Soos in die dag van Noag het die mense gespot, en op 4 Oktober 1998, spot
hulle maar dit sal nie vir YAHUSHUA keer om terug te keer vir Sy Bruid nie! Glo
net, HY sal 'n ontsnaproete bewerkstellig!
Die Heilige Gees en die Bruid sê Kom! Here YAHUSHUA, Kom! YAHUSHUA het 'n weg om
te ontsnap vir sy geliefde Bruid, Sy Kinders en Diensknegte! Glo net, HY sal 'n
weg voorsien om te ontsnap!
DIE HEMEL TREK KRAMPAGTIG SAAM EN KRAAM TERWYL DIE HEMELRUIM DIE SEUN VAN GOD
YAHUVEH VOORTBRING! YAHUSHUA kom! Lees die tekens van die eindtye! Kyk OP, julle
verlossing is naby! Lees dan Profesie 21 - 'Wees gereed vir 'n Skok, Gabriël het
alreeds die Sjofar geblaas'. Die Bybel sê soos wat die dissipels gesien het toe
YAHUSHUA opgeneem is in die wolke, so sal ons HOM sien terugkeer in die wolke!
Is jy Gereed? Of is jy deel van die Bruid van YAHUSHUA Messias wat in 'n diep
geestelike koma verkeer! Ontwaak vandag! In die NAAM van YAHUSHUA MESSIAS of is
jy die Nagemaakte (vals) Bruid! Verander jou klere en trek YAHUSHUA se wit kleed
aan, SY regverdigheid, nie ons s'n nie! Die bybel sê ons geregtigheid is soos
vuil vodde in vergelyking met YAHUVEH en YAHUSHUA se volmaaktheid en Heiligheid!
Die klankgolwe is tot dusver versper! Terwyl 'n oorlog met satan en sy demone in
die hemele gevoer word! Maar slegs vir 'n bepaalde tyd! Die eerste klankgolwe
was om die profete te waarsku en is slegs deur 'n paar uitgesoektes gehoor. Wie
wil dan vir my of die ander profete dapper genoeg vertel om dit uit te spreek!
Volgende keer sal al YAHUSHUA ons MESSIAS se Bruid dit hoor! YAHUSHUA het vir my
'n visioen gegee terwyl ek op die foon met 'n ander profeet, genaamd Bard (Bobby
vir haar vriende) in Hawaii gepraat het. Dit was 3 Okt 1998, ons was onder
salwing en het kerk gehou via die telefoon, ek het haar geskakel. Die Heilige
Gees het vir my 'n visioen gewys van twee Bruide.... Een lê in die bed en sy is
geklee in 'n Wit bruidsrok en wag vir haar Bruidegom YAHUSHUA! Sy is aangenaam
in die sin dat sy geurig ruik (perfumed) en lieflik is met haar mooiste juwele
aan.
Die ander Bruid is in 'n vaal naaswit verwelkte bruidsrok. En sy is 'n stank in
YAHUSHUA se neusgate! Ook sy wag, maar HY gaan NIE vir hierdie Vals Bruid kom
nie! Dit is die ongehoorsame kerk. Dit is die louwarm 'as YAHUSHUA kom dan kom
hy, maar ek wil regtig nie daarvan hoor nie' kerk! Dit is die kerk wat dink
aborsie en homoseksualiteit is NIE aanstootlik in die oë van die EEN wie geskryf
het dat dit 'n euwel in YAHUVEH se oë is nie! Nogtans kwoteer hulle dieselfde
skrifte, preek uit dieselfde Bybel en sê in die naam van YAHUSHUA Messias en tog
sê die Here YAHUSHUA julle is 'n stank in SY neusgate! Hierdie is nie my woorde
nie, maar die woorde wat die Heilige Gees op 3 Okt 1998 vir my gegee het.
YAHUSHUA sal nie naby julle kom soos julle nou lyk nie! Julle neem offerandes op
en gebruik dit vir jul eie persoonlike satisfaksie. Julle noem julself 'n GOD en
preek leerstellinge van duiwels. Julle is op die luggolwe en baie is beroemd.
Julle preek God is 'n God van Liefde maar praat nooit oor die ander aspek dat
GOD Almagtig is in toorn en oorlog nie. Julle praat van positiewe dinge wat
jeukende ore wil hoor en glo selfs in die Hemel maar julle waag dit nie om te
waarsku oor die Hel of berou en wegdraai van sondes nie! Predikers, die bloed
van die ongereddes sal op julle hande wees!
