Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
26 April, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hieronder is die Profesie soos dit voort gekom het
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * *
Waar julle ookal heen gaan sal EK julle veilig hou. Wat ookal moet gebeur, weet
dat EK by julle is, en EK julle veilig sal bewaar. Laat 'n Bruidegom toe dat SY
Bruid enige skade ly? Julle is MY Bruid, EK is julle Bruidegom. Ja, EK kom
binnekort maar totdat julle MY sien, moenie dink dat EK MY Bruid nie sal beskud
en beskerm nie. Sê MY Woord nie al val daar 1,000 aan jou sy, al omring die
dooies jou, sal EK jou veilig hou nie (Ps 91:7)? Onthou toe die Israeliete en
die Egiptenaars omring was deur duisternis en lig? Onthou toe die Egiptenaars
plae gehad het en die Israliete geen? Hulle het sy-aan-sy gewoon, nie waar nie?
Nogtans was die Israeliete beskerm. So was dit eens, en so sal dit weer wees.
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom vir hulle wat te koop loop
met MY Wette voor MY aangesig, op MY Torah gespoeg het en die Heilige Woord
besmet het en dit aan flarde geskeur het.
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE!
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom oor diegene wat gespot het oor die woord
van YAHUVEH wat uitgegooi was en bestempel was as gemors.
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! Julle sê EK is 'n GOD van genade en
liefde en wanneer EK bestraffing spreek of in 'n harde stemtoon deur MY Profete,
sê julle "Daardie is nie my liefdevolle en genadige Vader nie". Sê EK nie, "EK
tugtig diegene wat EK liefhet" nie? Watter ouer dissiplineer hul kind sonder om
hulle stem te verhef? DWASE, DWASE, DWASE mense. EK sal julle klap, EK sal julle
links en regs slaan, EK sal voet-stamp bo-op julle. Maar ter wille van julle
siele, sal EK satan toelaat om die vlees dood te maak, as gevolg van MY liefde
en genade, roep MY aan wanneer daardie tyd aanbreek, en EK sal julle siele red.
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT
AFGRYSE soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie. Maar luister, EK gee
hierdie woorde nie vir MY Bruid, Babas, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes
om vreesbevange te raak nie. Hulle is nie vir diegene wat MY stem hoor en MY
vrees nie.
Dit is wysheid om die Here te vrees. Dit is wysheid om rein te probeer wees. Dit
is wysheid om aan te hou om Heilig te lewe en onheiligheid te vermy. Julle vat
die Woord van GOD en hou dit in die heiden se gesig en sê, "So sê die Here." Wag
en kyk, jou buurman se huis sal platgevee word; plae, siektes, dood, verwoesting
en armoede sal kom en kyk hoe bedek EK die wat MYNE is. EK bedek diegene wat MY
Pasga ingegaan het. Diegene wat MYNE is, wat MY Pasga ingegaan het, julle sal
die AFGRYSE van MY Oordeel wat kom ‘Passover” Verbygaan.
Daar kom groot verwoesting. Die aarde sal sidder en bewe in vrees. Kan die son
MY glans oortref terwyl EK nader aan die aarde kom? Die lawa sal stroom, dit kan
nie meer die woede van YAHUVEH hou nie. O, maar julle sal sien hoe MY engele
laer trek rond-om diegene wat MY liefhet, julle hoef nie te vrees nie. Julle wat
MY stem hoor hoef nie te vrees nie wanneer dit tyd is om te gaan sal julle weet.
Het EK nie die Rooisee gekloof nie? EK het dit destyds gedoen, so sal EK dit
weer doen. Net soos die bose farao en sy troepe MY Kinders van Israel agterna
gesit het wat net wou vry wees om Heilig te lewe en MY te aanbid.
MY Kinders is diegene wat EK beskerm het. Hulle vyande was vernietig. EK het dit
toe gedoen en EK sal dit weer doen. Die Israeliete was ongehoorsaam en was
teruggehou om die Beloofde Land binne te gaan deur MY tugtiging. Aanskou hoe
verwoesting kom oor die hoer van Babilon. Onthou vir Hitler? Soos EK vir MY
Profete gesê het, leer van Hitler en julle sal sien wat in die verlede was sal
in die toekoms wees.
O, O, O!!! Riviere van Bloed sal vloei! Julle sogenaamde Christene met julle
monde vol goud. Dit is goud uit die hel gestuur! Goud uit die hel gestuur! Goud
uit die hel gestuur! Julle is DWAAS, DWAAS! Sodat satan kan terugvat wanneer hy
vir julle gegee het. Het Hitler nie goue tande uit die monde van die Jode getrek
nie? satan spot en lag, soos dit destyds was sal hy dit weer doen. Hulle wat MY
ken, hulle wat MY ken, weet dit is nie van MY af nie. EK beveel julle om nederig
te wees. Hoekom sal EK dat julle laat spog met 'n mond vol goud? Is dit nie
hoogmoed nie? EK verafsku die leiers wat dit onderrig en MY Mense op ‘n
dwaalspoor lei. Julle sal weet dat julle weet dat julle goddelose geestelike
leiers eendag voor MY sal staan en MY hoor sê, "Gaan weg van MY, julle werkers
van onheil, EK het julle nooit geken nie! (Mat.7:23)”
Val op julle aangesigte en BEKEER! Laat ruk die goud uit julle monde, voordat
satan dit uitruk want net soos Hitler gedoen het, sal hulle dit weer doen. Die
antichris sal dit kampe van verdelging noem. Voorheen het hy 6 miljoen Jode
vermoor, nou sal dit 666 miljoen christene en Jode wees. Menigtes sal louwarm in
geloof wees, maar voordat hulle lewens geneem word, uitgedoof word soos 'n
vuurhoutjie-vlam, sal hulle aan die brand wees met die liefde van YAHUVEH. Wat
hulle nie nou het nie, sal hulle dan hê. Sal dit nie makliker wees om nou julle
verstand, liggaam, gees en siel te offer, julle wil aan MY te gee, deur dit te
doen op op MY manier nie of wil julle regtig eerder wag om die komende AFGRYSE
deur te maak?
Sê EK nie in MY Woord diegene wat “louwarm” is sal EK uit MY mond uitspoeg nie
(Openb.3:16)? Hoe kan julle dink wanneer julle MY Woord lees dat net enige
iemand wat homself 'n “Christen” noem, in die lug in opgeraap sal word saam met
MY(1 Tess. 4:17)? Die Bruid waarvoor EK kom sal voorbereid, gehoorsaam en lojaal
wees, MY liefhê op elke manier, verstand, liggaam, gees en siel, reeds gekleed
sonder vlek of kreukel. Watter Bruid laat haar Bruidegom wag? Dit is die gaste
wat talm. Die Bruidegom wag nie vir SY Bruid nie; die Bruid is gereed wanneer HY
verskyn. Die kampe van uitdelging sal nie gevul wees met MY Bruid nie. Geeneen
van MY Bruid sal daar gevind word nie. Maar dit sal vol gaste wees. EK het net
een Bruid.
