel in Heiligheid
sodat julle nie enige skande bring vir die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE
ENIGSTE BLOED VERSOENING VIR SONDE nie. (Rom. 3:25).
MY Ore is op ‘n spesiale manier oop gewees.
Weereens, Elisheva Eliyahu, het jy hierdie gespreek toe jy gebid het. Dit is
asof jy ‘n speld kon hoor val terwyl EK hierdie Woord tot jou spreek.
Want hierdie was ‘n spesiale dag. Vir almal wie die Yom Kippur waarneem.
Terwyl EK julle sien bekeer het van enige iets wat MY nie behaag nie, terwyl
elke versoek van julle gebede na MY toe gebring was, terselfdertyd, het MY woede
die aarde geskud—net soos in die tye van ouds met Moses, was die kinders van
Israel beskerm en diegene wat ‘n ander skepper aanbid het, was nie.
Niks het verander nie. EK sal diegene seën wat ‘n seën is vir MY, YAHUVEH, vir
MY ENIG VERWEKTE SEUN, DIE MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH,
HEILIGE GEES. EK sal diegene vervloek wie ‘n vloek is vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA
HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH.
En so het EK gespreek hierdie dag, julle HEMELSE VADER, DIE ABBA YAHUVEH.
Einde van Profesie
So is dit gespreek, so is dit geskryf, 29 September 2009
Opnuut gespreek onder ‘n Nuwe Salwing
Op 27 Maart 2020, ‘n Kind, Vegter, Bruid
Van YAHUSHUA HA MASHIACH
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Om Op Water te Loop!
Matteus 14:28-31—dit is hoekom julle moet leer om geloof-water-lopers te wees.
En Petrus het HOM geantwoord: “MEESTER YAHUSHUA, as dit U is wat my beveel om op
die water na U toe te kom...” en YAHUSHUA het gesê, “Kom” en HY het vir Petrus
gesê, “Klim uit die skuit” en kom, loop op die water saam met YAHUSHUA.
En HY het vir Petrus gesê, “Kom” dus het Petrus uit die skuit geklim en op die
water geloop, en hy het begin loop na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, maar toe hy die
wind sien, en terwyl die golwe begin rol het en hulle so hoog geword het en die
storm gekom het, was hy bang; en het hy begin sink. Hy het begin verdrink en hy
het uitgeroep, “YAHUSHUA red my!”
En YAHUSHUA het dadelik SY Hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: “O
Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?”
Julle sien, dit is wat met ons gebeur. Dit is wat regoor die wêreld gebeur met
diegene wat nie op hierdie oomblik die geloof het om water-lopers te wees nie.
Julle kyk na die COVID-19 virus—en ek sê vir julle hierdie sal nie die laaste
wees nie. Hierdie is ‘n oefening nou op hierdie oomblik. Die heersers van
hierdie aarde, en hulle weet wie hulle is, hulle lag vir julle.
Hierdie is ‘n mensgemaakte virus. Dit was oorspronklik geskep deur A.I.
Artificial Intelligence het vir die wetenskaplikes gegee wat om bymekaar te sit
om te sien of hulle die hele wêreld kan stop—en hulle in ‘n paniek kan dompel.
Julle eie—daar’s nie een regering sonder enige uitsondering; daar’s nie een
leier sonder enige uitsondering wat nie weet wat aangaan nie.
En die onskuldige skape en lammers was in verskrikking ingestuur en nou was
hulle vertel, “Bly by die huis.” Hulle was opgesluit in hulle huise. Nie almal
het die luuksheid om ‘n krediet kaart te hê nie en as jy nie aanlyn kan koop
nie, dan hoe min het genoeg voorraad.
Ek het geprofeteer vir baie jare nou, dieselfde boodskap gegee wat ABBA YAH &
YAHUSHUA aanhoudend vir my gesê het om voort te spreek: Kry jou vlugsak gereed.
Maak seker jy het genoeg voorraad in die huis. Want jy sal nooit weet of jy
sonder werk sal wees of as iets gebeur en jy nodig het om daardie ekstra
voorraad te hê nie.
Maar hoeveel het die luuksheid om ‘n kredietkaart te hê nou op hierdie oomblik?
Hoeveel reg oor hierdie wêreld word nou beveel om by die huis te bly en hulle is
nie toegelaat om ‘n werk te hê nie? En hulle het hulle besighede toegemaak en
hulle ly honger?
