Gaan terug


Sluitkas Droom 827



Hierdie droom was aan my gegee baie jare gelede. Ek het dit nooit vergeet nie.

Geplaas op 8 Augustus 1999
Onlangs gerestoureer


In 8/27/1986, ek was in die hoërskool en ek was kaal bo-lyf, en aangesien ek baie goed bedeeld was, het die seuns my gespot en geterg want ek het geen bedekking gehad nie. Hierdie droom was nog nooit so duidelik soos wat dit vandag is nie. Op hierdie tydstip het ek tans nie ’n man wat my bedekking kan wees nie, daarom, kan Judah en Efraim nog nie saamkom om Israel en die Joodse mense te bereik nie. In die droom het ek geweet my bedekking was in SLUITKAS 827. Maar Sluitkas 827 was op ‘n baie hoë verdieping en ek moes die roltrap ry om dit te bereik. Ek vrees hoogtes en roltrappe in die regte lewe.

In my droom het ek na die roltrap gehardloop om na SLUITKAS 827 te gaan, en het op die roltrap bly staan vreesbevange vir die hoogte en beweging (ek is eintlik vreesbevange vir roltrappe in die werklike lewe en om op en af te kom daarvan). Toe het ek ’n vrou gesien in ’n rooi rolstoel wat op die roltrappe ry. Sy het net voor my opgeklim. Ek het aanskou hoe sy opgestaan het uit haar rolstoel en die banier van GEEN VREES omhoog gehou het. Ek het beskaamd oor myself gevoel oor my vrees en sy het my die moed gegee om die roltrap te ry. Ek het opgegaan tot BO en na SLUITKAS 827 gegaan waar ek ‘n bedekking vir myself uitgehaal het, soos ‘n pragtige baie lang WIT linne bloes. Ek het die kledingstuk aangetrek en geweet niemand sou ooit weer vir my lag nie, omdat ek nou ‘n nuwe bedekking gehad het. Daar was ook ‘n Goue STAF wat in die sluitkas was.

Einde van Droom.

Ek het gebid en vir YAHUVEH gevra wat hierdie droom beteken het.

Op 8/27 (27 Augustus) het ek ‘n droom gehad en ek was geleer hoe om die STAF te gebruik in die lug, water, aarde. Ek het wakker geword met ‘n geraas wat geklink het soos ‘’n skietende pistool terwyl ek geskree het “VLAK EEN!” daarna het ek die geraas gehoor nadat ek myself demoniese magte in die lug sien beveg het, met pragtige verskillende vroulike klere vir elke vlak. Toe het ek die geraas gehoor en ek sou wakker word en weer aan die slaap raak elke keer dieselfde doen totdat dit VLAK 12 was. Dit was die einde.

My seun het die STAF gesien. Dit was GEBUIG in die middel, en terwyl ek gebid het, het hy die visioen daarvan gesien terwyl ek dit in my hande gehou en gebid het. Ek het vir YAHUVEH gevra waarom sou die STAF in die middel gebuig wees? HY het gesê,

"“WANT, DIT IS UIT VORM GEBUIG MET MY WOEDE!”"
Hierdie STAF was eers aan my gegee in ‘n droom. En alhoewel dit geestelik is het ek dit nou weereens ontvang in ‘n droom waar ek die aarde verlaat het voor getuies, Hemel toe gegaan het en YAHUVEH vir my ‘n HEMELSE STAF gegee het om terug te bring na die aarde waar dit gebruik was teen die bose.

Hierdie was ‘n geheim wat ek NIE gedeel het nie ook nie gelei gevoel het om te deel nie behalwe vir dit wat ek geskryf het in Gesalf In Hawaii waar die STAF weereens geestelik in my hande geplaas was. Vir diegene wat meer wil weet; kliek op die skakel hierbo. Die salwing het oor my gekom vir 2 en ‘n half ure, met die salwing so intens, dit het letterlik die vel van my gesig af geskilfer die volgende dag. Die grootste salwing van my lewe was daardie dag op my terwyl ek aan baie bedien het. Mense was gered, ens. Hierdie datum was 8/27/1996.

