Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
29 Maart, 2024
>Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * *
“Nogtans het HY ons krankhede op HOM geneem, en ons smarte - dit het HY gedra;
maar ons het HOM gehou vir een wat geplaag, deur Elohiem geslaan en verdruk is.
Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons
ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op
HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Jesaiah 53:4-5
* * * * * * *
EK het dit teen jou Amerika! Jou leier is nie net 'n hoereerder nie, maar 'n
oorlog-lustige. Jou strate vloei nie met genoeg perversiteit en genoeg
bloedvergieting nie nou moet julle dit na ander nasies toe neem. Die ongeborenes
slag julle met minder genade as die diere wat julle dood vir voedsel! Julle toon
meer agting en meegevoel teenoor die skepsels as wat julle doen vir die babas
wat daagliks uitmekaar geskeur en lewendig verbrand word.
EK het dit teen jou Amerika. Julle was 'n nasie afgesonder deur MY Goddelike
Hand om die Here God Almagtig te verheerlik wie se Naam is “EK IS.” Julle wat
eens bekend was vir Goddelikheid, is nou niks meer as 'n leë dop nie. Julle giet
jul wraak uit op 'n nasie waarop julle geen reg het om jul oordele uit te stort
nie. “EK IS” die enigste een wat hierdie reg het want die wraak is MYNE, sê die
Here. Hoe kan julle splinters uit hulle oë haal terwyl julle 'n balk het in jul
eie oë? Haal eers die balk uit jul eie oë en help dan iemand met 'n splinter.
Hoe kan julle skree diktator terwyl julle jul eie diktators het? Amerika EK het
dit uit die Hemel bepaal, as julle nie op jul knieë val en julle sondes erken,
soos EK die waarskuwing vantevore deur hierdie diensmaagd uitgeroep het nie, sal
EK dit weer deur haar spreek sowel as ander profete. "Amerika BEKEER want julle
sal nooit weer nog 'n oorlog wen nie!" Julle sal maai wat julle saai. Die maat
van verwoesting wat julle nou uitgiet en die maat van dood wat julle uitgiet sal
julle uit MY beker van toorn drink totdat daar niks meer oor is nie. Amerika,
julle was eens 'n nasie wat vertrou en gerespekteer was maar nou is julle 'n
bespotting van alles wat Heilig is. Julle mense het eens op ‘n tyd gestaan vir
sedelikheid en julle leiers ook, maar nou word julle mense en julle leiers
regoor die wêreld geken vir onsedelikheid en onbetroubaarheid. Julle verdedig
die onreg en dit wat reg is wil julle stilmaak.
Julle bombardeer 'n land wat ten minste 'n God aanbid. Selfs 'n heidense God is
beter as niks. Want selfs 'n heiden nasie erken hulle is nie oppermagtig nie.
Amerika EK het dit teen julle. Julle dien geen God nie! Julle buig jul knie voor
geen God nie, alhoewel julle geld eenheid sê: "In God We Trust, vertrou jy op
geen God nie. Julle Amerika, het 'n vorm van Goddelikheid maar geen Goddelikheid
van binne nie. Amerika jy sal maai wat jy saai.
Julle wat sendelinge stuur na ander lande en EK seën daardie sendelinge met MY
salwing en heidense lande leer YAHUSHUA ken as Heer en Verlosser. Tog bespot
julle eie land dieselfde boodskap. Nie almal doen dit nie want EK het 'n volk.
EK het 'n oorblyfsel wat nie beweeg sal word nie. Hulle sal nie hulle knie buig
voor satan en die doktrines van die antichris nie maar ag so min. O EK ween, so
baie dwaal af. Menigtes wat luister na vreemde vuur leringe, vreemde vuur
demonstreer in hul kerke en selfs vreemde vuur gebede bid. Kom uit tussen hulle.
Luister na die stem van MY RUACH ha KODESH julle ken die stem van julle Goeie
Herder. Toets elke aksie met die woord van YAHUVEH. Toets die Gees wat praat. In
hierdie tyd en seisoen lyk die vals profete so goed. Hulle spreek woorde wat sê
alles is wel en vorentoe is daar net seëninge.
Ja want MY Kinders sal EK beskerm. Maar onthou vir Moses en leer die les van die
kinders van Israel. Die plae het nie naby diegene gekom wat hul vertroue gestel
het in MY, die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar hulle het die plae
gesien wat oor die ander gekom het. EK stuur MY Geliefde SEUN YAHUSHUA, julle
MESSIAS om te kom en om MY Bruid weg te voer. Het EK nie vir julle tekens in die
Heilige Skrifte gegee waarvoor om te wag en te kyk nie? Het julle nie hierdie
dinge sien gebeur nie? Het EK nie gesê waarlik, hierdie geslag wat hierdie dinge
sien gebeur sal sekerlik nie verbygaan sonder dat julle die SEUN VAN GOD,
YAHUSHUA se wederkoms sien nie. Hoekom betwyfel julle MY? Hoekom glo dan net 50
persent van julle wat beweer dat julle MY liefhet en dien dat EK MY Geliefde
SEUN YAHUSHUA stuur om diegene te red wat nie bestem is vir MY toorn wat gaan
kom nie? Vir die van julle wat weier om julle geloof te gebruik om te glo in
hierdie Salige Hoop EK het nuus vir julle HY kom nie vir julle nie.
Net soos julle nie gered kan word sonder geloof daarin om te glo dat dit die
waarheid is nie, net so, sal julle ook nie waardig geag word om YAHUSHUA se
Bruid te wees as julle nie geloof het nie. As julle leef asof MY SEUN YAHUSHUA
nie kom nie, jare vooruit beplan alleenlik geïnteresseerd in wêreldse dinge en
besittings dan het EK nuus vir julle. Julle is nie ingesluit in die Bruidegom se
lys wie verseël is om SY Bruid te wees nie. Nie almal is geskik om 'n Bruid van
YAHUSHUA genoem te word nie. Sommige is slegs geskik om die Gaste te wees. Dit
beteken nie dat jy op een of ander tyd nie gered sal word nie. Dit beteken
totdat julle gewandel het in 'n wêreld wat geskik is net vir MY toorn sal julle
sien wat julle gemis het, sal julle op 'n nuwe manier met 'n nuwe geloof dan na
MY toe draai.
Dan is daar ander wat waardig is om MY Bruid te wees (ek glo hierdie spreek tot
die 7de Dag Adventiste geloof) en tog het satan julle mislei om julle te laat
dink julle doen MY 'n guns om agter te bly in die Groot Verdrukking om te bly om
die mense te bedien. Julle geloof is julle wat sê "Ek sal hier bly en die groot
bruilofsdag misloop sodat ek ‘n hulp vir ander kan wees!" Waar julle geloof is
daar sal julle bly. Dink julle nie dat EK ander kan oprig wat hierdie tugtiging
nodig het om hulle gereed te kry vir die Hemel nie? Dink julle regtig EK het
nodig om MY Geliefde Bruid agter te laat wie EK in MY Heilige Skrifte gesê het
bid dat julle waardig geag sal word om die toorn te ontvlug wat gaan kom.
Nogtans sê julle julle is waardig en is trots daarop om agter gelaat te word.
Wees gewaarsku waar julle geloof is so sal julle bly. Sommige sal wandel in die
tye van Groot Verdrukking omdat hulle dit so verkies het. Nie MY keuse nie maar
hulle s'n. EK sal doen wat hulle glo en sal hulle beskerm soos hulle geloof MY
toelaat om dit te doen. Soveel lyding sou onnodig gewees het as hulle nou net
bekeer daarvan om so te praat en te dink.
Onverdun en in volle maat sal hierdie wêreld maai wat dit gesaai het. EK het die
bose Farao gewaarsku en EK waarsku MY vyande weer. BEKEER! Draai weg van
Boosheid. EK het Ninive gewaarsku en hulle was gespaar maar teen die einde het
hulle weer teruggedraai na boosheid en EK moes vernietig wat EK vooruit beskik
het om te vernietig. Want EK ken die harte van die verworpeling. Diegene soos
die Bose Farao wat praat asof hulle jammer is en hulle bose wee sal stopsit net
om in die boosheid saam te voeg in die volgende asem deur vir MY en MY Mense te
lieg. In die verworpeling daar’s geen waarheid in hulle nie. Ongeag wat EK aan
hulle doen hulle sal MY nie dien of MY aanbid nie.
EK het 'n boodskap vir MY geliefde wederstrewige dogter Israel. Geliefde Israel
jy is nie veronderstel om te gee wat EK nie vir julle gegee het om te gee nie.
Julle het heeltemal te veel weggegee EK het julle 'n land van melk en heuning
belowe. EK, die God van Abraham, Isak en Jakob het belowe om julle land te seën
met skoonheid en voorspoed, het EK dit nie gedoen nie? Nogtans is die leiers van
hierdie land soos swak vroue wat vreesbevange ineenkrimp in 'n hoek teen die
hande van 'n mishandelende maat. Israel glo die leuens van 'n boelie. Israel bid
tot die God “EK IS” en vra vir bevryding maar wys deur hulle handelinge dat
hulle nie glo “EK IS” kan en sal 'n land beskerm waar MY SEUN YAHUSHUA eendag
baie spoedig SY voete op die Olyfberg sal sit nie. Israel weier om te glo die
God van Abraham, Isak en Jakob het reeds MY liefde vir hulle bewys deur vir
hulle hul MESSIAS te stuur hulle VERLOSSER, YAHUSHUA is SY Naam!
