Baie mense het geskryf en gevra (aangesien hierdie Bediening net die naam van
YAHUSHUA ha MASHIACH gebruik) of hulle steeds die naam JESUS CHRISTUS kan
gebruik. Ek was besig om hierdie antwoord te skryf aan ‘n nuwe Broer in YAHUSHUA
ha MASHIACH, genaamd Alex en die salwing het my getref. Ek het al die antwoorde
op vrae geskryf wat ons ontvang het ten opsigte van die gebruik van die Gewyde
Hebreeuse Name.
Vraag:
Alhoewel hierdie bediening net die naam YAHUSHUA ha MASHIACH gebruik, kan
ek nog steeds die naam JESUS CHRISTUS gebruik?
Ja, jy kan die naam JESUS CHRISTUS gebruik maar waarom sou jy dit wou doen? Soos
die Profesieë ons vertel, as jy hier is vir die Groot Verdrukking, sal die
antichrist die naam JESUS CHRISTUS gebruik omdat die antichrist sal verkondig om
HOM te wees. In die Groot Verdrukking wanneer Christene die naam JESUS CHRISTUS
hardop in gebed gebruik, sal dit die antichris wees wat sal verskyn en alles sal
weet waarvoor daar gebid word.
Wanneer die naam JESUS CHRISTUS hardop in gebed deur Christene gebruik sal word,
sal die antichris onheilige kragte van satan hê en sal weet waar die Christene
wegkruip – so gou soos die naam JESUS CHRISTUS gespreek word.
Dit is waarom nou ‘’n goeie tyd is om in die gewoonte te kom om die ware
Hebreeuse naam te gebruik, van die Maagd Maria (haar Hebreeuse naam is Mariam)
gegee aan haar Hebreeuse Baba. Asseblief, moenie misverstaan nie, op hierdie
oomblik is YAHUVEH – wie jy mag ken as JEHOVAH die Hemelse Vader en wanneer jy
die naam ABBA YAHUVEH sien, weet dat dit VADER YAHUVEH beteken – genadig, en HY
weet dat ons almal net die “King James Version” van die Bybel gehad het om uit
te leer. So meeste van ons het geleer “JESUS CHRISTUS, die Griekse naam wat aan
HOM gegee is. Ek is geen uitsondering nie.
Toe ek my lewe en siel aan YAHUSHUA ha MASHIACH gegee het 25 jaar gelede in ‘’n
“Assembly of God Pentecostal Church”, was ek gered, gedoop en gevul met die
HEILIGE GEES in die naam van JESUS CHRISTUS. Toe ek begin profeteer het, was dit
in die naam van JESUS CHRISTUS. Ek het hierdie Bediening vernoem na die Griekse
naam ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND HOLY GHOST FIRE CHURCH; die Hebreeus is ALEPH &
TAV.
Ek was deel van die georganiseerde Kerk sisteem en het nie geweet dat Kersfees
nie die ware dag was wat JESUS CHRISTUS gebore was en dat Paas Sondag nie die
ware dag was waarop HY opgestaan het uit die dood nie. Ek het nie geweet Sondag
was nie die ware Sabbatdag van rus – wat ons beveel is om te eer volgens die 4de
Gebod. Ek het geleer wat ek geleer is deur die Pentecostal Kerke en geglo as ek
net mense die reddingsgebed kon laat sê, sal hulle almal weggeneem word in die
wegraping en nie deur die Groot Verdrukking gaan nie.
Toe hierdie Bediening begin het, het ek nog nooit gehoor van die Joodse Heilige
Dae wat ons beveel is om te volg of dat JESUS CHRISTUS gesimboliseer was in
elkeen van hulle. Net ’n bestek van maande na die geboorte van hierdie Bediening,
het ek besef dat hierdie Bediening gebruik moes word as ‘’n uitreik na beide
Jood en Heiden en om die Joodsheid van ons MESSIAS te leer.
YAHUSHUA ha MASHIACH was geduldig met my; HY het ’n vrou genaamd Wendy in my
lewe gebring wie my geleer het wat sy besig was om te leer oor om ‘’n Messiaanse
Jood te wees. Sy het my die naam “Yeshua” geleer vir die Messias, omdat dit die
naam was wat sy geleer was in Messiaanse Joodse Tempels; ek het ander daardie
naam geleer en dit was toegelaat vanaf die Hemel – net soos die naam JESUS
CHRISTUS toegelaat was – totdat YAHUVEH my die waarheid vertel het.
Nou weet ek beter, omdat YAHUVEH my ‘’n Heilige Profesie gegee het wat sê die
Messiaanse Jode wou nie die Jode aanstoot gee nie, daarom gebruik hulle die naam
Yeshua in plaas daarvan om die naam YAHUSHUA te leer (wanneer YAHUVEH met my
praat in Heilige Profesieë is hierdie die manier wat HY dit uitgespreek het).eiligeH
Ortodokse Jode dink jy gebruik die HERE se naam ydellik as jy die naam YAH
gebruik). Maar die Bybel sê reguit, byvoorbeeld in Psalm 91, “EK sal hom beskerm,
omdat hy MY Naam ken”. In die Bybel was die naam van YAH oral waar jy die woord
GOD in die Nuwe Testament lees en YAHUVEH was oral waar die jy woord HERE in die
Ou Testament lees. Die King James Bybel en ander uitgawes gebruik net “LORD” of
“GOD”; hierdie is nie name nie, hierdie is titels.