Die Here YAHUSHUA het my wakker gemaak en ek treur, want Hy het gesê so min
Christene sou gaan luister na die waarskuwing op die Hel-skakel, sien indeks
menu, en hulle dink hulle hoef nie die lied te hoor wat vir my gegee is van 'n
werklike Burger in Hel ("Citizen in hell"), wat op hierdie oomblik gesing word
nie. YAHUSHUA het ongeveer 7 jaar gelede gedoen wat die Rykman wie Hel toe was,
vir God gevra het om te doen, en dit was om iemand uit die Hel terug te stuur om
sy broers te waarsku oor hoe verskriklik die Hel is! YAHUSHUA het aan my 'n
visioen gegee van die eerste vlak van die Hel! Ek het die lied gehoor wat gesing
was deur 'n gevalle prediker van YAHUSHUA ons Messias. 'n Man wat nooit
teruggekeer het na die reddende genade van YAHUSHUA ons Messias nie!
Daar is GEEN mooiheid van enige aard in die Hel nie. Selfs Liberace speel van
noot af in die Hel. YAHUSHUA het vir my dit gesê. Jammer, Liberace is nie in die
Hemel nie. Maar hoe min sal luister. Die beste sanger sing lelik en van die noot
af in die Hel! Geen mooiheid van enige aard in die hel nie! Dit het op 9 Maart
1992 met my gebeur en die lied het gelê en stof opgegaar in my laai tot op
hierdie bepaalde tyd!
As jy iemand ken wat selfmoordneigings het, stuur hulle dan na hierdie skakel
terwille van hulle siele. YAHUVEH het vir my gesê as ons as Christene selfmoord
pleeg, toe ek vir hom gevra het waarheen die persoon gaan.... HY het net woorde
gesê wat ek nou nog onthou "JULLE SAL VOOR 'N WOEDENDE YAHUVEH VERSKYN!"
YAHUSHUA het gesê die gemeente wat hierheen kom is SELFVOLDAAN in hul eie
Verlossing en dink selfsugtiglik dat hulle nie hoef te luister na wat YAHUSHUA
vir my vertel het om vir die wêreld te vertel nie. Maar hulle besef nie, iemand
wat julle ken sal ''N BURGER IN DIE HEL" wees nie. Wie gaan dit wees? Watter
vriend? Watter lid van jou familie, selfs vêrlangse familie? Watter naaste? Die
las moet swaar wees op jou, soos wat dit op my is, nadat jy die AFGRYSE van die
lied en verduideliking hoor van wat ek gesien en gehoor het!
Ek het 'n prys met my gesondheid betaal om hierdie lied deur die salwing van die
HEILIGE GEES na die wêreld te bring. Deur net 'n vlugtige kykie in die Hel te
kry, het ek baie siek geword en gedink ek gaan sterf. Op die 10de dag het
YAHUSHUA gesê, "Sing nou hierdie lied." Julle sal hoor my stem klink soos die
duiwel wat hoon (taungting)! Demone wat spot! Siele wat in foltering skreeu!
Werklike woorde wat ek gehoor het op hierdie oomblik in die Hel gesing word.
Hoekom skryf die Pastore nie vir my en sê hulle sal dit na hulle gemeentes toe
neem nie?
NIEMAND het tot dusver nie. Ek word deur my vyande beskuldig van hoogmoed. Maar
ek vertel vir julle dit, ek het die salwing deur die HEILIGE GEES ontvang om
geestelike (gospel) liedere te sing en te skryf. Maar nie een van die mooi
liedjies, wat in 'n normale stem gesing was, het die belofte wat hierdie lied
het nie. Ten minste 'n miljoen siele sal na YAHUSHUA toe kom nadat hulle hierdie
lied gehoor het. Die goddeloses sal lag en spot. Hulle name was nooit in die Lam
se boek van die Lewe gevind nie! Jer. 6 v 27-30.
Maar diegene wat meer nodig het as net YAHUSHUA se liefde om hulle te dwing, sal
deur VREES kom, soos dit in die Boek van Judas in die Bybel opgeteken is. Ek kan
julle nie tot in die Hemel skrikmaak nie, maar as julle van iemand weet wat
nodig het om van die hel af weggejaag te word, kopieer en stuur asseblief
hierdie verduideliking en lied aan hulle! Ek het myself soos 'n gek laat lyk
sodat siele gewaarsku kon word en hulle 'n Burger in die Hel sal wees nie. Baie
Pastore wil nie aanstoot gee nie en wil nie onderrig nie. Die bybel sê duidelik
"Jakob het EK LIEFGEHAD, vir Esau het EK GEHAAT!" Ja, God het sommige mense
Gehaat. Farao was geskape vir YAHUVEH se toorn! Pastore, verkondig die waarheid,
julle word verantwoordelik gehou.
Daar is Een Pastoor met gryswit hare, ouerig, Robert Schuller. Ek is nie seker
van die spelling van jou naam nie. Jy sit in jou Kristal Katedraal en die Lewe
lyk so wonderlik terwyl jy glimlag, en jy gee niemand ooit aanstoot nie. Maar ek
vertel vir jou jou dade is nie aangenaam vir die Here YAHUSHUA nie! Bely vandag!
