Shabbat Shalom!
Bamidbar / In Die Wildernis
- hierdie week se Torah lees.


Numeri 1:1-4:20;

1

1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die Tent van Samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:
2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;
3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.
4 En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families.
5 En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;
6 vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;
7 vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;
8 vir Issaskar: Netáneël, die seun van Suar;
9 vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;
10 vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;
11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;
12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;
13 vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;
14 vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel;
15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.
16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.
17 Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,
18 en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,
19 soos YAHUVEH Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.
20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
21 hulle geteldes van die stam van Ruben was ses en veertig duisend vyf honderd.
22 Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
23 hulle geteldes van die stam van Símeon was nege en vyftig duisend drie honderd.
24 Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
25 hulle geteldes van die stam van Gad was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.
26 Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
27 hulle geteldes van die stam van Juda was vier en sewentig duisend ses honderd.
28 Van die seuns van Issaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
29 hulle geteldes van die stam van Issaskar was vier en vyftig duisend vier honderd.
30 Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewe en vyftig duisend vier honderd.
32 Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
33 hulle geteldes van die stam van Efraim was veertig duisend vyf honderd;
34 van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
35 hulle geteldes van die stam van Manasse was twee en dertig duisend twee honderd.
36 Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf en dertig duisend vier honderd.
38 Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
39 hulle geteldes van die stam van Dan was twee en sestig duisend sewe honderd.
40 Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
41 hulle geteldes van die stam van Aser was een en veertig duisend vyf honderd.
42 Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—
43 hulle geteldes van die stam van Náftali was drie en vyftig duisend vier honderd.
44 Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families.
45 So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek—
46 al die geteldes dan was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.
47 Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.
48 YAHUVEH het naamlik met Moses gespreek en gesê:
49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;
50 maar stel jy die Leviete aan oor die Tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die Tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die Tabernakel laer opslaan.
51 En as die Tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die Tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
52 En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.
53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die Tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die Tabernakel van die Getuienis waarneem.
54 En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos YAHUVEH Moses beveel het, so het hulle gedoen.

*~ Numeri Hoofstuk 2 ~*


1 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2 Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op ‘n afstand rondom die Tent van Samekoms moet hulle laer opslaan.
3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.
4 En sy leër met hulle geteldes was vier en sewentig duisend ses honderd.
5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees.
6 En sy leër met hulle geteldes was vier en vyftig duisend vier honderd.
7 Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
8 En sy leër met sy geteldes was sewe en vyftig duisend vier honderd.
9 Al die geteldes in die laer van Juda was honderd ses en tagtig duisend vier honderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.
10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
11 En sy leër met sy geteldes was ses en veertig duisend vyf honderd.
12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.
13 En sy leër met hulle geteldes was nege en vyftig duisend drie honderd.
14 Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
15 En sy leër met hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.
16 Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.
17 Daarna moet die Tent van Samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.
18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.
19 En sy leër met hulle geteldes was veertig duisend vyf honderd.
20 En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.
21 En sy leër met hulle geteldes was twee en dertig duisend twee honderd.
22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
23 En sy leër met hulle geteldes was vyf en dertig duisend vier honderd.
24 Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd en agt duisend een honderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.
25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
26 En sy leër met hulle geteldes was twee en sestig duisend sewe honderd.
27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.
28 En sy leër met hulle geteldes was een en veertig duisend vyf honderd.
29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.
30 En sy leër met hulle geteldes was drie en vyftig duisend vier honderd.
31 Al die geteldes in die laer van Dan was honderd sewe en vyftig duisend ses honderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.
32 Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.
33 Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos YAHUVEH Moses beveel het.
34 En die kinders van Israel het gedoen net soos YAHUVEH Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.

*~ Numeri Hoofstuk 3 ~*


1 En dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe YAHUVEH met Moses op die berg Sinai gespreek het.
2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Itamar.
3 Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.
4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van YAHUVEH toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van YAHUVEH in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
5 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.
7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die Tent van Samekoms, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig.
8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die Tent van Samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig.
9 En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.
10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
11 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
12 Kyk, EK self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete MYNE kan wees.
13 Want al die eersgeborenes is MYNE: op die dag toe EK al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het EK al die eersgeborenes in Israel vir MY geheilig, mense sowel as diere; hulle moet MYNE wees. EK is YAHUVEH.
14 En YAHUVEH het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:
15 Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo—dié moet jy tel.
16 En Moses het hulle volgens die bevel van YAHUVEH getel soos dit hom beveel is.
17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.
18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.
19 En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.
20 En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.
21 Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.
22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo—húlle geteldes was sewe duisend vyf honderd.
23 Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die Tabernakel aan die westekant.
24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.
25 En die seuns van Gerson moet by die Tent van Samekoms versorg: die Tabernakel en die Tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die Tent van Samekoms;
26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die Tabernakel en die altaar is, en sy lyne—alles wat by sy bediening behoort.
27 En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.
28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die Heiligdom waargeneem het.
29 Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die suidekant.
30 En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ussiël.
31 En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die Heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.
32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die Heiligdom waarneem.
33 Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.
34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo, was ses duisend twee honderd.
35 En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die noordekant.
36 En die toesig van die seuns van Merári—wat hulle te besorg het—moet wees oor die style van die Tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;
37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.
38 En die wat voor die Tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die Tent van Samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die Heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
39 Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van YAHUVEH, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
40 En YAHUVEH het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ‘n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
41 En jy moet vir MY—EK is YAHUVEH—die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
42 En Moses het, soos YAHUVEH hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ‘n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
44 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. EK is YAHUVEH.
46 Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
48 En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
49 Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
50 van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die Heiligdom.
51 En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het.

*~ Numeri Hoofstuk 4 ~*


1 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die Tent van Samekoms te verrig.
4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die Tent van Samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.
5 By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
6 En hulle moet ‘n dekkleed van robbevelle daarop sit en ‘n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
7 Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ‘n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
8 Daarna moet hulle ‘n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
9 Dan moet hulle ‘n pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.
10 En hulle moet dit met al sy gereedskap op ‘n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.
11 En oor die goue altaar moet hulle ‘n pers doek uitsprei en dit met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ‘n pers doek neerlê en met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar ‘n purper doek oor uitsprei.
14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ‘n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
15 En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die Heiligdom en van al die gereedskap van die Heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die Tent van Samekoms.
16 En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele Tabernakel en oor alles wat daarin is: die Heiligdom en bybehorende gereedskap.
17 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
18 Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.
19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
20 Maar hulle moet nie inkom om vir ‘n oomblik die Heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.