Wanneer julle bymekaar gejaag word soos troppe beeste, teenmekaar vasgedruk waar
julle nie links of regs kan beweeg nie, terwyl jy nog leef, sal die goud uit jou
mond geruk word. Die goud sal uit jou mond geruk word. Die goud sal uit jou mond
geruk word en die juwele van jou liggaam af. Dit is wat jy kry omdat jy vals
misleidings, groot tekens en wonders volg. EK het hierdie Profeet gestuur om
julle te waarsku. satan bluf julle; julle is aas aan die hoek. Kyk en ween
terwyl geestelike leiers wat EK eens vertrou het MY Mense soos aas aan 'n hoek
laat bengel oor die kake van die hel. Die bose geestelike leiers vul hul sakke
met goud terwyl die hel die monde van die mense vul met goud sodat die bose dit
kan uitruk soos hulle gemaak het met die Jode. Wat julle saai sal julle maai.
Julle in Israel wat hierdie weereens volg, het julle nie geleer om nie begerig
te wees vir goud sodat dit uit julle monde geruk kan word nie? Val op julle
aangesigte, BEKEER vandag! Vlug van hierdie leiers af weg wat julle op ‘n
dwaalspoor lei. Aan diegene wat nie 'n “Pasga Seder” gedoen het nie, wat nie
geweet het wat om te doen nie of dit nie wou doen nie. Leer nou. Julle benodig
'n “Passover” Pasga van MY oordeel. EK gee julle nog 'n kans, omdat EK 'n GOD
van genade en liefde is. EK het met hierdie Profeet deur 'n droom gepraat, sodat
julle nie kan sê dat julle GOD julle nie gewaarsku het nie. EK tugtig diegene
wat EK liefhet. So was dit toe, so sal dit weer wees. Dit is julle keuse.
Wil julle nou gehoorsaam wees of wil julle MY tugtiging of MY verwerping later
verduur? So was dit toe, so sal dit weer wees.
Elisheva se nota, "Ek het 'n droom gehad waar ek myself sien terwyl ek nog 'n “Pasga
Seder” lei. Al wat julle nodig het is slegs die minimum. Ek het matzobroodjies
gesien, appelmoes, peperwortel, pietersielie, radyse, druiwesap of wyn.
Bestudeer om julleself as beproef te bewys. Baie inligting op die internet. Lees
die verhaal van Moses, glo dat julle 'n “Passover” Pasga teen die komende
afgryse sal hê. Lees Profesie 31).
* * * * * * *
So is dit geskryf, so is dit gespreek. Gegee onder die salwing, tydens gebed aan
hierdie Kind, Vegter, Bruid en Diensmaagd van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH.
Voel Asseblief vry om dit te kopieer en te versprei soos julle dit nodig ag. In
volledigheid. Die enigstes vir wie ek nie toestemming gee nie, is hulle wat wil
spot en 'n oordeel oor hulself bring. Die bloed is nie meer aan my hande nie.
Eerw. Elisheva Eliyahu
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 29 April 1999
Profesie 53 "EK Het Julle die Oorwinning Gegee!" Pasga Profesie
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge
2:3-4) van hemelse of aarde tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat
Profesie bring (1 Ko 14:6).
Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:
Soos in Alleluia (Hallelu YAH) wat beteken “Loof YAH,” YAH is GOD Se Heilige,
Gewyde Naam: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER; YAHUSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE
SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van
SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van RUACH HA KODESH (in Afrikaans
“Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webtuiste. (HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is
Hebreeus vir GOD SE BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH, “MOEDER YAH.” In Hebreeus
is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en reflekteer op hierdie manier
in Profesieë & Skriftuurlike aanhalings hieronder. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
Skrifaanhalings is uit Woord & Getuienis of OAV behalwe as anders aangedui.
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk
het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg om diegene te waarsku
wat spot:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Profesie 53 Begin
Waarlik MY Kinders julle staar die Rooi See in die gesig.
Waarlik MY Kinders die bose Farao
en sy troepe is agter julle,
maar MY Kinders net soos EK ‘n weg van
ontvlugting gegee het
vir Moses en die Kinders van Israel,
so ook sal EK dit weer doen.
MY Kinders, in die dae wat voorlê
sal julle dinge oor hierdie wêreld sien kom
wat julle jul koppe sal laat skud.
En julle sal wonder en julle sal sê,
“Waar is ons YAHUVEH & YAHUSHUA vandag?”
Maar behou julle geloof en hou julle oë op MY
en julle sal sien—die Rooi See
gaan weereens oop
en julle sal dit oorsteek in veiligheid—
en die vyande sal vernietig word.
Al diegene wat julle agtervolg!
Almal wat julle agternajaag!
Hulle sal vernietig word.
Want EK IS YAHUVEH en EK verander nie.
EK IS YAHUVEH, en EK IS dieselfde
—vandag, gister & vir altyd.
En deur MY SEUN YAHUSHUA se Bloed,
kom julle moedig voor die Troon,
julle sê vrymoediglik vir MY
wat dit is wat julle nodig het.
EK sê vir julle hierdie dag,
het EK vir julle die oorwinning gegee.
EK sê vir julle hierdie dag!
EK sê vir julle hierdie dag
dat niks wat die vyand van voornemens was om te doen
sou EK toegelaat het om gedoen te word nie.
EK sê vir julle,
EK het julle die oorwinning gegee
—alhoewel vegtend vir ure lank
met die swaard van MY GEES in die hand
Weereens, MY kinders,
het julle die oorwinning gesien.
Dit was nie ‘n maklike oorwinning nie.
EK het julle nooit belowe dat dit ‘n maklike oorwinning sou wees nie.
Wanneer EK sê dat daar ‘n oorwinning sal wees,
Niemand het ooit vir julle gesê dat dit maklik sou wees nie.
Dit is waar dat MY juk sag is
en MY las is lig,
maar MY kinders daar is ‘n prys om te betaal
vir die salwing wat EK geplaas het
op almal van julle se lewens.
So julle eet hierdie Pasga feesmaal—julle eet dit
en julle
“murmureer murmureer” of brom nie
want in plaas daarvan doen julle dit
met ‘n dankbare hart
en onthou wat gebeur het
met die Kinders van Israel.
Onthou die Kinders van Israel
wat vir 40 jaar rondgedwaal het.
Dit sou nie so gewees het
as hulle nie gemurmereer het nie,
gekla en gebrom het nie,
maar EK het hulle om-en-om laat loop
in, sommige sou sê, in sirkels.
EK het hulle om-en-om laat loop
en hulle getoets keer-op-keer.
EK vertel vir julle MY Kinders. EK vertel julle dit waarlik.
Moenie murmereer nie, moenie kla nie, moenie brom nie
ongeag wat EK toelaat om te gebeur—met julle.
In plaas daarvan hef julle oë op na MY.
In plaas daarvan gee YAHUVEH & YAHUSHUA die eer.
En weet dat EK alleen IS julle VERLOSSER!
En weet dat alleenlik
deur die Gestorte Bloed van MY SEUN YAHUSHUA
dat julle die oorwinning het;
deur die Gewyde Naam van YAHUSHUA
het julle alleenlik die oorwinning.
EK het julle dit belowe
en as julle maar net sal gehoorsaam,
as julle jul ore wil neig
tot alles wat EK sê,
sê EK dit vir julle MY kinders,
julle sal die oorwinning hê.
as julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê,
as julle sal bly in Heiligheid en leef as
‘n voorbeeld vir ander om te sien.
Onthou, met ‘n oorwinning kom ‘n prys.
Onthou, daar is geen soldaat
wat in ‘n geveg ingaan
wat nie vermoeid voel nie.
Daar is geen soldaat wat nie
op een tydstip wil weghardloop nie.
Maar onthou MY kinders, onthou dit
dat EK julle die oorwinning belowe het
as julle maar net sal gehoorsaam.
As julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê,
as julle net sal bly
in Heiligheid en leef
as ‘n voorbeeld vir ander om te sien
—EK sê dit vir julle—MY kinders,
julle en hierdie Bediening sal
algehele oorwinning sien.
Julle sal jul vyande sien doodgaan
—deur MY Hand alleen.
Julle sal jul vyande sien weghardloop
—deur MY Hand alleen.
Julle sal jul vyande sien buig en kniel
—en erken dat YAHUSHUA HERE en REDDER is.
En dit sal wees, alleenlik, soos EK bepaal het:
Die oorwinning in MY SEUN YAHUSHUA SE NAAM—
En julle sal weet watter prys jul ookal betaal
sal dit werd wees.
Want EK het julle die voorreg gegee
om aan MY Eer te bring deur julle lyding
—net soos die Profete van Ouds—
wanneer mense julle sien staan,
sal hulle weet dit is alleenlik deur MY Hand
wat julle beskerm en lei
—op alle maniere.
MY kinders, geniet hierdie Pasga feesmaal
wat EK vir julle voorsien het hierdie dag.
Dankie dat julle MY gehoorsaam.
Dankie dat julle luister.
Want die seën van hierdie Pasga Profesie
was bedoel vir ander en nie net vir julle nie.
Sê vir hulle as hul dit gemis het om die Pasga Seder te doen,
selfs op ‘n nederige manier—solank hulle MY erken
(dat EK dieselfde YAHUVEH is wat die
Kinders van Israel verlos het
van die Egiptenare en van die vloeke
en die plae wat gekom het);
Sê vir hulle, as MY kinders dit net op
‘n nederige manier sou doen—en MY erken,
ongeag die kalenderdag:
Waar hulle Pasga is, is waar hulle geloof sal wees
—en waar hulle geloof is, sal hulle Pasga wees.
Einde van Bandopname
Aanvallend vir Sommige, Verligtend vir Ander Vir die Liefde & Gehoorsaamheid &
Eer Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH
Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Profesie 85 Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wereld!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Gegroet Geliefde Familie,
Ons skryf hierdie want dinge word genoem in die profesie deur YAHUVEH wat julle
nie sal verstaan as ons nie 'n paar dinge uitklaar nie. Aangesien julle nie daar
was nie sal ons julle inlig.
Ons (Amightywind leierskap) bedank almal wat vir ons geskryf en gesê het hulle
bedek ons in hulle gebede, en sommige was selfs gelei om te vas en het nie
geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons vertel nooit vir iemand behalwe
die mees vertroudes waar ons is totdat ons daar aangekom het nie, of meeste van
die tyd nadat ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie enige
verwelkomings partytjies wat vir ons wag nie.
Die vreemdste ding van alles is ons het gedink ons gaan na 'n ander land toe,
gereed gemaak om 'n vliegkaartjie te koop vir ‘n ander land waar 'n ander
profeet nogsteeds vir ons wag. En ek, Elisheva het wakker geword en gesê,
"YAHUVEH het met my gepraat in my slaap en gesê “Gaan Switzerland toe". Nie een
van ons het enige iets geweet van Switzerland nie en ons was aangesê dat dit
eersteklas vliegkaartjies moet wees, alhoewel ons nog nooit vantevore eersteklas
gevlieg het nie. Ek het gesondheids probleme gehad so ons het gedink dit was die
rede. Nou verstaan ons die belangrikheid om te gehoorsaam en 'n kaartjie te koop
wat eesteklas is. Want as julle die onderstaande lees sal julle verstaan daar
was 'n ander rede en die belangrikheid daarvan. Dankie aan almal wat hierdie
uittog moontlik gemaak het.
Hierdie profesie het voortgekom die eerste oggend nadat ons gearriveer het in
Zurich, Switzerland. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH verwys met
betrekking tot “Homeland Security” Binnelanse Sekuriteit en die moeilike tyd wat
ons gehad het om uit Amerika te kom. By die Seattle lughawe het ons deur die
tonnel gegaan om aan boord te gaan van die vliegtuig na Zurich.
Oppad het ons 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel sien staan presies voor
ons by die vliegtuig sou kom. Die offisier het geblyk om vir ons te wag, terwyl
hy al die ander reg by hom laat verby gaan het en net aanhou staar het. Hy het
gestop en gevra, "Waarheen ons gaan en hoekom ons daarheen gaan." Hy het begin
praat oor kontant en gesê dat ons net toegelaat word om soveel kontant wat
$10,000 is uit die land te neem. Hy het gevra hoeveel kontant ons gehad het, wat
'n redelike groot bedrag was, maar ons was ver onder die toelaatbare limiet. Ons
het vir ‘n oomblik gedink en vir hom 'n bedrag gegee wat ek geglo het korrek
was.
Hy het toe begin sê dat indien ons nie akkuraat is op ‘n paar dollars na nie dat
Binnelandse Sekuriteit al ons kontant kon konfiskeer en hy het vir ons gesê ons
moet 'n dokument teken en verklaar hoeveel kontant ons aan ons gehad het. Ek was
senuweeagtig maar het probeer om seker te wees dat ons akkuraat was met die
bedrag. Ek het geglo ons was.
Wel, net nadat ons die vorm ingevul en geteken het en begin agterkom het wat
regtig aan die gang was, het ons gedink ons beter elke pennie in my beursie tel
want Binnelandse Sekuriteit wil dit hê. Terwyl ons die geld begin tel het, het
ek geweet ons is in die moeilikheid aangesien ek baie meer geld gehad het as wat
ek besef het want $500 in Kanadese geldeenheid was vir ons gegee tydens die
Pasga deur Adam, en by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien het,het hy weer
vir ons nog $500 gegee in Kanadese geldeenheid.
Ek het al die Pasga geldgeskenke in 'n koevert gesit en dit nooit eers getel nie.
In plaas daarvan wou ek verras gewees het hoe YAHUSHUA dit vermenigvuldig het
wanneer dit tyd geword het om dit te gebruik wanneer ons in Switzerland kom.
Daar was Euros wat vir ons gestuur was as Pasga geskenke, sowel as Engelandse
geldeenheid. Plus ek het binne-in ‘n klein mint blikkie Amerikaanse geldeenheid
gesit wat vir ons gegee was met Hanukkah en my verjaardag asook tydens Purim. Ek
het dit gehou vir ingeval ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hê. Dit was regtig
net onder die bedrag van $500. Ek het dit in my beursie gehad maar heeltemal
daarvan vergeet. Daar was 7 offisiere wat gedelf het deur al ons besittings en
gesoek het vir elke pennie wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gedelf
het, het die offisier wat hierdie hele ding aangehits het ons paspoorte gevra om
te sien of ons nie enige lasbriewe teen ons gehad het nie. O, die uitdrukking
van teleurstelling op sy gesig toe hy uitgevind het dat ons geen lasbriewe teen
ons het nie, nie eers 'n verkeersboete nie! Loof YAHUSHUA! Ons vliegkaartjies
was gekoop met 'n kontant geskenk en hulle was eersteklas, andersins is ons
seker die vliegtuig sou sonder ons vertrek het, en selfs die eersteklas
kaartjies was nie terugbetaalbaar nie. Ander was reeds op die vliegtuig en as
daardie vliegtuig opgestyg het sou hulle in Europa gewees het sonder geld en ons
sou alleen in Seattle gewees het. En as ons geld gekonfiskeer was, sou ons nog
sonder geld ook gewees het. Dit was 'n klein voorbeeld hoe die Binnelandse
Sekuriteit, wat ons die bynaam van "Gestapo Police" gegee het, die Jode moes
behandel het toe hulle alles gesteel het wat hulle gehad het. Maar YAHUVEH het
alles onder beheer gehad.