Verander jou naaswit kledingstuk en trek die Huwelikskleed van YAHUSHUA aan!
Sprankelend wit! Jou gebede is kleurloos en swak (wishy-washy) en jy bid
seëninge oor jou politieke leiers maak nie saak wat hulle doen om die Koninkryk
van die Hemel te beledig nie. Ja, ek bid ook vir ons leiers maar dit is dat
hulle bely sodat hulle nie hel toe gaan nie. Jou offers is 'n stank in die
neusgate van YAHUSHUA en YAHUVEH. Bely vandag!
Wees Heilig soos wat YAHUSHUA en YAHUVEH en die HEILIGE GEES Heilig is! Want die
grootste deel van die Kerk, die Bruid van YAHUSHUA Messias verkeer in 'n
geestelike koma. As YAHUSHUA op Rosh Hashanaha sou kom, hoe min sou huistoe
geneem word. Kyk na die tekens in die Hemele want soos eenmaal tevore, roep dit
die koms van ons Verlosser uit toe YAHUSHUA gebore is. Die Ster was gegee as 'n
teken, so kyk na die lug en weet dit, soos wat ons al hierdie dinge sien
plaasvind "KYK OP, ONS VERLOSSING IS WERKLIK NABY! Dankie Gregg Killian vir die
skryf van onderstaande wat bewys dat dit later is as wat ons dink. Die Heilige
Gees het laasnag, vroeg vanoggend 4 Okt 1998 vir my gewys. Selfs die Wegraping
gaan deur satan vervals word. Die Regering sal VVO's en uitstraling as rede
gebruik dat dooies in Christus YAHUSHUA opstaan. Satan sal 'n leër van dooies hê
wat ook opstaan. Lees die profesie op http://www.amightywind.com en die profesie
(Profesie 21) "Wees gereed vir 'n skok Gabriël het alreeds sy Trompet Geblaas".
Daar is 'n tydsverloop. Pasop vir die vals wegraping. VVO'S is werklik maar
hulle kom uit die Hel. Ontvoerings het alreeds plaasgevind. Die volgende stap
sal 'n massa klomp mense wees wat verdwyn! In die Verenigde Nasies word die
Maitraya gekanaliseer van 'n persoon wat ongeëwenaarde woorde van wysheid spreek.
Dit is later as wat ons dink. Lees hieronder en kyk.
Hoeveel Christene weet dat daar alreeds een bloedmaan en een 'sack-cloth' maan
oor Jerusalem in 1996 was. Presies op die Pasga Sabbat en die Vooraand van die
Fees van Tabernakels? En hoeveel weet van die ander insiggewende tekens wat op
hierdie oomblik plaasvind - wat duidelik heenwys na onheilspellende
gebeurtenisse wat verseker hierdie aarde gaan skud? Hierdie artikel het baie te
danke aan die inligting wat deur Greg Killian van Israel versamel is, wie se
webwerf aan die einde van hierdie artikel verbind is.
Dit blyk dat sommige Christene die konsep van 'tekens in die hemele' beskou as
dat dit op een of ander manier verwant is aan goddelose astrologie of heidense
bygeloof. Nietemin, die Bybel maak dit baie duidelik dat God self baie dikwels
gebruik maak van sulke hemelse tekens om Sy volk voor te berei en te waarsku oor
onheilspellende aardskuddende gebeurtenisse. Ons word in Genesis vertel dat God
die son en die maan geskape het "vir TEKENS en vir seisoene" (Gen 1:14). "En Ek
sal wondertekens gee in die hemel daarbo en tekens op die aarde hieronder...."
(Hand 2:19). Die Bybel verklaar dat dit veral waar sal wees in die Laaste Dae.
YAHUSHUA het self oor hierdie 'Eindtyd' periode gewaarsku: "En groot aardbewings
sal in verskillende plekke plaasvind, en hongersnode en pessiektes; en daar sal
tekens wees aan die son, en die maan en die sterre" (Mat 24:30). Die Bybel praat
selfs van die maan wat "in bloed sal verander" as 'n teken dat ons die werklike
einde van die eeu nader. (Joel 2:31, Open 6:12). Insiggewend dat daar hierdie
jaar alreeds een bloedmaan en een 'sack-cloth' maan (veroorsaak deur
maanverduisterings) oor Jerusalem was wat presies op belangrike feesdae van die
Joodse kalender geval het. Die eerste een het op die aand van 3 April 1996 gekom,
wat die begin van die Pasgafees was. Die tweede een het op die aand van 26-27
September 1996, gekom wat die "Erev Hag HaSuccoth" (die Aand van die Fees van
Tabernakels) was.