Wel jy ly nie honger as jy glo wat Dawid gesê het nie “nooit het ek die
regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25) Hulle
het nie honger gely nie, met die kinders van Israel in die woestyn.
Julle moet glo. Julle moet geloof hê dat as julle waarlik aanbid en julle gevra
het dat julle sondes vergewe word deur YAHUSHUA HA MASHIACH en julle leef Heilig
voor HOM—staan op Psalm 91!
Eis dit deur die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, en jy sal nie
hongerly nie. HY kan kos laat verskyn. HY is GOD WIE sê, “Alles is moontlik [as
julle glo]” en ‘sonder geloof is dit onmoontlik om HOM te behaag.’
Gehoorsaam die wette, bly in julle huise, maar weet net dit: Stel julle geloof
in YAHUSHUA. Roep uit na HOM!
Vir diegene wat die vryheid het om die Bybels te hê, lees dit, glo dit. Glo dat
die geskiedenis van die Ou Bloed Verbond — dit is wat dit was, ‘n heenwysing—en
YAHUSHUA het gesê “Dit is volbring”.
Dit is [nou] die Nuwe Bloed Verbond. Alles in die Torah wat ons lees in die
Torah Skrifte, die Vyf Boeke van Moses—YAHUSHUA HA MASHIACH het dit alles vervul
in die Nuwe Bloed Verbond (Heb. 8:13).
Dit is waarom met SY laaste Woorde, terwyl HY gekruisig was—DIE ENIGSTE HEILIGE
OFFERLAM VAN YAH wat so perfek was; HY moes afkom van SY Troon af as een van die
SKEPPERS. Want dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA
MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES. Dit is die HEILIGE DRIE EENHEID.
En HY het van SY Troon afgekom vir jou en my, sodat ons sondes vergewe kon word.
En HY het HOMSELF gewillig geoffer. Geheel en al perfek.
HY was gebore uit ‘n maagdelike Joodse jong vrou. HY was geplaas met die
Pragtige Hand van die RUACH HA KODESH binne-in haar baarmoeder in.
HY was beide, soos ons sê, GOD IN DIE GEES en HY was GOD IN DIE VLEES (Joh. 1)
Dit is WIE ons SKEPPER is. En op die ouderdom van 33 na SY 3-jaar Bediening, het
HY gewillig op daardie kruis gegaan.
HY het gewilliglik ysterpenne, spykers deur SY Hande en SY Voete laat dryf. HY
was gewilliglik nie net gekruisig nie maar gemartel, sodat SY Bloed vergiet sou
word.
Want “sonder die vergieting van bloed, is daar geen vergifnis vir sonde nie”
(Heb. 9:22).
En HY het dit gewillig gedoen vir jou en my in die bestek van 3 ure. En ek was
die openbaring gegee, dat gedurende daardie tyd wat HY so gemartel was, dat HY
elke naam gesien het wat ooit geskryf was in die LAM se Boek van Lewe.
Want julle sien, enige iemand wat vir YAHUSHUA dien, wat uitroep vir genade en
om vergifnis vra en elke een van hulle sondes bely — die Bloed wat uitgetap het
bo-oor HOM op daardie dag sal elke een van jou sondes bedek, hulle wegwas [so
ver as] die ooste is van die weste, as jy uitroep na HOM, “YAHUSHUA HA MASHIACH!
Wees my genadig. Want ek is ‘n sondaar!”
Julle sien, niemand is perfek nie! Ons was gebore in sonde, want ons ouers was
sondaars — want ons kom van Adam en Eva af — maar julle sien, HY is die
WINGERDSTOK en ons is die lote wat direk uitspruit uit HOM uit.
En HY is die ware KONING VAN ISRAEL, maar HY is ook SKEPPER. HY het elke naam
gesien. HY het elke gesig gesien. HY weet wat jy gaan doen met hierdie Profesie.
Ek het bewys “Bewyse agter die Profesieë” terwyl ek hierdie gespreek het onder
‘n sterker Salwing — en ABBA YAH het selfs sommige woorde verander om selfs nog
kragtiger te wees.
Want toe hierdie oorspronklik gegee was, sou ek net die Naam verkort het na
YAHUSHUA, maar nou sê HY, “Maak seker jy sê YAHUSHUA HA MASHIACH. Maak seker dat
jy die mense herinner die naam beteken ‘YAH RED’.”
Moet nooit meer die naam ‘Yeshua’ sê nie. Julle neem die Godheid weg van die
VADER se Naam binne-in die SEUN se Naam. Watter vader wil nie hê sy seun moet sy
naam dra nie?