MY Geliefde Joodse Mense, EK het MY SEUN gestuur as een van jul eie, HY is nie
'n Verlosser alleenlik vir die Heidene nie maar ook vir julle geliefdes. MY
begeerte is beide Jood en Heiden word soos een in YAHUSHUA. Hoekom wag julle vir
'n ander Verlosser? Terwyl EK MY beste vir julle gegee het. satan wil julle
verlei met sy beste. EK stuur MY Profete en EK stuur hulle weer om vir jou te
vertel o pragtige en wederstrewige dogter van MY, luister na julle eie skrifte.
Kyk met nuwe oë van onderskeiding na julle eie Feeste en feesvieringe. Moenie
net helfte van MY liefhê nie wees lief vir MY as geheel.
Julle wat sê julle behoort aan die God van Abraham, Isak en Jakob en EK het 'n
oorblyfsel wat dit doen, net soos in ander dele van die wêreld, maar julle moet
alles van MY aanvaar.
Want YAHUSHUA is MY Geliefde SEUN wat doodgemaak was as 'n perfekte vleklose
offerlam vir almal wat die Reddende Bloed by Golgota sal aanvaar vir die
kwytskelding van sondes. SY Bloed het die grond op Golgota deurdrenk maar terwyl
dit in die grond ingevloei het het dit ook Jerusalem met genade bedek. “Vader
vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, is vir julle ook.” EK het
meer geduld met jou gehad geliefde wederstrewige kind wat MY wil behaag en
nogtans MY Geskenk op Golgota van die hand wys. Die enigste weg na die Hemel is
deur YAHUSHUA; daar is geen ander naam wat kan red nie behalwe SYNE.
EK wou julle jaloers maak en het hierdie insig vir die Heidene gegee, diegene
wat nie eens na 'n MESSIAS soek nie. Nou kom EK terug na julle toe deur hierdie
profeet en ander wat EK stuur en EK sê moenie vir YAHUSHUA weggooi nie. HY is
nie net 'n MESSIAS vir die Heidene nie maar HY was eerste gestuur na die Joodse
mense vir wie EK liefhet met 'n liefde wat julle nie eens kan begin verstaan nie.
Was YAHUSHUA nie, gebore uit die lendene van 'n Joodse diensmaagd nie? Jy Israel
moenie die reuse in die land vrees nie. Hoekom vergeet julle dat EK belowe het
om diegene te beskerm wat afgesonder en verlos is?
Jy Israel moenie meer enige grond weggee wat EK nie vir julle gegee het om weg
te gee nie. EK het hierdie vir julle gegee deur julle voorvaders. Hierdie land
kan nie gevat word nie maar julle kan en was geboelie om te dink dat die reuse
die land sal besit en hulle kan nie vat wat julle nie vir hulle gee nie. MY
Mense roep uit vir 'n “Pasga van die bose Farao weereens.” MY Mense, “EK IS”
beveel die RUACH ha KODESH om diegene te kry wat glo “EK IS” 'n God wat nie
verander nie en dieselfde bly en almal sal beskerm wat sê dit wat MYNE is, is
joune wat joune is, is MYNE. Moet net nie voor 'n ander god neerbuig nie,
Israel! Israel, moenie buig voor die heiden mans wat nie 'n god is nie maar net
stof is wat onder julle voete vertrap moet word.
Moenie luister na die strelende woorde van die vyande wat sê gee vir ons 'n
bietjie meer grond, dan sal ons weggaan en julle in vrede laat nie. EK het MY
Kinders in die Heilige Skrifte beveel om te bid vir die Vrede van Jerusalem.
Vandag, deur hierdie profeet, spreek EK weereens hierdie woorde. Moenie diegene
vertrou wat soos reuse 'n klein kindjie kom intimideer nie. Julle is nie 'n
klein kindjie nie, Israel. EK het MY salwing op julle land uitgestort. Gebruik
dit tot Eer van “EK IS.” Julle traan bevlekte Tempelmuur is altyd voor MY. Julle
uitroepe weerklink in MY ore. O EK verlang om MY arms om julle te vou en julle
te troos en EK sal. Maar moenie langer wegdraai van MY Geskenk wat EK op Golgota
vir julle gegee het nie, SY Naam is YAHUSHUA. HY alleen is julle Verlossing.
Moenie net die gebede opsê wat julle spreek nie Israel, maar glo die gebede wat
julle opsê. Moenie net Pasga vier nie glo dit is julle Pasga “Passover”. Dit
geld vir al MY geliefde Kinders wat MY wil behaag, wat MY gehoorsaam, wat MY
dien, MY aanbid, MY die groot God “EK IS” en YAHUSHUA eerste stel bo alle dinge.
EK stuur hierdie boodskap uit en het dit alreeds gespreek tot menigtes deur MY
RUACH ha KODESH. As julle 'n Pasga verlossing verlang uit die hande van die
vyande, dan moet julle fees vier en glo en mekaar bemoedig. Dit is julle Pasga
en julle sal waardig geag word om die toorn van “EK IS” te ontvlug wat gaan kom.
Die plae sal “Passover” bo-oor julle verbygaan en julle nie raak nie, al die
plae, soos in die tyd van Moses so sal dit weer wees maar julle sal 'n weg van
ontvlugting hê. Julle sal weereens 'n Pasga hê. Die Bloed van YAHUSHUA is julle
Pasga. As julle hierdie lees word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle
weet. Wat sal julle daarmee doen?
Die Pasga is julle belofte! Die God van Abraham, Isak en Jakob, die groot God
“EK IS” sal julle weereens verlos op maniere wat julle nie dink nie as julle net
kan glo. Waar julle geloof is dit is waar julle Pasga is. Diegene wat in Amerika
woon en EK het die toorn wat kom geprofeteer, hierdie is waar maar diegene wat
glo “EK IS” die Pasga en soos Moses, sal EK ‘n weg van ontvlugting vir julle
voorsien, julle sal nie beskaamd wees omdat julle geglo het nie. EK sal bewys
die groot God “EK IS” kan en sal nie vir julle lieg nie. Waar julle geloof is
daar sal julle Pasga wees.
MY geliefde moenie dink dat EK sê geeneen van julle sal ly nie, want in hierdie
wêreld is daar pyn en lyding maar EK het 'n weg van ontvlugting gestuur. EK
stuur MY SEUN soos EK belowe het. Maar dit beteken nie sit nou agteroor en doen
niks nie. Nou is die tyd dat julle die eindtyd-oes moet insamel terwyl daar nog
tyd is. Gebruik julle papier en plastiek as saad om aan MY Eer te bring.
Ondersteun met julle gebede en aalmoese, bedienings waarvoor EK julle laat
intree en mee saamwerk. Nie sodat hierdie bedienings rykdom op aarde kan opgaar
nie, vir hierdie bedienings wat dit doen, sal EK persoonlik toesien dat alles
wat hulle doen stoppels word net vir vernietiging.
Eet die brood van smarte wat matzoh genoem word. Eet dit nie net omdat dit 'n
simbool is van wat die Israeliete geëet het toe hulle gevlug het voordat die
brood kon rys nie. EK wil ook hê julle moet deelneem aan die dae van ongesuurde
brood en die brood van smarte eet as ‘n herinnering aan YAHUSHUA en hoe HY die
prys betaal het as die brood van smarte. HY was geteister ter wille van julle.
Die brood is hard want die prys wat HY vir julle betaal het het nie maklik gekom
nie. Neem deel aan die HERE se Laaste Avondmaal soos YAHUSHUA gedoen het. Doen
dit in herinnering aan die Bloed wat YAHUSHUA gestort het sodat julle gered kon
word en die Brood wat in die Bloed gedoop was, want YAHUSHUA is die Brood van
Lewe en SY Liggaam was geoffer sodat julle gemeenskap kon hê met “EK IS” en die
kwytskelding van sonde sodat julle 'n weg van ontvlugting kon hê van die vlamme
van die hel. satan het geen aanspraak op hulle wat waarlik MYNE is nie.
Elke keer wanneer julle bid onthou nou is die tyd om te bid dat julle waardig
geag sal word om die oordeel te ontvlug wat gaan kom op die aarde. Die toorn van
“EK IS” is nie net 'n humeur-uitbarsting nie, dit het opgebou en dit is ‘n
vreeslike ding om in die hande van 'n Lewende God te val. Maar MY Babas, Bruid,
Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes hoef nie te vrees nie. EK sal julle net
oorlaai met MY seëninge en nie MY toorn nie. Ween oor dit wat Amerika en haar
bondgenote nou doen. Ween want selfs die heidene aanbid 'n god. Ween want
sommige is julle broers en susters in YAHUSHUA, op wie die bomme val. Hierdie
bloed wat vergiet word en wraak wat afgemeet word en “EK IS” kyk toe en dit word
tot dusver toegelaat want diegene wat daaraan deelneem, is net besig om
verwoesting op te hoop oor hul eie lande en oor hulself. Moenie deelneem aan
hierdie oorlog nie moenie die propaganda wat uitgespreek word glo nie, die
verskonings wat gemaak word nie. Die regerings het hul eie motiverings en om die
Groot God “EK IS” te behaag is nie een van hulle nie. Om die vertraptes te red
is nie een van die redes nie. Om op te tree in arrogansie en hoogmoed is een van
die redes. Bid dat julle leiers sal bekeer van hierdie boosheid voor dit te laat
is.