En daar sal ook twee sulke verduisterings in 1997 wees wat presies op die
feesdae van "Purim" (23 Maart 1997 - 'n 90% verduistering) en ook in die middel
van die "Dae van Teshuva" (Berou) op 16 September 1997 sal val. Daar sal geen
verdere totale maans-verduisterings oor Jerusalem wees tot 21 Januarie 2000 nie.
Die kanse dat so 'n string verduisterings oor Jerusalem sal plaasvind presies op
hierdie belangrike datums, moet sekerlik ver meer as toevallig wees. Dit is ook
werd om aan te teken dat as ons die Joodse maand van Nisan vat as die eerste
maand van die jaar, soos die Jode in Eksodus 12 beveel is, dan sal die eerste
drie van hierdie verduisterings almal binne die tydperk.
Maar wat veroorsaak dat sommige verduisterings die maan in bloed verander? Wel,
die antwoord is as volg: 'n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan vol
is en die aarde tussen die maan en die son verbybeweeg, en dus die son se lig
blokkeer en vir 'n tyd lank 'n skaduwee op die maan gooi. Nietemin, soms is die
maan nie heeltemal donker gedurende 'n totale maansverduistering nie, maar dit
is vaagweg verlig met 'n rooi lig en word deur die aarde se atmosfeer gebreek
wat die blou strale uitfiltreer. Af en toe ontstaan 'n maansverduistering
wanneer die aarde bedek is met 'n swaar laag wolke, wat ligbreking verhoed, en
die oppervlakte van die maan geheel-en-al donker maak (soos 'sack-cloth').
Nietemin, die eerste maansverduistering hierdie jaar het verseker die maan in
bloed verander. Soos een Jerusalem inwoner opgemerk het oor die verduistering
met Pasga: "Het jy daardie lieflike 3-D Rooi Maan gesien? Dit was ontsagwekkend;
Die mooiste gesig wat ek nog in die lug gesien het..."
Die woorde van die profeet Joel rakende bloedmane is nogtans ietwat meer
onheilspellend: "En EK sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed
en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in
bloed, voordat die groot en verskriklike dag van die Here kom" (Joel 2:30-31).
Hierdie woorde word in dieselfde gedeelte gevind wat praat oor die uitstorting
van die Heilige Gees op "alle vlees" in die Laaste Dae. Met ander woorde, die
geprofeteerde groot Eindtyd Herlewing en oes vind plaas in dieselfde onmiddelike
tydraam.
Dit is ook interessant om aan te teken wat die Joodse Talmud (Boek van Tradisie)
oor die bloedmane te sê het: "Wanneer die maan in verduistering is, is dit 'n
slegte voorteken vir Israel.... As die gesig rooi soos bloed is {is dit 'n teken
dat} die swaard oor die wêreld kom..." Interessant genoeg, op die einste dag van
die "Erev Hag HaSuccoth" 'Sack-cloth' maan hierdie jaar (26 September 1996), het
hernude geweld tussen die Palestyne en die Israeliete uitegebreek (as gevolg van
die opening van 'n toeristetonnel naby die 'Dome on the Rock'), na baie maande
van redelike vrede. Wie weet waarheen al hierdie hernude bloedvergieting mag
lei?
Dit blyk baie duidelik dat die bogenoemde tekens klaarblyklik deur God ontwerp
is om aan ons die belangrikheid van die Joodse Feesdae en Feeste uit te wys in
hierdie tyd. En inderdaad, die betekenis van hierdie Feeste vir die Laaste Dae
is wel werd om op in te gaan. Die drie mees belangrikste Feeste wat God vir die
Joodse volk ingestel het was, natuurlik, Pasga(Passover), Pinkster(Pentecost) en
die Fees van Tabernakels(Hanukkah). Dit is insiggewend dat YASHUSHUA ons Messias
presies op die Pasga ongeveer 2000 jaar gelede, doodgemaak is, en die
besonderhede van Sy dood kom presies ooreen met simboliese Pasga rituele (die
doodmaak van die offerlam, ens). En vyftig dae later, presies op die Dag van
Pinkster, was die Heilige Gees vir die eerste keer op Sy dissipels uitgestort,
en so die Christelike Kerk begin.
Baie Christene vandag glo dat die laaste groot beweging van God voor die einde -
die laaste groot 'oes' - op een of ander manier direk gekoppel word aan die koms
van die derde een - die Fees van Tabernakels (wat 'n feestelike herdenking van
die 'eerste vrugte' van die oes is). Dit was inderdaad gedurende die Fees van
Tabernakels dat Salomo die Tempel ingewy het en terwyl die musikante 'hul stemme
verhef met trompette en simbale en musiekinstrumente en die HERE geprys het, het
die wolk van God se Heerlikheid die Tempel gevul'(2 Kron 5:3-14 ... Mag dit nie
ook dieselfde in ons dag wees nie?) Hierdie is sommige van redes hoekom ek voel
dat dit so insiggewend is dat hierdie bloedmane en 'sack-cloth' mane heenwys na
besondere Joodse Feeste.