Die Naam is YAH en satan haat die Naam YAHUSHUA en ja, as julle wil kan julle sê
YAHSHUA. Dit beteken ‘YAH RED.’
Die Messiaanse Jode sal jou leer ‘Yeshua.’ Daar is geen betekenis daarin nie.
Hulle vrees net die ortodokse Jode so erg. Hulle wil nie die Naam YAH sê nie,
maar as jy bang is om die Naam YAH te sê, terwyl Psalm 91 sê dat HY net diegene
sal red wat uitroep IN SY NAAM...
SY Naam is YAH. YAHUVEH—en ek het hierdie onder ‘n sterker Salwing gespreek
hierdie dag.
Ek het bewys agter die Profesie gesit van dit wat gespreek was destyds lank
terug in 2009 en hier is ons nou op 27 Maart 2020.
Mense die enigste ding wat dit gaan oorwin wat op die oomblik aan die gang is is
vir julle om te glo—terwyl ons nader kom aan Pasga op 8 April teen sononder,
2020. Doen wat julle kan om daardie Pasga te vier. Kyk wat ons doen en luister
na die Profesieë wat kom weereens om te bewys, HY is dieselfde gister, vandag en
vir altyd (Heb. 13:8).
Soos HY Moses en die kinders van Israel verlos het — en hulle was by die
miljoene, het niks verander nie — YAHUSHUA HA MASHIACH het SY Bloed gestort en
een druppel van daardie Bloed was jou vry van sonde, as jy waarlik bekeer en
bely met groot droefheid.
En moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie die genade en barmhartigheid misbruik
en sê, “Ag wel ek sal weer sonde doen en ek sal net terugkom en weer om
vergifnis vra.” nie.
O mense. Wees baie versigtig wat julle doen. HY maak SY Arms wyd oop vir julle
nou. Almal word aanspreeklik gehou vir dit wat hulle weet. Hê geloof.
Sonder geloof is dit onmoontlik om YAH te behaag (Heb. 11:6) — sonder geloof. Om
daardie water-lopende soort geloof te wees, menende dat jy sal doen wat jy dink
is onmoontlik, jy styf sal vashou aan die Soom van YAHUSHUA se kleed.
Jy sal nie laat los nie selfs as hulle kom en vir jou sê, “Ons gaan jou doodmaak
as jy nie die Merk van die Dier neem nie!” Wees gewillig om jou lewe neer te lê
as dit nodig is.
Want jy weet jou volgende asemteug sal die Hemel wees en jy weet YAHUSHUA sal
jou GEES gryp direk uit die liggaam en nie eens die laksman die satisfaksie gun
om jou laaste doods-kreet te hoor nie.
Jy sal in die Hemel wees.
YAHUSHUA het op daardie kruis gesterf, maar julle sien, geen mens het HOM
vermoor nie. HY het gewillig SY LEWE gegee, maar HY het nie dood gebly nie. Op
die derde dag het HY weer opgestaan! HalleluYAH!
Voor getuies en vir 40 dae, het HY hierdie aarde bewandel. Voor getuies het HY
meer wonderwerke gedoen—as wat enige boek moontlik kon bevat (Joh. 21:25)—regoor
die wêreld. En toe op die 40ste dag voor getuies, het HY opgevaar terug Hemel
toe.
En HY het gesê HY het gegaan om ‘n plek voor te berei vir jou en my (Joh. 14:3),
vir almal wat in HOM sal glo.
Ek het HOM gesien van Aangesig tot aangesig. Die rede hoekom julle HOM langs my
sy sien in die voorstellings by Amightywind.com [is om rede] ek nie ‘n man daar
het nie. Ek het ‘n man gehad wat daar langs my sy was, wat die mede-leier was
van die Bediening, totdat hy daarop aangedring het dat hy die hoof daarvan moes
wees.
En julle sien daar is net een HOOF (en dit is voor [elke Profesie]—[‘n
uittreksel van] Profesie 105, wat ek beveel was om daar op te sit en ek het nie
verstaan hoekom nie) en dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA
HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, WIE ook genoem word IMMAYAH,
DIE SHEKHINYAH HEERLIKHEID. SY is MOEDER WYSHEID. Selfs King James Weergawe
Bybel noem HAAR ‘n ‘SY.’