Vroeër daardie oggend het ek wakker geword van 'n droom wat 'n waarskuwing was
oor Binnelanse Sekuriteit. Ek het wakker geword, geskree en gehuil en gesê, "Ons
kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan moeilikheid wees met ons
regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika verlaat nie"
Ek het geweet YAHUSHUA het ons gewaarsku wat die duiwel beplan om te doen en dat
ons nou daarteen moes bid sodat dit nie gebeur nie. Ons het gebid vir ure, satan
bestraf, betrokke in geestelike oorlogvoering en met moeite in die Gees en toe
vrede gekry en ‘n woord van YAHUVEH voortgespreek. HY het gesê, "satan wil julle
verstrik, maar niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat
nie. Die Rooisee sal oopgaan vir julle."
Toe het ek vrede gehad en weer aan die slaap geraak. So gesê, kan ons nie sê dat
ons nie vroegtydig gewaarsku was van die vangstrik wat vir ons gestel was nie.
Ons het net nie geweet waar die vangstrik sou wees nie. Nou kon ons dit duidelik
sien. Ek het gebewe onder die salwing op daardie tydstip. Dit was hierdie
profesie wat opgesluit was soos vuur in [my] gebeente, want YAHUVEH was woedend
oor hoe ons soos kriminele behandel was. In elkgeval was dit ons eie geld, net
omdat ons nie die tyd geneem het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat
Amerikaners sou toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos hierdie. Ons
is nie meer die land van die vry en dappere nie soos Profesie 84 sê, "PASOP VIR
DIE ILLUSIE."
Teen hierdie tyd was die vliegtuig vol behalwe vir ons en hulle het vir ons
gewag sodat hulle kon opstyg. Terwyl hulle ons kontant getel het, het een
offisier in besonder aanhou vra waar ons die geld gekry het, wat ons gedoen het
vir 'n lewe, ens. Ons het vir hom gesê ons was bedienaars. Nodeloos om te sê,
toe hulle klaar was het ons meer geld gehad as wat ons verklaar het en hulle het
gesê dat hulle hul toesighouer sal moet inroep, om te sien of hulle ons geld
gaan konfiskeer. Ons was in ernstige gebed soos julle kan raai teen hierdie tyd.
Daar was 7 van hierdie Binnelandse Sekuriteits offisiere wat daar gestaan het
besig om te probeer besluit wat om te doen want hulle kon nie hul toesighouer in
die hande kry nie. Toe het een van hulle uiteindelik gesê, "Kom ons gee hulle
die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie geweet het hoeveel
kontant hulle gehad het nie en laat hulle aan boord van die vliegtuig gaan." Nou
as ons nou 'n groot bedrag kontant gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit
gebeur het. Maar net 'n bietjie meer as dit wat ons neergeskryf het was belaglik.
Ons het ‘n 'Amen' gesê daarop, ons besittings bymekaar gemaak en aan boord van
die vliegtuig gegaan om nooit weer vir Amerika te sien nie. O ja, daar is een
ding wat ek vergeet het om te noem. Ons het verskeie een-ons goue muntstukke in
my beursie gehad, wat as 'n geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die
Bruid in Australië genaamd John. Hy het dit vir ons gestuur verlede jaar want
YAHUSHUA het vir hom gesê om dit vinnig te stuur indien ons kontant vir 'n
noodgeval sou nodig hê of ruil transaksies op ons reis. Ons weet nooit wat sal
gebeur nie. Ek het hierdie in my beursie gehou binne-in 'n sakkie so groot soos
'n grimeer sakkie.
Een van die offisiere het hulle gevind en daarna gekyk en ons het hom dopgehou
en stilletjies verwoed gebid toe hy opgekyk het na ons met 'n goue muntstuk in
sy hand verseël in plastiek en gesê het, "Wat is hierdie, aandenkings?" Ons het
gesê, "Ja, jy kan dit sê" met 'n groot grinnik op ons gesigte. Ons weet dat
hulle alles sou gehou het as die goud ook getel was, en hulle sou dit alles in
elk geval gehou het as YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ons weet
dit, ons het soos kriminele gevoel net omdat ons bietjie kontant moes hê om te
hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse Vader in beheer was, was dit
steeds baie senutergend. satan het probeer om enigiets te gebruik wat hy kon om
ons te weerhou van hierdie missie om te vergader met die Internasionale Bruid
van YAHUSHUA, en 'n vars nuwe salwing te bring na die [lande] wat ons besoek.
Waar ons heengaan, volg tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die
Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Na hierdie ondervinding, het ons aangehou om YAHUVEH te vra waarom hulle so op
ons ingefokus het want ons het geweet dat ons 'n teiken was en HY het hierdie
droom gegee.
In die droom, het‘n broer agter die mense gestaan wat na die x-straal masjiene
gekyk het, en hy het na die skerm gekyk. Hy het toe homself deur die x-straal
masjien sien gaan maar hy was steeds agter hierdie mense wat ook na die skerm
gekyk het. Die skerm het toe die presiese bedrag kontant wat hy aan hom gehad
het, begin flikker. Nou aangesien hulle hierdie masjien het en duidelik kan sien
hoeveel kontant jy aan jou het, was hierdie alles niks meer as teistering nie
vir een rede omdat Homeland Security 'n ander manier is om die vryheid en
privaatheid weg te neem van Amerikaanse burgers.
Ons is spyt dat ons Amerikaners genoem word want inderwaarheid was ons behandel
met respek en meer regte vir ons privaatheid in Europa en ja, selfs Afrika.
Homeland Security het geen begroting nie, dit is 'n finansiële bodemlose put wat
geskep is deur President Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen die
onskuldige burgers van Amerika om te steel, moor en ons vryhede en reg op
privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat YAHUVEH sê omtrent Homeland
Security en ander organisasies in ander lande wat dieselfde doen onder‘n ander
naam.
Ons moes op 'n veilige plek kom om hierdie profesie vry te stel asook die ander
wat nog nie vrygestel is nie. Ons is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit
kon nie verhoed word nie. Ons weet dat selfs al dink ons dit is laat is dit
presies op tyd, want dit is YAHUVEH se tydsberekening. Miskien sal ons
ondervinding iemand anders kan help.
Ter afsluiting glo ons waarlik die finansiële geskenke wat gegee is vir hierdie
Bediening, is gegee deur Heilige mense, vernaamlik die Bruid van YAHUSHUA se
finansiële geskenke en satan was gestop daardie dag. Wanneer hierdie profesie
gekopieer en gedeel word, maak asseblief seker dat die verduideliking ingesluit
is sodat ander sal verstaan.
* * * * * * *
PROFESIE 85
Skree Dit Van Die Huise Se Dakke af! Skree Dit Vir Die Wêreld! Internasionale
Bruid Van YAHUSHUA, Kom Na Vore!
Jy het dit nie vooraf geweet nie, maar EK het dit nou net vir jou gewys, [Elisheva],
in 'n visioen. Toe jul betree het in Zurich, Switzerland, het EK bewys dat EK
julle veilig uit Amerika kon kry. Alhoewel julle nooit‘n wet oortree het nie,
wou satan nie hê julle moes weggaan van daar af nie want hy wou nie gehad het
hierdie salwing moes losgelaat word nie en vir julle om persoonlik die lande te
betree nie. satan wil nie hê julle moet vergader saam met die Internasionale
Bruid van YAHUSHUA nie.
