Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
15 Maart, 2024
[Hierdie mees onlangse profesie van YAHUSHUA sluit lesse in oor hoe om die
Here ywerig te soek, ‘n droom wat HY SY Apostels en Profete roep om te lees en
uit te lê, nie ‘n uitblussing van die salwing toe te laat nie, en ‘n streng
waarskuwing aan diegene wat HY roep om hierdie bediening te ondersteun wat SY
Stem ignoreer.]
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
*******
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
MY geliefde [kinders], jul herinner MY altyd dat ek diegene tugtig en teregwys
wat EK liefhet. Maar MY Geliefde, besef jy nie dat EK ook ywerig diegene beloon
wat MY soek nie. Jy soek ywerig, 24 uur ‘n dag, selfs in jou slaap, soek jy
ywerig na MY. Hoeveel te meer sal EK MY kinders beloon wat ywerig soek na MY
iedere woord?
Verwoesting kom. Maak gereed. Verwoesting kom. Dit is hoekom EK vir MY Dogter
nou sê; spreek dit voort in ‘n gesproke woord. Dit is nie net in die krag van
die geskrewe woord nie. Jare gelede het EK hierdie woorde beveel om
voortgespreek te word, en tog het EK geweet dat die [voormalige] webwerf
bestuurders nie sou gehoorsaam nie. Nou is dit die tyd, egter. Hierdie
profetiese woorde word voortgespreek. Elke dag sal ‘n nuwe een bygevoeg word.
Almal van hulle sal wees waar hulle gehoor word, nie net gelees nie.
Verwoesting kom. Vind daardie droom, die mees onlangse een wat EK gegee het vir
MY Dogter. Verwoesting kom. Benoem dit so. Waarsku die mense. Sê vir hulle EK
stuur MY Apostels en Profete om die mense te waarsku voor die verwoesting kom.
Verwoesting kom maar nie vir MY Babas nie, nie vir MY Bruid nie, nie vir MY
Uitverkorenes nie en nie vir MY Noukeurig Uitgesoektes nie, EK gaan hulle
beskerm net so seker soos Noag en sy familie beskerm was in die ark, as hulle
net maar kan glo. Sê vir hulle, EK sal hulle beskerm van die vloed van
goddeloosheid. EK sal hulle beskerm van die vloed van gevare wat wag.
Sê vir hulle, "Gaan in die Ark in". “Uit te vind waar hulle veronderstel is om
te wees. Sê vir hulle om MY aangesig te soek. As hulle nie weet waar hulle moet
wees nie, moet hulle vas en bid en ween en weeklaag maar uitvind waar hulle ark
is. Solank hulle bewus is van waar hulle veronderstel is om te wees, solank
hulle onder die sambreel van MY veiligheid is, dan is hulle in hul ark, ongeag
waar hulle in die wêreld is. Maar EK sê weer vir julle, MY Kinders, roep die
Apostels en Profete navore om die droom uit te lê wat EK gegee het vir [Elisheva].
VERWOESTING KOM!
Julle moet die droom plaas en EK sal aan julle een uitlegging van die droom gee.
Maar roep die Apostels na vore, en roep die Profete na vore, want elkeen sal ‘n
gedeelte hê as hulle maar net sal gehoorsaam en hulle sal vir jou die volle
openbaring van die droom vertel. Want MY kinders die heidene bring verwoesting
en EK laat dit toe. Maar diegene wat uitroep tot MY, in MY SEUN YAHUSHUA se Naam,
hulle sal in die Ark van MY veiligheid wees, EK sal hulle beskerm teen
verwoesting en pyn. In groot letters pen hierdie datum en tyd neer saam met die
droom en sê vir hulle, net soos in die dae van Noag, net soos in die dae van
Lot.
VERWOESTING KOM!!!
Julle weet nie watter uur nie. Julle weet nie watter dag nie. Maar op ‘n
Sabbatdag. [Telefoongelui word gehoor in die agtergrond.] Julle beter in gebed
wees! Boodskap van Verwoesting – Onderbreking Blus die Salwing – Waarskuwing [Elisheva
word gesteur deur die luiende telefoon, sy hou aan om in tale te bid]. En waar
jou geloof is, sal jou veiligheid wees. Julle veiligheid is nie. [‘n Boodskap
word gehoor wat gelos word op die antwoord masjien.] Tugtiging Omdat Daar
Toegelaat Was Dat Die Salwing Geblus Word Volgende keer, MY kinders, leer ‘n
les. Ontkoppel daardie foon. Moet nooit weer die kans vat dat die salwing geblus
kan word nie. [Elisheva hou aan om in tale te bid, sy sukkel om haar aandag
terug te kry op dit wat YAHUSHUA tot haar spreek.]
Hierdie vertoorn MY. Volgende keer moet jy voorsorg tref. Broer ***** het nie
geweet nie. Hy het nie verstaan hy het in die hande van satan gespeel nie. EK
vergewe julle, maar hierdie is nog ‘n les hoe maklik die salwing geblus kan word
met net ‘n steuring. Dit is hoekom EK julle beveel om in afsondering te wees
Elisabeth [Elisheva], met so min steurings as moontlik. Want jy bly uiters
gesalf en enige afleiding kan dit blus. EK het hierdie toegelaat om te gebeur
terwyl MY dogter die woorde spreek komende van MY net om vir julle te wys hoe
maklik [jou] aandag afgetrek kan word en jy nie meer van MY hoor nie.
VERWOESTING KOM!!!
Waarsku net die mense dat Verwoesting kom.
Streng waarskuwing van YAHUSHUA: "Hoor jy van MY om hierdie Bediening te help en
ignoreer jy wat EK jou beveel om te doen?" Wat hulle ookal vir MY gaan doen, wat
hulle ookal belowe het om te doen vir MY, het EK dit op hul harte gelê om
hierdie bediening te help?" Het hulle dit uitgestel en gesê, "Ag more, of dalk
‘n ander dag. Ek sal net kom en ek sal net lees, ek sal hulle nie eens kontak
nie". Hulle het gawes en tog kies hulle om nie te deel nie want hulle sê, "Ag op
‘n ander dag." Maar EK sê dit vir julle, en EK spreek dit voort.
VERWOESTING KOM!!!
En wat hulle ookal gedoen het vir MY, wat hulle ookal gedoen het in MY Seun se
Naam; hoe hulle ookal gehelp het vir die Goeie Nuus om geproklameer te word,
hierdie is diegene EK sal hulle geroep hoor. Watter opofferings hulle ookal
gemaak het, sal EK inagneem op daardie dag. EK sal notisie neem wie hulle ore
toegehou het. EK sal notisie neem watter hulle oë toegehou het. EK sal notisie
neem wanneer hulle jou behoeftig gesien het, en selfs toe EK dit op hulle harte
gelê het, vat hande en raak getrou saam met diegene wat MY goeie saad versprei
in die oesland, en hulle skud hul koppe en ontken en sê, "O, nee, HY praat nie
met my nie." EK waarsku hulle nou, EK sal notisie neem. Want EK stuur haar uit
soos ‘n Elia van Ouds (Eliyahu). EK stuur haar uit na die weduwees van Sarfat,
alhoewel hulle dit nie geweet het nie. EK sal notisie neem op die dag wanneer
verwoesting kom.
Het hulle gehelp om MY Profete te voed? Het hulle water aangebied? Het hulle ‘n
woord van bemoediging aangebied? Het hulle skuiling aangebied? EK vra vir
profete van ouds keer-op-keer in die Woord wat vooruitgespreek was en EK het
hulle altyd gestuur met MY boodskap en dit was altyd hulle keuse hetsy die mense
gehoor sou gee en of hulle in goddelike vrees sou reageer of sou hulle die
profete wegjaag? Niks het verander hierdie einste dag nie.
So sê vir hulle, MY Dogter, vertel hulle vir MY sodat hulle nie sal sê hulle was
nie gewaarsku nie.
VERWOESTING KOM!!!
Is hulle gereed? Vra vir hulle wat hulle vir MY gedoen het?
Einde van Profesie
*******
Profesie 55 - Droom
YAHUSHUA! Ons is U Bruid! Ons wag vir U!
Dringend, onlangse droom wat gebede alleenlik kan verhoed dat hierdie plaasvind,
uitleggings aan die onderkant van die bladsy. Help my asseblief om die
ramshoring van waarskuwing te blaas. As julle pastore nie wil luister nie, dan
word julle aanspreeklik gehou om in elkgeval te praat. Ek het so ‘n dringendheid
in my gees. Ek het ‘n duidelike droom gehad op 19 Desember 2001. Die enigste
rede hoekom ek dit met julle deel is nie om vrees te veroorsaak nie, maar eerder
om vir julle gebede te vra sodat hierdie droom nie plaasvind nie. YAHUVEH praat
met ons in visioene drome en openbarings en ook profeties. Slegs die vurige
gebede van die regverdiges sal hierdie droom keer om ‘n nagmerrie word. Deel
asseblief met ander, en vra julle kerke om op hulle aangesigte te val en te
bekeer en te smeek om genade vir Amerika weereens. As die kerke of die pastore
weier, begin julle dan gebedsgroepe en tree in.
Hierdie is Dringend. Ek woon in Amerika. Hoe kan ek nie omgee nie? Is dit
Amerika wat ek sien? Die land sal twee keer getref word wanneer dit die minste
verwag word. Ons het sterk militêre beskerming maar slegs YAHUVEH sal instaat
wees om dit wat die duiwel wil doen stop te sit of te verhinder en slegs die
vurige gebede van die regverdiges sal dit verhinder of stop! Ons moet omgee.
Hoeveel ongereddes ken julle?