Niemand is die HOOF van hierdie Bediening nie buiten die HEILIGE SKEPPERS. Ek
neem net my bevele uit die Hemel en daar is net een leier nou—maar ek sien uit
na die dag wanneer daar weer ‘n manlike balans sal wees.
Maar ek het vir YAHUSHUA HA MASHIACH daar en ek sê vir julle HY het die
helderste blou oë.
En ek sal voor die hele wêreld getuig: ek het HOM gesien van aangesig tot
aangesig terwyl HY op die punt van my bed gesit het. En ‘n tsunami golf van
liefde! Die helder lig reg rond-om HOM was iets wat ek nie eens kan begin
vergelyk met enige iets nie. En daardie groot tsunami golf van liefde —elke
atoom, elke molekule, elke deel van my—daardie liefde het my deurdring.
SY Lig het my wakker gemaak. Dit was lank terug in die dae van die waterbed, en
daar was ‘n leer-reling en HY het daar gesit en net na my gekyk en vir my
hierdie woorde gesê—sonder om selfs SY Mond oop te maak—het HY gesê, “EK is so
jammmer dat jy so moes ly.”
Ek het nie geweet wat lyding was nie. Ek het destyds gedink ek weet. Baie het
gebeur.
Want julle sien, hoe groter die Salwing, hoe groter die lyding. Onthou dit, vir
die van julle wat daarop aanspraak wil maak dat julle Profete is.
Want die GROOTSTE PROFEET wat daar ooit sal wees, die EEN, WIE die Boek geskryf
het van Openbaring, was nie Johannes nie. Dit is YAHUSHUA se Eie Woorde (Openb.
1:1-2). En daar is niemand WIE meer as HY gely het nie. HY is PROFESIE in
HOMSELF.
HY is die WOORD wat Vlees gemaak is. So wanneer iemand sê hulle is ‘n Profeet,
vra hulle wat hulle gewys het om dit te bewys.
Jare gelede, voordat enige iets gebeur het, het ons die “Bewys Agter die
Profesieë” en ABBA YAH het gesê, hoe kan jy bewys dat jy ‘n Profeet is as jy dit
nie bewys deur dinge vooruit te profeteer nie.
En dit is wat ek gedoen het. En ek sê vir julle dit, HY het die helderste blou
oë. Daardie voorstelling wat ‘n jong meisie geteken het is die voorstelling wat
ek gebruik. Want dit is die naaste wat ooit sal wees [van] enige beskrywing vir
YAHUSHUA.
En HY is aan my sy, en al het ek nie ‘n man langs my nie, weet ek ek is een van
die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, en HY hou my vas. En HY laat my weet HY is
net daar die hele tyd.
Die Bybel sê ‘Geseënd is diegene wat geglo het en nie gesien het nie’ (Joh.
20:29).
Ek het Engele besoekers gehad. Ek het, met my eie vingers—ek het die getuienis
op die webblad [Amightywind.com] waar ek my eie vingers gestreel het deur
Aartsengel Michael se vlerke; en Aartsengel Michael beskerm hierdie Bediening,
soos hy Israel beskerm.
En hierdie is ‘n Hebreeuse Wortel, Bybel-gebaseerde—baie belangrik mense.
En ek noem myself ook ‘n Messiaanse Jood maar ek is ‘n Jood, maar ek mis die
balans wat ek eens gehad het, en hy was ‘n man wat in Israel gebore was. Hy was
die balans van die Judah [tot die Effraim] en ek weet YAH sal die een terugbring
wat satan mislei het, maar nou spreek ek onder ‘n groter Salwing.
Hierdie Bediening is onder ‘n groter Salwing. Die skoonheid daarvan, kan niks op
die Internet mee vergelyk nie en dit het niks te doen met wie ek is nie. Ek moes
my eie man neerlê op die offeraltaar; die een wat ek eens die mees gesalfde man
genoem het wat ek ooit ontmoet het.
En hy moet terugkom en hy moet bekeer in die openbaar—want die sondes wat hy
gedoen het was in die openbaar—maar hy sal meer gesalf wees as voorheen, as hy
kies om dit te doen. Indien nie, sal YAH ‘n ander man oprig uit Judah.
Ek wil net hê dat julle geloof moet hê. Hierdie [was] Profesie 116, en nou is
ons in Profesie 150’s en steeds is daar geen manier hoe ek moontlik genoeg video
makers kan hê om...