Ek wil ook hier 'n bykomende punt oor die Pasga maak. Gedurende die Pasgamaal,
was dit 'n eeu oue Joodse tradisie om 'n plek aan die tafel te maak vir die
profeet Elia, wat die feit simboliseer dat hulle verwag dat Elia sal kom, "om
die weg voor te berei' vir die Messias. Soos wat Greg Killian geskryf het, "Pesag
(Pasga) is wanneer ons verwag dat Elia gaan begin om die harte te draai en die
weg vir die Koning voor te berei". Soos die skrifte verklaar: "Kyk, Ek stuur
julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek.
En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van
die kinders tot hulle vaders...." (Mal 4:5-6).Baie Christene vandag glo ook dat
'Elia' op die punt is om weer op te staan gedurende die Herlewing'oes-periode
wat die finale OORDEEL en die terugkeer van Christus voorafgaan. Die rede hoekom
ek al hierdie noem is dat dit 'n 'Eindtyd' aspek aan die Pasga gee wat een van
die redes mag wees hoekom God weer na hierdie besondere Feeste verwys in hierdie
tyd. Miskien is 'Elia' regtig op die punt om weer te voorskyn te kom, net soos
Johannes die Doper twee milleniums gelede gedoen het.
Sommige mense spot vandag met die idee dat ons die einde van die eeu en die
finale Oordeel van die hele aarde nader. Wanneer hulle herinner word aan die
ongeëwenaarde bloedvergieting en die verskriklike droogtes, aardbewings,
hongersnode en plae wat die planeet in die afgelope jare teister, sê hulle dat
sulke natuurrampe reg deur die geskiedenis voorgekom het. (Ja, maar op so 'n
omvangryke skaal?). Miskien sal hulle selfs nou aanhou om te spot, selfs met
bloedmane en 'sack-cloth' mane wat onheilspellend in die Jerusalem lug hang.
Maar is ons nie vandag getuies van die presiese tekens wat in die Skrifte
voorspel word en heenwys na die 'tyd van die einde' nie?
Nietemin, hierdie bloed- en 'sack-cloth' mane is op geen manier die enigste
skouspelagtige 'tekens in die hemele' wat op die oomblik plaasvind nie. In Julie
1995, was die Hale Bopp Komeet deur twee amateur ruimtevaarders van Amerika
ontdek. Wat die ruimtevaarders op daardie tydstip betower het was dat terwyl dit
nog ver oorkant die wentelbaan van Jupiter was, kon die komeet werklik met klein
teleskope gesien word. Vername ruimtevaarders het erken dat hulle verstom was
oor die ontdekking. "Dis is ongehoord van 'n komeet om sigbaar te wees deur
klein teleskope terwyl dit so ver weg is", het Dr Brian Marsden van Harvard
Universiteit, 'n deskundige op komete gesê. "Dit kan die komeet van die
millemium word as dit oor die volgende jaar of twee teen die son inkom." Hierdie
reuse komeet is nou beraam om so groot soos 'n berg (tussen 25 en 100 myl
oorkruis) te wees, wat dit heelwaarskynlik die grootste komeet maak wat ooit
ontdek is. Die laaste keer wat dit die binneste sonnestelsel besoek het was
ongeveer 4000 jaar gelede. En dit is verbasend dat die dag wat dit die naaste
aan die aarde sal verbygaan is 23 Maart 1997 - die werklike Feesdag (Purim)
wanneer daar nog 'n bloedmaan (of 'sack-cloth maan) oor Jerusalem sal wees.
(Meer oor die betekenis van hierdie besondere Fees volg later). Om die waarheid
te sê, die komeet sal maklik sigbaar weer op die einste aand wat die
verduistering voorkom.
Dit is interessant op te let dat toe dit die eerste keer ontdek was, was hierdie
komeet reg binne-in die getekende "boog" van die boogskutter in Sagittarius
geleë. Die Christene wie bekend is met die 'Divine witness of the stars' sal
bewus wees daarvan dat Sagittarius daarvoor bekend is om die Verlosser se triomf
aan te dui. Die figuur is dié van 'n magtige soldaat met 'n pyl en boog, en wat
statig voortry. Baie belangrik, die draadpyl in sy boog is op die hart van die
Skerpioen gemik. In Openbaring het die apostel Johannes dieselfde magtige
oorwinnaar sien voortgaan: "En ek het gesien, en kyk daar was 'n wit perd. En hy
wat daarop sit, het 'n boog; en aan hom is 'n kroon gegee en hy het uitgegaan as
'n oorwinnaar en om te oorwin." (Open 6:2).
