16
19 o YAHUVEH, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van
benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net
leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel
kon bring nie.
20 Sal ‘n mens vir hom ELOHIMS maak wat tog geen ELOHIMS is nie?
21 Daarom, kyk, EK laat hulle hierdie keer voel, voel MY hand en MY mag; en
hulle sal weet dat MY Naam YAHUVEH is.
*~ Jeremia Hoofstuk 17 ~*
1 Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is
gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare—
2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme
by die groen bome, op die hoë heuwels.
3 MY berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal EK as buit gee saam met jou
hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.
4 En jy sal uitval—en dit deur jouself—uit jou erfenis wat EK jou gegee het, en
EK sal jou jou vyande laat dien in ‘n land wat jy nie ken nie; want julle het ‘n
vuur aangesteek in MY toorn, tot in ewigheid sal dit brand.
5 So sê YAHUVEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm
maak, terwyl sy hart van YAHUVEH afwyk.
6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die
goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en
onbewoonde land.
7 Geseënd is die man wat op YAHUVEH vertrou, en wie se vertroue YAHUVEH is.
8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels
uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly
groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te
dra nie.
9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
10 EK, YAHUVEH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy
weë, volgens die vrug van sy handelinge.
11 ‘n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom
verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly,
en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees.
12 ‘n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons
heiligdom.
13 o YAHUVEH, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan;
wie van MY afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het YAHUVEH, die
fontein van lewende water, verlaat.
14 Maak my gesond, YAHUVEH, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos
word; want U is my lof.
Mattheus 16:20–28;
20 Daarop het HY SY dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat HY
YAHUSHUA die MASHIACH is nie.
21 Van toe af het YAHUSHUA begin om SY dissipels te toon dat HY na Jerusalem
moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly,
en gedood en op die derde dag opgewek word.
22 Toe neem Petrus HOM opsy en begin HOM bestraf en sê: Mag GOD dit verhoed,
Here, dit sal U nooit oorkom nie!
23 Maar HY het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter MY, Satan! Jy is vir
MY ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van YAHUVEH bedink nie, maar die
dinge van die mense.
24 Toe sê YAHUSHUA vir SY dissipels: As iemand agter MY aan wil kom, moet hy
homself verloën en sy kruis opneem en MY volg.
25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om
MY ontwil verloor, sal dit vind.
26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade
ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
27 Want die Seun van die mens staan gereed om met SY engele in die heerlikheid
van SY Vader te kom, en dan sal HY elkeen vergeld volgens sy dade. (Ps 62:12)
28 Voorwaar EK sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die
dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in SY Koninkryk
sien kom het nie.