Toe hy by my was vanaf 2016 (7 Maart 2016) tot iewers in 2018 [toe] het dit
regtig begin verkeerd gaan—maar ons het meer as 1000 Profesieë alleen met nuwe
openbarings wat vir julle ‘n seën sou gewees het.
Ek wil hê julle moet geloof hê en YAH sê die enigste manier hoe julle hier gaan
deurkom is deur geloof te hê in HOM.
Hê geloof dat daardie virus gaan doodgaan voor dit ‘n kind van YAHUSHUA HA
MASHIACH kan aanraak.
Ek bedek hierdie Bediening met die Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en ‘n
ieder en ‘n elk wat sê dat die Bediening van AMIGHTYWIND Bediening ‘n seën vir
hulle is—hulle word beskerm deur my gebede —die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.
YAHUSHUA het hoorbaar met my gepraat en en vir my gesê ek was die RingDiensmaagd
en wie ookal my man was, sou die Ringdraer wees—en ons bedek julle met die
Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en beskerm julle, maar daar is geen
Ringdraer nou nie, maar die RingDiensmaagd is steeds daar.
En o, vir julle wie die Gaste gaan wees, (julle weet almal kan nie ‘n Bruid wees
nie), die Gaste sal by die Bruilof Fees van die LAM wees en die Gaste sal dans
met daardie BRUIDEGOM. YAHUSHUA het gesê, “Geseënd is AL diegene wie genooi is
na die Bruilof Fees van die LAM” (Openb. 19:19).
Lees die Profesieë. Kyk of dit wat ek het nie [CUT 29:12 of] geprofeteer het nie
alreeds gebeur het nie.
En wat ookal nog nie het nie, onthou dit: Ons is in die begin van groot smarte
op hierdie oomblik, waar daar hongersnode en peste sal wees en YAHUSHUA HOMSELF
het dit gespreek in, wat begin, in Matheus 24:1.
Lees verder en julle sal sien vir julself. Matheus 24, en die Skrifgedeeltes
hieronder wat ek gee as voetnota vir hierdie Profesie.
Julle sien, ons is in die begin van [dit wat gaan wees] die Groot Verdrukking.
En YAHUSHUA HA MASHIACH, HY doen die skudding; HY doen die toetsing op hierdie
oomblik: Wie is waardig om die Bruid genoem te word van YAHUSHUA HA MASHIACH?
Bid dat jy waardig geag word. Gaan net na HOM toe.
Wanneer jy hierdie hoor en jy het nie geloof nie, herinner ek julle aan hierdie,
dat YAHUVEH nie kan lieg nie en HY het gesê dat SY Woord nie leeg na HOM toe kan
terugkeer nie (Jes. 55:11). Onthou WIE SY Woord is: Dit is YAHUSHUA WIE die
WOORD is wat vlees gemaak was van die heel begin af. Dit het so gesê in Genesis
[“En GOD het gesê...” (Gen. 1:3,6 ens.)].
Elkeen word ‘n maat van geloof gegee—en as jy nie dink dat jy geloof het nie,
neem dan jou volgende asemteug. Okay? Het jy net daar en dan gedink jy het nie
genoeg suurstof om asem te haal nie?
Nee. Dit word geloof genoem.
Wanneer jy in ‘n hysbak klim en jy druk die knoppie, dink jy dit gaan neerstort
grond toe of het jy geloof wanneer jy daardie knoppie druk dat dit jou gaan neem
tot by watter vloer jy ookal wil afklim?
Dit word geloof genoem.
Wanneer jy jou kos eet, het jy geloof om te glo jy kan dit insluk of dink jy jy
sal dood verstik?
Dit word geloof genoem.
So moenie dink dat jy nie geloof het nie. Hou net geloof dat ongeag wat jy
deurmaak—omdat dit geskryf is—‘Alle dinge moet ten goede meewerk [vir] diegene
wat YAH liefhet [en] geroep is na SY voorneme’ (Rom 8:28).
Hierdie beteken diegene wat geroep is na YAHUSHUA se doel ook. HY het ‘n doel
hoekom jy gebore was. Vind uit wat daardie doel is. Die grootste doel van alles—
onthou dit—YAHUSHUA was nooit die “seun van ‘n mens” nie.
Elke weergawe van die Bybel wat HOM “die seun van die mens” noem... HY is die
ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH. HY het nooit gesê HY was die seun van Josef een
keer in enige Skrif nie.
HY het gesê—HY het gesien—die werke wat HY gedoen het, het HY die VADER in die
HEMEL hulle sien doen (Joh. 5:19) HY het al die eer gegee aan YAHUVEH
keer-op-keer–op-keer. Dit was WIE SY VADER is.
