Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
19 Januarie, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie Profetiese Woord het voortgekom terwyl ons gebid het vir een van ons
geliefde seuns in YAHUSHUA. Die hele woord is nie geplaas nie want dit is
persoonlik maar hierdie is deel van daardie woord wat van toepassing is op baie
ander en ons is beveel deur YAH om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie
persoonlike Woorde van YAH is nooit net vir een persoon nie maar vele.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisheva:
Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van
Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor,
as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water,
Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind
jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het
hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die
RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons
onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.
[Praat in Tale] … Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit
skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het
geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde
wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan
manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord
kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van
my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam
van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.
Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.
Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN
KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders,
bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie
Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op
jul aangesigte want die Koning kom!
Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die
KONING KOM! HY kom nie vir diegene wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink
hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY
Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters
wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit
almal ontbreek aan MY Heerlikheid.
Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid
weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie
voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed.
Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die
Fariseërs.
Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is
verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangevoer want die
Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld.
Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in
die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die
tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê
om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die
vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe
het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het
hulle ingesluk.
So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat
hulle huise gesalf het, die wat in MY Woord skuil, die wat daarna strewe om
gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet
dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul
Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes
bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer
julle hierdie aarde verlaat nie.
In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op
waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in
die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe,
versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie
is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam
van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel
nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.
YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die
perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM
nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie
wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY
het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie
Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak
en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam
van YAHUSHUA nie.
Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een
gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer
613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal
word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan
nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan
sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is
geen genade in hom nie.
So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as
Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is,
die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK,
YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur
SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die
vyand te beskaam op baie verskillende maniere.
EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende
kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die
mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood
wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou
in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK
die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware
Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste
stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou
inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun
se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en
diegene wat deur MY geroep is, diegene wat ‘n goddelikheid van binne het.
EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK
waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal
onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs
binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming
van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste
saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om
te staan.
Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste
lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink.
Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig
van die Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself
laat inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat
reg is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat,
want julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat
julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voortspreek soos hierdie
diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.
Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val.
Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle
maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal
Heilig lewe vir MY want EK is Heilig en sal wegvlug selfs van enige verskyning
van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle
wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.
Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat
julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer
skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom
nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.
So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is
op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders,
want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as
julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit
behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!
*******
Elisheva:
So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur.
Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons
besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om
verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n
werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof
hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie
teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy
demone wil nie hê die profeet moet praat nie.
Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien
uit daarna om julle in die Hemel te sien.
In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisheva Eliyahu
Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van
vrees." Lukas 21:26
Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie
bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en
verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem
het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde,
gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om
vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees).
Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra
om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik
vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.
As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die
Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is
en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil
aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en
YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en
wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te
kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou te gebruik vir YAHUVEH
en YAHUSHUA se Eer.
Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek
liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal by Golgota, U het gesterf en
weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart
in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek
gesondig het en ek draai weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U RUACH
ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en leef U
lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U vir my die
begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan.
Dankie dat U my Liefhet en my siel red, my Geloof laat groei sodat ek eendag
saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van
die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal
gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en dat U
gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.
Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis
nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie
alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het
jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en
verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat
jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n
Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te
gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.
Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy
HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie
skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat
jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die
Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het
meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te
ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 16 September 2002
Profesie 106 Ek, YAHUVEH, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!
Die onderstaande uittreksel van Profesie 105, is nie op hierdie audioband nie.
[Die nou ex-webbestuurder] het vergeet om dit op te sit op Profesie 105
oorspronklik. Ons het dit bygevoeg daar en YAHUVEH het vir ons opdrag gegee om
dit op te sit van nou af met elke nuwe Profesie. Dit bewys hierdie Bediening is
van YAHUVEH. As hierdie woorde myne was, soos YAH gesê het, sou dit misluk het
lank gelede.
Vanaf Profesie 105
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jes 42:8).
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende uit 2 Kronieke by te voeg
voor elke Profesie .
2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Die Profesie was opgeneem op audio. Hier is die oorskrywing.
EK het vir julle gesê in 2009 sal enigiets en alles wat geskud kan word geskud
word. Moenie verbaas staan nie, [Elisheva] want julle gaan diegene wat julle die
YDS noem geskud sien, ons sal net sien hoe ferm hulle is van MY, ons sal net
sien hoeveel wil die prys betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien soos
julle gesien het wat gebeur in New Zealand. Dit is maklik, dit is so maklik as
daar geen toetsing is nie, is dit so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH.
Wanneer MY wil egter gaan teen julle wil, sal julle steeds sê, U wil geskied, O
YAHUVEH?
