Profesie43 – Deel 1
“EK IS” GOD, Die Pottebakker, Jy Is My Klei! MY Gawes Is Nie Te Koop Nie!
Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu
3 Februarie 2001
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu deur die salwing van die RUACH ha
KODESH, woord oorspronklik gegee vir ‘n ander broer Chris, maar dit is vir alle
Apostels en Profete rakende die profete-skole en ander aanvalle op GOD se
Boodskappers (bv. Brownsville,”Goudkoors-Herlewing’”, “Goudstof-Herlewing”,
Rodney Howard Browne, Laggende-Herlewing, Profesie-Klubs wat niks meer as
populariteits-kompetisies is nie, ‘n kliek waarheen Apostoliese/Profetiese
leraars soos ek nog nooit genooi was nie, ens). Ware Apostels en Profete word
stilgemaak, gemanipuleer, geïntimideer, verneder, gediskwalifiseer, ontmoedig,
en weggejaag alles omdat hulle die waarheid spreek die vlees aanstoot gee ter
wille van die Gees.
******* Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op
alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
Sodat die wolwe hulle sakke kan volstop met silwer en goud, vir die mense vertel
dat die RUACH ha KODESH se gawes te koop is. Genesing, bevryding en die
profetiese gawes is nie te koop nie! Hierdie boodskap is nie vir almal nie. As
jy Pappa GOD se stem met jou hoor praat as individu tot individu, dan is dit vir
jou. Indien nie, waarsku dan die ander wat die profete-skole bevorder soos Pam
Clark, Andrew Strom en Craig Martin. Hierdie is slegs 3, en tog is satan se
nuutste leuen: jy is nie ‘n profeet as jy nie na ‘n profete-skool toe gaan nie.
GOD se gawes is NIE te koop nie.
Dit is waarom ek vra lê asb. hande op die foto van my hier-bo en bid in die
RUACH ha KODESH tale want hierdie bediening is reeds onder aanval vir die
voortspreking van hierdie nuutste boodskap. Ek sê weer, ek is net die
boodskapper, moet asb. nie die boodskapper stenig nie. Ek het niks om te verwerf
nie buiten gehoorsaamheid aan God. Bid ook ‘n gebed van intersessie vir die
webbestuurder en vir almal wat saam met my arbei, my ondersteun met hul liefde,
gebede, of finansiële ondersteuning, bid dat die seëninge vinnig losgelaat sal
word en ook vir ekstra beskerming teen die vyande, wat die okkulte gebruik, wat
ons vernietiging en die vernietiging van hierdie bediening wil hê. Bid asb. vir
oorvloedige finansiële seëninge sodat ons meer kan doen vir die Koninkryk van
die Hemel en vir ‘n groter salwing soos Johannes die Doper om die verlore skape
in te bring en ook op alle gebiede, veral vir die gawe van onderskeiding.
Bid asb. terwyl julle hande lê op my foto vir alle bindings en hindernisse, wat
my verhinder om te doen waarvoor ek gebore was om te doen, om onmiddelik
verwyder te word uit my lewe.
Want dit is nie oor wie ek is nie, dit gaan oor wie hierdie bediening
verteenwoordig. Ons moet gewillig wees om alle hoogmoed neer te lê, mensgemaakte
leringe, persoonlike motiverings, reputasie, onverskrokke dapper dat hierdie
bediening op GOD se manier bestuur sal word en nie op die manier van ‘n kerklike
organisasie nie, ook nie op die manier van ‘n man of ‘n vrou nie. Ons kan niks
doen sonder die salwing van die RUACH ha KODESH nie. Hierdie is ‘n
konfronterende bediening en soms mag ons dalk die vlees aanstoot gee, maar ons
sal een doel hê om siele na YAHUSHUA (Jesus) te lei, terwyl ons die weg na die
Hemel aanwys, waarskuwend oor die Hel, heiligheid onderrig, die belangrikheid om
die ware Sabbat dag te onderhou, terwyl ons die ontoegeeflike Woord van God
onderrig vir die Heerlikheid van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH!
Indien jy intree met gebede vir ons, sal jy ons asb. laat weet sodat ek nie so
alleen voel nie? Dankie dat jy met my saamstem want hierdie is die begeerte van
my hart.