Maar, die waarheid is die Naam van GOD YAHUVEH was uitgehaal uit die Bybel toe
dit daarin moes gebly het. Die Ortodokse Jode en baie Messiaanse Joodse
gelowiges in YAHUSHUA ha MASHIACH spel woorde soos “LORD” as L-RD of GOD as G-D.
Wanneer sal hulle besef dat hierdie enige geldigheid wegneem van die ALMAGTIGE
Krag in YAHUVEH en YAHUSHUA se Naam?!
Meeste Messiaanse Joodse gelowiges in YAHUSHUA word geleer om die Naam van ons
MESSIAS te spel as Yeshua. Die naam Yeshua bevat nie die naam van ABBA YAHUVEH
nie. Hoe verheerlik die naam Yeshua vir YAH? YAH is verkort vir YAHUVEH (wat
gespel kan word as YAHWEH). Die naam YAH is in die Bybel so dit word onderskryf
deur die Heilige Skrifte.
Soos ek gesê het, ek het ook die fout gemaak om die naam Yeshua te leer, as die
naam vir ons MESSIAS. Ek het deur my foute geleer en toe die HEILIGE GEES my ’n
“Aramaic Transliteration” uitgawe van die Bybel laat koop het, was ek verbaas om
die naam YAH SHUA daarin te sien en ek het onmiddellik geweet dat dit korrek
was, om ons MESSIAS se Naam te spel met die woord YAH daarin, verheerlik dit
ABBA YAHUVEH en herinner ons dat YAH ons siele red deur die Naam en Bloed van
YAHUSHUA ha MASHIACH. (YAHUSHUA het beide Aramees en Hebreeus gepraat; die Nuwe
Testament sou geskryf geword het in daardie twee tale). Ek het ’n mandaat van
die Hemel ontvang om begin om die ware Gewyde Hebreeuse Naam te gebruik.
Weereens kan dit gespel word as YAHSHUA asook as YAHUSHUA. Die hoof ding is om
dit nooit as Yeshua te spel nie. Ons word slegs verantwoordelik gehou vir wat
ons weet; daar was ‘’n tyd wat ek nie van beter geweet het nie, steeds is my
gebede beantwoord en ek het vrede gehad deur te bid in die naam van Yeshua. Maar
nou weet ek beter en jy doen ook.
Maria was ’n Hebreër en sy sou nie haar Hebreeuse baba ‘n Griekse naam gegee het
nie. Die King James Bybel sê sy het die baba die naam Immanuel gegee. Nou wat
beteken Immanuel? Dit beteken “YAH met ons”. Nou hier is iets interessant: elke
keer wat jy die woord “GOD” in die Bybel sien, weet dat die regte woord in die
Bybelse tye was YAH of YAHUVEH of sommige spel dit YAHWEH. Onthou HY is GOD die
HEMELSE VADER.
So, laat ons teruggaan na waarom JESUS CHRISTUS (die Griekse naam wat gegee was)
geen werklike vertaling of betekenis het nie en wat die naam YAHUSHUA se
werklike vertaling vanuit Hebreeus beteken. Die naam YAHUSHUA se werklike
betekenis in Hebreeus is “YAH RED”! Is dit nie ontsaglik nie? Hoeveel vaders wil
hê hulle seuns moet hulle eie eerste name dra? YAHUVEH het dieselfde gedoen vir
SY enigste verwekte Seun!
Nou, wanneer jy die die volledige naam in Hebreeus bymekaarsit, YAHUSHUA ha
MASHIACH, vertaal dit na YAHUSHUA die MESSIAS toe! Elke keer as die duiwel die
naam YAHUSHUA ha MASHIACH hoor, word hy herinner hoe hy geen eis het op ons
siele nie – ons wie YAHUSHUA as GOD, HERE en REDDER aanvaar – vir die prys wat
YAHUSHUA vir ons betaal het op Golgota, asook omdat YAHUSHUA YAHUVEH se enigste
verwekte Seun is wie perfek is in alle opsigte, selfs toe HY op hierdie aarde
geloop het, het YAHUSHUA nie een keer gesondig nie! Dit is ontsaglik om te dink
HY was in menslike vlees met dieselfde versoekings oral om HOM en tog het HY nie
eenkeer gesondig nie, nie eers ‘’n sondige gedagte nie – andersins sou HY nie
die perfekte sondelose bloed offer kon wees om al ons sondes weg te was nie!
Vraag:
Kan gebede en dopings steeds gedoen word in die naam van JESUS CHRISTUS?
Ja, die naam JESUS CHRISTUS het steeds vergewing, gesondmaking, vrymaking,
opstandingskrag en natuurlik word gebede steeds beantwoord in die naam van JESUS
CHRISTUS. Maar waarom sou jy die naam van JESUS CHRISTUS wou gebruik? Wanneer jy
eers die ware Gewyde Hebreeuse Naam van jou MESSIAS ken, word jy verantwoordelik
gehou vir wat jy weet. Voorheen, toe jy nie geweet het nie, het jy ‘’n
verskoning gehad. Nou het jy nie ’n verskoning nie. In hierdie eind tye, gebruik
YAHUVEH hierdie Bediening en andere om die belanglikhied te leer om die ware
Hebreeuse naam van ons MESSIAS te ken.
