13
2 En daar was ‘n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam
van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.
3 Maar die Engel van YAHUVEH het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy
is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ‘n seun
baar.
4 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks
wat onrein is nie.
5 Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof
kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van ELOHIM wees,
en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.
6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: ‘n Man van ELOHIM het na
my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van ELOHIM, baie
vreeslik; maar ek het HOM nie gevra waar HY vandaan was nie, en sy naam het hy
my nie meegedeel nie.
7 Maar HY het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar; drink dan
nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun
sal ‘n nasireër van ELOHIM wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood
toe.
8 En Manóag het tot YAHUVEH gebid en gesê: Ag, YAHUVEH, laat tog die man van
ELOHIM wat U gestuur het, nog ‘n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe
ons moet maak met die seun wat gebore sal word.
9 En ELOHIM het geluister na die stem van Manóag, sodat die Engel van ELOHIM nog
‘n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie
by haar was nie.
10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk,
die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.
11 Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra
hom: Is U die man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê HY: Ja.
12 Daarop vra Manóag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk
van die seun wees?
13 Toe sê die Engel van YAHUVEH aan Manóag: Vir alles wat EK aan die vrou gesê
het, moet sy haar in ag neem.
14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen
wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat EK
haar beveel het, moet sy onderhou.
15 Manóag sê aan die Engel van YAHUVEH: Laat ons U tog ophou, dat ons ‘n bokkie
vir U kan berei.
16 En die Engel van YAHUVEH antwoord Manóag: Al hou jy MY op, EK sal nie van jou
brood eet nie; maar as jy ‘n brandoffer wil berei, offer dit dan aan YAHUVEH.
Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van YAHUVEH was nie.
17 Daarop vra Manóag die Engel van YAHUVEH: Wat is u naam, dat ons U kan vereer
as u woord uitkom?
18 En die Engel van YAHUVEH sê vir hom: Waarom vra jy dan na MY naam terwyl HY
wonderbaar is?
19 Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan
YAHUVEH terwyl HY wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:
20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van YAHUVEH in die
vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle
aangesig op die grond geval.
21 En die Engel van YAHUVEH het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn
nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van YAHUVEH was.
22 En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons ELOHIM gesien
het.
23 Maar sy vrou sê vir hom: As YAHUVEH ons wou laat sterwe, sou HY nie uit ons
hand ‘n brandoffer en ‘n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien
en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.
24 En die vrou het ‘n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot
geword, en YAHUVEH het hom geseën.
25 En die Gees van YAHUVEH het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea
en Estáol.
Effesiërs 1:1-23;
1 Paulus, ‘n apostel van YAHUSHUA Messias deur die wil van YAHUVEH, aan die
heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Messias YAHUSHUA:
2 Genade vir julle en vrede van YAHUVEH, onse Vader, en die Here YAHUSHUA
Messias!
3 Geseënd is die ELOHIM en Vader van onse Here YAHUSHUA Messias wat ons geseën
het met alle geestelike seëninge in die hemele in Messias,
4 soos HY ons in HOM uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om
heilig en sonder gebrek voor HOM in liefde te wees,
5 deurdat HY ons voorbeskik het om ons as SY kinders vir Homself aan te neem
deur YAHUSHUA Messias, na die welbehae van SY wil,
6 tot lof van die heerlikheid van SY genade waarmee HY ons begenadig het in die
Geliefde.
7 In HOM het ons die verlossing deur SY bloed, die vergifnis van die misdade na
die rykdom van SY genade,
8 wat HY oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,
9 deurdat HY aan ons die verborgenheid van SY wil bekend gemaak het na SY
welbehae wat HY in Homself voorgeneem het,
10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die
hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Messias te verenig—
11 in HOM in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe
verordineer is ooreenkomstig die voorneme van HOM wat alles werk volgens die
raad van sy wil,
12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op
Messias gehoop het,
13 in wie julle ook, nadat julle die Woord van die Waarheid, die evangelie van
julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is
met die Heilige Gees van die belofte,
14 wat die onderpand is van ons erfdeel om SY eiendom te verlos tot lof van SY
heerlikheid.
15 Daarom—vandat ek gehoor het van die geloof in die Here YAHUSHUA wat onder
julle is en die liefde tot al die heiliges—
16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,
17 dat die ELOHIM van onse Here YAHUSHUA Messias, die Vader van die heerlikheid,
aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van HOM mag gee,
18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy
roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges
is;
19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die
werking van die krag van sy sterkte
20 wat HY gewerk het in Messias toe HY HOM uit die dode opgewek het en HOM laat
sit het aan SY regterhand in die hemele, (Ps 110:1)
21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word,
nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
22 En HY het alle dinge onder SY voete onderwerp en HOM as Hoof bo alle dinge
aan die gemeente gegee, (Ps 8:6)
23 wat SY liggaam is, die volheid van HOM wat alles in almal vervul.