Tot diegene wat weier om heilig te wandel, selfs tot diegene wat EK met MY eie
hand bymekaar gevoeg het, sal EK met MY eie hand verdeel. Nie net in hierdie
huishouding spreek EK voort nie maar tot al diegene wat beweer hulle behoort aan
MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle gelos word in die Groot Verdrukking? Wil julle
hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie enigsins eenvoudiger
maak as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet dat
julle niks anders as stof is nie en deur MY genade het EK daardie stof geneem en
‘n mens geskape en EK het asem ingeblaas in daardie mens in. (Psalm 111:10)
Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet
MY nie (enigsins) langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van
Heiligheid. (Handelinge 5:9)
In die einste midde van die YDS; dit wat EK openbaar het in New Zealand die
boosheid te ontbloot wat weggesteek was, so ook sal EK doen deur diegene wat eis
hulle wil deel wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie
Heilige Bediening, maar jy sien dit is soos jy gesê het geliefde seun Sylvester,
op die oppervlak lyk dit of dit so is. Solank as die leierskap nie weet nie kan
ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, diegene wat EK
die YDS genoem het; diegene wat genooi was na die YDS forum om samekomste te hou,
julle word meer aanspreeklik gehou.
Wees verseker in 2009 sal wat ookal verborge was geopenbaar word. (Mattheus
10:26) Watter sonde julle ookal dink julle weggesteek het, deur die salwing van
die RUACH ha KODESH sal dit geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie
eindtye word die bose boser maar MY Heiliges moet Heiliger word en enigiemand
wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie sal ontbloot
word. EK sal hulle nie toelaat om deel te wees van hierdie Bediening nie. EK sal
dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So nou is dit julle keuse, wie kies julle
regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel?
So jy sien EK het ‘n ander rede [Elisheva] hoekom jy na jou seuns toe moet gaan.
MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie maar jy moet kies,
jy moet kies hierdie dag. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese
vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.
EK skud hierdie ganse wêreld. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17)
Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n
Bekeervolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bekeer nie, dit is iemand
wat bekeer met hulle kop en hulle hart en vasberade om MY nie te mishaag nie. EK
het vir julle (hierdie wêreld), gesê julle is op die rand van ‘n holocaust. Wil
julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle
hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle ruk uit YAHUVEH se hand nie, of
wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil
julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand werp in
die vlamme van die hel?
Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle
hê EK moet julle beraad? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag
en Abednégo, soos hulle gewandel het en hulle in die brandende vuuroond gegooi
was? (Daniël 3). Nogtans, het EK selfs nie dit toegelaat wat hulle gebind het om
verbrand te word nie. EK het nie eens hulle klere toegelaat om geskroei te word
nie, hulle eie klere wat hulle gebind het want julle sien dit was die vyande wat
verbrand was. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het wat
verbrand was. Wil julle wees soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo? Wat geloop het
in die brandende vuuroond maar die 4de man was daar en daardie 4de man is
YAHUSHUA julle MASHIACH.
Wil julle wees soos Daniël toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie geëet
nie al was die leeus rasend-honger. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY
beskerming hê? Wil julle wees soos die weduwee by Sarfat? (1 Konings 17:10) Die
een waarheen EK Elia van Ouds gestuur het. Wanneer dit neerkom op julle laaste
krieseltjie brood, wil julle hê EK moet dit vermenigvuldig vir julle, sodat
julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.
In hierdie jaar soos die mens die tyd merk, sê hulle dit is 2009. Julle sien EK
vra nie net hierdie vrae vir julle nie, EK vra hierdie vrae vir al diegene wat
glo die Waarheid kom voort uit hierdie Bediening en dat EK voortspreek. Wat wil
julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet die Rooi See weer oopmaak sodat
julle veilig kan oorsteek terwyl die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil
julle hê hierdie vyande moet verdrink word sodat hulle jul nie kan seermaak nie?
Wat wil julle hê moet EK doen?
EK is YAHUVEH en deur julle dade sal die hoeveelheid van (julle) beskerming wees.
EK speel nie speletjies nie. Wil julle skuil onder die beskerming van MY vlerke
soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met diegene wat sê
hulle het MY lief. EK praat net met diegene wat sê hulle is gewas in die
gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, MY enig verwekte Seun. EK spreek
hierdie nie voort tot die heidene wie se name nie geskryf is in die Lam se Boek
van Lewe nie. Julle is net geskik vir oordeel. Julle is net geskik vir die hel.
Julle is verworpe. Julle is verwerpte silwer.
Maar EK praat met diegene nou in die jaar wat julle merk as 2009, en EK sê vir
julle, MAAK SKOON JOU HUIS! Jou huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1
Korintiërs 6:19). Jou huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat
MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek uit hierdie Elia van Nuuts en EK spreek
die woorde wat Elia van Ouds gespreek het, kies julle hierdie dag watter God
julle sal dien. Bekeer en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net
woorde hê nie EK wil aksie sien agter daardie woorde. Want geloof sonder werke
is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg
gehad van julle verskonings oor hoekom julle sondig. Watter soort voorbeeld is
julle?