YAHUVEH het selfs ’n heidense akteur, genaamd Mel Gibson, gebruik om ons te help
om die wêreld te bereik, soos die draaiboek wat Mel Gibson geskryf het, die naam
Yeshua gebruik het. Alhoewel Mel Gibson nie die ware Gewyde Naam van YAHSHUA of
YAHUSHUA gebruik het nie het hy genoeg geweet van die geskiedenis en die
waarheid om nie vir YAHUSHUA “JESUS" te noem nie. Mel het probeer om hierdie
rolprent so outentiek as moontlik te maak deur die ware name wat destyds gebruik
was, te gebruik. Is dit nie hartseer dat reddings boodskap en die belangrikheid
om ’n Heilige lewe te lei nie die hart van Mel Gibson verander het nie? Ons kan
ons nie eers indink wat die martelinge is wat satan het wat vir hom in die hel
wag, as gevolg van al die siele wat na YAHUSHUA ha MASHIACH gekom het – omdat sy
rolprent hulle laat bekeer het en hulle siele vir YAHUSHUA ha MASHIACH gegee
het. Ons kan net bid dat Mel Gibson sy eie rolprent kyk en die prys onthou wat
betaal is op Golgota vir sy sondes en wegdraai van sy bose weë, om Heilig te
lewe en YAHUSHUA ha MASHIACH te aanbid in plaas van die Katolieke Kerk. Daar is
geen redding in ’n godsdiens nie, maar slegs met ’n liefdevolle gehoorsame
verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH.
Daar is vyande van hierdie Bediening, wie waag om hulle self Christene te noem
en tog haat hulle my en het my nog nooit ontmoet nie, of selfs met my gepraat
nie. ’n Paar het selfs vir my geskryf en tog vertel hulle lasterlike leuens en
beskuldig my dat (ek) die gees van trots het. Ek weet dit is nie waar nie en
hulle wie my die beste ken, weet dit is nie waar nie, want YAHUVEH het my
nederig gehou op baie verskillende maniere. Een van hierdie maniere is om ander
te laat weet wanneer ek liefdevol deur YAHUSHUA ha MASHIACH bestraf is.
Hier is ’n ware verhaal ten opsigte van my – selfs nadat ek die waarheid geken
het van die Gewyde Naam van ons Messias – steeds wou en aangedring het om SY
Naam JESUS CHRISTUS te noem en dit vir HOM gesê het.
Dit het gebeur op ’n tyd toe ek deur ’n krisis in my lewe gegaan het en ek
uitgeroep het vir antwoorde van JESUS CHRISTUS. Ek was besig om te bid in JESUS
CHRISTUS se Naam en ’n vraag gevra het vir bevestiging. Ek onthou ek het gesê “Ek
weet U naam is YAHUSHUA maar ek is meer gemaklik om U JESUS te noem omdat dit is
wat ek geleer was – en selfs die kinder liedjie wat ek vir my kinders sing is,
‘JESUS loves me.’ – so sal U my asseblief vergewe as ek U net JESUS noem”?
Skielik was dit asof ek ‘’n hoorbare stem gehoor het – dit was so hard en ferm
gespreek. Ek het gehoor “OK Sue”. Ek het gesê “uhm...my naam is nie Sue nie”.
Die volgende ding wat ek gehoor het, ek sal dit nooit vergeet nie,”Hoe hou jy
daarvan om ‘’n naam genoem te word wat nie jou naam is nie – wanneer jy weet dat
EK jou ware naam ken en dit is nie Sue nie? Jy ken MY ware Hebreeuse naam en tog
sê jy dat jy my steeds op die naam JESUS wil noem, omdat jy meer gemaklik is
daarmee – selfs nadat EK jou gelei het na die waarheid? Hoe hou jy daarvan?”
Ek het bely en vir YAHUSHUA ha MASHIACH gesê dat ek so jammer was en ek het
uiteindelik verstaan dat ek nou verantwoordelik gehou word vir wat ek weet; waar
vantevore, ek onder genade was deur nie van beter te weet nie. Ek het nou die
belangrikheid verstaan om die Hebreeuse Gewyde Naam van YAHUSHUA ha MASHIACJH te
leer – sodat hulle wie gelowiges in YAHUSHUA word, die waarheid sou ken in die
Groot Verdrukking.
Ek glo ook sterk dat die sogenaamde Christene wat aanhou om hierdie Bediening
aan te val met die geskrewe en gespreekte woord, ’n vorm van heiligheid het,
maar geen lewe of vrugte om dit te bewys nie. Hierdie vyande sal op die harde
manier uitvind dat hulle nie waardig geag was deur YAHUSHUA ha MASHIACH om
weggeraap te word en die Groot Verdrukking te ontsnap nie, omdat hulle so
brutaal gelaster en gelieg het oor hierdie profeet en my baie skade aangedoen
het. Hulle probeer hierdie Bediening vernietig deur my ’n vals profeet te noem,
hierdie Bediening te laster, daardeur ’n kult te noem. Alles omdat hierdie
Bediening weier om ’n kompromie aan te gaan met sonde, Heilige Profesieë voort
gespreek is van YAHUSHUA ha MASHIACH en YAHUVEH – met mandate om die Sabbatdag
en die Heilige Dae te eer, wat YAHUSHUA ha MASHIACH geëer en gehou het – en om
die Heilige Gewyde Hebreeuse Name van ons MESSIAS te gebruik.
Ek moet troos neem en weet dat die duiwel haat wat hierdie Bediening leer. Ons
bereik siele in baie verskillende nasies in hulle eie tale vir YAHUSHUA ha
MASHIACH. Dit is waarom die dienaars van satan my en hierdie Bediening aanval.