*******
Profesie 43
“EK IS” GOD DIE POTTEBAKKER, JY IS MY KLEI!
MY GAWES IS NIE TE KOOP NIE!
MY Geliefde Een, hoor MY duidelik deur hierdie Diensmaagd van MY. As jy dit
eenmaal gehoor het, sal EK dit weer sê, “EK roep nie die gekwalifiseerdes nie,
EK kwalifiseer die wat geroep is.” Jy word bevorder en nogtans tree jy op asof
EK jou degradeer. Jy hoor MY stem en steeds hou jy aan om te toets wat jy weet
die waarheid is. Onthou jy word aanspreeklik gehou vir wat jy weet. EK vertel
nie my geheime aan jou net vir jouself om te weet nie, maar vir jou om die
geheime kennis wat EK vir jou gee te deel met diegene wat EK vir jou sê om mee
te praat en te deel. Dit is nie jou verantwoordelikheid of die boodskappe geglo
word nie. Jou verantwoordelikheid is eenvoudig om die boodskappe af te lewer. Of
hierdie boodskap geglo word hang van die hoorder van die boodskap af.
Jy moet die dader van die boodskap wees en bring wat EK vir jou sê en dit nie
redigeer of versag op enige wyse nie. Is jy meer bevrees om MY aanstoot te gee
of vir die mense waarheen EK jou stuur? EK neem jou na ‘n hoër salwing en EK het
aan hierdie diensmaagd hierdie woorde gegee om vir jou te gee. EK bevorder jou
tot die hoof van die klas. Wie is jy om te sê jy verdien nie so ‘n posisie nie?
Wie is jy om te sê jy is nie gekwalifiseer nie? IS EK nie die Pottebakker en jy
die klei nie? Het EK nie die reg om jou te vorm en jou te gebruik op ‘n manier
wat EK so verkies nie? EK het jou lief en EK ken jou en EK weet wat EK binne in
jou geplaas het toe EK jou gered het, toe EK jou geskape het en toe EK jou
geroep en jou gekies het. Is jy meer besorg oor jou reputasie en wat die mensdom
van jou dink of wat EK die skepper van alles dink van jou?
EK vra jou om niks anders te doen as wat EK MY ander Apostels en Profete gevra
het om te doen nie, en dit is om MY te gehoorsaam en MY wil te soek en EK sal
jou lei en rig en jou nooit begewe nie en EK rus MY vegters toe voordat EK hulle
in die voorste linies van die geveg instuur. Jy gaan nooit in ‘n geveg in,
alleen nie, EK is daar. Ook nie met leë hande of naak nie. Trek die Volle
Wapenrusting van God aan en trek MY swaard nie joune nie. Neem MY Skild van
geloof en doof die vurige pyle uit wat op jou gemik is. Pasop vir die Judasse
wat na jou toe kom in die gedaante van skape en inderdaad roofgierige wolwe is.
Bid vir ‘n groter gawe van onderskeiding en moet nooit dink jy het genoeg van
daardie gawe nie want geen mens kan ooit sê dat hulle altyd die gesig van satan
herken nie. Pasop, want die duiwel ken MY planne aangaande jou en hy weet waar
jy swak is en waar jy sterk is.
My ware Apostels en Profete het nie ‘n Profete-skool nodig nie. Hulle word
geskool in die skool van harde stampe terwyl hulle oor-en-oor platgeslaan word
in die vlees maar wanneer hulle opstaan is dit met ‘n groter salwing en is dit
nie meer die vlees wat opstaan nie maar die RUACH ha KODESH wat opstaan. ‘n
Profete-skool kan nie onderrig wat net die RUACH ha KODESH kan onderrig nie.
Watter prys kan op so ‘n gawe geplaas word soos EK aan MY Apostels en Profete
skenk? Wie waag dit om te onderrig hoe om te profeteer? Wee hierdie vals
vleeslike leraars van leuens net om hulle sakke met goud en silwer te vul.
