Kom en sien die mooiste webwerf op die Internet, wat al aanlyn is
vanaf 1994! Hierdie Hebreeuse wortels, wat op die Bybel gebasseer is, met
evangeliese leerstellings, en geseënde leerstellings kan nie met enige ander
vergelyk word nie! Kom en sien wat julle kerke nie vir julle wil leer nie, wat
niemand anders julle wil vertel nie, behalwe Elisheva Eliyahu!
Ons Glo..
deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word.Ons Glo..
wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg.Ons Glo..
ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly.Ons Glo..
alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH ha KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie.Ons Glo..
dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder?Ons Glo..
alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van ALLES.Gelukkige 31ste Verjaarsdag aan Amightywind Ministry!!! En Gelukkige Geseënde Verjaarsdag aan Geliefde Apostel Profeet Pastoor en Mamma, Elisheva Eliyahu!! Sluit by ons aan terwyl ons 31 jaar aanlyn bereik wat siele vir die Lof, Eer en Glorie van ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en KOSBARE MOMMA IMMAYAH vier!
Bereik die vier uithoeke van die wêreld in baie verskillende tale en bid om altyd waardig geag te word om ons Geliefde VERLOSSER YAHUSHUA HA MASHIACH in die lug te ontmoet wanneer HY terugkeer vir SY Bruid. Mag julle almal geseën word deur hierdie video en onthou, hierdie is net deel 1 en deel 2 kom binnekort! HALLELUYAH!!!
4 Januarie 2009
Hierdie Profetiese Woord het na vore gekom terwyl ons vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA gebid het. Die hele Woord word nie geplaas nie want dit is persoonlik maar dit is deel van daardie Woord wat op baie ander van toepassing is en ons word deur YAH opdrag gegee om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit vir net een persoon nie maar vir baie.
Ons bid dat hierdie Profesie jou sal seën en baie na YAHUSHUA HA MASHIACHS liefdevolle arms sal roep. Beledigend vir baie en verligtend vir sommiges, mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën.
Een enkele vanlyn Android-toepassing met 10 tale ingesluit.
Sodra dit geïnstalleer is, kan jy die kompakte weergawe van ons webwerwe SONDER internet bekyk. Slegs die eksterne skakels na alle video's, animasies en oudio word in hierdie OFFLINE-weergawe uitgehaal. Onthou om maandeliks te kyk vir opdaterings van die toepassing!
Dit is die AFLYN-weergawe van AL die Amightywind-taalwebwerwe met al die 360-aansigte, klanke en YAHUSHUA-animasies.
Slegs die eksterne skakels na alle video-webwerwe word in hierdie AFLYN-weergawe uitgehaal.
Want wanneer die tyd aanbreek, "Wat sal jy DOEN as die internet WEG is"!
(Jy moet jou Webroot-program tydelik afskakel.)
YAHUSHUA HA MASHIACH (JESUS CHRISTUS) is die enigste perfekte Bloed versoening vir ons sondes. HY was gekruisig en het gesterf en het weer opgestaan op die derde dag, voor getuies, terwyl HY al SY Bloed uit gestort het, sodat ons vergewe kan word.
"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." - Handelinge 4:12
YAHUSHUA HA MASHIACH (MESSIAS) is die enigste WEG, WAARHEID, en LEWE. Niemand kan na DIE HEMELSE VADER YAHUVEH gaan, behalwe deur die SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH. Ons vier SY opstandings dag nou, en tot in alle ewigheid.
Hierbo in die animasie is 'n voorstelling van die rots wat vooraan die graf geplaas. Toe YAHUSHUA se liggaam vanuit die dood gerys het, het daardie rots ook weggerol.
Ek sien daarna uit om jou in die Hemel te ontmoet. Liefde, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Obama destyds en dis Biden nou. Hierdie Profesie was gegee 30 September 2009 en vrygestel 12 Oktober 2009. Nou kan almal sien dit het in vervulling gegaan in die jaar van 2020.
Moet nooit vergeet dat hierdie video verban sou gewees het op YouTube, so daarom is ek dankbaar om ‘n Rumble rekening te hê met geen sensorskap waar ons ‘n plek het om ons liefde en waardering te wys vir Trump op sosiale media. Almal, bid asseblief vir Rumble & ook Telegram, die enigste ander sosiale media wat ons op hierdie tydstip het.
Alhoewel die hele Profesie ‘n maand later gekom het, op 5 September 2009 het YAHUVEH in my slaap met my gepraat en HY het gesê— Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Elisheva waarsku hulle. Die een wie homself "President van die Verenigde State" [2009] noem wil hê Amerika moet regeer word deur ‘n totalitêre diktatorskap. Die beste gesondheid sorg, [soos byvoorbeeld onder "Obama care"], sal slegs vir die rykes wees. Daar sal slegs twee klasse mense wees: die welgesteldes en daardie wie nou gesien word as die middelklas. Die middelklas sal die welgesteldes dien. En die armes sal stadig doodgemaak word deur geforseerde inentings, geforseerde aborsies en weiering van mediese hulp.
Die regering sal alles beheer. En hulle sal besluit wie sal lewe en wie sal sterf.