*******
Droom met Uitgehongerde Baba
Ek het buite gestaan en na ‘n pragtige blou lug gekyk, alles was rustig. Toe ek
opkyk, sien ek hoe 4 sirkels in die lug geteken word asof dit die vinger was van
God YAHUVEH wat hulle stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek
‘n harde brullende geraas gehoor, in die huis ingaan, ‘n ENORME wind het gekom
wat vernietig en doodmaak dit was soos ‘n kern ontploffing van die gevolge van
‘n atoombom! EK het in afgryse die dood en vernietiging aanskou. Binne-in my
huis het ek ‘n vrou gesien met ‘n klein babatjie in haar arms. Ek het daarna
gekyk en die baba het dood gelyk en so ondervoed. Ek het gesê: Hoekom het jy nie
die baba gevoed nie?” Sy het gevoeloos na my gekyk en gesê: “Want die baba vas.”
Toe voordat ek die baba by haar kon vat, het sy die venster oopgemaak en die
baba uitgegooi by die tweede verdieping venster uit. Ek het uitgehardloop in die
bestraling en die verwoestende wind in, en die baba in my arms opgeraap, en die
baba het weer begin asemhaal! Terwyl ek daar gestaan het, het ‘n man na my toe
gekom sy gesig was baie sleg verbrand van bestraling, en dit was rooi van 3de
graadse brandwonde, hy het nooit ‘n woord gesê nie, hy het net verby my geloop.
Ek het teruggegaan in my huis in, ten volle beskerm teen bestraling, en ek het
geweet niks kan my of die baba seermaak nie en het dit melk gevoer uit ‘n bottel.
Na ‘n ruk het die verwoestende winde opgehou. Alles het rustig gelyk. Toe het ek
weer na die lug gekyk, en ek het die eerste sirkel sien begin, ek het begin
uitskree Bekeer en draai julle harte na YAHUSHUA want weereens het die oordeel
gekom. So min het geluister! Ek het die ander 3 sirkels almal in ‘n ry gesien, 4
altesaam, en daarna die geluid van ‘n gebrul wat ek nie instaat is om te beskryf
nie. Toe kom die verwoestende wind weer, asof nog ‘n kern ontploffing afgegaan
het. Ek het onderskei dat die vrou godsdiens is, en die baba is die gemeentes,
die georganiseerde godsdiens honger die mense uit dwing hulle om te vas vir meer
geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings. Ek is gewoond daaraan
om die mense te voer wat uitgehonger is in hul eie kerke, die pastore offer die
mense op terwille daarvan om hulself te voer met rykdom, beheer, menende dat
hulle die skape besit, vergetende dat daar net een Goeie Herder is.
Waarsku asseblief almal! YAHUVEH het met my gespreek in die droom en my
gewaarsku waarom HY SY heining van beskerming weereens sal lig, selfs die
heidene aanbid ‘n heidense god en vir wie aanbid Amerika?
*******
In November het ek ‘n soortgelyke droom gehad.
Ek het padlangs geloop en ‘n koei, gevul met melk het my gevolg waar ek ookal
gegaan het. Dit was nie my koei nie. Die boer het my beskuldig dat ek sy koei
steel. Ek het gesê ek kan nie die koei keer om my te volg nie; dit was die koei
se keuse. Ek het 3 vierkante gesien in ‘n ry geteken deur die vinger van YAHUVEH
in die lug. Ek het ‘n geluid gehoor soos ‘n brullende geraas. Ek kan dit nie
verduidelik nie. Toe het ek gesien ek was in die berge en groot rotse het in my
rigting gekom. Ek het see toe gehardloop waar my huis was in die droom. Ek het
in die huis ingegaan. Toe sien ek hoe die 3 vierkante weereens in die lug
geteken word. Ek het in afgryse toegekyk, en probeer dink, wat was die
allerminste pynlike manier om te sterf, want ek het gedink die oseaan sou die
huis verswelg en alles sou verdrink as ek daar sou bly dus het ek besluit om
weer na die berge te gaan. Ek het weer die brullende geluid gehoor en direk
nadat die 3de vierkant geteken was het ek voor ek kon beweeg vuurwerke in die
lug gesien, eers ligkleurige eentonige tipes, en toe helder kleurige vuurwerke.
Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, ek het net die vuurwerke
dopgehou.
Stuur asseblief vir my julle uitleggings vir hierdie drome. Ek weet wel die koei
is mense wat gevul is met melk van ander pastore se leringe, maar hulle wil meer
hê. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal veel vermag, as MY volk op
hul aangesigte sal val en hulself verneder, sal EK hulle gebede verhoor en hulle
land genees! Neem asseblief hierdie drome ernstig op. YAHUVEH het hoorbaar met
my gespreek 3 jaar gelede en 2003 sal die 4de jaar wees. HY het gesê, "In vier
seisoene sal jy weet." As ons reg onderskei is vier seisoene jare. Het ons
regtig nog so lank of sal die einde spoediger kom? Want te veel het die begeerte
om Amerika te vernietig en het die mag en net YAHUVEH en YAHUSHUA kan dit stop.
HY sal ons gebede gebruik. Wie sal ons help om tussenbeide te tree? Ons moet
meer tyd hê om hierdie wêreld te bereik vir die Koninkryk van die Hemel.
Die een goeie ding is ek word beskerm. Net so sal julle ook wees as julle onder
die vlerke van YAHUVEH is soos gesê in Psalm 91, die geheime plek van die
AllerHoogste God. Is enige iets te moeilik vir God? Die 3 Hebreeuse kinders was
in die vuuroond gegooi 7 keer warmer en niks was gebrand nie behalwe die toue
wat gebruik was om hulle hande en voete vas te maak. God YAHUVEH kan ons ook
beskerm van enige leed gedurende hierdie tyd.
Vertel asseblief vir ander van die reddende genade van YAHUSHUA sodat hulle
gered sal word. Moenie die mens vrees wat net die vlees kan vernietig nie, maar
werk eerder jou eie redding uit met vrees en bewing, met YAHUVEH wat jou vlees
kan doodmaak en jou gees in die Poel van Vuur kan gooi. Omdat ek julle liefhet,
waarsku ek julle. Esegiël 3:17-21 die bloed is nie op my hande nie. Onthou
asseblief die ware Sabbatdag en hou dit Heilig. Om die Sabbat te hou beteken nie
wettisme nie, pasop vir wettisme en gebondenheid nie, hierdie is ‘n seën en ‘n
rus vir die kinders van YAHUVEH. Soos in die dae van Moses sal daar seëninge van
beskerming wees vir die mense wat die Ware Sabbat hou as gevolg van die liefde
van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hierdie instruksies was aan ons gegee met Adam en Eva,
en Die Bybel sê die Sabbat is ewigdurend en sal nooit verander nie. Katolisisme
het die ware Sabbat verander; aanbid elke dag maar nader veral op die ware
Sabbat. YAHUSHUA het gekom om die Wet van Moses te vervul, nie om dit te
kanselleer nie. Die huis waarin ek gehardloop het, is my ARK van veiligheid.
Maak seker julle is in die Ark, wanneer hierdie gebeur onder die beskerming van
Psalm 91. Onthou roep die Naam aan van YAHUVEH en YAHUSHUA. Daar is krag in die
Gewyde Name.
Liefde en seënwense in die wonderlike NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
*******
Eerste Uitlegging:
Liewe [Elisheva],
Ek bid oor hierdie droom. Ek glo dit is duidelik dat die Here vir jou die hoer
wys en sy is nie bereid om aan haar kind die vleis van die Here te voer nie.
Daarom het die Here ‘n oordeel oor haar beslis. Drie maal het die Here met haar
gepraat. Oordele begin kom en dit begin by die Hoer. Sy is die Groot Hoer
waarvan daar geskryf is wat op die dier ry. God het ontelbare kere met haar
gepraat en dit is nou tyd om uit haar uit te kom my volk, en vir julle om nie
deel te hê aan haar sondes nie. Hoekom hou julle aan om na hoerhuise te gaan om
gespeen te word op geestelike melk wat julle nie kan laat groei tot
volwassenheid nie?
En nou het die Here vermaering na julle siele gestuur en steeds faal julle om
uit haar uit te gaan my volk. En hoekom? Sodat julle mooi vriende mooi huise
mooi karre en mooi plekke kan hê om te aanbid? Waarom sou julle al hierdie dinge
hê en tog vergeet julle my vir dae-aaneen. Die Here wat julle liefgehad het en
julle gered het en julle versorg het en julle gaan agter die hoer en ontug vrou
aan? En hoe kan sy julle voed o julle dwase wat my vergeet vir dae sonder tal?
Waarom het julle die ontug vrou en haar nes van lokvalle gesoek in plaas van die
Here?
Daarom omdat julle die Ontugvrou gesoek het en nie vir my gesoek het nie en nie
my stem gehoorsaam het om uit haar uit te kom nie, sal EK nie luister wanneer ek
my oordele teen haar stuur nie. Aan hierdie dinge moes julle nie deel geneem het
nie. Maar julle het in julself gesê, "Is daar enige ander manier? Is die weg van
die ontugvrou nie die enigste weg wat ek kan gaan nie? Is daar nie geboue op
elke hoek en ek kan nie vleis daar kry nie?" Maar jy het vir jouself gesê, "Wat
daarvan? Ten minste het ek ‘n plek langs die pad om in te bly waar hulle my kan
voed en versorg en ek kan rykdom en voorspoed ook hê!"
En die Ontugvrou het gefluister en gekoer en jou ingetrek en jy het die brood
geëet in die sierlike plekke en ‘n bietjie vrede en vertroosting gevind. Maar ek
het gesê, "Hierdie mense sal nie na my luister nie, ek sal ‘n sterker oproep
moet uitstuur ingeval hulle die Ontugvrou te veel geniet en sy my mense aan die
slaap sus." Maar toe die verwoesting kom, het ek gesê, "Kyk nou en sien, sal sy
berou sal die mense hulle nood vir my sien?" Sal hulle bekeer daarvan om te leef
vir hulself en hierdie huise wat gebou is in my naam. O sal hulle nou hoor dat
hulle sien hulle huise wat in my naam gebou was hulle nie kan red nie, hulle nie
kan beskerm nie? Sal ‘n huis van sement en klip julle beskerm my geliefde? Sal
die mense, die priesters wat my naam aan julle verkoop en my leerskare sal hulle
julle help wanneer ek oordeel oor haar beveel? Sal sy na jou begrafnis toe kom?