Protesteer, spreek uit teen hierdie oorlog. Amerika, julle het dit oor julself
gebring deur julle hoogmoed en julle dominerende gees. Julle het dit wat gaan
kom gebring oor 'n nasie wat EK persoonlik met MY hand beskerm het tot nou toe.
Oorlog het nie na julle kuslyne toe gekom nie maar sal. Ter wille van MY
geliefdes sal EK die hand van die laksman vir nog 'n kort rukkie [af]wend maar o
so 'n kort rukkie. Julle stuur oorlog na ander nasies toe. Julle sal oorlog
smaak in julle nasie vir optrede in arrogansie. Julle praat teen 'n ander nasie
en tog hoor julle nie die ego van dit wat julle sê terugkeer na jul eie ore nie.
Want dit is die woorde waarvan julle ander beskuldig wat julle leiers hulself
doen in die geheim. Elke Amerikaner behoort te sidder oor dit wat gedoen word.
Julle leiers beide polities en geestelik beter bekeer en wegdraai van dit wat
hulle doen. As MY Volk wat hulself volgens MY Naam benoem hulself verootmoedig
en op hul knieë val en bekeer, sal EK hulle land genees! EK sal hulle vergewe. O
maar hulle is hardnekkig en eiesinnig, sê hulle sondig nie en tog sien die hele
wêreld die sonde behalwe die Amerikaanse politici en diegene wat die booswigte
navolg wat hierdie dinge doen.
As Amerika nie bekeer nie sal “EK IS” hulle land vernietig, sal EK 'n bespotting
maak van die land wat eens bekend was as die vrye en die onverskrokke. Vir al MY
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat hierdie lees, draai
nie teen Jerusalem nie. Draai nie teen Israel nie. Bid vir die vrede van
Jerusalem sodat EK julle kan seën. Bid vir die nasies teen wie die hand van
oorlog gestuur was deur NATO. Bid MY Volk en rou oor dit wat gedoen word.
Weereens word MY Heilige Dae besoedel deur die heidene. EK is nie 'n God wat
gespot moet word nie. Al diegene wat 'n PASGA verlang vir MY toorn gee EK dan
hierdie bevel wat nog nooit verander het nie, onderhou en bid vir julle PASGA om
te kom. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en bid dat julle waardig geag sal word
om MY toorn en verdrukking te ontvlug wat gaan kom. Berei 'n vlugsak ingeval
julle dit benodig voor julle MESSIAS kom vir jullle. Daar is diegene wat hier
lees wat deur die vuur van MY toorn en verdrukking sal loop. Sommige sal dit
doen en EK sal hulle beskut op 'n manier wat julle nie dink nie.
Ander sal hier lees en die diensmaagd spot wat hierdie boodskap bring. Pasop,
hierdie is nie haar woorde wat julle bespot nie so pasop weereens. Hierdie
woorde wat julle nou bespot sal terugkeer en by julle spook want julle bespot
die Groot God “EK IS” nie [Elisheva Eliyahu] se woorde nie. As hulle net haar
woorde was sou hulle net asem dampe gewees het, maar wanneer dit MY Woorde is
wat gespreek word is dit woorde van lewende krag en EK sal doen wat EK spreek.
EK stuur MY Profete en apostels uit om te profeteer voordat EK die Verdoeming of
seëninge stuur. Die van julle wat spot sal MY toorn smaak wat gaan kom. Sy was
beveel om MY Woorde te spreek ongeag of dit strelend op julle ore is of nie. Sy
sal aanspreeklik gehou word indien sy terughou en skik as gevolg van vrees vir
wat julle of ander in outoriteit sal sê. Al MY Profete wat die Groot God “EK IS”
hoor enige van julle wat geskik het en net woorde wou spreek strelend vir ore en
tog baie droefheid sal bring wanneer dit wat julle spreek nie gebeur nie. Julle
is bekommerd oor wat jul Profeteklub te sê het en nie wat die Groot God “EK IS”
spreek nie. Julle vergelyk notas en onderskei deur jul wysheid en openbaring,
nie MY wysheid en openbaring nie.
Pasop diegene wat hulself MY Profete noem en nooit die woord BEKEER spreek en
wegdraai van sonde nie. Pasop diegene wat net praat van onheil wat kom en tog
nie vir MY Kinders hoop gee nie! “EK IS” is nie in hierdie profesieë nie. Daar
is altyd 'n weg van ontvlugting vir MY geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes. EK sal 'n weg voorsien wanneer dit lyk of daar niks is
nie. Net omdat julle dit nie nou weet nie, dit is soos 'n mens met 'n
reiskaartjie, hulle het nie die kaartjie nodig nie totdat dit tyd is om te
vertrek. Julle het nie nou die wysheid nodig nie want as EK nou vir MY Profete
sou vertel van MY maniere van ontvlugting dan geliefdes, sal die vyand ook weet.
EK het MY 'Verborgenes' dit is al wat julle nou nodig het om te weet. Nie almal
sal aangesê word om te Vlug nie. As julle MY dit nie hoor spreek en bevestig en
dit in jul Gees getuig nie, dan sal EK julle beskerm waar julle is. As EK nie
nou vir julle sê waarheen om te vlug nie, dan sal EK vir julle sê wanneer dit
tyd is om te gaan.
Soos in die tyd van Lot en Moses so sal dit weer wees, “EK IS” sal vir julle jul
Pasga stuur. YAHUSHUA is julle Pasga. Moenie dat sononder verbygaan sonder om te
bid vir julle Ware Pasga, YAHUSHUA, om te kom nie. Onderhou hierdie dag nie in
wettisme nie maar doen wat julle kan. Leer en bewys julself as beproef om te
weet wat om te doen op hierdie dag. Is dit werklik te veel gevra van julle om
vir 8 dae nie Suurdeeg te eet nie? Om die Brood van Smarte te eet om julle te
herinner aan die een wat die prys betaal het as die Brood van Smarte om aan
julle jul Pasga te bring.
EK het bestem dat die Israeliete nie sou tyd hê vir die brood om te rys nie. EK
het dit bestem want hulle het dit nie geweet nie maar dit was geen ongeluk dat
EK toegelaat het dat hulle gevlug het sodat dit sou gebeur nie. Want weer het
die Jode deelgehad en was die Brood van Smarte eerste aangebied wat Matzoh Brood
genoem word, en nou gee EK die kennis hulle was dit gegee selfs destyds, want
dit was YAHUSHUA wat sou kom, gegee as 'n herinnering. YAHUSHUA is beide Jood en
Heiden se Pasga. Daar was en is geen ander perfekte Offerlam wat geslag kan word
vir die kwytskelding van sondes nie, hulle wegwas asof hulle nooit eers een was
nie. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH, SY Naam is VERLOSSING! HY alleen is julle
Pasga. Vier dit en leer die ware betekenis van die Pasga wat was en die Pasga
wat gaan kom.
Eer die Sabbat Dae, so ook die Hoog Heilige Dae, 1 April, 2 April. Eer al die
Sabbat Dae wat op Vrydag sononder tot Saterdag sononder is...nie Sondag nie
terwyl so baie MY op ‘n Sondag gedenk en lewe soos die duiwel op Vrydag- en
Saterdagaande deelneem aan die wêreldsheid op die dae wat afgesonder is vir ons
Sabbat. Bid vir die Pasga van die toorn wat gaan kom oor hierdie wêreld. Bid dat
julle waardig geag sal word en dat hierdie skale en basuine van MY toorn by
julle verby sal gaan en julle waardig geag sal word om te ontvlug. Want “EK IS”
is 'n God wat nie kan of sal lieg nie, EK profeteer wat gaan gebeur deur MY
Profete sodat niemand kan sê “EK IS” het nie die mense gewaarsku nie.
Wanneer julle Oorgaan “Passover” na die anderkant toe sal dit Hemel wees of hel
en vervloekings? Wanneer julle Pasga kom, sal julle Wegraping ervaar of Groot
Verdrukking soos hierdie wêreld nog nooit geken het of nooit weer sal ken nie.
Wat sal julle doen met hierdie profetiese boodskap van “EK IS”? Sal julle dit
laat Verbygaan en dit vergeet dit afmaak as dwaasheid of gekskeerdery? Of sal
julle voorberei vir julle Pasga wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is? Bid vandag
vir almal wat dit lees en nie weet hoe om gereed te wees sonder vlek of kreukel
nie. Skryf aan hierdie Pastoor. Sy sal julle aan die ware Pasga Lam voorstel wat
geslag was en weer opgestaan het uit die dood op die 3de dag. Wat SY lewe
gewillig neergelê het vir jou sodat jy gered kon word deur al jou sondes
weggewas te hê met die perfekte Bloed van die ware Pasga perfekte sondelose lam
van God, Seun van “EK IS” wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is HY alleen is julle
MESSIAS vir diegene wat “EK IS” se Pasga geskenk op Golgota aanvaar het.
Vir hulle wat “EK IS” liefhet, dien, hard probeer om “EK IS” se gebooie te
gehoorsaam, wetende indien julle misluk het julle 'n PasgaLam wie se Bloed by
Golgota gestort was vir julle sondes, tog weet julle ook dat julle MY nie kan
toets en opsetlik sondig omdat julle dink jul kan nie. “EK IS” word nie bespot
nie en elke persoon moet sy eie heil uitwerk met vrees en bewing want net “EK
IS” ken jou ware hart en motiewe en intensies. Nou het EK gepraat Wat gaan julle
doen met jul Pasga? Vir baie van julle wat hier lees sal daar geen kanse meer
wees om die Pasga te vier nie. Dit is tyd vir jou om te besluit, dit is jou
keuse. Pasop EK weet reeds wat julle gekies het. Sal julle MY eer op hierdie
Pasga?