Hierdie is die Skrif wat jy moet neerskryf – en vir diegene van julle wat in ‘n plek is waar jy dit nie openlik kan doen nie, kry ‘n manier om dit te kan doen, vra YAH, om dit vir jou moontlik te maak om dit te kan doen.
Een manier is om die Skrif in Hebreeuse taal te plaas. Dit is selfs meer kragtige in Hebreeus.
(1) Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die
skaduwee van die ALMAGTIGE YAHUVEH. (En dit sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in)
(2) Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD, in HOM
sal ek vertrou.
(3) Want vir seker sal HY my red uit die net van die voëlvanger, van die
verderflike pes.
(4) HY sal my bedek met SY vlerke, en onder SY vleuels sal ek vertrou; SY
Waarheid sal my Skild en Pantser wees.
(5) Ek sal nie bevrees wees vir die skrik van die nag, ook nie vir die pyl wat
bedags vlieg nie,
(6) Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op
die middag verwoes nie!
(7) ‘n Duisend sal aan my sy val en tien duisend aan my regterhand—maar dit gaan
nie naby my kom nie.
(8) Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
(9) Want U, o YAHUVEH ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wat
“HERE” genoem word, U is my toevlug, selfs die ALLERHOOGSTE, my Beskutting;
(10) En daarom sal geen onheil sal jou tref nie, ook sal geen plaag naby my
blyplek (jou huis, jou woonstel) kom nie;
(11) want HY sal SY Engele aangaande my bevel gee om my te bewaar op al my weë.
(12) Die Engele sal my op die hande dra, sodat ek nie my voet teen geen klip
stamp nie.
(13) Ek sal op die leeu en die adder trap, die jong leeu en die slang sal ek
onder my voete vertrap.
(14) Omdat HY SY liefde teenoor my gestel het, daarom het HY belowe om my te
red. HY het gesê, HY sal ons red; HY sal ons beskerm, omdat ons SY Naam ken.
(15) Hy sal MY aanroep – hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê – Hy sal MY
aanroep, en EK sal hom antwoord, en vir haar; EK sal met hom en met haar in nood
wees; EK sal hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
(16) En met ‘n lang lewe sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY REDDING
laat sien.
* * * * * * * * * * *
א יֹשֵׁב, בְּסֵתֶר עֶלְיוֹן; בְּצֵל שַׁדַּי, יִתְלוֹנָן.
ב אֹמַר--לַיהוָה, מַחְסִי וּמְצוּדָתִי; אֱלֹהַי, אֶבְטַח-בּוֹ.
ג כִּי הוּא יַצִּילְךָ, מִפַּח יָקוּשׁ; מִדֶּבֶר הַוּוֹת.
ד בְּאֶבְרָתוֹ, יָסֶךְ לָךְ--וְתַחַת-כְּנָפָיו תֶּחְסֶה; צִנָּה
וְסֹחֵרָה אֲמִתּוֹ.
ה לֹא-תִירָא, מִפַּחַד לָיְלָה; מֵחֵץ, יָעוּף יוֹמָם.
ו מִדֶּבֶר, בָּאֹפֶל יַהֲלֹךְ; מִקֶּטֶב, יָשׁוּד צָהֳרָיִם.
ז יִפֹּל מִצִּדְּךָ, אֶלֶף--וּרְבָבָה מִימִינֶךָ: אֵלֶיךָ, לֹא
יִגָּשׁ.
ח רַק, בְּעֵינֶיךָ תַבִּיט; וְשִׁלֻּמַת רְשָׁעִים תִּרְאֶה.
ט כִּי-אַתָּה יְהוָה מַחְסִי; עֶלְיוֹן, שַׂמְתָּ מְעוֹנֶךָ.
י לֹא-תְאֻנֶּה אֵלֶיךָ רָעָה; וְנֶגַע, לֹא-יִקְרַב בְּאָהֳלֶךָ.
יא כִּי מַלְאָכָיו, יְצַוֶּה-לָּךְ; לִשְׁמָרְךָ,
בְּכָל-דְּרָכֶיךָ.
יב עַל-כַּפַּיִם יִשָּׂאוּנְךָ: פֶּן-תִּגֹּף בָּאֶבֶן רַגְלֶךָ.
יג עַל-שַׁחַל וָפֶתֶן, תִּדְרֹךְ; תִּרְמֹס כְּפִיר וְתַנִּין.
יד כִּי בִי חָשַׁק, וַאֲפַלְּטֵהוּ; אֲשַׂגְּבֵהוּ, כִּי-יָדַע
שְׁמִי.
טו יִקְרָאֵנִי, וְאֶעֱנֵהוּ--עִמּוֹ-אָנֹכִי בְצָרָה;
אֲחַלְּצֵהוּ, וַאֲכַבְּדֵהוּ.
טז אֹרֶךְ יָמִים, אַשְׂבִּיעֵהוּ; וְאַרְאֵהוּ, בִּישׁוּעָתִי.
En wie is jou REDDING? Daar is net EEN, wie die WAARHEID en die WEG en die LEWE is, wie se Naam REDDING is, wie se Naam YAHUSHUA HA MASHIACH is, en YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED”. Leer daardie Naam.
Shalom.