Sal sy jou sterfbed vir jou voorberei? Sal sy by jou begrafnis sing? EK sê Nee!”
Want ek sal haar oordeel sê die Here en wanneer die oordeel kom sal alles wat
aanstoot gee met vuur verbrand word. Elke laaste gesang waarin jy glo. Elke
laaste toring en klok en musiek en instrument van musiek hulle sal vernietig
word. En hoekom, sê jy? Was dit nie genoeg om op ‘n Sondag kerk toe te gaan en
op ‘n Woensdag bymekaar te kom en tiendes en gawes te betaal aan die plaaslike
kerk te gee nie? Het ek nie my skulde aan die Here betaal toe ek gebid het nie?
Maar julle het my nie geken nie. Julle wou my nie ken nie. Julle wou nie die tyd
spandeer om die een wat jou gered het te leer ken nie. Julle het jul dae
spandeer om in nietigheid te lewe met ydelheid van julle gedagtes en julle het
die een vergeet wat julle liefhet en vir julle gesterf het.
En nou kan ek julle nie meer verdra nie. Die dae het aangebreek vir jou om te
weet dat die een wat vir julle gesterf het werklik is. As julle bekeer en
wegdraai van jul sonde en voor my buig en my volg sal jy gered word. Maar EK sal
self die groot Ontugvrou oordeel en verdoem is diegene wat op daardie dag in
haar gevind word.
[Elisheva], dit is nie vir my verberg wat die Here wil doen nie. Ek is weg uit
die Hoer al reeds jare lank. [Elisheva], die Groot Hoer is ‘n vals godsdienstige
stelsel wat vir Jesus verkoop op die straathoeke en in die grootste geboue wat
op aarde gebou is. Hulle verkoop Jesus vir dollers en gee vir die kinders brood,
terwyl hulle hul meer kon voed. Maar hulle soek die weelde van die dollers van
die mense en hulle voer die kinders melk en die melk het selfs swakker geword
terwyl die gulsigheid toeneem. Alhoewel die pastore, baie van hulle die vleis en
gewigtige kwessies het aangaande die woord binne-in hulle en in hulle harte,
deel hulle dit nie vir hierdie rede. Hulle is bang om die mense aanstoot te gee
en die volgelinge te verloor en die geld te verloor wat die geboue en programme
en so aan ondersteun.
Wel dit is ‘n groot sonde en ‘n groot stank in die neusholtes van God. Hoe
behoort dit die uitsondering te wees waar die ware Apostels en Profete werk om
hulleself te onderhou met klein groepies volgelinge terwyl die vals huurlinge
van die Afvallige kerk hulle sakke vul met die weelde van die kinders. En was
dit nie ook so met Jesus se eerste verskyning nie? Hulle het duiwe in die tempel
gekoop en verkoop. Nou verkoop hulle bandopnames, boeke, beeldjies, aandenkings,
koffie, kos en allerhande dinge en dit nadat hulle die tiendes en die offergawes
opgeneem het. Sal God nie ‘n kerk soos hierdie oordeel nie? Kan God hierdie
boosheid toelaat om aan te hou? Nee, en ‘n duisend keer nee!!! Nou is die woede
van die Here aangesteek teen die geveinste en hy sal haar uit sy mond uitspoeg.
Hy roep steeds die ware bruid om uit die valse ontugvrou kerk uit te kom. Dit
beteken dat as julle in ‘n denominasie is kom uit. Volgers van Luther, kom uit.
Metodiste, kom uit. Presbiteriane kom uit. Kom uit alles uit wat ditself bo die
Here en die ware kerk verhef. Want haar sondes het die hoogtes van die hemel
bereik en die Here onthou haar sondes. En God sal hierdie Hoer grootliks oordeel
wat soos ‘n koningin sit en dink dat sy nooit droefdheid sal sien nie. Hoe durf
sy haarself so verhef. Wie dink sy is sy dat sy en spuit en spoeg en haarself
verklaar as koningin en nie ‘n weduwee sal wees nie! Kom uit haar uit my volk.
Is jy katoliek? Kom uit! Kom uit! Kom uit! Ja die basuin blaas kan julle dit
hoor? Die dae het reeds gevorder. Julle kan nie die Hoer verander nie. Die Hoer
gaan julle verander!
Niemand kan die Hoer verander nie. As dit moontlik was sou die Here haar
verander het. Maar nou gaar sy net die weelde op van MY uitgehongerde kinders en
sy sal haar nie met die weelde en openbarings van my woord voed nie maar het die
sondes van Judas gepleeg wat my vir dertig stukke silwer uitverkoop het. Laat
hom wat ‘n oor het hoor wat die gees sê aan die kerke. Vandag is die dag om te
hoor. Moenie julle harte verhard soos in die dae van versoeking toe die kinders
van Israel in die wildernis geval het omdat hulle nie tevrede was met die ware
brood wat uit die hemel uitgekom het nie. Kom uit. Kom uit Kom uit!!!! So sê die
Here.
*******
Addisionele Uitlegging:
My uitlegging van drome is gewoonlik eenvoudig. Ek hoop ander sal ‘n dieper
betekenis onderskei indien daar een is. Verwoesting gaan vinnig kom, uit die
bloute, almal (behalwe diegene wat dit orkestreer) onverhoeds betrap. Die 4
sirkels verwys terug na die volgende wat op hierdie webwerf geplaas was: [Elisheva
Eliyahu] het wakker geword waar Vader YAHUVEH met haar gepraat het. Dit was op
16 Oktober 1999, ongeveer 7 uur in die oggend…"Binne vier seisoene sal jy weet,
gawe van genesing, geluid van die basuin!" Die 4 sirkels verwys na die Vier
Seisoene [Somer, Lente, Winter, Herfs?]. Daar was eerste aan [Elisheva] gewys
wat aan die einde van die vierde seisoen gaan gebeur. Die feit dat sy dit ‘n
tweede keer gesien het, bevestig hierdie is waarlik ‘n profesie van YAHUVEH wat
wel gaan plaasvind, ook dat daar twee golwe van verwoesting gaan wees. Die
geluid van die basuin (shofar) sal YAHUSHUA se Bruid huis toe roep na veiligheid,
voordat die verwoesting kom, na die BruilofsMaal van die Lam.
Selfs terwyl hierdie storm oor ons land gaan woed, sal hierdie goddelose kerke
aanhou om hulle gemeentes te stroop terwyl hulle aanhou om hulle geestelik uit
te honger. Die vrou is daardie kerk, wat haar uitgehongerde gemeente uit die 2de
verdieping se venster gooi. [Elisheva], verteenwoordig diegene wie die waarheid
leer en wie diegene voed wat na hulle draai vir hulp, (sy) voed die baba wat
honger ly. Sy en die baba was geheel-en-al beskerm teen die radio-aktiwiteit
binne-in haar huis as gevolg van haar getrouheid en gehoorsaamheid aan die
roeping van YAHUSHUA.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 80 Bruid van YAHUSHUA, Bid Dat EK, YAHUVEH, Julle Vyande Stuur na die Parskuip van MY Woede!
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld
gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die ryk en beroemdes wat
hulself Christene noem, selfs op julle luggolwe. Hierdie swyne is in alle
denominasie godsdienste. Soos die Fariseërs nie vir YAHUSHUA verstaan het nie en
HOM dood wou hê, ewemin sal diegene met die gees van godsdiens wat ‘n deel is
van die kerke van Babilon jou nou verstaan. Hulle sal jou Shkhinah Heerlikheid
lig vermy.
Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir die vrede van Jerusalem
op 'n manier wat julle nog nie vantevore gedoen het nie. Besef terwyl julle bid
vir die vrede van Jerusalem, dat julle bid vir die Prins van Vrede wie MY Seun
YAHUSHUA is om SY koms te bespoedig en hierdie aarde te regeer as Koning van
Konings, alles-verwyderend wat onheilig is van hierdie aarde af vir 'n
vasgestelde en bepaalde tyd. Bruid van YAHUSHUA, besef terwyl EK, YAHUVEH, julle
beveel om hierdie te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en
regeer totdat Yisrael grootliks ly nie. Vele geweeklaag, geween, smarte, en
bloed sal voortvloei en net EK, YAHUVEH het vooruit geweet wat dit sou neem om
Yisrael sover te kry om weer te wandel in gehoorsaamheid aan MY Torah Wette wat
EK vir hulle gegee het deur Moses, en om MY, YAHUVEH, lief te hê, waar hulle nie
meer bang is om MY Gewyde Naam voort te spreek waar daar gesalfde Krag is nie.
Hulle sal die leuens bestraf wat oorgedra was aan hulle. Yisrael sal YAHUSHUA
erken as nie alleenlik YAHUVEH se Seun nie maar ook die enigste MASHIACH (Messias).
Hulle sal die Heilige Bloed Offer aanvaar wat YAHUSHUA se geskenk is wat HY
gegee het by Golgota, SY reddende, bevrydende, genesende, opstandingskrag in die
Bloed van die enigste perfekte Lam van YAHUVEH. Yisrael sal nie die Prins van
Vrede weer sien kom na hulle nasie toe totdat hierdie gedoen is nie. satan sal
‘n vals vrede stuur vir 'n kort rukkie om hulle te mislei maar dan sal dit wees
asof Hel losgebreek het rondom hierdie wêreld wanneer daardie kort tydjie verby
is.