As die wêreld van die verworpeling ‘n hofsitting sou hou vandag, is daar genoeg
bewyse teen jou dat jy MY dien? Dat jy siele bring vir YAHUSHUA? Dat jy Heilig
lewe vir MY? Sal jy moet sê, “Ek pleit skuldig aan al hierdie dinge” want dit is
wat EK verwag? Is jy gewillig om jou lewe neer te lê vir YAHUSHUA soos HY
gewillig was om SY lewe neer te lê vir jou?
Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?
Weet julle nie dat dit die hoogmoediges is wat neergewerp word nie. Trots kom
voor ‘n val. (Spreuke16:18) O hoeveel van julle wat hierdie sal hoor en hierdie
lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie geroer word nie, wanneer YAH
hierdie wêreld skud in 2009 sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade
en Bloed van YAHUSHUA alleen dat jy nie geskud sal word nie en dit hang af van
wat jy gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het jy geheime sonde? Dink jy niemand
weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien binne-in jou einste hart in. EK weet
wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet
wie probeer nie eers nie en maak net verskonings vir hulle sondes.
EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle gesê wat EK verwag
van julle. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag was want julle is omring
daardeur. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle
aan die plae en EK herinner julle hoe dit nie gekom het oor die kinders van
Israel nie. Dit het net gekom oor MY vyande. Versteek julself in die klere van
MY geregtigheid. Versteek julself vir MY toorn. Want diegene wat EK MY kinders
noem as julle maar net sal strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bekeer en
wegdraai van boosheid sal EK julle wegsteek. Sal EK julle vertroos. Sal EK julle
Seën. Sal EK voorsienvir julle. Sal EK julle salf, as julle maar net elke woord
sal gehoorsaam wat EK sê en ophou verskonings maak vir sonde.
EK weet reeds watter weg julle geneem het. Die weg hel toe is so breed, so wyd.
Daar is net ‘n smal weg Hemel toe. Hoeveel van julle wat hierdie lees en luister
hierna sal daardie smal weg kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit
weg nie, dit is ‘n kronkelpad terwyl toets na toets sal kom, want die
beproewings van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)
EK is die een wat julle beproef. EK bring julle na hierdie Bediening toe want
dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n toetser van metale.
Hoeveel het hierdie leierskap sien kom. Hoeveel het hulle gesien val. Hoeveel,
hoeveel, hoeveel trane het [Elisheva] gestort terwyl diegene wat sy so seker is
nie sal val nie, diegene wat sy seker is wandel Heilig voor MY en hulle val.
Hoeveel staan nooit weer op nie.
(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy
hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges
wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal
verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs
hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word
genoem: 'Verwerpte silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)
Waar is jou toewyding? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die
gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy werklik die RUACH Ha KODESH,
jou IMMAYAH binne-in? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of
luister jy na die dwaasheid van satan homself? Dit is jou keuse.
Sien, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal hierdie leierskap nie
toelaat ‘n woord te preek wat hulle nie wandel nie. [Elisheva] weet sy beter
wandel wat sy spreek. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet
wandel wat hulle spreek anders sal satan hulle verskeur in klein stukkies.
Julle wat julself YAHUSHUA se demon stompers en gebedsintersessors noem, sommige
van julle het geheime sonde. EK het hierdie nog nie onthul nie, maar wees
verseker dit sal ontbloot word as julle nie vinnig bekeer nie. Julle moet kies
hierdie dag wie julle sal dien. Hierdie geheime sonde kan wees om vas te klou
aan ‘n maat wat EK vir jou gesê het om te laat gaan vir jou eie siels-onthalwe,
jou eie lewens-ontwil. Waar jy jou toewyding meer betoon het aan hulle as wat jy
gedoen het tot MY.
Jou geheime sonde is om nie die werk te doen wat EK jou geroep het om te doen
nie. Wanneer EK vir jou ‘n taak oorhandig en EK sê “Doen hierdie om die tale van
jou mense te bereik” en jy sê, “O nee, ek het te veel van my eie persoonlike
probleme nou” en jou oë is meer gefokus op die heidene as die siele, meer as die
skape en die lammers wat nodig [het om] te voed. Hierdie is sonde in MY oë,
wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan en jy kyk terug. Jy het jou hand
afgehaal van die ploeg af. Jy het opgehou om daardie grond om te spit en dit te
besaai en hierdie Woorde voort te spreek in jou eie moedertaal sodat ander
gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie
EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie
aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek te neem. (Elisheva het ‘n
visioen gesien op hierdie tydstip met die woord China).
Enigiemand wat hierdie Bediening haat, wees versigtig voor. Want hulle haat
werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.
EK praat nou met diegene wat die waarheid liefhet wat voortkom uit hierdie
Bediening. Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH
YAHUSHUA spreek voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, spreek
voort, Moeder Wysheid. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die
lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste leidende
lig te wees. (1 Petrus 2:9)
Want diegene wat spreek teen hierdie Bediening, want diegene wat [Elisheva] ‘n
vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisheva en hierdie Bediening se
vrugte). Maak hulle verskonings om te sondig? Maak hulle verskonings om nie die
Torah wette te volg nie, soos MY Shabbat? Ondersoek hulle vrugte, julle
antwoorde lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my
sê wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om
vrug-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het reeds
vooruit gewaarsku julle ergste vyande kan gevind word in jul eie fisiese
bloedlyn.
EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde
en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur
hierdie Bediening wat nie die naam dra van ‘n man of ‘n vrou nie maar slegs die
Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n mondstuk hê. (Amos 3:7) EK
het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY mondstuk te wees. Die Profeet
wat bo alle Profete is want YAHUSHUA julle MASHIACH is die einste Gees van
Profesie.
Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die
prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is
julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel
MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY
geheime vertel aan die Heiliges.
So dit is die Woorde wat EK het om te sê. Moenie verbaas wees oor wie volgende
val nie want hulle kan staan solank as hulle nie getoets was nie, maar wanneer
die toetsing kom vir diegene wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar
julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is
SY Bloed wat julle afwas, maar onthou hierdie, as die verlore seun nie
teruggekeer het nie sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)
Moenie MY barmhartigheid en MY genade vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder
jou voet vertrap dit onheilig maak en ontwy terwyl jy sondig keer-op-keer en
dink HY is net ‘n verskoning om te sondig nie. EK weet wie speel speletjies en
EK weet wie is opreg. EK weet wie is ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel en
EK ken diegene wat dit skande gebring het alhoewel hulle dit gedoen het in
YAHUSHUA se Naam.
Daar is niks wat jy kan wegsteek nie, daar is geen plek waar jy kan gaan om weg
te kruip nie want EK, YAHUVEH is daar. EK het jou geskape en MY oog is vir ewig
op jou. (Psalm 139)
Kies jy hierdie dag watter God jy waarlik sal dien nie net met jou mond nie maar
met jou dade want hulle spreek harder as jou woorde.
Want wat julle sien in Israel, gebeur met geestelike Israel. Julle word
gebombardeer, missiele word gestuur uit die hel om julle te probeer vernietig.
Om julle uit te wis. Alleenlik in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA sal
julle staan, julle een en enigste MASHIACH.
Einde van Woord
Elisheva begin bid:
Dank U Abba YAHUVEH want hierdie Woorde het onverwags (gekom) terwyl ons gebid
het vir ‘n ander in die moeilikheid, een wat ons ons seun noem in YAHUSHUA. Abba
YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. O,
Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief,
asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Asseblief laat ons hierdie aarde
verlaat met ‘n getuienis dat ons behaaglik gevind was vir U. Daar is geen hoër
begeerte nie en ek spreek voort nie net vir myself nie maar vir al die res van
die ware Bruid wat Heilig is voor U.
Onheiligheid, ons is net nie geïnteresseerd daarin nie. Dit het vir ons geen
aanloklikheid nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die vuilheid
van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, hulle verlok ons nie. Ons het een
begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geblus kan word nie en
dit is net een, meer as ons begeerte om ons geliefde te behaag, en dit is die
begeerte om behaaglik gevind te word vir U YAHUVEH. Om behaaglik gevind te word
vir U YAHUSHUA ha MASHIACH en U alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Daar is
geen hoër begeerte nie as om te weet, dat ons weet, dat ons weet, ons doen alles
wat ons kan doen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om
boosheid te verslaan, om sonde te verslaan. Om dit nie enige deel van ons lewe
te laat hê nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te
draai van dit wat U aanstoot gee.
Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringmaagd roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA,
Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-slykput maar terwyl ons hier is wil
ons vir U skitter. Gee vir ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom
gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n hoop ontlasting is nie, niks anders
as mis nie, niks anders as uitskeiding nie. Dit is soos dit is wanneer U kyk na
die aarde. Behalwe dat U klein skitterende edelgesteentes het, klein
sprankelende juweeltjies, wat weggesteek is te midde van hierdie uitskeiding en
ons sprankel vanuit die Hemel (Elisheva het hier bedoel om te sê aarde en nie
Hemel nie) vir U.
Ons konstante gebed is ons sal aanhou om waardig genoem te word in die oë van
YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie
liggame sal aanraak nie. Dat ons tussen diegene sal wees wat U eerstevrugte
genoem sal word van Openbaring 14 en Openbaring 7 en weggevoer sal word om U in
die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O,
asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U
juwele. Poleer ons asseblief tot waar ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer
ons asseblief so helder dat die einste sprankel die oë van die vyande sal
verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek is een van
hulle glo ek, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, diegene wat die
vernietiging van die Heiliges wil hê na die parskuip van U woede tereg hier op
hierdie aarde, stuur hulle na die parskuip van U woede.
Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U
s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n.
Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring.
Vir al die getroues en al die opregtes praat ek nou. Wys vir ons hoe ons U meer
kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane kan afvee van U oë af
wanneer U seergemaak word. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan troos. U is
ons Pappa, U is ons Daddy, ons het niemand anders nie.