Kyk na YAHUSHUA ha MASHIACH, kyk hoe hy beswadder was, gespot en boos genoem
was. So niks het verander nie. Die Heilige mense wat Heilig lewe tot YAHUVEH sal
steeds vervolging ly deur anders as die wêreld te wees.
Laat my toe om vir jou ‘n ware storie te vertel oor hoe ek geleer het dat ek nou
verantwoordelik gehou word vir wat ek nou weet en daar is nie meer verskonings
vir my om in die naam van JESUS CHRISTUS te bid, in plaas van SY Ware Hebreeuse
Naam YAHUSHUA ha MASHIACH (kan ook wees YAHSHUA ha MASHIACH). Ek voeg gewoonlik
“ha MASHIACH” by want dit is nie net SY eerste naam nie – dit is ook SY hoof
Titel wat beskryf wie HY is: die een en enigste MESSIAS. Ek was lank gelede
geleer deur YAHUVEH en aangekla toe die Heilige Profesieë op die Internet
geplaas was. Ons kapitaliseer Name vir mense in die Engelse taal. Maar is GOD
ALMAGTIG nie werd vir meer as dit nie?
Die HEILIGE GEES het my geleer om al die letters van hulle Name te kapitaliseer
en selfs as ek die woord GOD gebruik. Dit wys dat ek YAHUVEH, YAHUSHUA ha
MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) eer. En dit maak nie aan
my saak of mense dit verstaan nie. Dit is nie omdat ek nie ‘van beter weet’ nie.
Dit is omdat ek weet ALMAGTIGE EWIGE OUE VAN DAE, HEMELSE SKEPPER van ALLES
verdien hierdie handeling van hoë respek. Doen wat jy wil maar hierdie is my
aanklag en ek kan dit nie op enige ander manier skryf nie. Asook, sal jy nooit
sien dat ek die woord duiwel of satan kapitaliseer nie want hulle verdien nie
daardie respek nie selfs al is dit in die begin van ‘n sin!
Miskien as jy hierdie lees sal dit jou help om te besef waarom jy nie ‘n
verskoning sal hê om nie ons MESSIAS se ware Gewyde Naam ook te gebruik nie.
Ek spel en spreek die naam YAHUSHUA nou uit omdat ‘n bediening vennoot ‘n droom
gehad het en in daardie droom wys hy na die lug en het vir YAHUSHUA gesien kom
op ‘n wit perd. Hy het hardop geskree “YAHUSHUA kom! Kyk op, YAHUSHUA kom!” Ek
weet nie of die droom op die webwerf geplaas is nie, maar as dit nie is nie, het
ons nodig om dit daar te kry. Hy het altyd gesê YAHSHUA, tot en met hierdie
droom, maar na die droom het hy die naam gespel en uitgespreek, YAHUSHUA. Ek het
hom vertel dat ek geleer het YAHSHUA en dit is die manier wat ek sou aangaan om
dit uit te spreek. Hy het gesê dat hy gelei gevoel het om nou die naam YAHUSHUA
te gebruik.
So dit is wat gebeur het en in al my skrywes en wanneer ek gebid of die MESSIAS
se Naam gespreek het, het ek geskryf en gesê YAHSHUA – totdat ‘n nuwe Heilige
Profesie vrygelaat was en die naam YAHUSHUA, nie YAHSHUA nie, duidelik
voortgekom het toe ek in Heilige Tale gepraat het en dit in Engels
geinterpreteer was. Inteendeel, in daardie Heilige Profesie was ek vertel om te
doen wat hy gehoor het. Spreek en leer die naam YAHUSHUA ha MASHIACH. Hoekom, ek
weet nie omdat daar niks verkeerd is met die naam YAHSHUA nie. Beide name gee
Glorie aan YAH, tog strewe ek net om YAHUVEH te gehoorsaam op alle maniere.
Vraag:
Wanneer jy die Hebreeuse Gewyde Naam van YAHUSHUA gebruik, bid jy steeds tot
JESUS CHRISTUS, die enigste verwekte Seun van YAHUVEH?
JA, natuurlik! Alhoewel, onthou ons waarsku jou ook nou om die ware Hebreeuse
Gewyde Naam van ons MESSIAS te leer omdat, as jy hier is in die Groot
Verdrukking sal jou gebede net gehoor word wanneer jy die naam YAHUSHUA ha
MASHIACH gebruik of YAHSHUA ha MASHIACH, omdat die antichris die naam JESUS
CHRISTUS sal opeis. Hoeveel nou is vals christusse wie sê dat hulle naam Jesus
Christus is en alles wat heilig is spot? YAHUSHUA het ons gewaarsku dat dit sou
gebeur voordat hy weer sou terugkom. Ons lewe in die Eind Tye soos HY
geprofeteer het. Die antichris gaan nie die naam YAHUSHUA of YAHSHUA wil gebruik
nie want satan haat die letterlike betekenis, vertaling van daardie naam!
Dit is hoe die volgende Skrifgedeeltes regtig moes wees.
Eksodus 20:7
Jy mag die naam van YAHUVEH jou ELOHIM nie ydellik gebruik nie, want YAHUVEH sal
die een wat SY Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Die Hebreeuse woord vir ydellik in Eksodus 20:7 is shav’ – wat beteken leeg,
doelloos, nietigheid, lieg, ens bv. om leeg te maak van betekenis.
Jeremia 8:8
Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van YAHUVEH is by ons? Waarlik, kyk,
bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.