Yisrael, julle sal terugkeer na julle Skepper en MY weereens liefhê en
gehoorsaam. Yisrael onthou Koning Dawid van ouds en onthou wat hy gedoen het om
die oorloë wat hy gewen het te oorwin. Hy het homself verneder voor MY, YAHUVEH,
en Lofsang en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Yisraeliete
van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers
begeer wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam. Wanneer Yisrael MY, YAHUVEH, weer
gehoorsaam en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob gedoen het, dan sal EK
teruggee wat by Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos uit die hande van
die vyande.Yisrael is 'n beker van bewende verskrikking vir hierdie ganse wêreld
want dit is waar die eindtyd geveg gestry sal word, goed teen kwaad. satan sal
sy seun stuur om die wêreld te regeer vanaf hierdie een nasie want satan bespot
MY en vervals alles wat EK, YAHUVEH, doen.
EK, YAHUVEH, het MY Seun YAHUSHUA gestuur met MY Gees om siele na die Hemel te
lei en satan stuur sy gees om al diegene te mislei wat sal luister en die gees
sal volg van rebellie teen alles wat waarlik Heilig is, wat hulle na die Hel
lei, hulle verlok met 'n Merk. Soos YAHUSHUA diegene gemerk het wat waarlik aan
HOM behoort, wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie wêreld, so ook het satan diegene gemerk wat aan hom
behoort en sal hulle fisies weer Merk, bewysend diegene wat hom volg het hulle
name in die boek van die vervloektes of die boek van die uitgewistes. Niemand
wat satan se merk neem sal ooit in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie.
Yisrael sal nooit ware vrede ken nie totdat sy sê, “Geseënd is HY wat kom in die
Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.” EK stuur die Bruid van YAHUSHUA nou om te
bemiddel en te bid vir Yisrael en vir mekaar en EK, YAHUVEH, spreek ‘n bruidskat
voort deur hierdie diensmaagd van 'n nuwe salwing aan julle gegee deur YAHUSHUA
vir SY Bruid as hulle kan glo in geloof.
Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo in geloof wat hierdie woord voortpreek,
maar binnekort sal julle selfs nie meer geloof hoef te hê om dit voort te spreek
nie, julle sal weet dat julle weet, want soos Elia van ouds sy vyande verteer
gesien het voor sy oë, so ook sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as
loop van die vyande van heiligheid en nie terug kyk nie.
1 Konings 18:40
Maar ElíYah sê vir hulle: Gryp die profete van Baál! Laat niemand van hulle
vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en ElíYah het hulle afgebring na die
spruit Kieshon en hulle daar geslag.
EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen planeet aarde waar onheiligheid oorvloedig
is. EK, YAHUVEH gee hierdie nuwe outoriteit nou. Wanneer gebid word tot MY in MY
Seun YAHUSHUA se Naam kom onverskrokke voor MY en vra dat Yisrael se vyande in
die parskuip van MY Woede gegooi word. Die tyd kom o so spoedig, so EK waarsku
die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilof Fees van die Lam nou deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA. satan sal sy vals vrede stuur, eerstens om
die ware Prins van Vrede te bespot, pogend om die wêreld te mislei en te Merk
met sy Merk. satan het selfs 'n dag van die week vasgestel vir hierdie Merk om
gegee te word. Diegene met ore om te hoor en luister, Pasop vir die mensgemaakte
Sabbat. EK het MY Profete gestuur om te waarsku die tyd sou kom wanneer almal
moet kies watter GOD hulle sal dien. Daar kom baie binnekort 'n seun van verderf
wat meer gaan doodmaak as julle ergste diktators. Hierdie seun van verderf sal
kom in 'n vorm wat julle nie dink nie. Hierdie seun van verderf sal kom met 'n
haat vir enige iemand wat 'n ander Messias erkenning gee. Hierdie seun van
verderf het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is en YAHUSHUA aanvaar het as
MESSIAS.
1 Johannes 2:18
Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antimessias kom,
bestaan daar ook nou baie antimessiasse, waaruit ons weet dat dit die laaste uur
is.
Johannes 2:22
Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die Messias is? Dit is
die Antimessias wat die Vader en die Seun loën.
1 Johannes 4:3
en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit
YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antimessias waarvan julle gehoor het dat
hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in
die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antimessias.
MY Heiliges sal MY, YAHUVEH, nie verraai nie en ook nie vir YAHUSHUA ha MASHIACH
nie. Net diegene met die gees soos 'n Judas sal die Merk aanvaar asook die
belonings gegee deur satan wat van korte duur is. Yisrael sal altyd staan.
Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, want MY Seun YAHUSHUA sal SY
voete plant op die Olyf Berg en heers en regeer vanuit Jerusalem. EK het 'n eed
afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O maar hoe anders is dit
wel vir diegene wat saamsweer teen Yisrael soos 'n Judas of wie gesê het hulle
sal Yisrael van die aangesig van die kaart afvee. EK, YAHUVEH, is die enigste
een wat die reg het om Yisrael te straf, soos 'n opstandige kind. Diegene met
die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) moderne tyd se Hamas sal maai
watter skade ookal gedoen word aan Yisrael (Ester 8:7).
Terwyl die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir die vrede van Jerusalem,
besef terwyl julle dit doen bespoedig dit alles wat voortbestem was. Die koms
van die seun van satan, wat die seun van verderf genoem word, julle bespoedig
ook die Groot Verdrukking, terwyl julle die koms van YAHUSHUA bespoedig om te
heers en regeer uit Yisrael en te sit in die Heilige Tempel. Wanneer julle sê, "Kom
YAHUSHUA, kom gou," besef die nuwe salwing terwyl julle hierdie woorde
voortspreek in gesalfde gebed. Soos Haman elke Jood wou doodmaak, so ook wil
sataniese heersers op hierdie aarde en hulle sal ook elke Messiaanse Jood wil
doodmaak wat YAHUSHUA aanvaar het as die enigste MESSIAS. Esegiël 9 het reeds
begin. My Heilige Mense word verseël deur MY hand alleen. EK waarsku nou vooraf,
verwoesting is oppad vir die onheiliges en verworpelinge. EK het 'n oorblyfsel
in Yisrael wat weggesteek is en tog deel is van die lede van die Bruid van
YAHUSHUA. Nou is die tyd om op te staan en hierdie een te kontak uit wie EK
hierdie woorde spreek, want julle is een.
Van hierdie jaar af vorentoe, sal julle die verraad sien van hierdie wêreld se
regerings meer as wat julle ooit voorheen gesien het. Wat EK, YAHUVEH, ookal
verklaar het as 'n gruwel vir MY sal gepronk word in MY gesig deur die
verworpelinge vir die ganse wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in
woorde en oorloë met 'n dors vir mag, gierigheid en bloed, met 'n onversadigbare
dors soos bloedsuiers of bloed suiende vampiere, politici wat swak verskonings
maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer. O hoe lank rebelse mense van
hierdie aarde, dink julle kan julle jul vuiste bal vir MY, YAHUVEH, julle
Skepper, en MY Manne en vroue van Heiligheid terwyl julle MY Heilige skrifte
vertrap onder julle voete in bespotting en haat vir alles wat Heilig is? Hoe
lank dink julle sal EK wag voordat julle mense van rebelsheid die lot sal ly van
Sodom en Gomora?
EK, YAHUVEH, het vir julle kanse gegee om te bekeer, veral jy o Amerika, en tog
vermeerder julle sondes net elke gruwel erger as die vorige een. EK, YAHUVEH het
julle geskape, o Yisrael en Amerika om apart gestel en heilig voor MY te wees,
seëninge oor julle en julle land uitgestort en mense het floreer en julle weer
het EK geseën ter wille van julle oeste. Van hierdie jaar af vorentoe, sal EK
die weer draai teen sekere dele van die aarde dit gebruik as 'n vyand teen MY
vyande in 'n groter maat as in 2005. O Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat
geskape was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies in rebellie en
gruwels.
Julle ander nasies het toegekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees,
so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak terwyl EK gepraat en gebrul het
deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogtes, aardbewings, tsunamis
en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond
gestamp het en die aarde laat bewe het in vrees so hewig nou dat die einste
rotasie van die aarde steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei
voete stamp in woede? Nasies wat MY Heilige mense slag asof hulle skape is wat
ter slagting gelei word huil nou vir hulleself wanneer EK die aardbewings en
tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wat geen bloed
op hulle hande gehad het nie, mans vrouens en kinders was en word vermoor as
gevolg van een rede hulle weier om YAHUSHUA ha MASHIACH te verloën wie hulle
Jesus Christus genoem het wie die MESSIAS is en MY, YAHUVEH se enig verwekte
Seun.
Alle nasies insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis
want julle het die lewens geëis en geneem van ware Heilige Christene. En so sal
dit voortgaan na die mense van alle nasies van hierdie aarde. Julle sal maai wat
julle saai; as julle Heiligheid en gehoorsaamheid saai tot MY Heilige Skrifte en
MY, YAHUVEH, julle Skepper stel en YAHUSHUA erken as MY, YAHUVEH se Seun en
julle MESSIAS, sal julle MY seëninge oes uit die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar
wees as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam dat EK, YAHUVEH, julle
sal verlos van MY toorn wat kom veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA wie EK
MY Ester noem.
1 Tessalonisense 5:9
Want Elohiem het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die verlossing te ontvang
deur YAHUSHUA ha MASHIACH.
Hierdie het EK, YAHUVEH, verklaar die van julle wat onheiligheid saai,
verskonings maak om sondige leefstyle te leef, onskuldige bloed te vergiet,
bespotting, rebellie, julle dienskneg kinders van satan wat weier om te bekeer
van julle toorkunste, heksery, voodoo, satanisme, en alle vorms van die okkulte
insluitend nekromansie, in MY parskuip van woede, MY vleismeule, sal julle
ingaan. Julle verworpelinge wat lief is om te moor en oorlog te maak, wie die
geeste aanbid van rebellie, diefstal, dood en verwoesting, moord en gierigheid.
Julle verworpelinge wat stenig, vermoor, martel, wat MY Heilige Saad aanval en
in die tronk gooi, hulle forseer om martelaars te word, binne-in MY, YAHUVEH se
parskuip van woede, binne-in MY vleismeule sal julle gaan.