Julle het geloof. Nou hê geloof om te glo HY kan julle vergewe vir julle sondes,
ongeag hoe vuil—en daar is net een uitsondering vir diegene wat die HEILIGE GEES
gelaster het, maar as jy hierdie Profesie aanvaar het as waarheid, dan het jy
nie die HEILIGE GEES gelaster nie anders sou jy nie eens na my wou luister nie
of enige iets met Heiligheid te doen wou hê nie.
Die vyande van hierdie Bediening, die verworpelinge—hulle haat die Bediening,
hulle haat alles wat Heilig is en hulle haat my definitief, maar julle sien,
julle moet gewillig wees om gehaat te word (Mat. 10:22). Julle moet gewillig
wees om vervolg te word (2 Tim. 3:12).
Hierdie is die Woorde wat YAHUSHUA gesê het. As hulle HOM almal liefgehad het,
sou hulle almal ons liefhê (Joh. 15:19).
“Geseënd is julle wat vervolg en gehaat word ter wille van MY Naam. Want groot
is julle belonings in die Hemel” (Mat. 5:11-12).
So ek hoop en bid hierdie dag—terwyl ek hierdie gespreek het onder ‘n nuwe
Salwing, ‘n sterker Salwing—bid ek dat julle my sal kontak en my laat weet dat
julle in geloof gaan wandel en nie deur aanskouing nie.
Moenie na die nuus luister nie. Moenie na die TV luister nie. Inteendeel, kry
die TVs uit julle huise uit. Hulle hou julle dop. Julle dink julle kyk vir
hulle.
En wat julle ookal doen, moenie enige iets om julle koppe dra nie: Moenie die
AirPods insit nie. Moenie die koordlose oorfone dra nie.
Daar gaan ‘n hele nuwe Profesie daaroor wees, maar hulle spoor julle op
daardeur. Nou, julle kan kies om my nou te glo of julle sal later uitvind, maar
hulle maak wapens van enige iets wat koordloos is wat jy om jou kop dra.
Hê geloof om te glo. Hê geloof om te glo dat YAHUSHUA HA MASHIACH alles sal doen
wat HY gesê het, en ek sal julle in die Hemel sien.
So kyk-uit vir my. En ek sal uitkyk vir julle. En ek gaan ook uitkyk vir julle
wat vir my skryf terwyl julle daardie kontak knoppie druk by AmightyWind.com—26
jaar—4de April 2020 is die geboorte[dag] van hierdie Bediening wat nou
gehandelsmerk is. [gelag]
Ek moes dit laat handelsmerk en dit het deurgekom in 2020 sodat mense nie meer
die naam kan ontheilig nie—daar is ‘n $500,000 boete as hulle doen—want satan
kom om te steel, moor en vernietig.
Hê geloof. Lees daardie Profesieë en julle sal sien julle geloof sal groei. Leer
uit die voorbeelde selfs van die verworpelinge en hardloop ver weg van wat hulle
ookal is.
HY vra jou nie om perfek te wees nie. YAHUSHUA weet dat niemand perfek kan wees
nie. HY IS DIE ENIGSTE PERFEKTE PERSOON, WIE ooit die aangesig van hierdie aarde
bewandel het. HY wil net hê jy moet die beste doen wat jy kan en die grootste
sonde van alles is wanneer jy val, dat jy nie moeite doen om weer op te staan
nie en in SY liefdevolle Arms in te hardloop nie!
Profetiese Woord
YAHUSHUA HA MASHIACH is die GOEIE HERDER en HY sal—julle hou aan hardloop in die
wolwe se lêplekke in en julle behoort aan HOM of julle sê dat julle doen, maar
julle wil aanhou leef in sonde en die pornografie doen, watter sonde daar ookal
is; julle is soos ‘n klein skapie—en HY sal julle agterbene breek, as julle naam
werklik geskryf is in die LAM se Boek van Lewe.
En dan sal HY sulke vervolging in jou lewe laat inkom dat jy geforseer sal word
om uit te roep na HOM. Want HY gaan jou so sagkuns in SY Arms vashou en
liefdevol naby SY Bors want jy gaan nie instaat wees om te loop nie.
Einde van Profetiese Woord
En ons moet nooit ooit dink dat ons alleen kan stap nie. Dit is hoekom julle die
voorstelling sien van YAHUSHUA reg langs my in al die beelde totdat ek werklik
‘n man het wat weer daardie plek kan inneem.