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 30 Maart 1999 4:26 vm,
deur MY Diensmaagd [Elisheva Eliyahu], onder MY salwing van die RUACH ha KODESH
wat alle bande en jukke sal breek.
* * * * * * * *
Persoonlike boodskap van Eerw. Elisheva Eliyahu. Voel asseblief vry om te
bemoedig en vir mekaar aan te stuur om te onderrig en te bemoedig, ook om te
waarsku. Ek het hierdie boodskap gespreek en geskryf wat soos 'n vuur in my
beendere opgesluit was wagtend vir die tyd en seisoen. Hierdie Pasga soek ek
verlossing van die Bose Farao's wat probeer het om my en hierdie bediening te
vernietig en ook vir die geliefde gemeente. Ek verwag om verlos te word van al
die onheilige jukke en bande.
EK vier vir die eerste keer Pasga soos wat baie van julle deur die RUACH ha
KODESH gelei is. Hierdie jaar van 1999 is die onsekerste jaar wat ons tot dusver
in die gesig gestaar het. Maar deur die dae van ongesuurde brood en die Pasga te
gedenk kan ons verseker weet ons het ons God YAHUVEH en YAHUSHUA se aandag. Ek
wil hê die bose moet verbygaan en nie myself of my geliefdes, bediening of hulle
wat deel is van hierdie gemeente, aanraak nie. Skryf asseblief en laat weet ons
waarvan julle verlossing soek gedurende hierdie Pasga. As julle dit goedkeur sal
ons julle behoeftes voor ander plaas sodat hulle ook kan bid. Ons almal benodig
verlossing van iets of iemand.
Vir hierdie bediening sien ek ook uit na 'n Pasga vir vryheid van die bande van
skuld. Ons werk nou agter die skerms om nog 'n blad op te rig en aan die gang te
kry vanaf ISP in Israel. Hierdie is 'n groot stap in geloof en die duurste
onderneming ooit. EK het 'n mandaat om dit te doen want as die ‘magte wat is’ my
wil stilmaak in een gebied in die wêreld sal ons aanhou spreek vanuit ander
gebiede van die wêreld. “EK IS” het vir my die mandaat gegee om dit te doen
alhoewel die mensdom dit as dwaasheid mag beskou gehoorsaam ek God en nie mense
nie. Indien iemand deur die RUACH ha KODESH gelei voel om my met hierdie stap in
geloof behulpsaam te wees e-pos of skryf vir my. Ons het nou persele in Kanada,
VSA en binnekort in Israel. Nog een daarna, indien die Here vertoef om te kom,
sal in Afrika wees. Voel asseblief vry om te kopieer en te versprei aan hulle
wie nodig het om die waarheid te hoor wat hulle sal vrymaak. Al wat ek vra is om
geen gedeeltes uit te haal of te verander nie, om die volle boodskap in geheel
te lewer selfs die laaste deel wat ek skryf. Ek gee niemand toestemming om
hierdie Heilige Boodskap te plaas indien dit bedoel is om my of hierdie boodskap
te bespot nie.
Ek is verootmoedig om weereens gebruik te word om die Almagtige GOD se
boodskappe uit die Hemel af te lewer. Om 'n profeet te wees is beide 'n beloning
en tog kan dit soms voel soos 'n vloek want ons almal vrees wat as ons GOD nie
korrek hoor nie? Het ek alles gespreek wat GOD wou sê? Ek vra nou om vergifnis
as ek ooit die doel mis ek doen die beste wat ek kan om te hoor wat YAHUVEH met
die RUACH ha KODESH in my spreek. Ek moet die boodskappe aflewer en nie toegee
deur toe te laat dat die gees van vrees inkom nie.
'n Werktuig van Klei maar magtige Vegter in YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu 30 Maart 1999
Profesie 35 Verraai Met 'n Soen!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Hierdie was geskryf op 16 Mei 1999 direk na die derde dag van my Jerigo-Mars om
7:00 vm. Enige muur van boosheid, verhinderende geeste, of enige bindings wat
teen hierdie bedienaar en hierdie bediening staan, moet val soos die mure van
Jerigo! Diegene wat my vernietiging wil hê en hierdie bediening se vernietiging,
sal nie staande bly nie! Ek is in eenstemming met al my broers en susters wat
hierdie woord en pastoor ontvang het in liefde, en die Jerigo-Marse doen vir die
mure van boosheid, bindings wat hulle op enige manier verhinder om te val, soos
die mure van Jerigo sal dit inmekaar stort! Ek glo dat die DAG VAN PINKSTER 'n
dag van groot oorwinning sal wees vir diegene wat alreeds of nog steeds
persoonlike Jerigo-Marse doen vir OORWINNING! Dieselfde God wat ons nou dien is
dieselfde God wat die mure van Jerigo laat neerstort het! Dieselfde God wat
Ragab gespaar het omdat sy die twee Israeliete versteek het, is dieselfde
Almagtige God wat homself “EK IS” noem. HY het dit eenmaal gedoen en HY sal dit
weer doen. Glo net en vertrou en julle sal oorwinning sien!
* * * * * * *
MY Geliefde Kinders “EK IS” is die Here julle God. Dit is MY Naam en MY
Heerlikheid, en EK sal nie vir ‘n ander gee nie, ook nie MY lof aan gesnede
beelde nie. Kyk die vorige dinge gebeur, en nuwe dinge verklaar EK voordat dit
ontstaan vertel EK julle daarvan. Diegene met geestelike ore om te hoor sal
luister al die ander bly doof en stom. Onthou vir Simson en Delila. MY vyande
wil julle krag steel, wat julle geloof in MY is. MY vyande wil julle vryheid,
finansies en lewens neem. MY vyande wil julle siele vernietig, dit aan satan
oorhandig as 'n offer. Hulle dreig julle, intimideer julle, vervolg julle en
menigte sal hulle lewens neerlê omdat hulle nie hul geloof prysgee nie.
“EK IS” het julle gesalf en in hierdie Bediening geplaas om op elke manier ‘n
helper vir hierdie Bediening te wees. As julle hierdie woorde van MY glo dan
moet julle hierdie woorde deel wat EK aan hierdie Profetes gegee het. Julle moet
hierdie Profetes bedek, en intree vir haar en ander Profete en Apostels waarvan
EK in jul gees praat. Hierdie Profetiese boodskappe help om die verlorenes in
die Koninkryk van die Hemel in te bring deur aan hulle te bedien deur beide
stigting en bestraffing. MY Kinders word bemoedig en MY vyande word gewaarsku en
MY verlore seuns en dogters keer terug.
Julle moet daar wees om hierdie Profetes se hande op te lig wanneer sy te moeg
raak om dit op te lig in tye van stryd. “EK IS” sal aanhou om diegene te beskerm
wat help, bemoedig, bid en ondersteun soos EK deur MY RUACH ha KODESH lei
miskien 'n bemoedigende woord of 'n bemoedigende profesie is al wat EK julle sal
lei om tot hierdie Bedienaar te spreek. Vra MY wat julle kan doen om te help.
Vra vir haar wat julle kan doen om te help. Sy is maar net een stem. Voeg julle
stemme by hare en help haar om hierdie wêreld te bereik met MY Woorde. Julle sal
MY seën deur te gehoorsaam en al die boodskappe te help versprei wat aan haar
gegee was.
“EK IS” sal julle name op die poorte van MY mure skryf. Julle sal aanhou skyn
soos juwele geset in die Hemel se beste. Al MY Ware Profete en Apostels het
julle hulp nodig insluitende hierdie een. Hulle word op verskeie maniere
aangeval, sommige liggaamlik, sommige verstandelik, sommige emosioneel, sommige
finansieel, sommige geestelik. MY Diensmaagd word daagliks aangeval op elkeen
van hierdie maniere. Nogtans hoor “EK IS” die magtige gebede van intersessie en
“EK IS” verhef MY swaard van die RUACH ha KODESH en so seker as wat Goliat geval
het so sal ook die vyande wat hierdie boodskapper spot wat gestuur is om die
profetiese boodskappe af te lewer. Soos Goliat deur Dawid gewaarsku was spreek
“EK IS” hierdie waarskuwing hierdie dag. Al spot julle, bly MY Woord dieselfde,
“Raak MY gesalfdes nie aan en doen MY profete geen kwaad nie.” (Psalm 105:15 en
1Kronieke 16:22)
“EK IS” sal elke woord oordeel wat gespreek word teen hierdie diensmaagd, en MY
ander Apostels en Profete net omdat hulle voortspreek wat “EK IS” spreek. “EK
IS” sal diegene seën wat ore het om te hoor en luister en sal diegene vervloek
wat dit wat Heilig is onheilig noem. “EK IS” ken die name en harte van diegene
wat soos 'n vriend kom en gekom het en beweer het om 'n seën te wees en toe het
hulle weggedraai en die masker het geval en Judas was daaronder. Wee die Judasse
wat wil aansluit of die vernietiging wil hê van hierdie Bediening en die mond
van hierdie Profetes wil ontmoedig wat hier praat deur haar stil te maak of die
RUACH ha KODESH binne-in haar te bedroef. Julle sien slegs die vrou, EK sien die
RUACH ha KODESH binne-in en ken die hart van hierdie Profetes soos EK ook weet
wie EK gelei het deur MY RUACH ha KODESH om hierdie profetiese woord nou te
lees. Aan die bokke sê EK, "BEKEER, DRAAI WEG VAN JULLE BOSE WEË” voordat daar
geen tyd vir bekering is nie!