Openbaring 19:15
En uit SY mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY
sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en HY trap die parskuip van die wyn van die
grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.
EK, YAHUVEH, sal diegene seën wat 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en diegene wat
MY Kinders van Heiligheid seën. EK, YAHUVEH, sal diegene vervloek wat 'n
vervloeking is vir MY en MY Geliefde Seun YAHUSHUA en EK sal MY vloeke stuur van
Deuteronomium 28 oor al diegene wat skade berokken of die vernietiging en dood
wil hê van YAHUSHUA se Bruid, MY Ester. EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën
met Deuteronomium 28 seëninge gereserveer vir YAHUSHUA se Bruid, wie die RUACH
ha KODESH Heilige Vuur openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware
apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vloeke stuur van Deuteronomium 28
oor almal wat beweer hulle dien MY Seun YAHUSHUA maar in plaas daarvan in woord
en daad satan dien en weier om MY te gehoorsaam en 'n vervalsing van die salwing
openbaar wat vreemde vuur genoem word en hulle siele verkoop het soos 'n Esau
vir roem en rykdom, wie MY Heilige Skrifte inboet, dwaling en die duiwelse
leerstellings onderrig.
Die volheid van MY RUACH ha KODESH word nie gevind in enige bedienaar wat inboet
wat hulle weet is waar nie of skrifte en MY gebooie verdraai om gelykvormig te
word om die mens te behaag of die Regerings van hierdie wêreld nie. Moenie
mislei word nie. EK, YAHUVEH, het MY nie bedink oor wat sonde is of waar
onbekeerde sondaars die ewigheid spandeer nie. Julle sedes en interpretasie van
sonde mag verander maar EK is wie EK is en EK, YAHUVEH, verander nie en ook doen
MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH, het die twee tablette van wette geskryf
genaamd die gebooie in klip met MY eie vurige vinger hulle gegraveer en EK het
hulle oorhandig aan Moses (Moshe). Dwase om te dink EK het MY Seun YAHUSHUA
gestuur uit die Hemel om hierdie wette te verander insluitend die wette van MY
Sabbat Dag.
In 2006 en hierna, sal MY Heilige mense groei in Heiligheid hard daarna strewe
om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, te gehoorsaam, lief te hê en te dien in alle
weë. MY Heilige Mense sal nie ‘n kompromie aangaan met die vyand nie. Die Bruid
van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om hulle te beroep op MY, YAHUVEH, in
YAHUSHUA se Naam en MY te vra om die demone wat hulle teister binne-in MY
Hemelse parskuip van woede te sit genoem MY vleismeule, demone wat gestuur was
wat julle teister of julle verloste geliefdes of die verloste mense. Julle was
'n mandaat gegee om te bemiddel in gebed vir bevryding.
Bruid van YAHUSHUA, roep MY aan om julle te bevry van die menslike diensknegte
van satan wat julle dood en vernietiging wil hê. Kom voor MY troon met
vrymoedigheid en sonder sonde en vra MY in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, om MY
julle Abba YAHUVEH in YAHUSHUA ha MASHIACH te vra om hierdie verworpeling vyande
van MY en van julle in MY vleismeule, die Parskuip van MY Woede te sit. Diegene
wat waag om hulle vloeke, towerspel en heksery te werp en allerhande boosheid
doen om te probeer om die Bruid van YAHUSHUA wat MY verseëldes is seer te maak
te verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die
Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle fynmaal in sewe verskillende rigtings.
Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem wanneer hierdie menslike dienaars
van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande
maar lewer hulle oor in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in
MY, YAHUVEH se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie maar laat EK, YAHUVEH,
wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH, sal al julle verworpeling vyande se verstand,
liggaam, gees en siel, fymaal. Daar sal niks oor wees nie behalwe die geluid van
krakende bene wanneer EK, YAHUVEH, klaar is met hulle op aarde. Enige vyand van
die Bruid van YAHUSHUA is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH. Sommige van hierdie vyande proklameer die naam van Jesus Christus en tog
is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Hulle is werkers van onheil,
wat net hulself flous.
Sommige wat hierdie lees sal sê, "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê vir
julle dit; julle dade spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA
aanbid, bemin en bewonder MY en MY Seun YAHUSHUA (bemin ons bo al die ander),
verlangend na ons wil in hulle lewens en bid hoe om ONS te dien en ONS te behaag,
hoe om 'n glimlag op die gesig te sit van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle weier om ‘n
kompromie aan te gaan; hulle weier om satan se leuens te glo. Die Bruid van
YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam soos uitgestippel in die Heilige
Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe Heilige lewens want hulle is Heilig.
Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA terwyl hulle MY Sabbat hou en eer en die
Heilige Feeste beskou as 'n seën, en hulle vier en YAHUSHUA MESSIAS hulle
Bruidegom erken in almal van hulle.
Van hierdie dag af vorentoe beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van nuuts,
om die Fees van Purim te vier en vrolik te wees. Vier fees en loof MY vir die
verlossing van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloedlyn van YAHUSHUA
voortgekom het? Daar sou nie enige Hebreërs op die aangesig van die aarde oor
gewees het as Haman geslaag het nie. Wat Haman eenkeer probeer doen het sal weer
gepoog word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en
gelowiges in YAHUSHUA. Daardie selfde Gees het weer gekom deur die Gees van
Hitler, so sal dit weer gedoen word, wanneer die seun van verderf kom, wie die
seun van satan is. Bruid van YAHUSHUA, bestudeer die boek van Ester.
Bruid van YAHUSHUA, wees weer verbly, EK, YAHUVEH, sê wees bly. Hierdie is die
Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor
julle vyande, die verworpelinge en heidene nie. Want diegene wat MY Seun
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet, dien en gehoorsaam, julle is gered en
gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA en julle is nie bestem vir MY woede nie,
maar in plaas daarvan sal julle geseën word as julle maar net, in geloof, glo
julle sal jul Jubeljaar ontvang.
Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met broos, sieklike of verouderde
liggame wat oud geword het voor hul tyd, as gevolg van konstante fisiese,
emosionele, geestelike aanvalle en aanslae van satan se dienskneg kinders of
demoniese geeste. Julle vyande het julle uitgemergel fisies en verstandelik tog
geestelik hou julle aan groei en word sterker in YAHUSHUA se Naam en deur SY
gestorte Bloed by Golgota.
Wees bly Bruid van YAHUSHUA baie binnekort nou sal julle weggevoer word om
YAHUSHUA lewendig te ontmoet in die lug en julle liggame sal verander word in 'n
oomblik, in ‘n oogwink. En wanneer julle terugkom, sal julle nie meer verhinder
word in brose aardse werktuie van klei nie, maar in plaas daarvan bonatuurlik in
krag, jeuglike voorkoms en gesond op elke manier. Niks sal ontmoontlik wees vir
julle nie.
Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon. As julle kos wil eet kan julle
eet soveel as wat julle wil tog is kos nie dit wat julle voeding sal gee nie. In
plaas daarvan sal die salwing van die RUACH ha KODESH julle voed. Elke
Geestelike Woord wat uit jul mond kom deur die Heilige Skrifte sal julle voed.
Matheus 4:4
Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe
nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.
Lukas 4:4
Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van
brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.
As julle wil slaap kan julle, maar slaap sal nie nodig wees om julle kragte te
herwin nie.
Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die
arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Geen tronk tralies sal julle binne hou nie; geen deure sal julle verhinder om te
gaan waarheen EK vir julle sê om te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar
kan wees soos julle dit wil hê; julle kan verskeie vorms aanneem soos julle dit
wil. Geen afstand sal onmoontlik wees nie selfs al is dit Hemel toe of 'n ander
planeet of na die uit-eindes van die wêreld of selfs die maan. Dit sal so maklik
wees as om te dink aan 'n plek en julle sal arriveer. Geen man, vrou, demoon,
nie eens satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waarheen YAHUVEH en
YAHUSHUA vir julle sê om te gaan nie.
Johannes 20:19
En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die
dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom
en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
Julle sal wees soos Elia en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame
hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie behalwe vir MY Twee Getuies
tydens daardie skriftuurlike tyd deur 'n bonatuurlike wapen uit die bodemlose
put geïnspireer deur satan. Maar 3 en 1/2 dae later sal MY Twee Getuies weer
lewe in daardie Verheerlikte Liggaam en sal opgeneem word om by YAHUSHUA ha
MASHIACH die Bruidegom te wees.
Geliefde kinders, moenie vermoeid raak in goed doen en in gehoorsaamheid aan MY,
YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA nie hetsy julle die Bruid is of die Gaste.
Geseënd is al diegene wat genooi is na die Bruilof Fees van die Lam. Soos julle
sien, die bose groei met rasse skrede. Dit bespoedig net YAHUSHUA se wederkoms.
Terwyl julle die onheilige ryk en beroemdes sien wat blote mans en vrouens is
wat niks meer as illusies is nie, afgode van hierdie wêreld wat vergeet hulle
liggame is maar net van stof gemaak in MY hande en in MY tydsberekening sal EK
hulle klei liggame terugstuur tot stof weereens. Tog sal hulle geestelike
liggame ly vir ewig in die Hel en dan in die Poel van Vuur vir die sondes wat
hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So beny hulle nie.
Moenie mislei word nie, want daar is ‘n ewige prys om te betaal wanneer julle
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH bespot. Dit is soos om 'n naald te probeer steek in MY,
YAHUVEH se oog en EK sal vergeld. En EK sal hulle fynmaal onder MY voete
maalvleis maak van hulle lewens tot en met hulle laaste asem op hierdie aarde.
Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede voel in die Hel en die
Poel van Vuur. EK, YAHUVEH, verdedig MY Seun YAHUSHUA se Bruid die verloste
verseëldes op 'n manier wat EK nog nie vantevore gedoen het nie.