Die Hebreeuse woord vir bedrieglik in Jeremia 8:8 is sheqer – wat beteken leuen,
misleiding, teleurstelling, valsheid.
Jeremia 23:27
Is hulle daarop bedag om MY volk MY Naam […] te laat vergeet deur hulle drome
wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders MY Naam vergeet het
deur Baal?
*Baal beteken Heer en Baalm, Here.
Hosea 2:15-16
En in dié dag, spreek YAHUVEH, sal jy MY noem: My man (“Ishi”); en jy sal my nie
meer noem: My Baal* [‘my Heer’] nie. Dan verwyder EK die name van die Baals uit
haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.
Sagaria 13:2
En in dié dag spreek YAHUVEH van die leërskare, sal EK die name van die afgode
uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die
profete en die onreine gees sal EK uit die land laat wegtrek.
Sagaria 13:9
Dan sal EK die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer
smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal MY Naam aanroep, en EK
sal hulle verhoor. EK sê: Dit is MY volk! En hulle sal sê: YAHUVEH (is) my God!
Sagaria 14:9
En YAHUVEH sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE [YAHUVEH]
een wees, en SY Naam een.
Jesaja 52:6
Daar sal MY volk MY Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit EK
is wat spreek: Hier is EK!
Johannes 17:6
EK het U Naam geopenbaar aan die mense wat U MY uit die wêreld gegee het. Hulle
het aan U behoort, en U het hulle aan MY gegee, en hulle het U woord bewaar.
Psalm 83:19
Sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam YAHUVEH is, alleen die Allerhoogste is
oor die hele aarde.
Hier die kommentaar is deur Elisabeth [Elisheva] bygevoeg op 21 Februarie 2003
Ek wil iets verklaar en dit duidelik maak. Ek was gedoop in die naam van
JESUS CHRISTUS en het demone uitgedryf in die naam van JESUS CHRISTUS en ek en
menigte ander was gesond gemaak in die naam van JESUS CHRISTUS, siele is gered
in die naam van JESUS CHRISTUS.
Profetes Veronica, Broer River se vrou, het ook die naam JESUS CHRISTUS gebruik.
Ons as die Liggaam van Christus het hierdie naam geleer deur die King James
Bybel, maar as ons die Hebreeuse Bybel bestudeer het of die “Aramaic New
Testament”, sou die naam gewees het YAHUSHUA of YAHSHUA.
Ons word slegs verantwoordelik gehou vir wat ons weet. Toe ek geleer het dat
YAHUSHUA die Hebreeuse Gewyde Naam is, is dit toe wanneer ek verantwoordelik
gehou was om dit te gebruik. My naam is Elisabeth Sherrie [Elisheva Sherrie]
maar vir baie jare het ek my middel naam Sherrie gebruik, selfs in die Bediening.
Slegs in die laaste paar jaar het YAHUVEH my die mandaat gegee om my geboorte
eerste naam Elisabeth [Elisheva] te gebruik omdat die salwing sterker sou wees
in daardie naam as ek HOM gehoorsaam was en nie langer die bekende naam gebruik
wat ek vir baie jare gebruik het nie. Dit beteken nie dat ek nie dieselfde
persoon is nie.
YAHUSHUA en JESUS CHRISTUS is dieselfde Persoon, dieselfde Redder, dieselfde
GOD, dieselfde Seun van YAHUVEH. Dit is net dat in hierdie Eind Tye het ons meer
salwing Krag nodig en daar is selfs meer salwing Krag om met SY Gewyde Hebreeuse
Naam te bid. Ek weet nie van ander nie, maar ek wil meer salwing hê, nie minder
nie.
Party noem YAHUVEH die naam van JEHOVAH. Wanneer julle bid, weet ons Hemelse
Vader, net soos ons Redder, met wie jy praat. Moet asseblief nie misverstaan nie.
Dit het my tyd geneem om gewoond te raak aan die naam van YAHUSHUA. Ook, ek is
gered vir 27 jaar en ek was bekendgestel aan my Redder met SY Naam, wat JESUS
CHRISTUS is. Of jy op SY Naam as JESUS of YAHUSHUA roep, die hoof ding is dat jy
na HOM roep as die enigste naam wat die intersessor is voor ons Hemelse Vader,
YAHUVEH.
Ons gaan van Glorie na Glorie en openbaring na openbaring deur die HEILIGE GEES
salwing. Sommige mense wil nie enige nuwe openbaringe leer van die HEILIGE GEES
nie, ook in Hebreeus genoem, RUACH ha KODESH. Hulle is meer gemaklik om melk te
drink. Maar ek is vertel om dit so te leer, aan hulle wat begeer om die Vleis
van die Woord te eet.
Ek is jammer as ek enigiemand te na gekom het. Miskien was dit baie vroeg in die
vroeë ure van die more en het dit nie goed genoeg verduidelik waarom ek die
Gewyde Naam van YAHUSHUA gebruik nie, meer as die Griekse naam van JESUS
CHRISTUS.
Ek is die mandaat gegee om JESUS op SY Hebreeuse en Aramese Naam, YAHUSHUA te
noem. Dit is dieselfde Seun van YAHUVEH en die enigste Naam wat jou in die Hemel
sal kry, of jy sê JESUS of YAHUSHUA.
Waarom sou enigiemand nie die Gewyde Naam van ‘YAHUSHUA’ in plaas van ‘Jesus
Christus’ wil gebruik nie, as hulle eenmaal die waarheid geleer het?