My hart is nou so oorvol op hierdie oomblik terwyl ek een na die ander sien wat
ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlak het hulle Heilig gelyk maar toe
ons ‘n bietjie dieper delf, toe U (hulle) ontbloot het, is dit is soos ‘n vrug,
ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan wanneer jy ‘n diep
genoeg hap vat in daardie vrug, sal jy sien dit was vrot binne-in. Of jy sal ‘n
wurm vind in daardie appel. Ons het dit gesien en ek het dit gesien so lank
reeds dat ek U gesmeek het, het ek nodig om hierdie aan te hou sien? Vir diegene
wat ons vertrou, vir diegene in wie ons glo.
O Abba YAHUVEH, die pyn wat ontstaan het soos die geboortepyne sowel as die
trane wat gestort was oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel
meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het was Heilig
en ek sien hulle val voor my oë. Net U is instaat om daardie verlore dogter
terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind in te
blaas wat gesterf het. En soos Elia van Ouds gebruik was om lewe in daardie kind
te blaas, U noem my U Elia van Nuuts. (1 Konings 17:17-24) Ek vra hierdie, dat
hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om
Heilig te wees, nie net ‘n woord van bekering uit haar mond nie maar om weg te
draai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele
familie saam met haar vat.
Abba YAHUVEH, ek vra dat U my gebruik soos daardie Elia van Ouds om my liggaam
op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters noem in YAHUSHUA. Ek vra U, blaas
lewe in diegene, blaas lewe in diegene wat begin het om U te volg. Wat begin het
deur Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba
YAHUVEH om hierdie Elia van Nuuts te gebruik. Laat hierdie woord lewe voortblaas
in hulle in ‘n groter vasberadenheid as ooit vantevore om sonde te versaak,
satan te versaak, boosheid te versaak, enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is
wat U lê op die begeerte van my hart om te bid.
Want ek weet dit is U woorde omdat ek nooit so iets sou gespreek het, nooit so
iets sou gedink het nie. Gebruik hierdie liggaam nou om hulle te bedek. Gebruik
hierdie woorde nou om lewe in hulle in te blaas. Gebruik hierdie woorde nou
sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid hulle
sal vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sou nie vir
ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.
Dank U dat U my gebed verhoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U
omdat U hom terugbring soos die verlore seun was. Dank U Abba YAHUVEH.
Vir diegene wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het
nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag
vir hulle ‘n begeerte gaan gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille
gaan van hul oë afval en die was gaan uit hul ore kom en geestelik gaan hulle
hoor, fisies gaan hulle sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle
lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan leef.
Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening op ‘n groter manier as wat U ooit
vantevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir
U Heerlikheid.
Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.
Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare
IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart ons werk is nie tevergeefs
nie. Laat ons hoor van julle. Laat ons hoor van julle. Laat ons weet. Laat ons
weet hoeveel bereik was deur hierdie woord tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.
Diegene van die verlore seuns en dogters, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug.
Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Moenie dat
sonde julle langer verlok nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer verlok
nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH noop julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA
ons MASHIACH, noop julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle
getuienis alle Heerlikheid bring aan YAHUSHUA ons MASHIACH. Onthou saam met
daardie getuienis kom toetse van alle vlakke en net sodra jy een slaag, sal YAH
‘n ander een oor jou bring, maar dit is dit werd.
Amen
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 125 Die Elite Van Satan Sal Die Bloed Rooi Maan Gebruik Op 27 September!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het
EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie by te voeg:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Gedurende gebed na nagmaal met mede Profeet Kathrynyah vanoggend oor die foon,
het ek nog ‘n Profesie ontvang, wat volgende moet wees - 125 - Profesie 124 is
verseël vir toekomstige vrystelling. Ons het ‘n mandaat om hierdie op te kry
voor die mense so gou as moontlik, so ons plaas dit op ons web rubriek. En ons
dank ABBA YAH vir SY genade teenoor ons!
[HIERDIE PLASING IS ‘N WERK IN WORDING]
Ek het ‘n droom gehad dat ons die vensters bedek, toe neem ek hierdie in gebed
saam met Kathrynyah. Die Profesie volg op hierdie instruksies uit die Hemel.
Deel asseblief met ander, veral diegene wat julle weet leef Heilig vir YAHUSHUA
(Hebreeus vir JESUS):
• Moenie na die maan kyk nie.
• Bly binne (bring julle troeteldiere ook na binne), en wees in
gebeds-voorbidding vir beskerming teen satan se agenda.
• Maak toe, bedek en salf julle vensters. Dit is:
• Maak toe julle blindings en gordyne. Bedek letterlik julle vensters met iets.
As julle vensters het sonder gordyne, kan julle dit toemaak met ‘n laken of doek,
of sny en plak vullissakke. Hou vensters toe en bedek.
• Verseël julle vensters in gebed met salwings olie. Julle kan olyfolie gebruik
{enige olie wat julle het, of selfs water as julle niks anders het nie.} Bid net
daaroor, dat dit die Bloed van die LAM, YAHUSHUA verteenwoordig – dieselfde as
Exodus 12 – plaas dan daarvan op julle vensters.)