Want dit is op hierdie bestemde eindtyd en uur op 14 Januarie 2006, waar EK vir
Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] wakker gemaak het en vir haar gesê het nadat
'n menslike vyand wou kom vir haar terwyl sy geslaap het pogend om haar dood te
maak deur die geestes ryk, om te bid tot MY en MY te vra om haar verworpeling
vyande te stuur na MY Parskuip van woede ook genoem MY Vleismeule. EK het haar
gesalf gedurende gebed saam met haar [huishouding] nie net vir hulle nie, maar
vir die ganse ware Bruid van YAHUSHUA hulle het ook outoriteit om MY te vra om
dieselfde te doen.
Genoeg is genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA is nie bedoel om ondervoet vertrap te
word deur die dienskneg kinders van satan nie. EK, YAHUVEH, gee hierdie nuwe
salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienskneg kinders van satan en die bruid
van satan, wat die Bruid van YAHUSHUA aanval, sal die vloeke van Deuteronomium
28 'n duisendvoudig maai en hulle dra soos 'n tweede vel. Hulle sal weeklaag in
sielesmart en sê, “As dit nie was vir slegte geluk nie, het ons hoegenaamd geen
geluk gehad nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA
onder MY voete vertrap en julle bloed sal vloei soos ‘n karmosyn rivier terwyl
EK, YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA in die parskuip van MY woede
insit.
Lede van die Bruid van YAHUSHUA, julle was 'n unieke salwing gegee. EK gee
hierdie salwing aan vir julle, deur YAHUSHUA se “Ringmaiden” Elisabeth Elijah [Elisheva
Eliyahu] dit te laat voortspreek deur gesalfde gebede en geskrewe woorde. Lede
van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe outoriteit
onverskrokke te glo en te ontvang wat EK, YAHUVEH, vir julle gee sal EK julle
onverskrokke verlos van julle en MY vyande op 'n manier wat julle nog nie
voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK die demone
wat julle teister, nie sal stuur in YAHUVEH se vleismeule in nie wat die
parskuip van MY woede is, waar EK hulle tot niet sal maak.
Bruid van YAHUSHUA, EK gee vir julle hierdie nuwe outoriteit en nuwe salwing
hierdie dag wanneer julle MY vra in YAHUSHUA se Naam nie net ter wille van julle
gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael. Hoeveel sal kies om
hierdie standaard te aanvaar teen die bose in hierdie wêreld? Dit is julle keuse.
Dit is alleenlik gereserveer vir die Bruid van YAHUSHUA. Alle ander wat hiervoor
bid sal geweier word.
Aanstootlik vir sommiges wat weier om te luister, ophelderend vir ander wie die
stem hoor van YAHUVEH.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Profesie 103 Ek, YAHUVEH, Oordeel Julle Volgens Julle Vrugte!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * *
Elisheva: Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom. Julle weet 'n
Profeet is iemand wat YAHUVEH vertrou met SY Geheime maar dit sou niks baat om
hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek veronderstel is om
hierdie met diegene te deel wat waarlik, waarlik daarna strewe om ons Geliefde
YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha KODESH, ons
IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag.
Ek het hierdie droom gehad (twee maal) agtermekaar en ek het dieselfde ding
gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie
ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos ons in Amerika volgens die
alfabet gradeer, A, B, C, D, E, F, nie Nee, HY het 'n hoër manier wat HY gradeer
en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer volgens persentasie heel
eerste, volgens die persentasie van die tyd wat ons HOM gehoorsaam, volgens die
gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit weer sê :
Volgens ons werkverrigting, volgens hoe vinnig ons verrig en die gesindheid wat
ons openbaar wanneer ons vir HOM werk verrig, wanneer ons HOM dien, wanneer ons
gehoorsaam.
Julle sien, ons word gegradeer op ons verslagkaarte, en my hand begin bewe, deur
ons gehoorsaamheid. Al drie van hulle gesamentlik. HY neem daardie telling en HY
neem 'n persentasie en twee keer, agtermekaar het ek [‘n] Verslagkaart gesien.
Dit was 93% Ek glo dat die Bruid weggeraap word van hier-uit, want net soos
Henog en ek was herinner hieraan en 'n Woord het begin voortkom omdat ek probeer
het om alles te snap wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe weet ek hy
het 100% gehad? Want Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem. Hy het die dood nie
gesien nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag]
HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% verwag Bruid! Ons is nie hier weg nie voordat ons
100% bereik nie! So.....elke keer wanneer ek 'n Boodskap ontvang dat die Bruid
nog nie gereed is nie, probeer ons om ons punte-telling te verbeter. Terwyl ek
hierdie bepeins het, en deel van my graad, ek het nie my Verslagkaart gesien nie,
maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n droom sal voortspreek,
selfs al dink ek dit is iets wat ek dink iemand nie te ingenome mee gaan wees
nie.
Ons sal nie 100% kry nie totdat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy
weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.
Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen."
Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat
ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp,
maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit
doen” (wrewelrig). Raai wat mense julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit sê
ons moet dit met blydskap doen soos vir die Here.
Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle
gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle
sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n
plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie
regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees.
Hierdie is wat ons doen 24 uur per dag. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH
te dien, om SY Skape en Lammers te voed.
Hierdie webwerf gee julle nie net iets wat net woorde alleen is nie, wat nie
mooi is om na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig
meer te doen waarvoor julle selfs vra en julle het die prag daarvan. Nou selfs
vir diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister
na die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons
probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te
doen wat HY mý beveel het om te doen.
Byna 14 jaar gelede, toe ek eers op die Internet gekom het, voor die hele wêreld,
waar HY my genoem het 'n "Profeet vir die uithoeke van die aarde – voordat ek
HOM gedien het, maar dit was nie [soos dit nie] – toe ek op daardie Internet
gekom het [is dit] wat dit geword het. Dit is toe HY gesê het ek moet hierdie
geharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig.
OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan
julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid nie.
My verantwoordelikheid soos HY vir my 'n droom gegee het en vir my gesê het, en
HY hoorbaar met my gepraat het en vir my gesê het, "Voed MY skape." So, ons doen
die beste wat ons kan doen om julle te vermaak sowel as om julle in te lig. Maar
hoe min van julle wys selfs julle waardering, maar dit maak regtig nie saak nie,
want ons werkverrigtings-graad word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons
werkverrigtings-graad word uit die Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH
en ek dank U. U het tweekeer vir my die droom gegee en U het gesê U gaan selfs
my werkverrigting gradeer oor hoe vinnig ek die droom sou vertel.
Die elementêre dinge gedaan–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê]
“Goed jy het tot hier gevorder. Nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”
So wanneer YAHUVEH sê, "Gaan jy hom [die mens] gehoorsaam of gaan jy MY
gehoorsaam?" sê ek vir julle ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is
100% Bruid. Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds
hier so ek weet dit is nog nie 100% nie.
[Elisheva praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U, dank U vir
daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand, niemand, niemand
het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit vir U mense te gee,
om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle verlang en verwag.
Profetiese Woord Begin:
O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, wanneer jy eers YAHUSHUA jou geliefde
MASHIACH aanvaar in jou hart, in julle lewens en HOM eerste stel in jou liefde,
begin jy deur te strewe om die Tien Gebooie, die Tien Wette te gehoorsaam. Maar
dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees julle Heilig want EK is Heilig."
Elke dag is dit waarna julle strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is
dit asof julle in julle aardse kollege kom vir julle Meestersgraad want julle
wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle vir wie daardie Hemelse diploma
oorhandig word op daardie dag dit is wanneer julle sal wees soos ‘n Henog vir MY
en julle sal opgeraap word om MY te ontmoet in die lug.
Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK
gradeer volgens persentasie, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig
julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar deur watter
gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam en
die graad van die werkverrigting, hoe volkome julle MY gehoorsaam.
Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir
julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer
EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun gooi julle net vir hulle jul
oorskiet kleingeld soos julle 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie sou gee? Maak
julle seker dat die profete wat bedien vir julle, wat julle voed, gevoed en
gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly net in een
plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê hulle moet aanbeweeg. Weet julle hoe baie
keer moes hulle alles agterlaat? Hoeveel van julle sou 'n lewe kon lei soos
hierdie? Hoeveel sou gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agterlaat
in 'n land wat hulle nooit weer sal sien nie omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit
is nie deur MY Hand dat hulle ooit sal terugkeer nie. Elkeen, elkeen, elkeen,
wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Enig Verwekte
Seun van YAHUVEH noem, behoort elke dag te strewe om MY, YAHUVEH te behaag.
Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een
begeerte gehad dat HY MY, YAHUVEH behaag. Konstant het HY julle daaraan herinner
dat die dinge wat HY gedoen het, HY gedoen het om MY, YAHUVEH te behaag. Hierdie
is wat MY Bruid doen. Hierdie is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die nuwe baba
bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool maar net soos 'n kind in die
laerskool na die nuwe graad wil gaan, so ook, behoort julle te strewe.
Onthou vir Henog. Vra MY. Raak eerlik met MY en EK sal vir julle jul
persentasiegraad wys. Hierdie is nie vir julle om opgepof te raak in trots nie
want niemand, niemand, niemand, nie eers die Ringmaagd wat hier praat het al
100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Enig Verwekte Seun sê, "Gaan haal JOU
Bruid," sal diegene wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet daardie
dag weet hulle het 100% behaal van MY tevredenheid.
Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net sal inkom in die
Hemel met hulle laaste asem. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien
Gebooie te hou, Heilig voor MY te leef op daardie manier. Op daardie dag sal
hulle in die Paradys wees. Maar julle sien daar is vlakke tot die Hemel en die
Bruid se enigste begeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer in te
kom. Hulle is die 100 persenters.
EK oordeel jou volgens die persentasie van die tyd wat jy MY gehoorsaam,
weereens hoe vinnig jy MY gehoorsaam. Gee jy vir MY jou beste? Of kom jy net-net
daarby? O hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels gooi na MY toe.
Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel jou hart. Ek luister nie net na jou mond nie,
EK weet wanneer jy wrewelrig iets vir MY doen of wanneer jy jubel. Net soos wat
EK diegene opgerig het om helpers te wees vir hierdie Bediening, jy het begin as
'n vriend vir hierdie Bediening. Jy was biddend en het gebid en gebid as ‘n nuwe
bekeerling begeerlik om YAHUSHUA meer te behaag elke dag en het gesê "ABBA
YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help, wat kan ek doen om my
lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee vir my 'n werk ABBA YAHUVEH. Maak my
lewe dit werd om te leef." So EK gee vir jou 'n werk.
Ek praat met die een wat gewoonlik die pos hanteer het van hierdie Bediening. Ek
het vir jou 'n werk gegee. Jy het begin met blydskap. Jy het begin dat jy nie
genoeg kon doen nie, om te weet die pos moet aangestuur word bring ‘n werk mee,
'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Diegene wat die pos hanteer, diegene
wat die finansies hanteer word skroomlik beproef. Diegene wat aangesê word om
van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word skroomlik
beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die werk wat EK
vir jou gegee het om te doen?
Sommige het gesteel, diegene wat EK vir [Elisheva] gesê het sy kon vertrou het
verraai, want op die tydstip wat EK dit spreek kan hulle vertrou word. Maar EK
het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar diegene binne-in haar huishouding het EK
gesê kan ten volle vertrou word. Julle ken julle name. Daar is diegene in
YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige Gebeds-Vegter Intersessors, hulle staan
in die Voorste Linies, hulle kan op staat gemaak word om te vas en te bid, om
Heilig te leef voor MY, hulle kan vertrou word op hierdie tydstip.
O hoeveel rou EK oor diegene wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n
werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir
hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle
begin met die regte gesindheid en dan word die beproewinge te moeilik en hulle
vlees staan op en hulle gooi die werk terug in MY gesig en hulle verraai hierdie
Bediening weereens. Weet jy nie, EK oordeel jou hiervoor? EK oordeel jou einste
hart.
Elke keer wat jy daardie brief van ondersteuning uitskryf, oordeel EK jou en die
persentasie. Wanneer 'n Woord voortkom wat die vlees aanstoot gee, net soos
hierdie Woord gaan doen, oordeel EK jou hart. Bedank jy MY? Bedank jy die
Boodskapper? Plaas jy aksie agter jou woorde? Doen jy enigiets om hierdie
Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel jou, want jy sien, die Heilige Skrifte
sê, jy word aanspreeklik gehou vir wat jy weet. (Is jy) bang om jou geliefdes se
vlees aanstoot te gee, jou bure se vlees, vreemdelinge se vlees meer as wat jy
bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee?
Praat jy reguit en spreek uit teen homoseksualiteit, dit wat 'n gruwel is wat
julle "selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! satan spot MY
hierdeur!
Verdedig jy die ongeborenes? Staan jy op vir sedelikheid? Vir wie het jy gestem
gedurende die 2008 verkiesings? Skik jy met sonde?
EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle staan
voor MY Troon en die Boek van Lewe word geopen, daar sal ook jou graad wees.
Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom
te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is
om jou graad te hanteer, en dit jou nie sal ontmoedig of jou laat ophou probeer
nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe neer te lê
vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy was en watter
gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY Geliefde Seun deel.
Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening? Aangesien jy hierdie
Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou aanspreeklik gehou. Staan jy op
en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou vriende, waarheen hulle kan gaan om
die Waarheid te hoor wat direk uit die Hemel kom?
EK het julle so lief. Vir diegene wat slegs in die laerskool is, julle ABBA
YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle
lewe gegee vir YAHUSHUA julle MASHIACH. Maar julle kan nie in die laerskool stop
nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle
moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe.
Strewe. Strewe om Heilig te wees in alle gevalle want EK verwag meer in hierdie
Eindtye. Aan jou vrug ken EK jou. Aan jou vrug sal die ander Heiliges jou ken.
Aan jou vrug, gradeer EK jou vir die persentasie van jou vrug, hoeveel is goed
en hoeveel is sleg.
Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY
beste. Hulle is verniel en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar
in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie
kneusing gevat, hulle het daardie vernieling gevat vir SY Naams ontwil en hulle
is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.
En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. O,
maar julle vernieling en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring
14 Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die
Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe
julle elke dag om te wees.
So nou, deel EK hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit vrygestel het
nie. So loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK
dit met jou deel, maar weereens, EK doen hierdie nie om een te vergelyk met ‘n
ander nie want as EK dink jy sal opgepof raak met trots, omdat EK, YAHUVEH jou
hart en gedagte ken, sal EK nie vir jou vertel nie. As EK dink hierdie sal
gebruik word om jou in die grond in te slaan deur satan en as jy is nie instaat
is om dit te hanteer nie, sal EK jou nie vertel nie. Maar jy het niks om te
verloor nie, vra MY net.
Onthou dit, almal van julle wat behoort aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY
Enig Verwekte Seun, is almal ‘n werk in wording. Julle almal bewerk jul pad
terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg maar dit is nie julle
werke wat julle in die Hemel gebring het buiten gehoorsaamheid aan die Tien
Wette nie, dit is YAHUSHUA se werk by Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir
julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die
Hemel bring sodat geen mens kan roem nie.
Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK hulle noem, is nie
vir julle om te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is tot die graad
wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur julle te
werk dat julle gradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan onderhou is
julle maar net in die laerskool en as dit die enigste graadgemiddelde is wat
julle kan kry, sal EK julle in die Paradys sien, die eerste vlak van die Hemel.
Dit is waar die dief wat bekeer het heengegaan het by Golgota. Dit is hoekom
YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY
gedoen nie behalwe dat hy YAHUSHUA erken het, MY Enig Verwekte Seun as die Seun
van YAHUVEH en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom ontmoet
in die Paradys. Maar hy was die eerste een wat bekeer het voor YAHUSHUA opgevaar
het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan
herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal
maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die
Paradys.
So nou, MY Dierbares, wees bemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH, julle
gradeer en aan julle vrug ken EK julle. Aan die vrugte van hierdie Bediening,
ken julle dit, want julle weet dit was ‘n seën vir julle en hierdie dag het EK
vir julle vars manna gegee uit die Hemel om te eet en nuwe wyn in julle
uitgegiet en julle het goeie vrugte geëet, vir diegene wat waarlik behoort aan
MY Enig Verwekte Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH. Vir sommige van julle het die
werk pas begin, vir sommige van julle kom julle werk tot 'n einde. Vra vir MY
jou graad en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK jou vertel.
Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n dissipel kon word van
YAHUSHUA, wat geglo het hy was waardig om die Dissipel te wees van YAHUSHUA.
YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het (en gee dit) aan
die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het gekyk na
hierdie rykman se hart want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter
as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiële dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie
gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie, en hy
het jammerlik weggegaan, want 'n mens kan nie twee meesters dien nie, hy sal die
een haat en die ander liefhê.
YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was jy gewillig
om alles neer te lê? Toe EK verdeel het met MY Goddelike Hand huwelike wat EK
nie georden het nie, waar julle ongelyk gejuk was, wat is julle gesindheid? EK
het dit gedoen vir julle eie beswil terwyl hulle hulself gejuk het aan satan en
sy leuens. Hoeveel erger af sal dit wees in die Groot Verdrukking, die Tyd van
Jakob se Benoudheid, waar daardie verraad die ander Heilige een se lewe sal kos,
wat was jou gesindheid? Het jy 'n "Ag ellendige ek," gesindheid? Het jy 'n
brommende, kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken jou vrug, daaraan
oordeel EK jou.
Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webblad by “Five Doves”,
hoeveel skade het julle aangerig en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou
julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel
vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en
julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so
opgepof in trots.
Julle sê, "Voordat verwoesting gebeur met Amerika, voordat enige oorlog kan
uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees
want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die
aangesig van hierdie aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas,
dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY
Seun YAHUSHUA, Amerikaners liewer het as die res van die wêreld?! Waar kry julle
hierdie idees vandaan?
In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en
misleidende gees het gespreek uit jou droom, jou visie, jou openbaring,” waar
was die bestrawwing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestrawwing vir Jim
Bramlett? En al die ander wat vals gespreek het? Wat is fout Jim? Jy sal dit nie
plaas nie. Jy sal dit nie erken nie. Hoe baie was afgetakel? Hoeveel was verleë,
verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was? Pastoor
Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik by “Five Doves”, dit is
nie genoeg om net in die laerskool te wees, noem dit grammatika, kleuterskool,
in jou oë, voorskool. Wanneer iemand net vir YAHUSHUA aanvaar is hulle in
voorskool. Hulle het nog nie eens begin om die Tien Wette te gehoorsaam nie tog
waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee 'n datum
wat nie kom nie.
Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die
Waarheid uitspreek en vrees om geen man of vrou aanstoot te gee nie. Julle moet
Heilig leef. Julle moet Heilig wees. Julle moet strewe om Heilig te wees anders
sal julle nie die Hemel sien nie.
Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan gaan en dink julle sal nie
inval nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is
so opgepof in trots, julle dink dat oorlog nooit na julle kuslyn toe sal kom nie.
Julle sê, “Ek is die vernaamste nasie!" Maar EK kyk na jou, o, Amerika, EK kyk
na die een wat jy so pas verkies het as president en dit was nie deur MY hand
nie maar EK het jou keuse toegelaat want die een wat jy verkies het wys die gees
in Amerika en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE HOEVEELHEID VAN
DIE STANK VAN SONDE!
En Amerika, jy wat eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, jy wat eens
gestaan het teen die diktators van hierdie wêreld, nou het jy, self, sopas 'n
diktator van diktators verkies. Jy, self, het sopas 'n president verkies wat
staan vir alles wat EK haat!