Moenie mislei word terwyl die wolwe regters opstel wat leuens spreek en vals
apostels en profete aanmoedig wat nie van MY RUACH ha KODESH is of luister na
die WARE RUACH ha KODESH nie. Die selfverklaarde regters wat MY ware apostels en
profete oordeel en hulle ontmoedig en diesulkes bemoedig wat in die vlees beweeg
en nie in MY RUACH ha KODESH nie. Die profete-skole verjaag en intimideer MY
ware profete en apostels.
Maar hulle word opgelei of hulle luister na hierdie selfverklaarde regters van
MY apostels en profete of hulle luister na die Regter van die Ganse skepping die
groot God “EK IS!” Moenie julle geld mors met sulke dwaasheid nie. Want hierdie
skole onderrig die vlees en hoor nie eens MY RUACH ha KODESH nie. Harde woorde
maar waar. Hulle praat net van seëninge en waarsku nie ten opsigte van
bestraffing nie. Ja EK stig, deur MY apostels en profete, maar EK gebruik hulle
ook om te bestraf en waarskuwings van bekering te stuur en ja EK stuur MY
seëninge maar EK stuur ook MY vloeke na hulle wat ongehoorsaam is. EK stuur MY
apostels en profete om te praat voordat EK oordeel stuur.
Dit is hoekom MY Ware apostels en profete gesus word in ‘n diepe slaap in of
geïntimideer of bang is om die vlees aanstoot te gee, dit is hoekom EK hierdie
diensmaagd stuur om MY ware apostels en profete wakker te maak en om die wolwe
in skaapsklere te onbloot wat MY apostels en profete wil stilmaak op elke manier
wat hulle kan. Maak dat MY apostels en profete dink as hulle nie aan ‘n sekere
groep behoort of geskool word om te profeteer nie of as hulle nie behoorlik
taalkundig spreek nie dan durf hulle nie praat nie en is hulle nie geroep nie.
EK roep die geleerdes en die ongeleerdes om MY woorde voort te spreek in alle
tale alle ouderdomme word gebruik.
Elkeen wat MY Woorde hoor en hulle aanneem sal hoor wat EK wil hê hulle moet
hoor. Sekere woorde sal ten minste dubbele betekenisse hê. Net soos die Bybel
het wanneer jy meer as eenmaal lees en oordink sal jy iets deur MY RUACH ha
KODESH hoor wat jy nie voorheen gehoor of gesien het nie. EK raak siek daarvan
wanneer MY profetiese boodskappe geredigeer word om korrek te klink volgens
vleeslike opvoeding. Wie het die seggenskap wat korrekte taalkunde is? Praat
alle apostels en profete slegs een taal? Is hulle almal dieselfde ouderdom, of
ras of geslag? Is hulle almal van dieselfde nasie? NEE! EK praat selfs uit die
mond van babas. Hou op probeer om “EK IS” in ‘n boks te sit. Hou op om te
probeer sê wat EK sal doen en wat “EK IS” nie sal doen nie. EK doen wat die
mensdom die minste verwag. Geen man of vrou kan werklik die gedagte van “EK IS”
ken nie!
Wanneer EK vir MY kinders sê waar om te loop, loop jy. Wanneer EK vir jou sê
waar om te hardloop, hardloop jy. Wanneer EK vir jou sê wat om te sê, praat jy.
Wanneer EK vir jou sê om stil te bly, bly jy stil. Wanneer EK vir jou sê om stil
te staan, moenie beweeg nie. Wanneer jy nie weet wat om te doen nie, doen niks
nie, totdat jy vrede het dat “EK IS” gespreek het. Wanneer die vyand jou aan jou
verlede herinner, herinner die duiwel aan sy toekoms. Wanneer die gees van
veroordeling jou aanval onthou dan hierdie, EK veroordeel jou nie, so wie is jy
om jouself te verdoem of enigeen toe te laat om jou te verdoem? Jou sondes is so
ver verwyder soos die ooste van die weste. Visualiseer ‘n visvang-gat en besef
dat net jy en die duiwel daar gaan visvang vir sondes van die verlede wat EK
lankal weggewas het met MY Gestorte Bloed op Golgota. Jy moet ‘n
visvang-verbode-bordjie daar opsit en moenie langer daar gaan visvang nie en
moet ook niemand anders toelaat om daar te gaan visvang nie. EK het die prys
betaal.