Ten spyte van wat ookal die vyand probeer doen het, het die ganse Hemel gejuig,
die Engele het gejuig, in die Hemel het die ramshorings weerklink, want in
Amerika sê hulle daar is niks sterker as Homeland Security nie. Maar EK het
bewys en soos EK aan almal sal bewys wat MY toets en in MY glo, wat MY
gehoorsaam, wat die KRAG ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak hierdie
plegtige eed: Diegene wat die waarhede volg wat EK gegee en voortgespreek het in
hierdie Bediening sal dieselfde oorwinning hê oor Homeland Security of by watter
naam ookal genoem in watter nasie ookal. Want soortgelyke agentskappe word
opgestel om nie net die kriminele nie maar die onskuldiges te verstrik.
En in die komende dae van duisternis, sal dit die Heilges wees wat 'n teiken sal
wees van hulle. Net so seker soos EK gewys het geen krag is groter as EK, die
Groot, “EK IS” YAHUVEH wanneer julle na MY toe kom in YAHUSHUA ha MASHIACH se
Naam, sal EK die Rooisee oopmaak. Sal EK diegene stop wat probeer om julle te
agtervolg. Julle wat MY Heiliges is, wat uitroep in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH net soos in die tye van ouds, sal EK julle verlos.
So julle sien MY kinders, daar was 'n ander rede hoekom EK julle Europa toe
gestuur het, en dit is om te bewys wanneer EK die Rooisee oopmaak sal die ander
ook deurgaan. O Amerika, julle stel julle sekuriteit in iets genaamd “the
Homeland”? EK sal julle wys Homeland Security, julle is net gepas vir een ding
en dit is MY, YAHUVEH se vernietigting. EK, YAHUVEH, spreek hierdie nou. Julle
probeer MY Kinders verhinder, julle probeer MY Kinders vertraag, nee sê EK.
Julle sou gemaak het dat hulle daardie vliegtuig verpas. Julle wou roof by MY
Kinders, julle wou MY Kinders arresteer en tog nie eens 'n parkeer kaartjie het
julle teen hulle nie en julle kon nie verbykom by die Bloed Gestort vir hulle op
Golgota nie. Julle kon nie verby MY, YAHUVEH gaan nie, want hulle het hul
sekuriteit gestel in YAHUSHUA en in MY. Hulle het MY gehoorsaam en hulle het
gevlug voor die dae van verwoesting kom.
Nou spreek EK hierdie voort. Skree dit van die huise se dakke af, skree dit vir
die wêreld. EK het julle verlos as 'n teken EK sal ander verlos op dieselfde
manier. EK het julle uitgestuur uit Amerika, julle eksodus, om nooit weer terug
te keer nie. So ook soos EK met julle gepraat het, so ook het EK met ander
gepraat en hulle het nie geluister nie en hulle het nie geleer nie en tog word
hulle genoem by MY Naam so baie sal moet leer op die harde manier. Hulle glo die
waarhede wat julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in
hierdie Messiaans Joodse Laaste Kans Bediening om vir die mense te vertel van
Amerika en Kanada wanneer EK vir hulle sê om te vlug, beter hulle vlug.
Andersins moenie by MY kom huil nie. Onthou daar is altyd vrede in die oog van
die orkaan. Kanada, EK het julle gewaarsku om nie in julle suster Amerika se
voetspore te volg nie deur hierdie profeet jare gelede, maar het julle geluister?
Nee, julle spottery het net harder geword. Wanneer hierdie lande ingehok word
soos EK vir jou gewys het, [Elisheva], in hierdie visioen keer-op-keer. 'n Groot
rooi weggooibare beker gemaak van swaar plastiek en 'n groot hand vat daardie
beker, oor 'n klein bang muisie, 'n klein wit muisie, en maak dit toe met die
druk van die hand, en die muis hardloop heen en weer onder die beker wetende dat
daar geen ontsnapping is nie, dit is julle. Diegene wat sê hulle is Heilig,
diegene wat uitroep in MY Naam, en tog aangedring het hulle bly. EK profeteer
nou hierdie is julle. As julle nie vlug en doen wat EK vir julle sê om te doen
nie wanneer EK vir julle sê om te vlug, moet julle gehoorsaam. Anders is dit
julle, julle is die bang wit muisie en julle regerings is die hand wat julle sal
verhoed om te vlug.
Wanneer EK vir julle sê om te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog
kan vlug. Bevraagteken menige van julle MY nog steeds. Hoekom dink julle het EK
vir julle gesê om Pasga te doen? Selfs al het julle dit nog nooit gedoen
voorheen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van die dood
oor julle sou verbygaan en nie julle families of huise sou aanraak nie en die
vloeke nie oor julle kon kom nie. Hoeveel van julle het geluister toe EK
voortgespreek het deur hierdie “Ringmaiden” en julle 'n mandaat gegee het om
hierdie te doen. Na die Pasga kom‘n eksodus. [Elisheva] het geen idee gehad dat
hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing nie. Hoewel EK julle
gewaarsku het. Hulle gaan julle vooruit.
Amerikaners en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat
julle weet EK het vir julle so gesê het. Gehoorsaam. Onthou, EK het vir julle
gesê die lande wat derde wêrelds genoem word, alhoewel armer, sal die veiligste
wees teen die korrupte, ryk regerings wat die een sal in-begelei wat antichris
genoem word, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van
verderf, wat die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle
te beskerm in die komende dae van duisternis nie, want EK stuur Amightywind om
gebruik te word as 'n standaard teen die bose in hierdie wêreld en die boosheid
wat kom na hierdie wêreld toe. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig
terwyl julle dit nog vrylik kan lees. Die tyd kom wanneer die woord weggesteek
sal moet word op 'n ander manier.
Maar vir die van julle wat moet agterbly in Amerika en Kanada, gee EK MY vrede
wat alle verstand te bowe gaan en EK het MY Heiliges wat moet agterbly, dit is
waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy beter weet dat jy weet dat jy weet dat
EK vir jou gesê het om te bly en nie te gaan nie. EK bedank julle dat julle MY
toelaat om julle te gebruik as 'n geseënde geskenk vir hierdie Bediening. En
soos hulle wandel in 'n groter salwing en geseënd en beskud is, so is julle ook
gesalf, geseënd en beskud. Die skaakstukke is op die bord nou, alles is in plek.
Aan MY vyande en die vyande van hierdie bediening, nou baie binnekort, gaan EK,
YAHUVEH, sê, "SKAAKMAT!"
Kanada jou lot is dieselfde as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK kyk na
Kanada, is daar geen verskil nie. Julle is sonde, julle is stank, julle is
ontlasting in MY oë. O, EK sal begin om te profeteer vir die ander [lande], maar
nou is MY oog op die een wat soveel op ‘n dwaalspoor gelei het. Amerika, julle
sal betaal. Nou kan hierdie profeet die woorde van vuur voortspreek wat EK
opgestoor het. In die komende dae, terwyl julle die dag nader van Pinkster,
almal wat aan MY behoort, almal wat MY Heilige Naam aanroep beter Psalm 91 begin
aanhaal keer-op-keer, omdat hy MY Naam ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal
hom antwoord en EK sal hom verlos, EK sal nie lieg nie.