Want die een ding wat ek nooit wou gehad het nie was vir my prentjie om weer
alleen te wees.
Dit herinner my, dit bemoedig my—sit jy jou eie prentjie van jou eie gesig daar
[saam met YAHUSHUA]! Ek het vir julle vertel hoe YAHUSHUA lyk. Verbeel jou eie
gesig daar.
Dit is YAHUSHUA wat jou vashou. Dit is YAHUSHUA wat langs jou sy staan. Dit is
YAHUSHUA wat jou daardie tsunami van liefde gee waarmee niks kan vergelyk nie en
ek nie kan beskryf nie.
Ek bid dat hierdie vir julle ‘n seën was. Ek het nie geweet ek gaan al hierdie
sê nie. Ek is lief vir julle—as julle YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid en
liefhet—skryf vir my by die Bediening [webwerf] by kontakte.
En ek wag vir my broers in YAHUSHUA HA MASHIACH, die Profete daarbuite,
vernaamlik diegene wat gebore was en opgegroei het in Israel, die Messiaanse
Jode.
As julle die waarhede glo van hierdie Bediening, het julle suster julle nodig.
Sy het nie daardie spesiale bedekking van ‘n Heilige man nie, van ‘n manlike
eggenoot meer nie. (Maar sy het wel baie seuns in YAHUSHUA HA MASHIACH!) Huh,
hulle omring die wêreld en bedek my!) Maar broers verrys!
Verrys! Asseblief kom. Ek het die Profete nodig, die mans—ek het julle nodig om
net te kom en ‘n gewone kind, vegter, Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te
bemoedig.
Ek het my kopband handelsmerk. Dit herinner my aan die Stamme van Israel. Dit
herinner my dat ek ‘n Jood is en dit herinner my dat ons vegters moet wees. Ons
kan nie lafaards wees nie.
En dit is wat julle gaan sien in daardie voorstelling wanneer ek by YAHUSHUA is.
So YAHUSHUA HA MASHIACH—ek bid ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH, U het gesê dat ek ‘n Salwing het, ‘n Nuwe Salwing hierdie dag...
Ek bid op hierdie oomblik HEMELSE VADER, aangesien U gesê het dat ek die Eliyahu
van nuuts is, ek Salwing het om te kan bid op hierdie oomblik teen hierdie
COVID-19 (hierdie Wuhan virus wat gekom het uit China!) en ek bid, ABBA YAHUVEH,
vir die onskuldige skape en lammers...
Ek bid vir die gawe van vermenigvuldiging van hulle kos op hierdie oomblik,
diegene wat aan U behoort, YAHUSHUA HA MASHIACH; ek bid op hierdie oomblik of
hulle net dink dat hulle ‘n—korreltjies rys oor het.
Wat hulle ookal het, dat hulle die geloof sal hê om dit op te offer aan U en U
‘n weg vind om te vermenigvuldig soos U gedoen het met die Kinders van Israel; U
dit sal vermenigvuldig wat hulle het om te eet.
Want U het gesê deur Dawid, “nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat
sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25).
Ek bid op hierdie oomblik — daardie duiwel virus — wat HULLE noem — my naam
daarvoor want dit kom van satan, gesmee deur satan en dit is alles oor wie die
mag wil hê van hierdie aarde, polities gewys—en die onskuldige mense, hulle ly,
alles net omdat hulle ‘n inenting binne-in hulle wil sit wat geen inenting is
nie; dit is ‘n doodsvonnis en volgende kom die chip. En hulle wil al die
geldeenhede wegneem.
So dit gaan ‘n een wêreld orde wees, wat ‘n een wêreld van wanorde gaan wees.
Ek bid op hierdie oomblik, ABBA YAHUVEH, vir die genesing van die mense.
Ek bid op hierdie oomblik vir die restorasie van die mense.
Ek bid op hierdie oomblik, HEMELSE VADER, dat U sal doen wat hulle sê nie gedoen
kan word nie; en dat U hierdie virus nou op hierdie oomblik sal weerhou om enige
mense verder skade aan te doen; en die paniek sal stop; en die vrees sal
wyk—elkeen wat nou na my stem luister op hierdie oomblik—hulle sal weet dat niks
kan gebeur wat ABBA YAH nie toelaat nie. Niks!