Moenie die duiwel toelaat om jou te herinner aan ‘n verlede wat nie meer bestaan
nie. Die oue het verbygegaan en het nuut geword. Kom laat EK jou dit vra, was jy
klere weer wat skoon is? Hou dan op om MY te herinner aan dit wat MY Seun
YAHUSHUA weggewas het.
Jy is gekwalifiseer vir die nuwe posisie waarvoor EK jou geroep en gesalf het.
As jy dit betwyfel sê jy dat die God wat jy dien foute maak en jy meer weet as
“EK IS”. Is dit wat jy sê? Gaan die klei vir hierdie Pottebakker vertel hoe om
hierdie werktuig van klei te vorm en te gebruik? EK het jou gesalf vir ‘n tyd
soos hierdie. Die tyd is korter as wat jy dink om te deel wat EK jou gegee het
om te deel. Al die deure is nou besig om oop te gaan as jy maar net die seëninge
wil aanskou wat EK vir jou gereserveer het en aanvaar wat EK vir jou gee.
Onthou Elia van Ouds [Eliyahu] was nie die een wat werklik in die nood was nie
want hy het die weduwee meer geseën as wat sy hom geseën het. Elia [Eliyahu] was
nooit werklik behoeftig nie want hoe kan iemand wat so gesalf was enigiets
kortgekom het? Hoe kan jy tekort hê aan enigiets goeds terwyl jy geseënd is
selfs met meer salwing en gawes as wat jy selfs besef het? Bestudeer en lees
sorgvuldig die skrifte wat EK vir MY “Elia van Nuuts” [Eliyahu] gesê het om vir
jou te gee. Omdat jy haar geseën het is sy nou aangesê om hierdie seëninge tot
jou te spreek. Kan julle nog nie mekaar herken nie? Julle twee is meer eenders
as wat albei van julle weet. EK het gekies om beide van julle aan mekaar voor te
stel vir MY doel en daar is geen toevallige ontmoetings nie, julle weë is nie
altyd MY weë nie, maar MY weë is altyd vir julle ten goede en geen goeie ding
sal EK van enige van julle weerhou nie. Beide van julle staan voor MY en beide
van julle het probeer om vir die Meester Pottebakker te vertel hoe om julle te
vorm en hoe om julle te gebruik en albei van julle het gesê ek is nie waardig
vir so ‘n taak nie.
Maar EK sê vir beide van julle, “Natuurlik is julle nie waardig uit julself nie.”
EK kies nie werktuie wat spog oor hul bruikbaarheid of groot waarde of skoonheid
nie, ook kies EK nie diegene wat hulself hoër ag as wat hulle moet nie, of ook
nie die werktuie wat dink hulle doen MY ‘n guns om op so ‘n wyse gebruik te word
nie. EK kies werktuie wat weet uit hulself kan hulle niks doen en niks van
waarde spreek nie tensy dit onder die salwing van die RUACH ha KODESH is. EK
kies jou nie omdat jy besluit om jouself te bevorder en dink jy is beter as
iemand anders nie. EK kies jou omdat jy weet jy is nie die beste nie en jou
rykdom, of gebrek daaraan, beïndruk MY nie en ook nie wat jy het of nie het nie,
die enigste ding wat MY beïndruk is die feit dat jy weet met God is alle dinge
moontlik en EK kies MY apostels en profete uit diegene wat die onwaarskynlikste
in die oë van die wêreld is om gekies te word. EK kies die onwaarskynlikste om
diegene te beskaam wat hulself beskou as wys.
Bestudeer en mediteer op die onderstaande skrifte en jy sal weet of hierdie
woord van kennis vir jou bedoel is. MY Skape ken “EK IS” die enigste Goeie
Herder se stem want watter kind ken nie die stem van sy Vader nie? As jy nie MY
stem hoor nie is hierdie boodskap nie vir jou nie maar kopieer dit want wanneer
die tyd kom sal jy daaraan herinner word om dit aan ‘n ander persoon te stuur.
Dit is ‘n persoonlike woord alhoewel oorspronklik aan ‘n ander gegee is dit nie
bedoel vir net een man vrou of kind nie.