Aan MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sê “EK IS”, "Geseënd
noem EK julle en sal bewys dat EK diegene beloon wat ywerig na MY soek en daarna
strewe om MY wette te gehoorsaam. Geseënd is hulle wat daarna strewe om Heilig
te wees soos “EK IS” Heilig is. Geseënd is hulle wie hul skatte in die Hemel
opgaar en nie op Aarde nie. Wat hardloop na die doelwit van die hoë roeping. Om
MY Bruid te word is die hoogste roeping van alles". Dit is die grootste skat van
alles. Daar is gaste en daar is Bruide. Strewe daarna om MY Bruid te word. Ek
noem nie almal, MY Bruid nie, alleenlik diegene wat eenkant gesit is vir MY
Heerlikheid sal MY Bruid genoem word.
MY Bruid ken mekaar, 'n vreemdeling ken hulle nie. Hierdie is 'n bediening
gestuur om te bedien en MY Bruid voor te berei. Diegene wat spot pasop, want
julle gespottery en bestraffing sal terugkeer na julle eie ore. Wie is julle om
te sê wat “EK IS” kan doen en nie doen nie? EK stuur MY Profete om te waarsku
oor verdoeming voor dit kom. Sê MY Woord nie "As my volk oor wie MY Naam
uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van
hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en HULLE
LAND GENEES". nie. (2 Kronieke 7:14).
O BEKEER julle bose generasie want EK het julle gespaar toe EK julle lank gelede
moes vernietig het. EK het julle gespaar van MY toorn maar net vir ‘n klein
rukkie. Julle is sekondes weg van middernag af en julle tart en bespot MY SEUN
se wederkoms. Julle tart en bespot die afgryse wat gaan kom. Julle tart en
bespot diegene wat geestelik voorberei vir daardie tyd en uitkyk vir hul
Verlosser om te kom en hul weg te neem van die vasgestelde tyd van Verdrukking.
Julle tart en spot selfs wanneer EK 'n datum gee vir rampspoed wat kom en as
gevolg van die trane, vas en gebede kom die ramp nie, dan bestempel julle
daardie profeet as vals. Daar is baie vals profete maar as daardie profeet of
apostel julle lei na verlossing en Heiligheid en die waarheid onderrig en nie
leuens nie, hoe kan hulle dan vals wees?
As 'n profeet of apostel julle weg lei van die Hemel af en hel toe dan is hulle
inderdaad 'n vals profeet. As hulle julle na 'n ander god toe lei of 'n vals
teken, wonder of wonderwerk doen dan is hulle inderdaad 'n vals profeet of
apostel of leraar. As 'n apostel of profeet, of leraar julle leer om MY ou Wette
en Boeke te verwerp is hulle inderdaad 'n vals profeet of apostel! (Psalm 1:2)
Julle moet MY wette oordink dag en nag. Selfs as 'n engel kom en 'n ander weg na
die Hemel verkondig of vir julle sê om nie na die Ou Boek te luister nie en net
die Nuwe Boek te lees, PASOP want “EK IS” is die OU BOEK wat VLEES geword het in
MY SEUN YAHUSHUA want nie alleenlik was die ou boek gelees nie maar was GESIEN!
MY WOORD was gesien in WOORD en DAAD en nou MY Ware Kinders, so moet die wêreld
ook MY WOORD sien beide die NUWE en OU Testament behoort in JULLE gesien te
word!
Wees bekommerd oor julle eie siele as gevolg van die ontmoediging van MY Ware
Apostels en Profete wat woorde van waarskuwing voortspreek en julle het julself
gehang deur jul eie woorde net so seker as wat Judas homself gehang het. Wat is
die prys van jou siel? Sien julle dit nog nie? MY vyande wil uitvind waar julle
krag is. Julle vyande wil julle krag wegneem, jul begeerte om MY te dien, om
julle te vernietig en ja selfs te dood as dit moontlik is. Julle vyande wil
julle verwar en laat twyfel soos Petrus toe EK hom beveel het om op die water te
loop. Het Delila vir Simson verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN in die
naam van liefde het sy hom verraai nadat sy sy bron van krag ontdek het. Het
Judas MY SEUN verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN. Net so sal julle
vyande wat in jul eie huise en families woon ook sê, “ek wil jou net help” en
verraai julle dan met 'n SOEN van die DOOD tot jul vryheid en lewens as EK dit
so toelaat.
Die vyande van MY Evangelie sê hulle glo maar hulle het geen idee wie is “EK IS”
nie. “EK IS” is iemand van wie hulle gelees het, nie iemand vir wie hulle lewe
nie. “EK IS” is dieselfde gister, vandag en vir altyd. EK verander vir geen man
of vrou of kind nie. “EK IS” is nie geamuseerd terwyl EK sien hoe MY skape saam
met bokke woon nie. “EK IS” sal die skape van die bokke skei. Vir diegene wat in
huise gebly het en 'n getuienis was vir die bokke met die hoop dat hulle sal
begeer om 'n skaap te word. Dinge het verander in hierdie eindtye. "EK IS” bring
'n swaard wat tereg die kaf sal skei van die koring, die koring van die onkruid.
"EK IS” word bedroef en word vertoorn wanneer EK die trane sien van MY skape en
soos in die dae van ouds sal “EK IS” diegene verlos wat verlos wil word en wat
gesukkel het teen die geeste van goddeloosheid wat teen hulle opgestaan het in
slawerny. Waar daar geen uitkoms was nie, sal EK julle na die uitgang lei.
Het EK nie in MY Woord gesê jou grootste vyande sal in jou eie huis gevind word
nie?" Het EK nie gesê MY SEUN, YAHUSHUA sal skei met 'n swaard nie! Lees MY
Woord. Bestudeer MY Woord. Die Swaard van MY RUACH ha KODESH is die Swaard van
Waarheid en MY vyande wil nie die waarheid weet nie, maar glo eerder die leuens
wat streel soos 'n vinger in 'n jukkende oor of oog. Wanneer MY vinger van
oortuiging op die goddeloses neerkom, wil hulle eerder daardie vinger van
oortuiging terug draai in julle rigting en verander dit in 'n vinger van
beskuldiging, deur julle te beskuldig van veroordeling of kranksinnigheid, of
onnoselheid. Julle vyande beskuldig julle van haat-misdaad terwyl EK geen gees
van haat in julle gesit het nie behalwe vir satan en goddeloosheid.
Die skape sal dit moeiliker vind as ooit vantevore om vreedsaam te woon in huise
of families waar die bokke is. Want julle sien, sê MY Woord nie in hierdie
laaste dae sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word
nie. Julle is 'n helder lig wat voort-skyn. Die sondes word in die donker gedoen.
Die kinders van die duisternis wil nie hê hul sondes moet as sondes ontbloot
word nie. Want die van julle in huise waar julle was, is daardie lig bo-op 'n
heuwel vir almal om te sien. Vertel vir diegene wat MY as HERE ontken en weier
om vir MY te lewe of om Heilig voor MY te lewe, dat die God wat julle dien “EK
IS” en YAHUSHUA nou diegene wat gevul is met die Hemel se waarheid gaan wegneem
van die duisternis, hulle gaan agterlaat in duisternis met hul sondes, en dit
was hulle gewees wat MY kinders is wie EK My Skape noem, dat hulle die rede was
hoekom die bokke wat saam met hulle woon nie MY toorn gevoel het nie. Wanneer
die skape weggeneem word sal die bokke MY toorn in volle maat ervaar.
“EK IS” spreek hierdie waarskuwing voort soos MY vyande swaarde gelig het teen
Simson en hom gemartel en verblind het, so ook lig “EK IS” MY SWAARD en sal die
bande sny waarmee die goddelose julle vasgebind het! “EK IS” sal MY swaard
gebruik om MY vyande op baie verskillende maniere dood te maak.“EK IS” sal MY
vyande agtervolg en hulle sal vreesbevange in sewe verskillende rigtings
hardloop. “EK IS” sal die gevangenes vrylaat wat uitroep na MY vir hulle Pasga!
“EK IS” sal die oë verder verblind en die ore verder verdoof van diegene wat
weier om te luister al was hulle oor-en-oor gewaarsku, hulle wil blind wees
daarom sal hulle dan net soos die bose farao sewe maal erger daarvan afkom
totdat die laaste erger as die vorige sal wees en hulle sou beter-af gewees het
as hulle nie geweet het nie sodat hulle nie MY Apostels en Profete kan spot wat
EK stuur nie. Nie langer sal die skape tevrede wees om by die bokke te lê nie.
Die tyd het gekom dat dit groot gevaar inhou om dit dus te doen. Bid vir 'n weg
om te ontsnap. Kyk hoe die mure van boosheid inmekaar stort net soos die mure
van Jerigo. Marsjeer vir julle oorwinning soos Joshua gedoen het, elkeen vir sy
eie behoeftes.
Moenie mismoedig raak nie, julle wat in slawerny was. Want net soos Saulus (Paulus)
gesalf was om met MY Mense te praat, was dit as gevolg van sy lofprysing,
alhoewel hy gely het, was hy getoets en gebruik om voort te spreek uit sy smarte.