Diegene wat MY Sabbat Dag eerbiedig, diegene wat MY Torah hul waarlik gehoorsaam,
diegene wat YAHUSHUA aanbid, EK sal julle antwoord, EK sal julle verlos. Diegene
wat hierdie Bediening liefgehad het, want net MY Woorde was voortgespreek, EK
sal julle antwoord, EK sal julle verlos, as julle maar net sal gehoorsaam. As
julle agterbly omdat julle sê, "O, maar my man is nie gered nie," as julle
agterbly en sê, "O, maar my vrou is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O,
maar my kinders is nie gered nie” is dit nodig dat EK julle herinner wat gebeur
het met Lot se vrou? En so sal dit ook weer wees.
Julle kan nie eers begryp wat EK vir julle beplan het nie o, Amerika en Kanada.
Diegene wat vlug uit Amerika dink hulle hardloop na 'n toevlugsoord genaamd
Kanada, diegene in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n toevlugsoord in Amerika
maar hulle is dieselfde daar is geen verskil nie, hulle albei spot MY Heilige
Naam. Die van julle wat dink julle ontvlug armoede om na 'n ryk land toe te kom;
julle het geen idee wat hulle aan julle gaan doen nie. EK het meer kinders wat
gesalf en Heilig is in die armer lande as wat EK het in al die ryk lande
altesaam. Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die Internasionale
Bruid van YAHUSHUA so min word gevind in die ryker nasies. Afrika Bruid van
YAHUSHUA, kom na vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”. Julle gebede
is die Lig wat die boosheid terughou om Afrika heeltemal oor te neem.
O, EK weet die meerderheid van die Europese kerke is net louwarm. Julle is net
waardig om gespoeg te word uit MY mond en tog fokus EK nog nie in op julle nie.
In plaas daarvan beveel EK, YAHUVEH, die Europese Bruid van YAHUSHUA, kom na
vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”; dit is julle gebede wat gehelp
het om my wraak oor Europa terug te hou, tot dusver.
Soos julle die pryse van brandstof sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees
oor die mense sien kom wat hulle nog nie geken het nie. Want julle sien, die
olie maatskappye sê dit is julle wat hulle besit. En hulle gaan julle verpletter.
Hoe dink julle gaan julle finansies verpletter word? Terwyl julle die pryse in
alles sien opgaan. Sal alleenlik dit wat julle vir YAHUSHUA gedoen het bly staan,
dit is die enigste manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiële seëninge sal
vermenigvuldig. Vir die van julle wat julle geloof stel in iets genaamd olie,
swart vloeibare goud in plaas daarvan om julle geloof te stel in MY, YAHUVEH, in
MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, julle sal vrees ken soos julle dit nog
nooit geken het nie. EK praat met diegene wat hulself Christene noem. Julle moes
gebid het en MY vir beskerming gevra het. In plaas daarvan stel julle jul geloof
om julle te beskerm in iets genaamd Homeland Security in plaas daarvan om te glo
in God YAHUVEH sal ek vertrou. Nou, o Amerika, nou, o Kanada, nou is julle net
geskik vir MY om te verpletter.
O, maar diegene wie se name EK geskryf het in die Lam se Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie aarde. Diegene wat uitroep na MY, diegene wat uitroep
in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie
laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie laat los
nie. Ongeag wat gebeur, moenie laat los nie. As EK vir julle gesê het om te bly
dan sal EK julle beskerm waar julle woon. Maar as EK vir julle gesê het om te
vlug, onthou julle het MY verontagsaam as julle nie gegaan het nie.
Nou [Elisheva], het julle 'n nuwe adres om op te sit. Nie langer hoef julle pos
aangestuur te word uit Oregon nie. Nie langer het julle hierdie bykomende
uitgawe nou nodig nie. Julle het MY toestemming om julle Alaska adres op te gee.
'n Nuwe salwing het voortgekom regoor Europa toe julle jul voete geplant het
daarop. Nou sal die kragte van lig en duisternis veg op‘n groter manier. Want
die Bruid in Europa gaan weet dat hulle nie meer alleen is nie. O, hulle het
altyd vir MY gehad, maar hulle het gevra, "O waar, o waar is die ander?" Nou is
die tyd wat EK begin om julle bymekaar te bring. Dit wat soveel jare gelede
geprofeteer was en 'n splinternuwe, kragtiger salwing. MY Bruid sal uitgaan en
veg teen die bose geeste regoor die wêreld.
[Elisheva], jy sal 'n manier kry om op daardie Internet te kom. Daar is een wat
vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, want dit is in MY Naam wat
sy voortdurend bid. Daar is 'n Duitse Bruid wat jy na vore moet roep; hulle het
jou eenmaal vantevore gekontak en nou moet jy hulle weer vind. YAHUSHUA het 'n
Italiaanse Bruid en wanneer EK praat van Bruid, praat EK van meer as net een.
Italiaanse Bruid van YAHUSHUA kom na vore. Stuur julle uitnodigings nou en stel
julself voor aan die “Ringmaiden”. Is julle bereid om te deel wat julle het met
hierdie Bediening? Sal julle hul bedek met julle gebede en liefde?
Oor al die nasies van Europa nou roep EK, YAHUVEH, julle na vore! Kom en
vergader met hierdie “Ringmaiden”, want daar is 'n nuwe salwing wat deelagtig
sal word terwyl almal van julle jul lantern liggies bymekaarbring, sal dit meer
van die duisternis blokkeer regoor Europa. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe
minder duisternis. Europa julle is bedek met duisternis! Maar EK bring die lig
om die duister te verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle
het met hierdie Bediening? Is julle bereid om julle salwing byeen te bring?
In die komende dae sal profesieë voortkom vir Europa en ander nasies. Amerika,
julle het geweier om te luister. Kanada, julle het geweier om te luister. Toe [hulle]
vertrek het, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het vir hulle hul
instruksies gegee. Moet dit nie weer binnegaan nie, want dit sal wees so asof
Lot Sodom en Gomora weer binnegegaan het toe EK vir hulle gesê het om te vlug.
EK sal goedgunstiglik almal onthou wie 'n seën was vir hierdie Bediening, almal
wat hierdie weg moontlik gemaak het om te vergader met die Internasionale Bruid.
Hoe meer julle gedoen het, hoe meer beskerming sal EK vir julle gee, hoe meer
genade want julle sal dieselfde seëninge deel as hierdie “Ringmaiden” wat hier
voortspreek.
Diegene wat weier om hierdie Bediening te ondersteun, julle weet dit nie, maar
julle steel net seëninge van julself, seëninge wat EK vir julle voorbehou het.
Hierdie is die woorde, MY Kinders, wat julle moet opsit saam met die woorde wat
EK vir julle in Seattle Lughawe gegee het voor julle vertrek het vir Europa.
O [Elisheva], jy het MY soveel behaag, want jy wandel in geloof en nie met
aanskouing nie. Toe EK vir julle gesê het om te gaan, het jy MY nie bevraagteken
nie, jy het net gehoorsaam. Toe EK julle na 'n vreemde land stuur, het jy gesê,
"Maar ek praat nie hulle taal nie," en tog het jy net gehoorsaam. O, hoeveel
behaag jy MY; dink jy regtig EK sal julle laat honger ly? Jy het gesê, "O, maar
die pryse is so hoog hier." Het EK, YAHUVEH, bankrot geraak en niemand het MY
vertel nie? Besef jy nie jy het die ganse Hemel se goud en silwer tot jou
beskikking soos EK dit bewillig nie?