• Ons moet dit ernstig opneem hierdie nag om – voor die tyd – ons huise, deure
en vensters te salf en neem Psalms 91 gebede ernstig op!
• Indien jy geskeduleer is om by jou werk te moet wees gedurende die
verduistering, bel in vir siekverlof indien nodig, en bly by die huis of ten
minste iewers binnens-huis waar jy kan bid. Indien jy woon in ‘n ongelyk gejukte
huishouding, salf jouself en die onmiddellike omgewing rondom jou.
• Die verduistering is 27 of 28 September, afhangend van jou tydsone. Kyk na
hierdie webwerf skakel vir die tyd waar jy woon.
• Dit begin 28 Sept. UTC/GMT 00:11 (rondom middernag, 12:11 AM UTC) en eindig
5:22 (5:22 AM UTC). Die maksimum verduistering is UTC 2:47 AM.
• Selfs as die verduistering nie sigbaar is in jou land nie, beteken dit nie dat
die boosheid nie na vore gekom het nie. SO WEES IN GEBED!
Dit sal gedeeltelik sigbaar wees vanaf Europa, Suid/Wes Asië, Afrika, Noord
Amerika, Suid Amerika, Stille, Atlantiese, Indiese Oseaan, Arkties, Antarktika.
Wees asseblief in gebed, (en moenie daarna kyk nie).
Jesaja 26:20
Kom MY volk gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou
vir ‘n klein oomblik, totdat die gramskap verbygaan
Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip 'n
rukkie weg totdat GOD klaar is met straf. 1983 Vertaling
* * * * * * *
Elisheva: Is daar enige iets anders HEMELSE VADER?
Kathrynyah: Dank U vir die waarskuwing voor die tyd.
E: Goed, goed. Ek hoor iets… Word ek opgeneem?
K: Ja.
[Heilige Tale & Profesie begin:]
MY kinders, MY kinders, MY kinders!
Wanneer julle die duisternis sien, of julle hoor (van) die duisternis wat die
maan sal bedek, bly binne! Want, wanneer die maan rooi word, is dit tyd vir MY
Heiliges om te verrys en voorbidding te doen en om te bid teen die duisternis!
Bid teen die geestelike duisternis, die vloeke, die mens se onmenslikheid
teenoor die mens – want die regerings wat jullle gedink het julle kon vertrou
regoor hierdie wêreld wat bedoel was om mense te beskerm – nou gee EK vir julle
‘n nuwe bevel – vra vir beskerming [van al hierdie] Want satan het 'n meesters-plan.
Moenie mislei word nie. Hierdie is NIE, MY, YAHUVEH se grimmigheid nie.
Hierdie is die elite se grimmigheid op diegene wat hulle “landelikes” noem. Die
woord “ontvolking” word net sorgloos gespreek deur hierdie elite. Pasop vir die
elite. Want satan sal demone loslaat om die elite te vul op ‘n nuwe manier. En
hulle gedagtes sal nie wees om die mensdom te bewaar nie, en enige meegevoel sal
weggewas word.
Pasop vir die elite van hierdie wêreld. En julle sal sê, “Maar wie is die
elite?” Hulle is die rykstes van die rykes. Hulle dien reeds vir satan. Hulle sê
hulle is “beter as enige iemand anders.”
Dwase mans en dwase vroue – julle begeer om te hê wat hulle het! Tog besef julle
nie – al wat hulle het wat wag is hel en die Poel van Vuur! Sommiges noem julle
“filmsterre.” Sommiges is in hoë regerings posisies. Sommiges is biljoenêrs. En
baie male miljoenêrs.
EK sal nie die name noem nie. EK sal nie hierdie Profeet wat praat in gevaar
stel nie. EK het net vir julle ‘n kykie gegee van die elite: die verderwers van
geregtigheid. Sommiges bepaal selfs die einste wette van die land! In hoë
politiese plekke!
Pasop vir die elite!
So hierdie maan is net ‘n heenwysing. Want MY grimmigheid vir hierdie wêreld het
nog nie gekom nie, maar dit sal (Openb. 6:16) en EK, en EK alleen, die SKEPPER
van daardie maan, EK, YAHUVEH sal nog ‘n rooi maan daar plaas, wanneer julle dit
die minste verwag. Dit sal NIE wees soos die wetenskaplikes dink nie.
EK IS YAHUVEH!
Het EK NIE tyd gestop nie (Joshua 10:13; Jesaja 38:8)?
Die Heilige Skrifte lieg nie!
‘Hoe kan jy die draaiing stop van die wêreld, sonder dat almal af-vlieg?’
Tog het EK YAHUVEH, tyd gestop! Dink julle regtig dit is onmoontlik vir MY om
nog ‘n verduistering te bring oor die maan – en die maan sal verander in bloed (Joël
2:31)!
EK IS YAHUVEH! DIE SKEPPER VAN ALLES!