* * * * * * *
Jer. 1:4-12
Roeping van die Profeet Jesaja 64
Maar nou, YAHUVEH, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Formeerder; en
ons almal is die werk van U hand.
3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker en hy was juis besig om ‘n
stuk werk op die skywe te maak. En die voorwerp wat hy besig was om te maak het
misluk – soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker, maar hy het
daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg
was om dit te maak.
Nota: Wel, ek bid dat ek gebruik was om ‘n seën vir jou te wees,
en sal jy my asseblief laat weet as hierdie woord op enige wyse vir jou tot
bevestiging is? Ek is slegs die boodskapper, so moet asseblief nie hierdie
boodskapper stenig nie, maar as jy wel klippe na my gooi, onthou dit sal net
wegskram van my af en op my Pappa GOD, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH
val, want dit is wie hierdie boodskap voortspreek, ek het niks om te baat deur
dit te doen nie, behalwe om te weet dat ek my Pappa GOD gehoorsaam. Ek sal dit
werklik as ‘n voorreg beskou om saam met iemand soos jy te bid, want GOD self
het jou bekragtig deur hierdie woord as jy Pappa GOD se stem hoor wat persoonlik
met jou praat.
Ek het onlangs opgemerk dat, wanneer die RUACH ha KODESH ‘n woord spreek, dit
voorkom of dit vir meer as een persoon is alhoewel dit oorspronklik vir een
persoon bedoel is, en dit is jy Chris. Laat weet my asseblief dat ek dit aan die
res van die Apostels en Profete moet vrystel. Lees dit asseblief meer as eenkeer,
ek weet ek sal ook. Hier is baie vleis en laat weet my asseblief of dit enigsins
vir jou bevestig is. Vir die van julle wat deur satan mislei was en die Ware
Apostels en Profete stilgemaak het, en ja, vrouens is ook Apostels. Die RUACH ha
KODESH is nie ‘n aannemer van geslag nie, net gewillige voorwerpe sal
voortspreek in die vrymoedigheid van die RUACH ha KODESH en nie in ‘n bedeesde
stemmetjie in die vlees wat banger is om mense aanstoot te gee meer as die
begeerte om hulle te verlig terwille van hulle siele nie.
Ek het gewag om hierdie woord vry te stel omdat die een vir wie dit oorspronklik
bedoel was nie die e-pos ontvang het wat ek gestuur het nie. Miskien reis hy
iewers buite die distrik. Bid asseblief dat hierdie man die boodskap sal ontvang
en in ‘n gees van liefde, voor valentynsdag, sal terug antwoord en nie aanstoot
sal neem nie. Chris, jy is die een wat hierdie salwing in my aangewakker het,
net omdat ek daagliks vir jou bid. Jy sê jy is meer as bevoeg om my intersessor
te wees en jy is die man wat GOD gebruik het om verskeie kere vir my
bemoedigende profetiese boodskappe te bring toe ek dit die nodigste gehad het.
Dit blyk of die apostels en profete, wat gebruik word om ander op hierdie wyse
te seen, so min die tyd neem om ‘n woord vir ons te soek.
Chris, wanneer jy hierdie lees, onthou die woord was oorspronklik vir jou
gespreek. Maar vergewe my, ek kan nie langer hierdie profetiese woord van kennis
terughou nie. Die uitverkorenes word mislei. Nota aan my intersessors,’Chris’ is
een van die name wat hy in sy korrespondensies gebruik, ek onderskei dit is nie
sy regte naam nie, maar ek stel nie sy regte naam vry nie ingeval dit hom
aanstoot sal gee. Ek heg hierdie persoonlike nota aan om hom te wys ek het
probeer om hom eerste te bereik met hierdie woord van kennis. Bid dat, INDIEN hy
in ‘n profete-skool betrokke is soos die een waarvan God waarsku, dat hy Pappa
God sal hoor wat hom waarsku om gou weg te vlug daavan, of dapper op sal staan
en teen die profete-skole sal praat wat slegs daarop uit is om die Ware apostels
en profete stil te maak en hulle sakke met goud en silwer vol te stop.
Baie Liefde julle Suster in YAHUSHUA
Eerw. Elisheva Eliyahu