Wanneer EK vir julle sê om 'n Heilige Vergader plek te kry en verwag die ander
om te kom, weet EK jy sal gehoorsaam. Dit is MY eer om jou op hierdie manier te
seën. En Groot, Groot, Groot, sal die seëninge wees van [diegene] wat groot
onkostes aangegaan het, julle deel dieselfde seëninge, want julle is een. Jy het
hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in daardie soene en
drukkies. Voor die hele wêreld nou bedank EK jou. EK seën jou omdat jy
gehoorsaam was.
Adam, weer het EK jou uitgestuur, jy het gekom van Vancouver af om na Seattle
toe te gegaan teen groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het gekom in MY
liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, want jy is die een wat EK gestuur het
toe hulle Seattle verlaat het en Alaska toe gegaan het. So EK het geweet EK kon
jou weer vertrou en, Adam M. jy het MY nooit in die steek gelaat nie en o, hoe
seën EK jou. En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Soveel soos julle
'n seën vir hierdie “Ringmaiden” is, is julle 'n seën vir MY, YAHUVEH, en MY
SEUN YAHUSHUA. MY dierbare geliefde dogter Kathy A, jy arbei om al die profesieë
wat EK vir [Elisheva] gegee het in boeke vry te stel wat sal wees soos‘n
versteekte waardevolle skathuis van geloof gedurende die tyd van die Groot
Verdrukking. Kathy A, jy wat die ekstra myle geloop het en opgeoffer het op alle
maniere, weer sê EK voor die wêreld, jy is so 'n seën. EK verklaar jou naam word
grootliks vereer in die Hemel saam met jou gebede en tiendes en offergawes.
MY Heiliges wat finansieel opoffer sodat EK hierdie Bediening kan gebruik regoor
hierdie wêreld julle name is geskryf in 'n boek van seëninge saam met Adam en
Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so lank. EK roep julle name uit om
julle te bemoedig. Groot, Groot, Groot, Groot, sal julle seëninge wees, want
waar hulle voete ookal gaan, in die gees so sal julle. In die Hemel, wanneer
belonings uitgedeel word vir die siele wat hierdie Bediening na YAHUSHUA toe
gelei het, sal julle almal direk langs hul sy staan. Sonder julle om 'n seën vir
hulle te wees , wie sou EK gebruik het om 'n antwoord op hul gebede te wees? EK
gebruik mense om mekaar te seën hoe meer jy ander seën hoe meer sal EK, YAHUVEH,
jou seën.
Daar is van julle wie se name EK nie voortgespreek het nie en julle het
finansieel opgeoffer vir hierdie Bediening. Wees verseker dieselfde seëninge is
gereserveer vir julle ook, geliefde kinders, want EK weet wie julle is. O,
geliefde dogter Sharon M., oor hierdie vele jare was jy 'n seën keer-op-keer. Jy
is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die bietjie wat jy het om plek te maak
vir meer seëninge. Jou geloof en gehoorsaamheid eer MY.
EK het die rykes na hierdie Bediening gestuur en julle ken MY stem en tog staan
julle ver weg, stel nooit eens julself voor nie, en tog is dit die Salwing van
die RUACH ha KODESH wat julle trek hierheen. Is julle gewillig om dit te deel
waarmee EK julle geseën het om te help arbei in hierdie oesland met hierdie
Bediening? Besef julle nog nie julle rykdom sal julle nie gesond maak of
onderhou in die Groot Verdrukking nie? Besef julle nog nie dat die waarhede wat
julle hier leer julle sal voed en onderhou nie? En wanneer julle geloof nodig
het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur, het EK dit reeds
geprofeteer. Het EK julle nie keer-op-keer oortuig, om 'n seën vir hierdie
Bediening te wees, sodat EK 'n groter seën vir julle kan wees nie?
Besef julle nog nie dat wanneer julle ander seën wat gebruik word as MY,
YAHUVEH, se mondstuk. Seën julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en julle stoor
seëninge en skatte in die Hemel? Sê MY Woord nie, "As julle net soveel as 'n
beker water vir ‘n profeet gee, sal julle 'n profeet se beloning ontvang" nie?
Hoekom sê EK dit alles vir julle te midde van 'n profesie? Omdat so baie van
julle wil weet hoekom word julle gebede nie beantwoord nie? Hoekom groei die
salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te betaal vir MY seëninge en dit
word GEHOORSAAMHEID genoem.
Dit is hartseer om te sê maar daar is MY Kinders wat hierdie lees en hoor en
julle sê, "Ek herken die stem van YAHUVEH. Ek kom hierheen om te sien wat HY sê
maar ek weier om hierdie Bediening te ondersteun of te bemoedig op enige manier."
Hoeveel van julle het begin as 'n seën en toe verander in 'n vloek, ingeboet wat
julle weet om waar te wees? Julle het uitgeroep na MY en gesê, "Waar is die
antwoorde op my gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom is my
sielsgenoot uitgestel?” Hierdie is julle laaste kans om 'n seën te wees en te
gehoorsaam!
Voed julle nie op hierdie gesalfde, geestelike, groen weivelde en groei in
wysheid en openbaring nie? Net omdat ander die prys betaal om MY woorde vrylik
te voer vir MY lammers en skape en aan almal wat omgee om te hoor regoor die
wêreld. Dink julle daar is nie 'n prys wat hierdie profeet betaal wat EK gebruik
om voort te spreek saam met almal wat aan haar sy staan en geestelik intree in
oorlogvoering en gebede nie, en tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe
min van julle wat hierdie lees en wat hulle liefde verklaar vir YAHUSHUA sal
gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit verg om hierdie woorde voort te
spreek wat nie vir jeukende ore is nie, om‘n Bediening te ondersteun wat weier
om te skik.
Oral waar hierdie gesalfdes hulle voete plant, sal óf MY seëninge of vloeke volg,
in elke nasie, sal of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal van
YAHUSHUA se Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH begin om uit te roep en
vra vir jou bruidskat, die een wat EK vir jou gereserveer en eenkant gesit het.
Soos EK dit aangee vir die “Ringmaiden” so gee EK dit ook vir julle aan. Want
die rykdom van die goddeloses is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH
en dit is julle. Want EK weet wie dit sal gebruik vir MY heerlikheid en MY
heerlikheid alleen.
EK, YAHUVEH, het hierdie waarskuwing egter vir diegene wat gekom het as 'n
vriend, wat finansiële gawes bring en toe het julle satan toegelaat om in te kom
en hy het jou in 'n Judas verander. Dit sou beter-af gewees het as julle nooit
die naam van hierdie “Ringmaiden” gehoor het nie, want EK sal julle laat ly vir
elke droefdheid wat sy voel deur julle verraad en elke traan wat sy oor julle
gestort het. Toe julle haar verraai het, het julle die een verraai wat julle
gestuur het om 'n seën te wees en nie 'n vloek nie. Wanneer julle gebede nie
meer beantwoord word nie en wonder of EK 'n dowe oor gedraai het vir julle
hulpkrete, terwyl julle ergste vrese realiseer, alles as gevolg van satan, het
julle 'n leuenaar geglo en geskik. Wanneer julle hier is tydens die Groot
Verdrukking en ongenadiglik ly, sal julle nie hoef te wonder hoekom nie. Het EK
nie gewaarsku nie, "Moet MY gesalfdes nie aanraak en ook nie MY Profete seermaak
nie"? Wanneer sal julle leer om 'n vriend te verraai is die ergste leuen? As
julle nie bekeer en goedmaak wat julle gedoen het nie, sal julle die lot van ‘n
Judas ly en die geliefde waarvoor jy ons verraai het sal sterf.