En ek dank U en ek loof U vir elkeen wat ‘n kind is van die ALLERHOOGSTE, van
ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH op hierdie oomblik.
By die geklank van my stem, is hulle geheel en al genees en herstel—en hulle
geloof het gegroei.
Ek bid dat hulle besef: Geen vrees meer nie! Vrees is ‘n teistering! Dit is
waarvoor hulle hierdie aarde wil regeer. Dit is hoekom elke nuusgewer dit rondom
hierdie wêreld aan die gang het op hierdie oomblik.
Luister eerder na die Woorde wat YAHUSHUA gespreek het, terwyl HY in geloof
gespreek het. Soos Psalm 91! Ek bid dat hulle dit oor en oor sal lees en dat
hulle dit sal opeis.
Ek bid dat hierdie pandemie—hierdie paniek—sal stop!
Ek bid die DOOD van die virus en al diegene wat dit VERVAARDIG HET OF ENIGE IETS
DAARMEE TE DOEN HET of enige iemand wat ontvolking van die aarde wil doen! LAAT
HULLE ONTVOLK WORD! LAAT HULLE REGUIT IN DIE INGEWANDE VAN DIE HEL INGAAN
LEWENDIG!
Maak die aarde oop, net so seker as wat U het toe Moses gesê het diegene wat aan
YAH se kant is, kom hierheen, en diegene wat aan Korah se kant is, gaan daardie
kant toe!
En diegene wat oorgegaan het na Korah se kant toe —die aarde het oopgemaak en
hulle lewendig ingesluk en hulle het direk in die hel ingegaan.
DIT IS WAT EK BID! LAAT DIE VERWORPELINGE DOODGAAN! MAAR LAAT HULLE LEWENDIG
INGESLUK WORD!
Laat hulle verbrand met U spontane woede van ontbranding! Ek gee nie om hoe ryk
hulle is nie! Hoe magtig hulle is nie! Ek gee nie om watter politiek hulle het
nie!
Ons weet op WIE die heerskappy is op die Skouers van—en YAHUSHUA HA MASHIACH het
gesê die heerskappy is op SY Skouers (Jes. 9:6). HY IS DIE [WARE] HEERSER VAN
HIERDIE WÊRELD!—satan speel speletjies en laat die mense dink hy regeer hierdie
wêreld.
En YAHUVEH lag. HY speel met SY vyande.
So ABBA YAHUVEH, ek vra vir die Salwing van Eliyahu en ek vra net soos U nie die
fles met olie laat opdroog het vir die weduwee van Sarfat nie, bid ek dieselfde
ding nou vir elkeen by die geklank van my stem wie uitroep en sê, “YAHUSHUA HA
MASHIACH, ek het U lief. Vergewe my. Wees my genadig.”
En U het belowe U sal hulle gebede beantwoord wanneer hulle bely en hulle
bekeer, dat U hulle land sal genees. En die politiek—VADER, hulle is so boos—van
hierdie wêreld en die bose agenda is om die onskuldigste skape en lammers leed
aan te doen.
As hulle name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe, kan U nie een verloor nie,
YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek weet U sal martelaars hê, maar die bloed vloei in die
grond in en rig net meer martelaars op [wat geloof sal hê om te wees] en dit rig
meer getuienisse op oor die grootheid van ons GELIEFDE MESSIAS, YAHUSHUA HA
MASHIACH.
So hierdie is my gebed in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam—vir genesing, bevryding,
herstel, vergifnis, verlossings KRAG van YAHUSHUA HA MASHIACH en vernaamlik vir
die bevryding van VREES!
Niks meer vrees nie!
Ongeag wat jy ‘n nuusgewer hoor sê. Ongeag wat jy ‘n politikus hoor sê. GEEN
VREES MEER NIE! Want vrees is om jouself oop te stel vir daardie virus.
Sê in plaas daarvan, “Deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH,
ontvang ek dit nie!”
Jy was steeds jou hande. Jy doen steeds alles wat hulle daaroor sê, maar GEEN
VREES MEER NIE! Moenie jou immuun sisteem verswak met vrees nie.
YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle.
Ek is net ‘n eenvoudige kind, vegter, dienskneg van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek is
net ‘n boodskapper, so moet my asseblief nie stenig nie. Ek is hier om jou
geloof op te bou waar dit afgebreek was en ek bid hierdie dag dat dit is wat ek
gedoen het.
YAHUSHUA, seën al diegene wat ‘n seën is vir U.
Amen.
Einde van Oorskrywing