Net so seker as wat EK Saulus uit sy tronk bevry het deur 'n engel so ook sal EK
diegene bevry wat uitroep na MY vir bevryding van die bokke saam met wie hulle
woon. “EK IS” sal julle verlos terwyl julle dit in geloof voortspreek en julself
nie gemaklik maak in die nabyheid van die goddelose wat hulself familie noem,
maar geen familie hoegenaamd is nie. Julle ware familie is gelowiges en
liefhebbers van “EK IS”, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Diegene met 'n
begeerte om Heilig te lewe en Heilig te wees en die hele woord liefhet wat vlees
geword het, Sy naam is YAHUSHUA.
Daar is geen ander naam wat julle kan red nie behalwe die Naam YAHUSHUA! Geen
ander manier om met vrymoedigheid voor MY Troon te kom nie buiten YAHUSHUA nie!
Dra nie jul eie vuil vodde nie, maar kom met vrymoedigheid in die klere van
geregtigheid waarmee YAHUSHUA julle bedek! MY SEUN se Naam is YAHUSHUA en in
Jesaja 53 in die OU BOEK vertel EK vir julle vooruit van SY koms, SY koms
geprofeteer. Net soos menigtes toe nie geglo het 'n Verlosser sou kom nie, net
so is daar ook nou baie wat nie Johannes 3:16 in die NUWE BOEK glo nie, YAHUSHUA
het gekom en diegene gered met geestelike ore om te hoor en te luister en
diegene met geestelike oë om te sien.
Vir hulle wat glo en in hul harte sê en lewe asof HY enige oomblik gaan kom
julle sal nie teleurgesteld wees nie. Watter bruidegom ken nie sy ware Bruid nie?
Daar sal geen sluier wees wat julle gesigte bedek nie, alles sal geopenbaar word
op daardie dag. Die gaste sal huil van droefheid wanneer hulle besef op daardie
dag kon hulle ook die Bruid gewees het. Diegene wat die uitnodiging geweier het
om YAHUSHUA aan te neem sal op hul tande kners van pyn en vir ewig betaal met
hul siele. Watter een sal jy wees? “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” weet alreeds!
So is dit gespreek, so is dit geskryf op 16 Mei 1999. Geskryf onder die salwing
van die RUACH ha KODESH en toevertrou aan hierdie Kind, Vegter en Bruid van
YAHUSHUA.
Profesie 95 YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisheva biddend in Heilige Tale en Engels:
Hierdie is die rede hoekom, omdat die TROOSTER gekom het. YAHUSHUA U het ons nie
alleen gelaat nie, U het die TROOSTER gestuur. Die MOEDER van alle moeders. U
eie so Hemelse MOEDER. Dank U geliefde YAHUSHA ha MASHIACH. O dat ons waardig
geag mag word om U Bruid genoem te word. Nooit, nooit is ons selfvoldaan daarin
nie. Ons sien hoeveel afval langs die kant. Hou ons styf vas teen U bors. Moenie
eens dat daar ‘n asemhaling-spasie is vir satan om in te kom nie. Trek ons nader
aan U, YAHUSHUA op hierdie Sabbatdag. Vereer ons terwyl ons bid met U
teenwoordigheid. Ons is U s’n. satan het geen aanspraak op ons nie. Dit gaan
alles oor wat U gedoen het by Golgota. Hierdie is waarlik ons enigste wapen wat
ons het in hierdie wêreld. Daar is geen ander wapen buiten die Naam en die Bloed
en die Liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Daar is geen ander wapen nie. Daar
is niks, niks, niks wat die boosheid kan beveg in hierdie wêreld nie behalwe een
ding. Dit is hoekom U gesê het om die nagmaal saam met U te doen. Heilig,
Heilig, Heilig, Heilig. U het ons so magtiglik geseën. Hierdie Bediening is nie
meer behoeftig nie. Wys ons net wat ons moet doen ABBA YAHUVEH. Wys ons die
grond wat ons moet aankoop, o ABBA YAHUVEH.
* * * * * * *
Profetiese Woord:
Nou snap julle dit MY Kinders! Nou verstaan julle hoekom EK gesê het dat hierdie
‘n wapen is soos geen ander wapen wanneer julle nagmal hou vir MY nie. Die
woorde wat jy gespreek het [Elisheva] is nie jou eie woorde nie want MY Woorde
is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink. Elke keer as jy nagmal hou, elke keer
wat jy een word met MY, gee EK vir jou MY ore. Gee EK vir jou MY oë. EK spreek
voort uit jou mond. EK besny jou hart terwyl jy jou hande vir MY aanbied om MY
wil te doen. En jou voete vir MY sodat EK jou kan lei in die voetspore van die
Heilige.
Nou verstaan jy [Elisheva]. O hoeveel haat satan hierdie. Het EK nie gesê nie
hoe meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand
nodig het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle
areas van jou lewe. Vertel hulle MY Kinders. Vertel hulle namens MY.
Hoeveel georganiseerde godsdienste sal net ‘n wafelskyfie in hulle mond sit? ‘n
Droë wafelskyfie wat niks meer as styrofoam kan wees nie. Hulle vergeet die prys
wat EK betaal het. Daar is geen bekering van sonde vooraf nie. Hulle drink van
die wyn en hulle het woorde gesê uit roetine repetisie. Daar word geen hart aan
MY gegee nie. En die vermetelheid wanneer ‘n ander een die wafelskyfie in die
ander se mond insit en hy noem homself ‘n Biskop. En hy noem homself die pous.
Jy kan dit nie vir ‘n ander doen nie! ‘n Nagmaal is een-tot-een. Nou praat EK
nie van diegene wat invalides is nie, diegene wat die hulp nodig het van ander
om die brood in die mond te sit of die beker na die lippe te bring nie. Want
hulle harte is op die regte plek solank die een, wat die nagmaal gee, se hart op
die regte plek is. Sê vir hulle, voer MY skape. Sê vir hulle. Neem op hierdie
wapen wat vir baie lank weggegooi was maar moet dit nie doen met onrein lippe
nie. Moet dit nie doen met ‘n gees van onbekeerlikheid nie. Moet dit nie doen as
‘n blote ritueel nie. Woorde geskryf deur ‘n ander mens nie. Gee vir MY julle
harte. En EK sal MY Woorde voortspreek. Moet dit nie doen terwyl julle in sonde
is nie! Anders drink jy veroordeling oor julself! Waar is die vrees? Waar is die
vrees?
Hoe baie sien EK en hulle vrees nie meer nie. Hulle bly in hulle sonde. Hulle
neem die nagmaalbeker met sondige lippe. EK is getrou om te vergewe. Maar moet
hierdie nooit doen met ‘n onbekeervolle hart nie want julle drink net
veroordeling. Julle drink net van vloeke. Kom na MY toe met ‘n bekeervolle hart.
Vra MY om julle te vergewe van julle sondes. EK is getrou en EK is genadig en
net een druppel van MY Bloed, net een druppel van MY Bloed kan die ganse mensdom
red as hulle MY net aanvaar het. Net een druppel van MY Bloed. En kyk hoeveel
meer het EK gegee. Dit is wat EK wil hê jy vir hulle moet sê. Hierdie is die
nuwe boodskap wat EK vir jou gee. Hierdie is die boodskap wat bedoel is om voor
die hele wêreld te wees. Hierdie is die enigste wapen wat julle het. Sê vir
hulle. “So spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,” terwyl julle die wapens sien op julle
gerig in soveel verskillende rigtings, lig op die enigste wapen wat EK vir julle
gegee het.
Diegene wat aan MY behoort. Diegene wat hul lewe vir MY gegee het. Diegene wat
MY gevra het om in hul harte in te kom. Diegene wat daarna strewe om MY te
gehoorsaam. Diegene wat daarna strewe om MY te behaag. Diegene wat MY aanbid en
MY eerste stel in hulle lewens en hul liefde en in hul huwelik, lig op hierdie
wapen voor die vyand. Alleenlik MY Naam en MY Bloed, net deur MY Liggaam, kan
enige iemand gered word! Net deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan
enige iemand gered word! Daar is geen naam op die aangesig van hierdie aarde, op
die aangesig van hierdie heelal, wat enige iemand gered kan word nie behalwe
deur MY Bloed en deur die prys wat EK betaal het met MY Liggaam, terwyl EK MY
Lewe neergelê het.
Geen mens het MY lewe geneem nie! Geen mens kon MY doodmaak nie! Maar EK het dit
vrywillig gegee. Dit is EK wat gesê het, “Dit is volbring.” Dit is EK wat MY
Gees toegeprys het om te gaan. Maar julle het nie ‘n idee wat EK gedurende
hierdie tyd gedoen het nie. Julle het geen idee nie want alhoewel MY Liggaam
gesterf het, het EK opgestaan. En EK het ‘n openbare vertoon aan satan gemaak,
die eens genaamde Lucifer en EK het hom laat weet en EK het die ganse hel laat
weet, EK leef! En EK het die sleutels van die hel en die doderyk gevat uit sy
hande! En hy kan nie enige iemand hel toe stuur tensy dit deel was van MY plan
nie, tensy hul naam nie gevind is in die LAM se Boek van Lewe voor die
grondlegging van die wêreld nie.
En EK kan nie een verloor nie. EK verloor nie een nie. Almal, almal almal wie se
name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie
aarde, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees. Diegene wie se name
uitgewis is! Soos hulle MY verraai het in die Hemel, verraai hulle MY op aarde.
Maar selfs daardie naam was uitgewis voor die grondlegging van hierdie aarde.
Soos hulle MY verraai het in die Hemel verraai hulle MY op aarde. Almal van
julle werk julle eie heil uit met vrees en bewing want jou siel weet waarheen jy
sal gaan. Jy herhaal net wat reeds gedoen was.
Julle sien hierdie predikers afval langs die kant. Julle sien hulle die skape en
die lammers verraai. Julle sien hulle ‘n ander evangelie preek as wat EK beplan
het. Maar soos hulle MY nou verraai, het hulle MY destyds verraai. Want EK
vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en selfs nou
[Elisheva], sukkel jy om hierdie Woorde voort te spreek, maar daar is geen so
ding soos ‘n nuwe siel nie. Want die ganse aarde en die ganse tyd van die aarde
was gevul met ou siele. Dit is hoekom EK die aantal hare ken op elkeen van julle
hoofde. Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, hetsy dit vriend of vyand
is. Dit is hoekom EK weet toe EK MY Bruid gekies het op aarde, EK reeds weet wie
was lojaal in die Hemel. Dis hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het
terwyl hy gevorm was in sy moeder se skoot, terwyl elke dag van sy lewe
uitgekaart was, het EK geweet EK het hom georden as ‘n profeet omdat EK geweet
het wie EK kan vertrou.
Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop o Skape en Lammers van MY, vir diegene wat
hulself oppof met roem en rykdom en julle luggolwe vul. Pasop! Pasop! Pasop!
Pasop vir diegene wat weier om die Boodskap van bekering te preek, weier om ‘n
lewe van bekering te lewe, weier om ‘n lewe te leef van Heiligheid, weier om die
sondaars te waarsku oor sonde. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o Skape en Lammers!
Want hierdies is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, verraai
hulle MY nou weer! O pastore van hebsug, julle weet julle behoort nie aan MY
nie! Julle is ‘n klug! Julle is ‘n swendel! MY GEES is nie in julle nie! EK het
die name genoem voorheen deur hierdie Bediening! En daar is soveel meer wat EK
nie genoem het nie. Maar hou hulle dop o Skape en Lammers. Het hulle hul siel
verkoop soos ‘n goedkoop hoer net om die belastingkwytskelding-status te kry?
Pasop, MY Skape en Lammers, vir diegene wat probeer om al die godsdienste saam
te voeg as een! Vir die Een Wêreld Godsdiens! Daar is maar een YAH. Julle het
maar EEN SKEPPER. YAHUVEH is SY Naam. Ander spreek dit uit as YAHWEH. Maar daar
is maar EEN. Daar is maar EEN MASHIACH. MY Naam is YAHUSHUA. Noem MY YAHSHUA.
Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY GEES nie.
Julle wat julself Messiaanse Jode noem, so baie dinge het julle reg maar waar
julle inboet en julle nie langer MY lig het nie, het julle die Naam YAH uit MY
Naam gehaal om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die SKEPPER se Naam.
Hulle glo die Rabbies se leuens. Maar lees jul eie Torah. Lees die Bybel.
Hoeveel keer is dit geskryf, “In MY Naam sal julle duiwels uitdryf. In MY Naam
sal julle hande lê op die siekes,” net in MY Naam. Sê die Bybel nie hierdie nie?
En in die Torah, in die Tanakh hoeveel keer sê dit, “In YAHUVEH se Naam”? Wat
sal julle doen met Psalm 91 julle Ortodokse Jode? Julle lees so getrou die Torah
en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle SKEPPER,
julle BESKERMER se Naam sê nie. En julle het geen beskerming wanneer julle nie
MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die enig verwekte Seun van ABBA
YAHUVEH. EK is die enig verwekte Seun en MY MOEDER word genoem die RUACH ha
KODESH. SY is MOEDER van WYSHEID.
Die tyd is so kort nou. Die lammers word skape oornag. EK giet MY Waarheid uit.
EK maak hulle groot want daar is nie tyd om babas te bly vir lank nie. EK eis
Heiligheid meer as ooit vantevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die
sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader op hierdie aarde neerkyk.
Sien, diegene wat behoort aan MY sprankel soos die helderste edelsteen, terwyl
MY lig skyn op hulle. Maar waarlik is julle in en omring rond-om met die
ontlasting van onmenslikheid. En EK soek vir die sprankels van die
edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en selfs uit die Hemel kan EK die
kosbaarste van MY juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wat MY eerste stel in
jul lewens en jul liefde, wie strewe om te gehoorsaam ten alle koste. Wie vir
satan bestraf en hom laat verstaan hy sal geen deel hê aan julle nie. Julle is
MY kosbare juwele.
O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom! O die stank, die
stank, die stank van die mensdom, omring deur onmenslikheid! Selfs MY eie
Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?” Maar hulle is daarheen
gestuur om diegene te beskerm wie se name gevind word opgeskryf in die Lam se
Boek van Lewe.
Sommige van julle het jul grootste gevegte in jul eie huishoudings. Julle kan
oor die weg kom met julle gades op elke manier behalwe wanneer dit kom by die
Waarheid van wat EK sê. Hierdie is julle toets. Hierdie is julle beproewing. Wie
sal julle liewer hê. Wie begeer julle om meer te behaag? Wie sal julle
gehoorsaam? Sal julle luister na die woorde wat hulle sê? Of sal julle die
Woorde gehoorsaam wat EK sê? Wat is die prys van jou siel? Want as jy nie
hierdie besluit nou kan maak nie, waarborg EK jou, jy sal nie die regte besluit
maak in die Groot Verdrukking wat kom nie. Hierdie is jou siel. Watter vrou,
watter man is jou siel werd? EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee. EK het weer
opgestaan uit die dood vir almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY
gehad het nie. Sodat jy nie langer ongelyk gejuk sou wees nie.
Hierdie is die Woorde wat EK jou hierdie dag laat sê. Jy het gesê, “Gee my iets
om U Skape en Lammers te voer.” [Elisheva] dit is wat EK wil hê jy moet sê. Dit
is wat EK wil hê jy moet skryf. Dit is wat oorgeskryf moet word deur Kathrynyah.
YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare Kleintjies, bemiddelings-Gebeds
Vegters, Heilig voor MY! O julle sukkel soos enige iemand. Versoekings kom na
julle toe van links en regs. Maar julle weet om die Efesiërs 6 wapenrusting aan
te trek. Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed. Hierdie is ‘n
Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees!
Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om [Elisheva] te bedek, om mekaar
te bedek in Waarheid.
Beleë vegters kom na vore! Sluit aan by hulle in die gevegslinies. MY Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore! Sluit by ons aan in die gevegslinies! Want
daar is oorwinning daar. Hoe meer julle bevryding nodig het, hoe meer julle seën
nodig het, hoe meer julle genees nodig het, hoe meer julle vergewe nodig
het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moet julle nie wegdoen met jul enigste
wapen nie, dit wat julle nagmaal noem. En EK sê vir julle dit, moet dit nie met
‘n sondige mond neem nie, ‘n sondige hart nie, bekeer voor julle dit doen en
bekering is nie blote woorde wat uit lippe kom nie. Bekering is om weg te draai
van dit wat julle weet is boos! Want EK is getrou en EK is waaragtig en terwyl
jy jou hart vir MY gee en jy hierdie bekering neerlê voor MY, sal EK jou
vergewe. En die van julle wat luister en hierdie lees, julle het nog nie julle
lewe vir MY gegee nie maar julle kom hierheen en julle lees die Woorde wat EK
voortspreek uit hierdie Profetiese Ringmaagd, EK herinner julle hieraan, moenie
wag om perfek te word nie. Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”.
Want dit kan nie so gebeur nie.
Eers aanvaar julle MY as julle MASHIACH. Eers vra julle om vergifnis vir julle
sondes. Eers vra julle MY om MY lewe te leef binne-in julle, om die bose
begeertes weg te neem in julle, om julle te reinig met MY gestorte Bloed en dan
maak EK julle skoon. Dit is soos ‘n baba wat gebore word. Wanneer daardie baba
eers uitkom is dit bedek met die liggaamsvloeistof van die moeder. Dit moet
afgewas word. Dit moet geklap word vir dit om asem te haal. Haal asem o
kleintjie, kom na MY toe. Laat EK jou skoonwas van hierdie wêreld se sonde. EK
tugtig diegene wat EK liefhet sodat jy kan asemhaal in MY, sodat MY Gees kan
leef binne-in jou, die RUACH ha KODESH kan leef in jou.
MY kosbare, kosbare, kosbares. EK begeer, EK begeer, EK begeer om julle te
verlos. Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld julle vertel daar is
nie so iets soos sonde nie want sondaars kan nie die Koninkryk van die Hemel
beërwe nie. Maar vergewe sondaars kan. Kom na MY toe amal wat arbei en swaar
belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld. Gee hulle
vir MY want EK sal vir julle rus gee. Hierdie is die Woorde [Elisheva] wat EK
jou laat sê hierdie dag, op hierdie Sabbat.
Sê vir hulle die Tien Gebooie staan steeds. Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie
vurige hand. Hulle was geskryf op ‘n tablet van klip, nie geskryf op ‘n papier
of ‘n boekrol om uitgevee of verander te word nie. Wat sonde is destyds is sonde
nou. En pasop vir enige leier wat vir julle enige iets anders vertel. EK het
meer te sê maar dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word
en die onheiliges sal onheiliger word en wie’s wie in Hollywood is waarlik wie’s
wie in die hel. Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel
julle in hierdie wêreld is, moet julle nie deel wees van hierdie wêreld nie.