Apostel Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]
Die Gewyde Name van YAHUVEH en YAHUSHUA
Neem kennis dat Joshua = Yoshua of Yahushua omdat daar geen “J” klank in
Hebreeus is nie. Die letter “J” is slegs omtrent 500 jaar oud en word nie eers
gevind in die oorspronklike 1611 King James weergawe nie.
YAHUSHUA die Messias is nie Abba YAHUVEH nie. Moderne dag Christene glo dat
YAHUSHUA die Messias voor-bestaan het in een of ander vorm. Party sê HY was
Melgisedek, party sê HY was “die kaptein van die leerskare van YAHUVEH” (Josua
5:14), party sê HY was die aartsengel Michael, ander sê HY was die “engel van
YAHUVEH”. Miskien is die mees vergesogste uitkyk dat YAHUSHUA die “YAHUVEH”
(HERE) van die Ou Testament was. Hierdie studie is geskryf in die hoop dat almal
wat dit lees finaal sal verstaan dat YAHUVEH die Almagtige Skepper van die
hemele en die aarde is, en dat YAHUSHUA die Messias, SY Seun is, soos dit
geskryf staan.
Wie is YAHUSHUA se Vader?
Jesaja 63:16 sê, “Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel
ken ons nie. U, o HERE [YAHUVEH], is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u
Naam.” YAHUVEH is die Vader. Tog, mag sommige beweer dat hierdie Skrif sê
YAHUVEH is die Vader van Israel, nie van YAHUSHUA nie. In daardie geval het ons
nodig om twee ander verse te noteer. Die eerste is Hebreërs 1:5; “Want aan wie
van die engele het HY ooit gesê: U is MY Seun, vandag het EK U gegenereer? En
weer: EK sal vir HOM ‘n Vader wees, en HY sal vir MY ‘n Seun wees? Wie het
hierdie dinge gesê? Almal sou saamstem dat YAHUSHUA se Vader dit gesê het
aangesien HY na YAHUSHUA verwys as SY Seun. Hebreërs 1:5 is ‘n direkte aanhaling
van Psalm 2:7; “EK wil vertel van die besluit: die HERE [YAHUVEH] het aan MY
gesê: U is MY Seun, vandag het EK self U gegenereer.” Die eerste “EK” hier
verwys na YAHUSHUA wat praat deur profesie waarin HY verklaar dat YAHUVEH SY
Vader is!
Ons het ook voorheen gesien dat YAHUSHUA gesê het: “YAHUVEH is groter as EK”,
wat daardeur vir ons geleer word dat HY nie YAHUVEH is nie. Enigiemand wat glo
dat YAHUSHUA YAHUVEH is moet ook glo dat YAHUSHUA die Hemelse Vader is. Dit is
selfs meer absurd en baie moeiliker om te bewys in die lig van die Skrif.
Die Vader se Naam
In Eksodus 23:13 word ons beveel om nie die name van ander gode te noem nie; dus,
as gevolg van wat die modern Engelse vertalers gedoen het met ons Bybels, is dit
die naam van ons GOD wat selde, indien ooit, genoem word by die meerderheid van
ons mense. Die King James Weergawe van die Heilige Bybel stel die Derde Gebod
soos volg:
“Jy mag die Naam van die HERE jou GOD nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal
die een wat SY Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.” (Eksodus
20:7)*
Dus, dit is nie hoe GOD se Heilige Gees bedoel het hoe dit geskryf moes wees nie.
Die inspirerende Derde Gebod is soos volg:
“Jy mag die Naam van YAHUVEH jou GOD nie ydellik gebruik nie, want YAHUVEH sal
die een wat SY Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.”
Maak die Naam Ydellik
Die Engelse vertalers het op hulle eie wil GOD se Naam vervang met iets
heeltemal verskillend. Watter arrogansie! Wat GOD geinspireer het, het geen
menslike vertaler die reg om te verander of te verwyder, maak nie saak hoe goed
die verskoning klink nie. Koning Salomo het verklaar:
“… Hoe is sy (GOD se] Naam? En hoe is die Naam van sy Seun – as jy dit weet?
Elke woord van GOD is gelouter…Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou
nie rekenskap vorder as jy as ‘n leuenaar openbaar word nie.” (Spreuke 30:4-6)
Tog is dit presies wat meeste Engelse vertalers gedoen het. Hulle het weggeneem
en bygevoeg by GOD se Woord deur SY persoonlike naam YAHUVEH te vervang met die
hoofletters HERE “LORD” en GOD of met die (hibridiese woord) basterwoord
Jehovah.
Deur die teks te verdraai, het die Engelse vertalers eintlik die Derde Gebod
gebreek omdat hulle die naam ydellik gemaak het, dit is, van geen effek. Die
woord ydellik, soos gevind in die Derde Gebod, is vertaal van die Hebreeuse
woord “shav” (Strong’s #7723). William Gesenius omskryf dit as “leegheid,
nietigheid, ydelheid, waardeloosheid.” (2) Dit is dieselfde woord wat deur Moses
gebruik is in die Negende Gebod wat vals vertaal is:
En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. (Deuteronomium 5:20)
Met ander woorde, ons mag nie YAHUVEH se naam valslik gebruik of vals getuienis
daaraan gee deur dit te vervang met misleidende titels en ongeinspireerde
plaasvervangings.