MY raserny bou steeds op. MY GENADE roep steeds (Spreuke 1:20; 8:1) “Kom na
YAHUSHUA HA MASHIACH toe terwyl jy nog kan, want HY ALLEEN is die ENIGSTE
MIDDELAAR!”
Dit is NIE ‘n man geklee in ‘n rok nie! Hy beklee homself met gewade, maar dit
is nie MY, YAHUSHUA se geregtigheid nie! Hy het die ganse ewigheid om te betaal
vir aanvaarding van die aanbidding van mans en vroue. Nooit sê hy ooit, “Kyk op
na YAHUSHUA nie! Kyk op waar jul WARE VERLOSSING nader” nie (Lukas 21:28)! Julle
weet hy verlustig in [geniet] die verering en aanbidding van die mens. (Johannes
5:41; 12:43).
Pasop vir die elite! Pasop vir die een wat homself ‘n “Pous” noem! Pasop vir die
Vatikaan!
Pasop vir die elite. Want, hulle IS NIE elite in MY oë nie. Hulle is die elite
van satan. Hulle behoort aan satan – verstand, liggaam, gees en siel – en dit is
hoekom EK gesê het hel en na die Poel van Vuur toe, sal hulle gaan!
O maar EK het MY elite - hulle is gewas in die gestorte Bloed van MY SEUN
YAHUSHUA, julle MASHIACH. Hulle is volgelinge en gelowiges en verdedigers van
dit wat julle die Tien Gebooie noem. EK kyk nie na hulle finansiële inkomste nie.
Hulle is MY elite. Hulle is MY elite magte wat staan teen die duisternis.
Want dit is “die gebede van die regverdiges wat baie vermag” (Jakobus 5:16)! Nie
die gebede van die onregverdiges nie!
Deuteronomium 28 is MY Woorde! Dit is jou keuse of jy die seëninge dra van EK
YAHUVEH vir gehoorsaamheid, of die vloeke van EK YAHUVEH vir jou rebellie en jou
ongehoorsaamheid en jou weiering om Heilig te lewe!
En in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sal EK jou gebede hoor. Sal EK jou
vergewe. Sal EK genade hê. So kom na MY toe, nederig – terwyl daar steeds tyd
is.
Hierdie wêreld het gewettig wat EK ‘n “gruwel” genoem het (Lev 18:22) Maar
hierdie wêreld is nie die WETGEWER nie.
EK, YAHUVEH IS DAARDIE WETGEWER!
Elisheva: Vir U HEERLIKHEID ABBA YAHUVEH! Vir U HEERLIKHEID YAHUSHUA! Vir U
HEERLIKHEID! Ons bestraf die [bose] elite nou in die Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH! Die elite van satan – ONS BESTRAF JULLE!
Ons vra U ABBA YAHUVEH om die vloeke los te laat van Deuteronomium 28! Laat
hulle dit dra soos ‘n tweede vel (Psalm 109:17-19)! Ons vra U ABBA YAHUVEH, neem
wraak. Want U het gesê, “Wraak is MYNE, Sê YAHUVEH” (Deut 32:25, Rom 12:19), U
sal vergeld!
Vir U Heerlikheid ABBA YAHUVEH. Ons dank U en ons loof U vir U beskerming
hierdie nag wanneer die super maan gaan kom – die verduistering en dit bloedrooi
word ABBA YAH – ons dank U vir U beskerming teen die demone wat losgelaat gaan
word. En diegene met die vreemde vuur en wat die okkult beoefen, sal dit gebruik
om hulle vloeke uit te stuur en hulle rituele te doen.
Ons bestraf dit! Ons ontvang dit NIE! In die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons
staan op die Skrifte van Psalm 91 dat geen plaag naby ons huishouding sal kom
nie! U het Heilige Engele gegee om ons te beskerm! Ons dank U en ons loof U ABBA
YAHUVEH dat U die vyand beskaam!
En in plaas van die sogenaamde landelikes wat sterf, sal dit die einste elite
wees wat U oordeel. Dit wat hulle wil sit op die onskuldiges van hierdie wêreld,
in plaas daarvan sal dit terugkeer op die elite van hierdie wêreld – die elite
van satan, die bruid van satan, die dienaars en dissipels van satan.
Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U dat U ons beskerm! Dank U! Dank U vir die Gestorte
Bloed van YAHUSHUA! Dank U vir die onsigbare kragveld – daardie koepel wat
rondom ons huise is! Dank U ABBA YAHUVEH!
Want U het gesê, “Gaan steek julself weg MY kinders, vir ‘n kort tydjie” (Profesie
60, Jesaja 26:20) totdat U grimmigheid oorgaan. Dank U dat U ons beskerm teen
die mens se onmenslikheid teenoor die mens.
Dank U dat U legioene van Heilige Engele loslaat. Terwyl duisternis die maan
oordek en dit lyk of dit bloedrooi is, dank U ABBA YAHUVEH vir die loslating van
legioene van Heilige Engele op hierdie aarde om elkeen te bedek en te beskerm
wat waarlik U s’n is, YAHUSHUA!