EK het meer om te sê maar die Woorde wat EK te sê het sal nie vir die wêreld
wees om te hoor nie. Dit is vir julle vyf. O MY geliefde Kleintjies, julle het
‘n Pasga nodig. Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wat hierdie Woorde sal
hoor, julle het ‘n Pasga nodig. Julle het nodig om van julle laste verlos te
word, van julle vyande. Ongeag watter nederige Pasga julle doen, doen dit net.
Erken net die feit dat julle ‘n Pasga nodig het. Julle ‘n nuwe begin nodig het.
Julle wonderwerke uit die Hemel nodig het. Julle verlossing van die vyande se
hande nodig het want EK waarsku julle hieroor, julle ergste vyande is julle eie
regerings en julle eie land. EK waarsku julle hieroor. Amerka, jy is verdoem. EK
het dit weer en weer en weer en weer geprofeteer. So Amerika, EK gaan vir jou ‘n
leier gee volgens jou eie hart. Jy is ‘n boelie. Jy is brutaal. Jy was eens so
geseënd en nou is jy ‘n vloek vir MY en almal wat in Amerika se voetspore volg,
al julle nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, so sal julle ‘n
vloek wees voor MY. So is julle ‘n vloek vir MY. EK het jou gewaarsku Kanada,
moenie in jou suster se voetspore volg nie. Maar jy het jouself verkoop, die
regering van Kanada, o Kanadese, het vir die prys van goud ditself verkoop.
Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.
O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig omtrent jou nie. Eens
het jy gestaan vir moraliteit, daar is niks meer moreel omtrent jou nie. Alles
wat EK verfoei, laat julle jul politici toe om te omhels.
Julle Heiliges wat sit in Amerika en julle sê vir die eerste keer is daar
niemand om voor te stem nie, EK het reeds vir julle die enigste kandidaat gegee
wat gestaan het vir moraliteit en Ron Paul is sy naam. So ewenwel, jou stem nie
getel sal word nie, werp jou stem in die Hemel. Skryf jou stem op aarde vir die
van julle wat kan. EK ken jou hart. Maar moenie skik nie. Obama is ‘n gruwel vir
MY, EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.
John McCain is die seun van Kain. EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.
Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan word. Daar is geen minder
bose een wat meeding vir president nie. Almal van julle in boos in MY oë. En die
enigste hoop wat daar was, sal die media nie eers aandag aan gee nie. Julle sien
EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes. O hoe min Regter Roy Moores
het EK want hulle sal nie uitspreek soos hy doen nie. Amerika, o hoe anders sou
dit gewees het as die een wat julle noem Regter Roy Moore, hy jul president sou
wees maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit
gaan van die een nasie na die volgende!
EK het geprofeteer deur hierdie Diensmaagd van MY, wat in die minderheid was,
sou die meerderheid wees as julle nie hierde sonde beveg nie en kyk nou na die
gees van homoseksualitteit, waar het dit nie ingesypel nie omdat julle ‘n leuen
geglo het. Lank gelede het EK vir hierdie Diensmaagd gesê van MY, in die begin
was dit Adam en Eva, dit was nooit Adam en Stefan nie. Nooit, nooit, nooit,
nooit, nooit, nooit, nooit moes hierdie gewees het nie en daarom sal die swart
bloed plaag [boiling black blood plague] losgelaat word. Julle het nie veel
langer nou nie. Al diegene wat die gees van homoseksualiteit goedkeur of wat
stilgebly en gesê het, “Laat hulle net hul eie ding doen.” Julle sal ‘n plaag
lyyy soos geen ander nie! Diegene wat deelneem aan hierdie gruwel voor MY, julle
sal lyyy soos geen ander nie! En diegene van julle wat weet dit is verkeerd,
selfs al behoort julle nie aan MY nie, van hierdie sonde het jul weggevlug en
dit sal nie oor julle kom nie. Spreek uit nou! Terwyl julle nog ‘n stem het!
Julle pastore wat die homoseksueles omhels het sodat julle hulle nie hoef te
konfronteer nie, wag en kyk wat EK doen aan julle want julle sal deel in
dieselfde plaag! [Dream of Boiling Black Blood Plague]
Diegene wat aborsies omhels het, nie daarteen uitgespreek het nie, pastore,
julle wat julself leiers noem en geen leiers van MY is nie, julle sal die
pynnnnn voel van daardie baba. Julle sal die gille hoor in julle ore vir ewig
terwyl dit sal voel of jou eie vel gekook word met daardie soutoplossing. Dit
sal voel asof julle liggaam uitmekaar en middeldeur geruk word. Julle einste
koppe sal voel asof hulle afgekap word. Julle het nie ‘n idee wat EK aan julle
gaan doen nie! Julle moeders wat julle babas aborteer, julle het geen verskoning
voor MY as julle nie bekeer oor hierdie gruweldaad nie. Die bloed sal nooit van
jou hand afkom nie! Want die gille van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore
en alhoewel hulle veilig huis toe geneem word, wil hulle steeds oordeel hê
hieronder. Dit is wat gedeeltelik van gepraat word wanneer julle lees in die
Bybel die siele onder die altaar wil Oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê,
“Hoe lank nog? Hoe lank nog?” (Open 6:10). Hierdie is nie net die martelaars wat
hulle lewens neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou
word en wat Heilig sou gewees het voor MY. Dit is wat EK vir julle vertel in die
geheim wat ander profete nie spreek nie. Hierdie is julle vars manna uit die
Hemel. Kou nou aan dit wat EK vir julle gesê het hierdie dag.
En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van
julle, almal van julle, almal van julle wat ontvang, moenie vergeet julle het ‘n
Pasga nodig nie en vir so baie van julle, as julle maar net die nederigste kan
doen sal EK dit eer terwyl nog ‘n Pasga naderkom.
Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle. Julle het MY Opstanding voor die
Pasga. Dwase, dwase mensgemaakte godsdienste. Dwase, dwase mensgemaakte
godsdienste, hoeveel siele is hel toe geneem as gevolg van julle? Maar nie een
verloor EK wie se name gevind word opgeskryf in die LAM se Boek van Lewe nie,
weer sê EK, voor die grondlegging van hierdie aarde.
Geen ander planeet het ‘n VERLOSSER nodig nie behalwe een, die planeet waarop
Lucifer neergewerp was. Dink daaroor, want julle loop bo-op die hel. Dink
daaroor. Terwyl satan strewe om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy
kan, om julle gelykvormig te maak aan sy beeld. Dink daaraan. En loof MY, want
as EK nie daardie prys gegee het by Golgota nie, waar sou julle wees?
Vir die van julle wat nie geskryf het vir hierdie Bediening waaruit EK
voortspreek nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde
ontvang wat EK gespreek het, julle lewens was verander! Julle begeer Heiligheid
waar julle gewoonlik sonde begeer het, waarvoor wag julle? Hoekom het julle nie
julself voorgestel nie? Hoekom het julle nie deel geword van die Heilige vegters
op die muur nie? Het EK nie lank gelede gesê deur hierdie Ringmaagd van MY,”Daar
is nie alleenlopers nie”. Julle het mekaar nodig. Glo MY. satan se bruid is
voltooi. Julle kan van een uithoek van die wêreld na die volgende uithoek gaan
en julle kan hulle vind. Hulle is versprei oraloor, sy netwerke. EK gebruik
hierdie Bediening om MY Heilige Bruid saam te vergader want hulle is Heilig voor
MY. Waarvoor wag julle? O julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle geskryf, hulle het
nie teruggeskryf nie.” Sien, EK hou tred. Waarvoor wag julle?
Einde van Woord
Elisheva: Dank U YAHUSHUA. Dank U. Wat is die datum vandag?
[12 April. Het begin om 2.40 nm. Geëindig om 3.40 nm.]
Elisheva: Wow, dit is Sabbat! Saterdagmiddag en ek was biddend. EK het biddend
wakker geword en ek het geweet daar was ‘n Woord wat kom en ek het aanhou wag en
wag en wag vir die Woord en ek het die duiwel bestraf en HOM geloof en toe ewe
skielik het HY die Woord gegee, “Gehoorsaam MY, en hou nagmaal.” Ons het nog
nooit eens daarby uitgekom om die nagmaal te doen nie, en die Woorde het na vore
gekom! Sodat ek kon hoor en dit is al wat dit was en dit is hoe dit begin het.
Totaal onverwags. En ons loof U YAHUSHUA ha MASHIACH en hierdie datum het U U
skape en lammers gevoed. EK weet die skape en die lammers was vir so lank
daarsonder en ek het geweet hulle het ‘n Woord nodig gehad en ek het gebid
daarvoor en totdat ons gehoorsaam het en ons daardie nagmaal brood en wyn in ons
hand gehad het, het HY nie deur my gepraat nie en dit is ‘n les in
gehoorsaamheid. Dit is al wat ek te sê het. Terwyl ons uitsien na ons Pasga Dag
wat soos geen ander Pasga vantevore gaan wees nie, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH. Amen.
Aanstoot vir Meeste, Verligtend vir Ander
Apostel Elisheva Eliyahu
As hierdie Profesie vir jou ‘n seën was epos my asseblief en laat my weet.