Dit is verklaar dat die Derde Gebod niks te doen het met die letterlike naam van
YAHUVEH nie, maar eerder met die outoriteit van SY NAAM. Outoriteit is
intrinsiek tot die Derde Gebod; dus, bly dit moontlik om GOD se persoonlike naam
uit te laat uit hierdie gebod. Byvoorbeeld, ‘n Romeinse soldaat se outoriteit
was in die naam van Caesar, dus, as hy homself sou aangebied het in die naam van
Nebukadneser, sou sy outoriteit nietig gewees het.
Oorweeg die volgende klem wat YAHUVEH Homself op SY Naam geplaas het:
Toe sê YAHUVEH verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel:
YAHUVEH, die GOD van julle vaders … het my na julle gestuur: Dit is my Naam vir
ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. (Eksodus 3:15)
Ons word konsekwent ingeprent om SY Naam te onthou, te herdenk en te
memorialiseer. Tog, het meeste moderne vertalers net die teenoorgestelde gedoen
en het feitlik YAH se Gewyde Naam uitgewis van die geheue van SY mense.
Leë Verskonings
Na erkenning dat
“Terwyl dit feitlik indien nie heeltemal seker is dat die Naam oorspronklik
uitgespreek is as “YAHUVEH”
het die vertalers van die “Revised Standard Version” die volgende verskoning
voorsien vir die eliminasie van YAHUVEH se persoonlike naam van uit die Skrifte:
Vir twee redes het die Komitee [Revised Standard Version] teruggedraai na die
meer bekende gebruik van die “King James Version” [om YAHUVEH met of “the LORD”
of “GOD” te vervang]: (1) die woord ‘Jehovah’ verteenwoordig nie enige vorm van
die Naam wat in Hebreeus gebruik is, akkuraat nie. (2) Die gebruik van enige
geskikte naam vir die een en enigste GOD… is verwyder uit Judaisme voor die
Christen era en is heeltemal ongeskik vir die universele geloof van die Christen
Kerk. (3)
Die redaksionele raad van die “New American Standard Bible” maak die volgende
toevoeging:
Hierdie naam [YAHUVEH] is nie deur die Jode uitgespreek nie… Daarom is dit
konsekwent vertaal as “LORD”. (4)
Maar wat die Jode uitspreek, of nie uitspreek nie, het niks te doen (of behoort
niks te doen te hê) met wat YAHUVEH in SY Woord geinspireer het nie.
Die “Smith and Goodspeed” vertaling is moontlik die mees gulhartigste:
In hierdie vertaling het ons die ortodokse Joodse tradisie gevolg en “the LORD”
met die naam “YAHUVEH” vervang en die frase “the Lord GOD” met die frase “the
Lord YAHUVEH”. (5)
In die lig van Mattheus 15:3 is daar geen verskoning vir wat die Engelse
vertalers gedoen het nie:
Maar HY [YAHUSHUA] antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod
van GOD [YAHUVEH] ter wille van julle oorlewering?
Die Redder se Naam
Hier volg sewe redes vir die gebruik van die Hebreeuse naam YAHUSHUA in plaas
van die Engelse naam Jesus:
Die Gedenkwaardige Naam
GOD het YAHUVEH gekies of sy verkorte vorm YAH om SY gedenkwaardige Naam vir
alle generasies te wees – Eksodus 3:15. Alleenlik die Naam YAHUSHUA herdenk
daardie Naam.
Die Naam Bo Alle Name
Die Seun se Naam is die Naam bo alle name – Effesiërs 1:20-21; Filippense 2:9.
Maar watter naam is spesifiek bo alle ander name?
Staan op, loof YAHUVEH julle GOD van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle U
heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is. U is alleen YAHUVEH… (Nehemia
(9:5-6)
Aangesien die naam bo alle name YAHUVEH is, kan alleen YAHUSHUA die Redder se
naam wees.
‘n Meer Uitstekende Naam
Die Seun het ‘n meer uitstekende naam geërf – Hebreërs 1:4. Van waar het die
Seun SY naam geëerf? Van die Vader, natuurlik. Gevolglik, kon HY net van die
Vader erf wat die Vader Homself besit het. Het die Vader die naam Jesus of YAH
besit? Die antwoord blyk heel oënskynlik veral as jy in gedagte hou dat die
Vader aangespreek is met die verkorte naam YAH nege-en-veertig maal in die Ou
Testament (Psalm 68:4; ens.), wat alleen gevind kan word in die Hebreeuse naam
YAHUSHUA.
Die Seun wat moet Kom in die Naam van YAHUVEH
Ons Redder het die Vader se naam laat manifesteer of bekendgemaak terwyl [HY]
hier op aarde was – Johananes 17:6, 26. In slegs drie Nuwe Testament gedeeltes
vind ons dat die Seun Homself eintlik voorstel. Die eerste keer word gevind in
die weergee van die Apostel Paulus se omkeer in Handelinge 9. Die tweede en
derde keer word gevind waar Paulus dieselfde gebeurtenis vertel soos in
Handelinge 22 en 26.
Een van daardie gebeurtenisse lig ons in, in watter taal die Redder SY Naam aan
Paulus gemanifesteer het:
… hoor ek [Paulus] ‘n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê… Toe sê ek
[Paulus], wie is U, Here? En HY sê: EK is YAHUSHUA….(Handelinge 26:14-15)
As die Redder die Engelse naam Jesus gebruik het, sou HY nie die Vader se Naam
laat bekend word het nie.
Aangesien die familie naam YAH gevind word in beide die Vader en die Seun se
Name, kon YAHUSHUA toepaslik sê:
“EK het gekom in die Naam van MY Vader….” (Johannes 5:43)
In Johannes 12:12-13, het sekere Jerusalem inwoners uitgeroep:
Hosanna! Geseënd is HY wat kom in die Naam van die HERE [YAHUVEH], die Koning
van Israel.
Dit is ‘n aanhaling van Psalm 118:26 waarin die tetragrammasie (die Hebreeuse
letters YHWH) vervang was met die ongeinspireerde woorde “the LORD”. Met ander
woorde, met die vervulling van hierdie Ou Testamentiese profesie, het daardie
Israeliete die Messias bekendgemaak dat HY in die Naam van YAHUVEH gekom het.
Alleenlik in die Naam van YAHUSHUA kon dit gesê word dat die Redder gekom het in
die Naam van YAHUVEH.
Die Seun se Naam is bedoel om te beteken “YAHUVEH Red”
Toe Maria swanger was met die Seun van YAHUVEH, was Josef vertel dat hy haar
kind ‘n naam moet gee wat beteken het:
“HY [YAHUVEH] wat SY Volk van hulle sondes sal verlos.”
Die Engelse naam Jesus vervul dit nie (omdat dit geen betekenis het in enige
taal nie, dit is ‘n Grieks/Latynse basterwoord); dus, dit is presies wat
YAHUSHUA beteken. YAHUSHUA in die “Strong’s Concordance is # 3091 wat
gedefinieer is komende van #3068 – YAHUVEH, en van #3467 – yasha, wat beteken “om
te red. (6)” Saam beteken YAHUVEH en “yasha”, of YAHUSHUA, YAHUVEH red.
Die Nuwe Testamentiese Doop was in Die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.
Vanuit die bewys wat verskaf is in die boek van Handelinge, weet ons dat die
disippels het nie gedoop deur die formule te gebruik “in die naam van die Vader,
en van die Seun, en van die Heilige Gees” nie. (Matteus 28:19). Hulle het eerder
gedoop in een spesifieke naam – Handelinge 2:38, ens., ‘n naam wat al drie
akkuraat verteenwoordig het. Watter naam vervul die toestande van die Groot
Kommissie? Watter keuses het ons vir die Vader se naam? Daar is geen Griekse of
Engelse ekwivalente vir die Vader se naam nie, “LORD” en “GOD” is nie name nie
maar is titels en Jehovah is ‘n 16de eeuse basterwoord korrupsie. Aan die ander
kant, is dit bekend dat GOD se persoonlike naam YAHUVEH is – verkort na YAH nege-en-veertig
keer in die Ou Testament.
Watter keuses het ons vir die Seun se naam? Die opsies wat gegee is van Iesous (Grieks),
Jesus (Engels) of YAHUSHUA (Hebreeus), watter een van die drie kan ook gebruik
word vir die Vader en die Heilige Gees? Slegs YAHUSHUA.
Die Apostel Paulus wat Joël 2:32 aanhaal (behoorlik vertaal) het verklaar:
… Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine
10:13)
Hoe roep een op die Naam van YAHUVEH? In slegs een plek in die Nuwe Testament
word ons vertel hoe dit tot stand gebring is:
[Ananias praat met Paulus] En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en
jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. ( (Handelinge 22:16)
Net drie dae tevore, het die Redder SY naam gemanifesteer aan die Apostel Paulus
in Hebreeus as YAHUSHUA. So watter naam veronderstel jy was Paulus mee gedoop of
dat hy geroep het op die vervulling van Joël 2:32 en Romeine 10:13? Die naam van
die Vader, Seun en Heilige Gees! Die Naam YAHUSHUA!
Die Godheid van YAHUSHUA
Laaste, en belangrikste, die Hebreeuse uitspraak van ons Redder se Naam moes
gebruik gewees het aangesien die godheid van YAHUSHUA hierin bewys is. As die
Hebreeuse naam onaangeraak in die Skrif was, sou dit baie moeiliker gewees het,
indien nie onmoontlik nie, vir ‘n persoon om oortuig te word teen die godheid
van YAHUSHUA die MESSIAS.
Oorweeg die Ou Testamentiese profesieë omtrent YAHUSHUA wat opgedra is aan
YAHUSHUA. Byvoorbeeld, wie se weg moes Johannes die Doper voorberei? Wie moes
vir dertig stukke silwer verraai word? Wie se sy moes deurboor word? Wie was die
steen wat die bouers verwerp het, en wie sou die hoeksteen word? As jou antwoord
op hierdie vrae Jesus is, moet jy beter weer na daardie profesieë kyk! In
daardie gedeeltes**, was YAHUVEH verwyder en vervang met die woorde “the LORD”.
Herstel GOD se persoonlike naam YAHUVEH en dit word onmiddellik duidelik dat
daardie profesieë was oor YAHUVEH vervul in YAHUSHUA.
Nie alleen dit, maar wanneer ons die Hebreeuse naam van ons Redder gebruik,
beskryf dit duidelik nie eenvoudig wat een man doen of wat een profeet doen of
selfs wat ‘n ander god doen nie. Dit beskryf wat die GOD van gode, die groot “EK
IS”, wat YAHUVEH is doen! Ons Redder was genoem YAHUSHUA in Hebreeus, want dit
beteken YAHUVEH red. Daarbenewens, was ons Redder in Hebreeus genoem Immanuel,
wat beteken YAH met ons, wat getuig om dieselfde te wees.