Geniet jou verdoemenis Amerika. Huil en treur, O Amerika. O, julle kerke, wat
Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimhouers, sal nou
die Withuis vul. EK het geprofeteer deur hierdie Ringmaagd. EK het julle
gewaarsku oor die bose geheimhouers. (Lees Profesie 51 oor die bose geheimhouers).
Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisheva) toe gekom en gesê “Wie is
die bose geheimhouers? Watse bose geheime?” EK vertel nie vir haar alles nie
want hierdie is geprofeteer lank vooruit voordat die geheime selfs vrygestel
was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is slegs een weg in die
Hemel in. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se Bloed en Naam.
Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle vertel daar is
ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey se goedkeuring
van ‘n vals nuwe evangelie genaamd “The Secret”)
Julle beter wegkruip want nou vat die een wat so pas verkies is tot president
daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle
sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies en selfs diegene
wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van Lewe, julle het deelgeneem
hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie, wetende sy
agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê....
Julle sal sien hoe dit is om te lewe onder 'n diktatorskap. In die vorige
verkiesings het EK vir julle gesê dat Bush die geringer van twee booshede was.
EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore sou inkom. Die doodskampe vir die
Christene sou vol gewees het maar EK het vir Amerika meer tyd gegee.
EK het die Verenigde Koninkryk (U.K.) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor
Harry Potter. Die toordery deurtrék nou, nie net in huise nie, maar in nasies.
EK waarsku voor EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie? Hoeveel van julle
wat julself Christen noem lees nogsteeds die Harry Potter boeke vir julle
kinders? So moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie sien en die
ergste sonde manifesteer in julle kinders, die kleinste van die kleuters nie.
EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer julle sien
verwoesting kom na julle nasie toe deur nie op te staan vir Heiligheid nie.
Hierdie is die Eindtye en aan julle vrug ken EK julle. Aan elke nasie, aan elke
leier, ken EK julle. Hoeveel is net nikswerd, vrot stank in MY neusgate!
Aan diegene wat MY gehoorsaam, aan diegene wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle
Geliefde RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste stel in julle lewe en julle
liefde, moenie stilbly nie.
Hulle (Homoseksualiste, Lesbieërs en ander) marsjeer en betoog in die strate en
sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te
word as lesbieërs en gays. Dis ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders het
nooit dit bedoel wat daardie Konstitusie geskryf het nie. Julle het geen regte
in MY oë nie! Julle wie hierdie promoveer is 'n gruwel! Julle sal die lot
ondergaan van 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede ook vernietig. Julle het
geen regte buiten die hel as julle nie bekeer nie. EK oordeel julle aan julle
vrug. Aan julle vrug ken EK julle.
Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om
uit te spreek teen hierdie gruweldaad! Vir die van julle wat dit gedoen het, en
gestaan het teen aborsie EK sal ekstra genade hê oor julle. Want weet julle nie
vir elke baba wat geaborteer word, word hierdie gedoen as 'n offer aan satan nie!
Hierdie word gelê voor die voete van Molok! Onskuldige, onskuldige, onskuldige,
onskuldige bloed word vergiet! Daar is niks onskuldiger as die ongeborene nie!
Vir die van julle wat dit gedoen het, vir die van julle wat hierdie goedkeur, as
julle nie bekeer en wegdraai van hierdie boosheid nie, vir ewig sal julle die
geskreeu van die onskuldiges hoor terwyl hulle vermoor was in die ma se
baarmoeder!
EK, YAHUVEH het hulle stille geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY.
Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wat opstaan en sê, “Die vrou het
die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As
julle nie gehoereer het nie sou hierdie nie gebeur het nie! Dit is julle, julle
moeders wat die keuse het! Dit is julle, wat julself vaders noem, wat 'n keuse
gehad het!
Herlees die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moord
sou begin by die ongeborenes, vermetel om hulle níé mense te noem nie. Waar is
hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is
hulle reg om te lewe? Waarom het julle dit weggeneem? Waarom sou julle 'n
president verkies wat een stap verder gaan in die gruwel en gedoen het wat
niemand gewaag het om voorheen te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie
oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moet dit nie
aanraak nie, laat dit ly in doodsangs en laat dit sterf.”
Dit is die hart van die een wat julle verkies het as president. Wat dink julle
gaan met julle gebeur? Huil, O treur, o Amerika, want jy het sopas jou ondergang
verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van julle wat
huil en treur, wat weet hierdie is nie Amerika se beste uur nie, bid en vra vir
MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voor die verskrikking Amerika
óórkom, want Amerika, EK ken jou vrug! Aan jou vrug, O Amerika, sal EK jou
oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Hierdie is die tyd
wanneer kwaad goedgepraat word en van goed word gepraat as boosheid.
En nou eindig EK hierdie sprekend tot MY Geliefde Kinders. Nou eindig EK hierdie
sprekend tot YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag om
beter grade te maak met MY. Strewe elke dag om MY, YAHUVEH, te behaag sodat
julle ‘n Getuienis kan hê soos Henog. En hierdie word slegs gedoen deur die Naam
en die Bloed van YAHUSHUA, MY Enig Verwekte Seun. Pasop vir enigiemand wat net
die Naam JESUS sê en nou homself 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê het
daar is nog steeds vergifnis, genesing, bevryding, opstandings-krag in die Naam
van JESUS CHRISTUS, pasop en maak seker julle weet van watter Jesus hulle praat.
Dis hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê wat nou met julle praat, dit is
YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Enig Verwekte Seun, gebore uit 'n maagd, wat
gesterf en weer opgestaan het op die derde dag, die enigste losprys vir sonde is
SY gestorte Bloed. Dit is die YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander! En dis
alleenlik, alleenlik, alleenlik deur SY Naam en Bloed is die enigste pad na die
Hemel! So moenie luister na enige iemand wat vir julle anders vertel nie. Daar
is geen ander deur na die Hemel nie! Om te luister na enige ander evangelie sal
julle hel toe lei. (Oprah Winfrey se evangelie).
So het EK gespreek hierdie dag deur MY Ringmaagd weereens. Wat jy doen met
hierdie Woord, hang van jou af. Weet net dat jy geoordeel sal word want EK ken
en EK onderskei jou hart selfs terwyl jy gelees het en jy gehoor het. Is jy
vasbeslote meer as ooit om MY te behaag? Of sal jy jou hande wanhopig in die lug
gooi? EK ken jou vrug. Dit is waarop EK jou gradeer. EK ken jou vrug. Hierdie is
hetsy jy sal weet jy gaan Hemel toe of hel toe. Hierdie is ‘n nuwe dag vir baie
van julle terwyl julle oë oopgemaak was en nou weet julle wat behaag MY,
YAHUVEH.
Einde van Woord.
Elisheva: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde voort te spreek.
Dank U omdat U vir my hierdie droom gegee het agtermekaar. Dank U dat U my
vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U ABBA
YAHUVEH. Dank U. Vir die Heerlikheid van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U
Enig Verwekte SEUN, ons is geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons
loof U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons
asseblief om hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense
opstaan. Laat hulle 'n hulp wees vir hierdie Bediening en nie meer 'n hindernis
nie. O, ABBA YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons
het hulle nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig.
Ons het hulle liefde nodig. Ons het hulle bemoediging nodig. Ons is geëerd om U
te dien ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening vertrou met U
Waarhede. Dank U. Dank U.
Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
9 November 2008
As hierdie Profesie vir jou 'n seën was epos asseblief en laat my weet.
1Thes 4:17
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word
die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees
Jes 40:31
Maar die wat op Yahuveh wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die
arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie
Mal 4:2
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en daar
sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers
uit die stal.
Matteus 25:1-13
1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan
die slaap geraak.
6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê" Miskien sal daar nie genoeg wees vir
ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat
gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.
Judas 1:14-15
14: En Henog; die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê:
Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisentalle.
15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor
al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat
die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.
Openbaring 3:10
10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in
die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde
op die proef te stel.
Matteus 13
24: 'n Ander gelykenis het HY hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die
Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25: Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring
gesaai en weggegaan.
26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid
ook.
27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het
u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die
diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?
29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid
bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die
maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te
verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy
koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid
beoefen.
42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.
Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word
en van elke soort bymekaarbring;
48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en
maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal
uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.
50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
Matteus 20
8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter:
Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by
die eerstes.
9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius
ontvang.
10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook
elkeen 'n dinarius ontvang.
11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer
12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel
met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan
nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?
14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net
soos aan jou.
15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou
oog verkeerd, omdat ek goed is?
16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want
baie is geroep, maar min uitverkies
Matteus 21
40: Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie
landbouers doen:
41: Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat
sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die
regte tyd sal gee.
42: Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen
wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here
gekom en is wonderbaar in ons oë?
43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohiem sal van julle weggeneem en
aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy
val, daardie een sal hy vermorsel.
Matteus 22
1: En Yahushua het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:
2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun
berei het
3: en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en
hulle wou nie kom nie.
4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die
genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag
en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk
land en 'n ander na sy handelsaak.
6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en
daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die
genooides was dit nie werd nie.
9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat
hulle gevind het; slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste
geword.
11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie
'n bruilofskleed aan het nie.
12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed
aan? En hy kon geen woord sê nie.
13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en
werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale:
Markus : 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal
hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek..
Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in
ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot
dade van Elohiem praat.
Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohiem groot maak.
Toe het Petrus begin praat.
Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle
gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer.
1 Kor 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n
ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerlei tale, aan ‘n ander
uitleg van tale.
1 Kor 12:28 En Elohiem het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek
apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna
genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.
1 Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale,
kan almal dit uitlê?
1 Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die
liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
1 Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle
profeteer. want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet
dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
1 Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut
sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur
kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?
1 Kor 14:18 Ek dank my Elohiem dat ek meer in tale praat as julle almal;
1 Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur
ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na MY nie luister nie,
sê Yahuveh.
1 Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die
ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die
gelowiges.
1 Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in
tale praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat
julle kranksinnig is nie?
1 Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat
daar in tale gepraat word nie.