Die STAF is die STAF van YAHUVEH se woede, ek is seker hiervan. Waarom hou ek dit vas? Ek het GEEN idee nie. Ek sal NIE om verskoning vra vir dit wat ek geskryf het nie, want julle sien hierdie is die WAARHEID en al beweer ek nie dat ek begryp wat op die punt staan om te gebeur nie, het ek genoeg bevestiging gehad selfs van vreemdelinge dat satan hierdie bediening VREES en YAHUVEH het belowe om te doen wat HY gesê het HY sal DOEN! Om diegene te Beskerm wat aan HOM behoort en SY vyande te VERNIETIG!

"EK Sal Alles Doen Wat EK Belowe Het Om Te Doen!"
Wat Hou Hierdie Datums In?

Ek gewaar iets baie ernstigs wat kom mits die Hand van YAHUVEH dit sal vertraag, op 9 September 1999.

Ek het meer gedeeltes gekry van die komende Profesie selfs deur drome. Op Vrydag, 8/6/99, die Sabbat, het ek gehoor hoe YAHUVEH weer hoorbaar met my praat. Dit was nadat ek ‘n droom gehad het waar misdaad gewoed het en ek het gesien hoe mense plunder, voertuie omgooi, mekaar seermaak. Een het gedreig om die polisie te bel maar die ander het gespot en gelag, omdat ALLE kommunikasie met die polisie WEG was!

Die volgende ding wat ek gehoor het was die hoorbare stem van YAHUVEH wat gesê het,

“EK sal alles doen wat EK beloof het om te doen!”

Ek het wakker geword en geseënd gevoel omdat ek geweet het YAHUVEH het belowe om diegene te SEËN en te beskerm wat aan HOM behoort. Tog die ANDER openbaring wat vandag rillings deur my ruggraat gestuur het terwyl ’n ander Suster die vroeëre Profesieë vir my gelees het wat aan my gegee was oor dit wat aan Amerika gedoen sou word, was dat YAHUVEH ALLES gaan doen wat HY gesê het HY gaan doen!

Waarsku asseblief ander oor die komende datum 9.9.1999. Op 11 Augustus, 1999, sal ‘n verduistering gesien word in Europa en verskeie dele van die wêreld. Maar anders as ander verduisterings, het die Bybel sterrekundiges gesê dat die planete en sterre in die vorm van ‘n kruis sal op-lyn, byna perfek soos dit was toe YAHUSHUA gekruisig was! Ek beweer nie dat ek Bybelse sterrekunde verstaan nie en mag dit dalk verkeerd verduidelik het. Maar hulle sal in lyn wees soos dit was in die tyd toe YAHUSHUA aan die kruis gesterf het. Onthou, wanneer jy sien of hoor van die verduistering, dat YAHUSHUA nie net gesterf het nie maar OOK WEER OPGESTAAN HET!

"Herinner hulle van die ses verduisterings!"

YAHUVEH het HOORBAAR aan my gesê dat dit die teken sou wees van die koms van YAHUSHUA. Hierdie verduisterings sal die wetenskaplikes oorbluf en sal langer aanhou as verwag, en dan sal YAHUSHUA weer kom. Is dit vir drie dae son en maan wat die wetenskaplikes oorbluf? Ek het ook vir vandag ‘n mandaat van YAHUVEH om die mense te herinner aan die HOORBARE stem vir 3 ure.

Tussen wakker en slaap toe HY gesê het,br>
“Wat As Rosh Ha Shanah die dag is waarop EK weer kom?” (Lees hier daaroor)

Dit het gebeur in 1998 een dag voor Rosh HaShanah. Toe voor Rosh Hashanah, het HY gesê indien HY sou kom hoe MIN sou SY bruid genoem word en hoedat HY uitgestel het omdat satan so sou gespot het. HY het ons meer tyd gegee.

Hoorbare Woorde wat verlede jaar gespreek was,

“Eers een wegraping, daarna nog een vir diegene wat EK liefhet” (Lees hier daaroor)

Vra asseblief ook ander om my te help om hierdie waarskuwing te versprei. Wees gereed vir ingeval.

Baie Liefde aan ALMAL

Elisheva