[Elisheva], alles wat EK vir julle gegee het, het julle agtergelaat vir ander.
Al wat julle gevat het was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK vir julle
gegee het nie. Terwyl julle die geskenk van 'n voertuig van jul drome
agtergelaat het, o, maar EK sal julle seën. Nie een goeie ding sal EK van julle
weerhou nie. EK sal spreek tot die Heilige mense se harte en julle wat lees en
luister, dit is julle wat weet dat julle geroep is en gekies is om saam met
hierdie Bediening te staan. Julle is die geskenk van behulpsaamheid gegee. EK
het julle geseën in julle werk. Saam word julle geroep om te arbei in hierdie
oesland om MY waarhede dwars oor die nasies reg oor hierdie wêreld te neem. EK
spreek dieselfde seëninge vir julle. Geen goeie ding sal EK van julle weerhou
nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle vernietiging soek.
So Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK praat met diegene in Europa nou. Is julle
gewillig om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Bring julle helder
verligte geestelike lanterns byeen en wees 'n seën vir mekaar en bring hulle
soos die vyf wyse maagde gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n vuurtoring
baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een word in MY. O, die
tekens, wonders en wonderwerke wat julle sal sien in YAHUSHUA se Heilge Naam as
julle maar net geloof sal hê en glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik word, vir die
Heerlikheid van MY SEUN YAHUSHUA ha MAHIACH.
EK spreek hierdie woorde voort nou. Moenie vrees nie, o, Bruid in Israel en dink
EK gee nie om nie want EK sal hulle ook na julle toe stuur. Hierdie is net 'n
skry tree om hulle daar te kry. Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH in Israel, kom na
vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”, want dit is deel van hierdie
Bediening se werk om seëninge en beskerming te bid oor die Bruid van Israel.
Julle is een met haar soos sy - een met julle. Is julle bereid om te deel wat
julle het met hierdie Bediening? Nou is die tyd om haar te begin uitnooi en om
te begin bid en tussenbeide te tree vir hierdie Bediening om te kom en die
Heiliges in Israel te seën, om te bid dat die vyande sal weghardloop in sewe
verskillende rigtings. Oordeel sal op die goddeloses val en hulle sal val binne-in
die parskuip van MY, YAHUVEH se woede. Bid, o Bruid van Israel en Bruid van die
Midde Ooste, wat behoort aan YAHUSHUA vir die salwing op hierdie Bediening om te
vermeerder sodat julle salwing ook sal vermeerder.
EK, YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee vir julle
hierdie mandaat. Help hierdie “Ringmaiden” om hierdie wêreld te bereik vir
YAHUSHUA se Heerlikheid. Bied vrywillig aan en vertaal hierdie profesieë in
julle verskeie tale. Daar is 'n Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat
hierdie nou lees en weet hulle behoort al die profesieë in Hebreeus te vertaal.
‘n Ander weet hulle behoort hierdie profesieë in Afrika tale en Arabies te
vertaal. Hoekom het julle nie na vore gekom en julself voorgestel aan hierdie
Bediening nie? Hoekom gehoorsaam die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie en
gebruik nie die seëninge, gawes en talente wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het
nie? Hoekom begrawe julle hulle waar hul van geen nut is vir enige iemand nie?
Aan die ander wat begin werk het aan die vertalings van die profesieë in julle
tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar waarmee julle
begin het nie, die werk op die muur, gee julle so min om vir jul eie land? Almal
van julle wat dit gedoen het, EK gaan julle hierdie vraag eendag voor MY Troon
vra. Wees gereed om 'n antwoord te hê, want julle was geroep en aangestel vir
hierdie taak, en het nog nie die taak voltooi nie. Hierdie vertraag YAHUSHUA se
koms vir SY Bruid, want hierdie profesieë en boodskappe moet in baie tale wees
voor HY terugkom. Bruid van YAHUSHUA in alle Internasionale Nasies, EK het laat
(hierdies) vir altyd hulle tuisland verlaat, al hulle wêreldse besittings agter
laat, om te kom en 'n seën te wees en te deel wat hulle het met julle. Is
hierdie regtig te veel om te vra van julle? Is julle bereid om te deel wat julle
het met hierdie Apostoliese Messiaans Joodse Pinkster Bediening? Versamel
Heilige bemiddelaars om vir hulle te bid op‘n voordurende grondslag, want die
geveg is verwoed maar die Oorwinning is reeds gedoen vir YAHUSHUA se Lof, Eer en
Heerlikheid!
* * * * * * *
So was dit gespreek, so was dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha
KODESH
Apostel Elisheva Eliyahu vir die Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA!
* * * * * * *
Woord Gegee By Seattle Lughawe, 3 Mei 2006
Hierdie woord het na Elisheva Eliyahu gekom in Seattle, by die lughawe, voor
hulle vlug na Europa.
EK het keer-op-keer gewaarsku, en hulle wou nie luister nie. [Elisheva], jy het
swart aan, want EK rou. Dit is nie MY wil dat EK moet doen wat EK moet doen nie,
maar EK geforseer word om dit te doen nie. Want daar is ‘n prys om te betaal vir
ongehoorsaamheid. O, dat hulle maar net geluister het, want waarlik het die dag
van verwoesting reeds begin.
Daar sal krag en salwing wees en dit waarvoor julle geliefde Adam en Luigi
geroep was om te doen. Dit is nie‘n toeval dat hierdie bediening in Europa sal
wees en julle dit doen nie. Bid vir die beskerming, bid dat hulle versteek is.
Bid dat die sondaars se rykdom, groei losgelaat word deur die Bruid se hande,
want nou is die tyd, nou is die vasgestelde tyd.
Adam, wanneer die tyd kom dat EK vir jou sê om te gaan; EK nou vir jou sê: Pak
daardie vlugsak! Vra MY wat jy daarin moet sit, moenie langer uitstel nie. Sien
jy hoe vining gaan haal EK vir [Elisheva], want Kanada wou nie luister nie. EK
het waarskuwing na waarskuwing gestuur. Hulle het geweier om te luister! So,
hulle is nie beter-af as Amerika nie. Want diegene, wat Kanada beskou as veilig,
hulle is sekerlik mislei.
Nou, het EK jou uitgestuur [Elisheva] om MY Oordeel te vel op Europa, op die
louwarmes. Sê vir hulle EK sal hulle uit MY Mond uitspoeg. Hulle is diegene wat
sê hulle is van MY en tog ken hulle MY nie. Jy sal meer weet wanneer jy dit
kry.‘n Nuwe salwing sal oor jou kom. Dit is al vir nou.
Maar Adam, weet dit, nie een haar op jou kosbare hoof sal aangeraak word nie,
want jy behoort werklik aan MY en EK is jaloers oor jou. Enige iemand wat jou
seermaak, dit is asof hulle MY seergemaak het, en desondanks, moet MY nie toets
nie. Wanneer EK sê, pak daardie vlugsak, pak jy dit, want waarlik het die
geboortepyne van die Dag van Verwoesting reeds begin. Niks sal die Groot
Verdrukking stop nie, die geboorte van MY Wraak!
Maar, diegene wat aan MY behoort, diegene wat MY soek hoef nie bekommerd te wees
nie!