Natuurlik is dit niks nuuts dat God sulke "tekens in die hemele" gebruik om die
mensdom te waarsku oor geestelik belangrike gebeurtenisse nie. Soos enigiemand
weet, dit was juis so 'n teken wat die wyse manne byna presies 2000 gelede
instaat gestel het om die pasgebore Messias, YAHUSHUA op te spoor. Ooreenkomstig
die tradisies van die Joodse Talmud, is dit veral verontrustend om 'n komeet te
hê wat deur die konstellasie van die Orion beweeg (wat presies is wat Hale Bopp
doen): "Daar is 'n tradisie dat dit nooit deur die konstellasie van die Orion
beweeg nie, want as dit doen, sal die hele wêreld vernietig word...". Nietemin,
die Joodse Fees "Purim", wat duidelik ons aandag op die mees voor-die-handliggende
rede trek deur bostaande tekens, herdenk in werklikheid die mees insiggewendste
VERLOSSING in die geskiedenis van Israel. As jy die boek van Ester lees, sal jy
sien dat dit die dag was wat die Koning se regterhand Haman, bepaal het vir die
Jode in ballingskap om almal doodgemaak te word. Die vakansiedag word Purim
genoem na die keurproses wat Haman gebruik het om die datum te kies vir die Jode
se verwoesting: 'n lotery (of 'n "Pur") deur astrologiese voorspelling. Hierdie
metode was veronderstel om die datum te bepaal waarop die Jode die mees
kwesbaarste sou wees om aan te val.
Om die waarheid te sê, dit was baie waar - die Jode WAS die kwesbaarste op die
13de van Adar. Een van die wonderwerke van Purim was dat aan Ester - godvresende
Bruid van die koning - die vermoë gegee was om die astronomiese implikasies van
die dag totaal om te keer sodat die Jode in plaas daarvan oorwinnend sou wees.
As gevolg van hierdie wonderwerk wat deur die lotery ontstaan het - die "Pur",
is die vakansiedag Purim genoem. Interessant dat God so duidelik na hierdie
besondere Feesdag in hierdie tyd verwys, is dit nie?
'n Ander insiggewende "teken in die hemele" wat huidiglik voorkom, vergelyk heel
moontlik met die "Vrou gekroon met twaalf sterre" wat in Openbaring 12 voorkom:
"En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed
was, met die maan onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;
en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood, ....En die draak
het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te baar, sodat hy haar
kind sou verslind sodra sy gebaar het; en sy het 'n manlike kind gebaar, wat al
die nasies met 'n ysterspeter sou regeer; maar haar kind is weggeruk na God en
sy troon, en die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God
gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou 1260 dae lank." (Open
12:1-5).
Oor die volgende 4 jaar (1996 tot 1999), presies op die tyd van die Fees van
Trompette in Israel (Tishrei 1), sal daar 'n teken in die hemel wees wat nog
nooit tevore plaasgevind het nie en nooit weer sal plaasvind nie. Die nuwe maan
sal op hierdie datum gedurende elk van hierdie 4 jaar in die konstellasie van
Bethulah (die Maagd) 'gebore' word, en sal dan binne 24 uur direk na die voete
van die Maagd beweeg. Die son is net onder die horison, sodat Bethulah 'geklee'
is met die Son. Bokant die Maagd se kop is die konstellasie geposisioneer wat
bekend is as "Bernice se Hare", -dis is die kroon van 12 sterre! En hoër op,
tussen haar bene, vind ons Draco, die Draak, selfversekerd (poised) om haar kind
te verslind wanneer dit gebore word.
Greg Killian glo dat die driejaar periode van hierdie teken die 'geboortepyne'
van die vrou mag verteenwoordig. In 1996 en ook in 1999, kom hierdie teken op
die Sabbat voor. Sy gedagte is dat hierdie geboortepyne in 1996 mag begin, met
die werklike geboorte wat in 1999 plaasvind?
Onthou asseblief dat hierdie besondere positionering van die konstellasie
Bethulah (die Maagd) - wat op die punt is om 'geboorte' te skenk aan Lavanah
(die maan), nog nooit tevore plaasgevind het nie, en nooit weer sal plaasvind
nie, as gevolg van die prosessie van die dag-en-nageweninge (ekwinoks). Die nuwe
maan is 'n baie insiggewende faktor vir almal wie die Joodse Talmud tradisie
volg, en is die basis van die hele Joodse Kalendersisteem. (Dit word geglo om
simbolies van die Messias te wees).
Daar is 'n aantal ander interessante faktore wat ook na hierdie jare (veral 1996
en 1997) heenwys, as belangrikes in God se Eindtyd kalender. Soos dit by baie
Christene bekend is, het 1996 die herdenking gesien van presies 3000 jaar sedert
die ontdekking van Jerusalem as Dawid se hoofstad vir Israel. Baie glo ook dat
1996 presies 2000 jaar aandui sedert die geboorte van Christus (heel waarskynlik
op die eerste dag van die Fees van Tabernakels), alhoewel sommige glo dat die
korrekte jaar eintlik 1997 is. Die idee dat God 'n spesifieke tydtafel het wat
HY deurwerk met sekere 'tekens' wat belangrike seisoene van geestelike
aktiwiteite aandui, moet nie vreemd wees vir diegene wie die Bybel bestudeer nie.
Baie profesieë (veral dié van Daniël en Openbaring) het tye, jare en datums wat
in groot detail aangedui word en dit is duidelik dat God gebeurtenisse en
geestelike seisoene op die aarde bestel om presies ooreen te stem met Sy
langtermyn plan. En dit is selfs meer van toepassing op die 'Laaste Dae' wat die
periode is wat ons nou baie duidelik ingaan.
Net tersyde, 'n aantal Herlewingsgeoriënteerde lesers mag ook geinteresseerd
wees om die dryfkrag van 'n profesie op te merk wat aan die stertkant van die
groot "Helende Herlewing" gerapporteer is in 1950 deur die man wie algemeen
beskou word as die sleutelleier van daardie beweging van God. (Die Helende
Herlewing het hoofsaaklik van 1947 tot 1955 aangehou en was die laaste werklike
sodanige 'Herlewing' wat die Westerse wêreld getref het. Ons het sedertdien
Charismatiese hernuwing en die "YAHUSHUA Beweging" van die '70s gehad, maar niks
so kragtig nie). Hierdie profesie wat op 16 Januarie 1956 in Chicago gegee is,
het berig dat die kerk op die punt staan om in 'n 'woestyn' periode van 40 jaar
in te gaan (heelwaarskynlik het dit geïmpliseer dat verdere Herlewing aan die
anderkant van hierdie woestyn gelê het).
En natuurlik, veertig jaar aan vanaf 1956 bring ons by die jaar 1996. Miskien is
ware Herlewing werklik net om die draai? Die jaar 1997 is duidelik ook deur God
gemerk, met bloedmane en ongeëwenaarde hemelse tekens, maar ook met toonbeelde
van geestelike aktiwiteite wat JARE EN DATUMS ook insluit. Soos wat die einde
van hierdie eeu nader kom, herken baie Christene die geestelike impak van die
kerk op Israel en Israel op die kerk, meer en meer insiggewend word. 'n Aantal
Christelike leiers het opgemerk dat insiggewende gebeurtenisse wat Israel oor
onlangse dekades geaffekteer het dikwels 'n weerspieëling of voorafskaduwing was
van tendense wat in die kerk ook voorgekom het. En ek glo dat dit toenemend waar
sal word soos wat ons die werklike 'tyd van die einde' nader.
Daar is 'n interessante patroon van insiggewende datums wat Israel betrek oor
hierdie laaste eeu of so, wat goed sal wees as ons daarna kyk met hierdie in
gedagte. Die volgende is 'n baie insiggewende stel datums wat deurslaggewend tot
die suksesvolle formasie en oorlewing van moderne Israel was:
(a) 1897. Die eerste Zioniste Konferensie in Europa, gelei deur Theodore Hertzl.
(Twee-derdes van die afgevaardiges was Messiaanse Jode). Deurslaggewend tot die
uiteindelike formasie van Israel.
TWINTIG JAAR LATER:
(b) 1917. Die Britse Generaals Gordon en Allenby ('n Christen) en hulle troepe
neem Jerusalem in sonder om 'n skoot te skiet. Terwyl hulle buite gekamp het,
het hulle, nadat hulle oor die situasie gebid het en Skrif ontvang het oor 'n "swerm
voëls", besluit om tweedekker vliegtuie oor die stad te stuur en kleitablette af
te gooi wat die woorde: "Verlaat die stad nou, geteken Allenby" bevat. Die turke
het gedink die woord "Allenby" verteenwoordig 'Allah' en hulle het uit die stad
gevlug en Jerusalem heeltemal oorgegee sonder 'n geveg!
DERTIG JAAR LATER:
(c) 1947 (- November). Die Verenigde Nasies het Israel amptelike verklaar as 'n
erkende staat. (Dit het die Israeliete 'n verdere nege maande geneem om die
Arabiere te verslaan wie die land bewoon het).
TWINTIG JAAR LATER:
(d) 1967. Die Sesdaagse Oorlog. Teen alle waarskynlikheid in was die Israeliete
wat grootliks in die minderheid was, volkome oorwinnend en okkupeer nou die hele
Jerusalem, Gaza, die Wesbank en die Sinai, ens.
DERTIG JAAR LATER:
(e) 1997. Bloedmane oor Jerusalem. Wie weet wat sal die uiteinde vir die nasie
wees?
Dit is interessant om die Herlewing en insiggewende tendense op te let wat in
die kerk begin het rondom dieselfde tyd wat dinge in Israel gebeur het. En ek
glo hierdie "voorafskaduwing" het selfs meer opmerklik geraak in onlangse jare.
Na 'n relatiewe stil (en in die kerk stagnante) 1980's, het die1990's weer begin
bewys om 'n ontstuimige en merkwaardige tydperk vir beide Israel en die kerk te
wees. Dit lyk vir my of die kerk, net soos Israel, hierdie laaste paar jare deur
groot geestelike skikkings, letterlik groot dele van hul eie gebiede 'weggegee'
het aan die vyand, wie sonder twyfel hulle hande gevryf het van blydskap.
Nietemin, wanneer ware Reformasie en Herlewing kom (met die ooreenstemmende
godvresende leierskap) sal hierdie hele "Laodisiese" senario heeltemal omswaai
en dit sal satan wees wie op sy agtervoete sal staan. (Hierdie magtige beweing
van skoonmaak en berou is sekerlik nie nou ver weg nie.)
En net soos Israel, sal dit begin met 'n algehele verandering van leierskap (die
koninkryk wat van een groep weggeneem word en aan 'n ander gegee word). Wie weet
- miskien sal 1997 'n insiggewende jaar tot die opkoms van so 'n magtige
beweging van God wees? Ek was verbaas oor wat in die politieke toneel in Israel
gebeur oor die laaste paar jare of so. Ek glo dat dit simbolies redelik
insiggewend was dat die Joodse Eerste Minister Rabin (wie werklik vrede gekoop
het deur Israeliese grond aan die Arabiere weg te gee) in laat 1995 vermoor is
tydens 'n vredesbyeenkoms in "Kings of Israel Square" in Jerusalem, en vervang
was deur Mnr Peres, wie se naam letterlik deel is van die "skrif aan die muur:
waar dit sê: "U Konkinkryk is verdeel en aan die Medes en Perse gegee" (Dan
5:27).
Die einste man wie Rabin se beleid gevolg het deur Israeliese grond weg te gee
het 'n naam wat Bybels die betekenis dra van 'n koninkryk wat weggeneem en
verdeel is! En ek vind dit ook interessant dat Mr Peres nou as leier vervang is
deur Benjamin Netanyahu, wie se voornaam "Seun van die regterhand" beteken en
wie se laaste naam "Geliefde van God" beteken. Soos hierdie totale verandering
in die leierskap van Israel, glo ek dat die kerk ook op die punt staan om deur
'n totale "Reformasie" van sy leierskap te gaan, wat tot 'n geweldige Herlewing
sal lei, alhoewel dit teen 'n taamlike prys sal kom. Ek is oortuig dat, soos
altyd, slegs 'n vergelykende "oorblyfsel" van vandag se kerk dit sal deurmaak in
die komende beweging van God. Wat God vir baie biddende mense in my eie land wys
rakende die komende beweging, is dat dit 'n "straat-herlewing" moet wees - 'n
straatgebaseerde uitstorting van die Gees van God wat geweldige sonde-oortuiging
en diepe berou sal bring. Maar na hierdie magtige "oes" kom ewe magtige OORDEEL,
wat op die aarde sal val.
Om hierdie artikel saam te vat, wil ek net graag terugkeer na die feit dat OP
HIERDIE OOMBLIK - IN ONS DAG - word daar ontsagwekkende Geestelike profesieë
vervul, wat implikasies het wat amper te groot is op een slag in te neem. ONS
LEWE IN DIE WERKLIKE LAASTE DAE - die werklike "tyd van die einde" waarvan die
Bybel praat. PRESIES NOU. En God stuur Sy "tekens in die hemele" om ons te
waarsku oor wat aan die kom is op hierdie generasie. Die vraag is, wat gaan jy,
wat gaan ek daaromtrent doen? Sal die kerk sy weg "lag en jol" tot in die
volgende millenium? Of sal ons God toelaat om ware Hervorming te bring -
beginnende met ons?
Vir my is een van die mees skrikwekkendste Skrifte in die hele Bybel die een wat
praat van mense in die Eindtye wat "eet, drink, feesvier, trou" ens, vrolik
onkundig oor wat op die aarde aan die kom is. Maar is baie van die Christendom
in ons dag nie grootliks in dieselfde "seën my, seën my", 'inward-looking'
toestand nie? Kerk, ontwaak! Klee julleself met geregtigheid en Waarheid. Die "vreugdeklub"-dae
is verby. Dit is ongetwyfeld slegs hulle wie Hom met hul hele hart soek, wat kan
verwag om dit deur die donker dae wat voorlê, te maak.
Apostle Elisabeth (Elisheva) Elijah