Ek vra nie vir die bedekking van die louwarme nie – diegene wat voorgee om aan U
te behoort nie!
[Spreek onder ‘n sterk salwing:] Die kerk van die geveinstes – WEG VAN MY, WEG
VAN MY! ONS het niks in gemeen met julle nie!
Ons is bloed-gekoop deur die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. En ons enigste doel
in die lewe is om Heilig te leef voor HOM! Ons is nie perfek nie! Net HY is
perfek! Maar ons weet dit, ons toets ABBA YAH nie doelbewus en sondig nie.
So dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U KOSBARE, KOSBARE
IMMAYAH, ons KOSBARE, KOSBARE, SOETE HEILIGE GEES! Dank U!
U skei die koring van die onkruid (Matt. 13:24-30). En ons dank U ABBA YAHUVEH
dat ons U koring is! En nie enige GMO [genetiese gewysigde] koring nie! Ons
verteenwoordig die Hemelse koring.
Dank U vir die LIG wat ons gesigte vul, sodat die SOETE, SOETE HEILIGE GEES
gesien kan word! En nie die VALS lig [van die booswigte] nie – want dit is soos
‘n fluoressent lig! Ons het die WARE LIG.
Ons dien die LEIDENDE LIG, ons HERDER, ons MESSIAS, ons HERE, GOD & REDDER, DIE
ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH, DIE GEKRUISIGDE & OPGESTANE – ons GELIEFDE
YAHUSHUA HA MASHIACH, ons SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!
En ons dank U! Ons loof U, GELIEFDE YAHUSHUA, omdat U ons salf, ons beskerm, ons
seën, ons lei – vir ons onderskeiding gee [van] wie goed is en wie is boos, die
begeerte om regverdig voor U te leef – om aan U heerlikheid te bring.
Verdedigers van die Tien Gebooie, ons dank U, vir [ons] om gereken te word as
een van die elite van ons GELIEFDE YAHUSHUA, ons MASHIACH – gebeds bemiddelaars
wat staan teen die boosheid van hierdie wêreld… Dit is al.
K: Amen! [Elisheva lag vreugdevol.]
E: Dank U ABBA YAHUVEH!
K: Jy weet net nooit…
E: Hierdie is Profesie – wow. Hierdie is ‘n Profesie! [Lag, opgewonde en bly.]
En dit sou nie voortgekom het as ons nie nagmaal gehou het nie. As ons nie
geweet het nie, as jy my nie gebel het nie…sou niks hiervan gebeur het nie.
K: Ek weet.
E: Dit is so ontsaglik VADER! Op die einste nag, wat almal vrees, was ‘n nuwe
Profesie vrygestel gedurende die dag!
K: Wel, terwyl jy dit gespreek het, en terwyl HY gepraat het van tyd, het ek ‘n
oupa-klok gesien.
E: Ek hoop jy het hierdie bandopname.
K: Ja.
E: Ok, gaan voort…
K: En toe sien ek – dit het gevoel of ek tusssen almal was in die Hemel en hulle
het almal neergebuig terwyl HY gepraat het. Eintlik het ek dit gesien. Ek het
almal sien neerbuig.
En toe, [was dit] asof ons op grondvlak was en terwyl hierdie gespreek was in
die geestes realm…
K: (...), sien ek, jy weet ‘n middelpunt van ‘n aardbewing en die golwe wat
uitgaan daarvandaan? Die krake, nie krake nie – vibrasies. Dit is wat ek gesien
het. En toe YAH gesê het – jy het gebid dat die bose sal omtuimel. Het ek dit
ook gesien. Ek het twee donker figure sien omval, neerval soos ‘n piramide.
E: John Hagee is een van hulle. John Hagee is een van die elite. En Joel Osteen
is een van die elite.
K: Amen.
Adam: Wow.
E: Ja, ja. Die oupa-klok. Dit was interessant. So jy weet wat die OUPA is – dit
is ABBA YAH!
K: Ja!
E: GROOTVADER, GROOT HEMELSE VADER! Dit is ontsaglik. Dit is absoluut ontsaglik.
Ek het hierdie nie verwag nie. Ek weet nie of die “Asië Bruid Kom Na Vore”! nou
124 is wat nie vrygestel is nie of – en of dit is waarom dit opgehou word nie.
K: Moet ek aanhou opneem of stop?
E: Nee hou aan opneem vir nou, sodat mense kan verstaan. Ek het hierdie nie
verwag nie. Hahaha!
K: Wel jy – ons doen nooit nie!
E: Ek weet, ek doen nooit nie! [Lag terwyl sy dit sê!] Ek, waarlik, dit is
waarlik – geen wonder dat ek onder aanval was nie. 28:01 VADER ek dank U en loof
U op hierdie oomblik dat U my mond seën. Ek gee aan U die Heerlikheid HEMELSE
VADER! Vir al diegene wat my probeer stilmaak het – my mond, soos U gesê het
HEMELSE VADER, skree net harder wanneer U wil hê ek moet in die Naam van
YAHUSHUA.
Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, ‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA
ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS